Sewe jaar se geluk (1)

Hoe lank gaan ek lees: 6 minute

deur Ramkat Erasmus

Hy word wakker van die vreemde geluid en sy hand gly onwillikeurig onder die kussing in. Hy voel-voel na die bajonet, maar dis nie daar nie. Sonder om verder te beweeg steek hy sy ander hand uit om aan Sofia se warm lyf te voel. Sy is ook nie daar nie. Hy sit regop. En dan tref die besef hom. Hy is nie meer in die woonstel in Rome nie, maar op die plaas buite Smithfield.

Hy hoor weer die geluid. ‘n Gekerm. Kind of vrou? Of dalk ‘n dier? Hy loop op kaal voete na die deur toe en trek dit effens oop. Die geluid kom van onder in die gang. Dan herken hy die geluid van bedvere. En dan sy ma se stem …

“Neuk my Frik. Neuk my! O, my liewe vader, net so Frik, harder, harder!”

Hy voel die warm gloed teen sy wange opkruip en beweeg terug in sy kamer in en druk die deur toe.

Hy gaan staan met sy rug teen die deur.

Hulle het op ‘n Donderdag gehoor die oorlog is verby, en ‘n maand later aan wal gestap in Durban. Daarna is hy per troepetrein Bloemfontein toe. In Bloemfontein het hy ‘n tweedehandse motorfiets gekoop en toe die grondpad aangedurf Smithfield toe. Oor die laaste koppie het hy die bekende plaashuis en buitegeboue gesien en toe by die hek die nuwe naambord: Nuutbegin. Frik en Wilmie Reynecke.

Toe hy vyf jaar vantevore daar weg is, was die plaas se naam Welbekend, en sy pa, Hendrik, en ma se name was op die bordjie. En hulle van, Van Zijl. Hy’t nuus van sy pa se dood gekry na hulle in Kairo aangekom het. Ongeluk met ‘n perd.

Twee jaar later, in Italië, ‘n briefie van sy ma wat aankondig dat sy met Frik Reynecke gaan trou.

Hy hoor weer ‘n kreun uit die gang uit en gaan sit op die bed. Hy besluit dat hy nie langer in die huis kan bly nie. Maar waarheen? Dis per slot van rekening sy plaas, of die helfte daarvan dan. Van sy pa geêerf na die se dood. Maar nou sit Frik op sy pa se stoel op die stoep en hy slaap by sy pa se vrou, sy ma.

Hy wag vir die lig om buite die venster te begin groei dan klim hy in sy kakiebroek en verslete velskoene. Dan gaan was hy by die balie langs die pomp.

Terug in die kombuis kry hy die vuur in die ou ysterstoof weer aan die gang. Hy sit koffiewater op en haal beskuit uit die blik in die spens. Hy gaan kamer toe en trek een van sy ou hemde aan. Dit span styf om sy skouers. Hy besluit om dorp toe te ry met die motorfiets en te gaan kyk of hy twee of drie hemde kan kry wat beter pas. Dalk ‘n ordentlike broek en baadjie. Sy pa se klere hang in sy kas en hy is seker hy sal iemand op die dorp kan kry wat dit kan verstel sodat dit hom pas.

Sy ma kom in. Sy lyk vrolik met ‘n blos op haar wange. Lank en maer en, vir hom altans, baie mooi. Sy gee hom ‘n soen en hy vertel haar van sy planne. Sy sê dat ou Cohen se jongste dogter, Ebeth, klere maak en verstel.

Hy en Frik groet mekaar beleefd en hy sluk sy koffie en beskuit vinnig af. Dan gaan gooi hy sy pa se klere wat hy wil laat verstel in ‘n sak, trek iets skoon en minder gehawend aan saam met weermagsokkies en stewels. Hy trek die leerbaadjie aan wat Sofia vir hom in Rome gegee het en sit die stofbril om sy nek. Hy haal die leerbeursie met geld onder sy onderbroeke uit en druk dit in sy binnesak. Daar is heelwat geld in, en hy kan gaan net waar hy wil.

By die motorfiets gekom staan Frik vir hom en wag.

“Ons moet praat, Henk. Ek sal jou ‘n goeie prys gee vir jou deel van die plaas.”

Hy kyk na Frik se ernstige gesig. Die netjiese baard en die rooi skynsel in sy hare.

“Dis my huis, Frik. As ek verkoop, waarheen sal ek gaan?”

Frik mompel iets van die myne op die rand, maar hy skud sy kop en sê hy sal daaroor dink. Hy skop die motorfiets aan die brand en ry hek toe met die groot honde wat blaffend saamhardloop.

Die fiets gly rond op die grondpad, maar dit skeel hom min. Hy het in die Westerse Woestyn geleer om motorfiets te ry en die grondpad is ‘n vulletjie.

Op die dorp aangekom stop hy voor Cohen se winkel in die hoofstraat, ook eintlik die enigste straat. Hy stap in. Agter die toonbank staan ‘n jong vrou. Swart hare wat om haar skouers krul en helder blou oë. Sy het ‘n stofjas aan en sy kyk op as die klokkie by die deur klingel wanneer hy dit oopstoot.

“More. Kan ek help?” vra sy beleefd.

“More, Ebeth.” sê hy.

Sy kyk hom aan met ‘n effense fronsie tussen haar mooi oë.

“Henk,” sê hy. “Henk van Zijl”

“Henk! Jy’s terug! En in een stuk?”

Hy glimlag as sy om die toonbank kom en hom ‘n ligte soen op die wang gee.

“Kyk hoe lyk jy!”

“Kyk hoe lyk jy!” lag hy. “Voor ek weg is was jy nog ‘n dogtertjie!”

“Hoe lank was jy weg? Vier? Vyf jaar?”

Hulle gesprek vloei maklik asof hy nooit weg was nie en hulle ruil wedersydse inligting uit oor familie en vriende. Haar ouer suster, Naomi is getroud en woon in Johannesburg. Haar broer, Yitzak, of Isak soos almal hom genoem het is ‘n prokureur in Bloemfontein. Haar ma is dood en sy pas haar pa op wat deesdae meesal op die stoep sit en tee drink en bestuur die winkel. Sy weet van sy pa se dood en dat sy ma weer getrou het met “Oom Frik”. En sy wil weet wat hy gaan doen …

Hy trek skouers op en sê hy sal maar nog bietjie rondkyk. Saam met Frik sal hy nie kan boer nie en hy’s nie lus vir die Rand en die myne nie. Hulle gesels nog bietjie en dan haal hy die sak van sy rug af en pak sy pa se klere uit. ‘n Ou, swartman kom in en koop ‘n sakkie Boksertwak met munte wat hy versigtig op die toonbank uittel.

Verder kom niemand in nie. Sy wys hom waar ‘n gordyn hang en sê hy moet een van die broeke aantrek dat sy kan sien hoeveel moet ingeneem word. As hy sy pa se broek aantrek besef hy dat hy nie ‘n onderbroek aangetrek het nie. In die woestyn het meeste troepe sonder onderbroeke rondgeloop. Dit het verhoed dat hulle uitslag en skaafmerke ontwikkel. En hy het die gewoonte behou tot Sofia hom begin vra het om onderbroeke te dra.

Sofia. Die Italiaanse kelnerin wat vir hom kofiie aangedra het en met haar swak Engels en sy nog swakker Italiaans sy minnares geword het. Wat hom geleer het waarvan ‘n vrou hou en hoe hy moet vat en waar. Hy wonder of hy vir haar moet skryf en betaal dat sy kom kuier, maar besef dan dit sal dinge oneindig moeiliker maak as hy nog op die plaas bly.

Hy knop die laaste knope toe en trek die gordyn weg. Ebeth staan hand op die heup met ‘n maatband om haar nek en wag. Op haar gewrig sit ‘n kussingkie vol koppiespelde. Sy beduie na ‘n houtkissie en hy klim op. Sy gaan kniel voor hom met haar knieë op ‘n kussing en begin aan die broekspype trek. Hy moet gryp om te keer dat sy die broek nie heeltemal oor sy heupe aftrek nie. Sy lag en vra verskoning, dan steek sy die broekspyp se naat op. Sy staan op en haal die maatband van haar nek af. Sy sit haar arms om sy lyf en trek die maatband styf. Haar ligte en behendige beweging veroorsaak dat haar bo-lyf teen sy onderlyf vryf, en dan gebeur die ondenkbare. Hy kan voel hoe sy paal begin regop staan. Hy probeer agteruit beweeg, maar sy sê kortaf hy moet stilstaan. Dan druk sy weer vorentoe, trek die maatband om sy lyf en die keer is dit vir hulle albei onmisbaar dat hy goed regop staan.

Sy laat los die maatband en staan effe terug. Sy kyk hom in die oë en met ‘n effense glimlag vra sy: “Het jy my gemis, Henk?”

Hy bloos en kyk weg, maar sy gee ‘n sagte laggie vat liggies aan sy hardheid deur sy broek.

“Hmmm …” is al wat sy sê en dan treë sy weg en maak aantekeninge op ‘n stukkie papier.

Hy staan steeds versteen op die kissie. “Jy kan maar weer gaan aantrek.” Sê sy dit asof niks gebeur het nie. Hy skarrel agter die gordeyn in en trek sy pa se broek uit, voor hy vinnig sy eie broek aantrek.

As hy weer uitkom is Ebeth besig om die broeke wat verstel moet word op te vou en eenkant te sit.

“Hoe haastig is jy?” vra sy sonder om vir hom te kyk.

“Ek weet nie? Hoe lank gaan dit vat?”

“As jy baie haastig is, kan jy dit vanaand kom haal.” En in haar oë herken hy skielik iets van Sofia, voor sy haar klere uitgetrek en haar kaal warm lyf teen hom aangedruk het.

“Ek sal wag tot vanaand …”

(Lees tweede episode HIER)

 

 

4 thoughts on “Sewe jaar se geluk (1)

  • Hagar

    … daai teruggaan in jou verlede, ou skool vriendinne wat jou wou, maar nie…. en noun jare jare later… dit is half lekker…

    Reply
  • JouBok

    Eish – Lekker!

    En lekkerder storie 🙂

    Reply
  • Willewill

    …en ons wag saam met hulle want vanaand gaan nie net gemeet en gepas word nie.
    Ramkat vir jou verhale moet ek êrens geduld gaan uittrek want dis die moeite werd.☺

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)