Kombiekiehier se skatte-jag kom-petisie
Kombiekiehier hou skatte-jag
Kombiekiehier het iets om weg te gee en toe besluit ons om sommer ons eerste kom-petisie te hou. Hierdie kompetisie is ‘n skatte-jag na alles wat sexy, eroties en/of sensueel is. Want dis mos eintlik waaroor kombiekiehier gaan. En jy het ‘n goeie kans om ‘n briljante inskrywing te he as jy jou skat jag(s) met jou kamera. 😉
Maar eers bietjie inligting oor die prys:
Die Kombiekiehier-Gina klitorale vibrator is die ideale speelding om daardie na-vakansie-blues mee te verlig. Dis klein genoeg om stilletjies in jou handsak te gly of om skimp-skimp in jou metgesel se hand te glip. Met hierdie prys, wat R1 000 werd is, wen jy eintlik plesier. 😉
Sou ‘n man die kompetisie wen, bied Kombiekiehier die opsie dat die prys vir ‘n stel van vier erotiese Afrikaanse boeke (ter waarde van R600) geruil kan word.)
Reels en voorwaardes:
Die idee van die kompetisie is om deelnemers die kans te gee om hulle daaglikse sexy, erotiese en sensuele ervarings met ons te deel – en dalk sommer weer daarvan bewus te word. 😉 Stuur vir ons ‘n kort videoclip van iets wat deur een van die woorde beskryf sal kan word (sexy, eroties, sensueel).
Voorstelle van video’s wat sal kwalifiseer is: iemand se hare wat waai in die wind, bene wat beweeg onder ‘n skuimbad, boobs wat wip (dalk op die strand?), boude wat heen en weer wieg as ‘n vrou loop, ‘n man se voorarms, ‘n man se hande wat om ‘n bors vou, rugspiere wat beweeg … daar is nog duisende … En dit kan kort wees, moet verkieslik nie langer as ‘n minuut of twee wees nie).
Die volgende is baie belangrik:
- Geen video’s of foto’s of images van minderjariges sal aanvaar word nie. Ons sal dit trouens aanmeld, want dis onwettig.
- Ons is nie opsoek na pornografiese video’s nie. Kyk na die site vir riglyne. Classy is die idee. Geen geslagsdele (want dan verander dit kombiekiehier se karakter) Ons hou wel baie van boobs. 😉
- Soos met die riglyne vir ons selfie-afdeling mag geen gesigte gewys word nie.
- Geen onwettige/seksuele dade met diere nie.
- Kombiekiehier sal geen inligting (soos epos adresse) stoor of identiteite bekendmaak nie. Daai reel is deel van ons karakter en deel van ons integriteit en sal nooit verander nie.
- Verskaf asseblief ‘n skuilnaam saam met jou inskrywing.
- Die deelnemers gee aan kombiekiehier die reg om die inskrywingsvideo’s op ons youtube-kanaal en hier te mag deel.
- Die inskrywings sal vir sexygeid 😉 , erotiek en sensualitiet beoordeel word. Jy kan dit dus met jou foon of met ‘n video-kamera neem – die tema interpretasie is belangriker as die video-kwaliteit. 🙂
- Die video moet deur jou geneem wees – moenie iemand anders s’n iewers gaan steel nie – ons soek oorspronklik.
- Die beoordeelaars se besluit is finaal en ons sal nie verder daaroor korrespondeer nie.
- Die kompetisie sluit op die laaste dag van Januarie en die wenner sal in die daaropvolgende week bekend gemaak word.
- Stuur jou video na kombiekiehier@gmail.com. Hierdie is bedoel om julle te inspireer en te prikkel. Hoop dit werk so uit. 🙂
Nou ja, go forth and seek sexy. 🙂 Geniet!!