
Pimm’s No. 1 (1)
deur Wille Will (asook Lusman)
Taalversorging deur Lusman
Francois vee die vatbier se kraantjies weer vir oulaas blink, draai om en plaas dan die afveelappie in die kaslaai aan die onderkant van die vertoonkas. Die kas het verskillende vlakke glasrakkies waarop al die verskeie spiritualieë se bottels vertoon word. Daar is ‘n spieëlagtergrond wat oor die volle lengte van die kas strek. Hy vryf liggies oor sy netjiese blonde kuif en maak seker sy strikdas is mooi reguit in die spieël se weerkaatsing. Sy blou oë vang iemand wat op pad is na die kroegtoonbank. Hy draai met ‘n glimlag om.
Riana lig haar hoof met die swart dos hare op en vee ‘n onsigbare krul uit gewoonte weg en agter haar oor in. Die kroeg lyk baie intiem en skoon en sy sien uit na ‘n bietjie lafenis en stilte. Nadat sy op ‘n sagte, maroen fluweelkroegstoeltjie plaasgeneem het, is sy dankbaar dat daar ‘n klein rugleuning ook is. Sy leun met haar moeë rug daarteen terug. Sy kyk vir die eerste maal op en hou onmiddellik van die blonde man se glimlag wat oorkant die toonbank staan.
“Middag,” sê sy met ‘n skynglimlaggie.
Hy knik net in erkenning en vra dan: “Waarmee kan ek u vergas?”
Francois is aangenaam verras met die natuurlike skoonheid van sy klant. Haar swart hare skitter in die ligte van die kroeg. Haar grimering is subtiel maar perfek op die gesig met die groen oë, aristokratiese neus en vol, rooi lippe.
Riana glimlag met: “Hoe verrassend om sulke perfekte Afrikaans in so ‘n tradisioneel Engelse instelling te hoor?” Hy kyk net reguit terug in haar gesig.
“Pimm’s No. 1 asseblief, sonder komkommer.”
Hy neem ‘n middelslag glasbeker met ‘n effense tuit onder uit die toonbank, hou dit in die lug om te sien of dit skoon is en vul dit dan met ysblokkies. H’m, ‘n dame wat hou van ‘n jenewergebaseerde drankie, dink hy, terwyl hy die bottel Pimm’s No. 1 Cup van ‘n glasrakkie af neem. Hy skink twee sopies in die beker. Hy buk en neem ‘n klein bordjie met sellofaanbedekte reeds gekerfde komkommer-, lemoen- en aarbeiskywe uit die yskas. Met die ysbak se tangetjie skep hy mildelik van alles in die beker, behalwe die komkommer. Hy roer alles in die beker vinnig om met ‘n mengstokkie en neem dan ‘n tulpvomige sjampanjeglas en vul dit amper tot bo. Hy plaas twee mentblaartjies bo-op die vloeistof en bedien dit voor Riana met ‘n drupmatjie onder die glas.
Riana tel die glas op met lang gemanikuurde vingers en neem ‘n proe-slukkie.
“Francois,” lees sy hardop die naam op die naamplaatjie op sy bors en vervolg, terwyl haar oë na die beker gaan: “Dit is absoluut perfek, hoor. Jy het dit soos ‘n kunswerk geskep. Geluk en baie dankie.”
Effens verleë, plaas hy alles wat hy gebruik het weer terug op hul plekke. Hy vermy haar oë.
Sy neem weer twee teue. ‘n Pienk tongtippie vee behaaglik oor haar lippe terwyl sy die kroegman deursoekend aankyk.
“As ek mag vra, doen jy ooit vryskutwerk as ‘n kroegman?”
Hy kom staan teen die toonbank by haar met sy vingers wat weerskante van hom aan die toonbank vashou. “Kroegman is nie my voltydse beroep nie, dame. Ek is besig met my finalejaarstudie as mediese dokter en hierdie inkomste is bloot ‘n aanvulling vir al die onkoste verbonde daaraan. Indien die vryskutwerk nie inmeng met my rooster hier nie en die fooi voldoende is, neem ek altyd verdere vryskutwerk met graagte aan.”
Riana kyk ‘n oomblik in sy blou oë en neem dan ‘n honderdrandnoot uit ‘n klein vroue-portefeulje in haar linkerhand. Haar swart hare glimmer voor haar, voordat sy haar gesig na hom rig en vra: “Het jy miskien vir my ‘n skryfding … verkieslik ‘n potlood?”
Francois draai om en maak weer die agterste laaitjie oop. Hy haal ‘n pennesakkie daaruit. Terug voor haar, rits hy dit oop. Die kenmerkende rooi en swart vertikale strepe van ‘n Staedtler-potlood kom daaruit tevoorskyn.
Riana se pêrelkleurige, lang naels flits in die lig wanneer sy iets op Mandela se gesig op die noot neerskryf. Sy glimlag en skuif die noot en die potlood oor na hom terwyl sy opstaan.
“Hierdie is vir die drankie en enige balans is vir jou fondse.” Sy vee weer die weerbarstige krul van haar hare weg en stryk dan met haar hande af oor haar heupe in die noupassende rok.
“Wis asseblief die telefoonnommer uit wat ek op die noot geskryf het, want dis onwettig om geldnote te skend, op watter manier ook al.” Sy glimlag innemend. “Bel my vroegtydig voor volgende Vrydag. Ek het dan ‘n soirée by my huis en wil jou graag vir die aand in diens neem. Ek sal jou mildelik vergoed en sal verkies indien jy ook kan oorslaap, want daar is geen perke vir my gaste indien hulle wil kuier tot ligdag toe nie.”
Sy gooi ‘n soentjie deur die lug na hom en stap dan na die uitgang.
Na Francois haar effe verbluf agterna gestaar het, kyk hy af na die netjiese handskrif op Mandela se wange. Hy glimlag by homself. Sy’s vir hom intrigant en daarby beeldskoon. Dan kom daar ‘n ander ‘n ander beeld by hom op. Hy sien in sy gedagtes hoe sy linkerhand haar ragfyn swart hare vashou terwyl sy ander hand een van haar borste – sjit, hy wonder hoe lyk hulle – terg en druk.
Sy meneer is stokstyf in sy broek waar hy daar staan. Hy vryf met behae oor die knop wat uitstaan terwyl sy linkerhand die geldnoot op die toonbank vasdruk. Sy verbeelding loop nog verder weg met hom as hy ineens sien hoe sy voor hom op haar knieë afsak en sy gulp oopmaak. Hy sien hoe daardie lang vingers met die pêrelkleurige naellak om die stang van sy penis vou. In sy gedagtes skuif haar hand op en af, totdat die eikel skielik groot en vaalpers uitpop en haar wellustige rooi lippe hom in haar mond neem. Hy verbeel hom hy kan hoor hoe sy hom klein suigies begin gee terwyl haar tong in die gleufie van die glans fyntjies wikkel …
Dan is sy gedagtes weer terug by haar borste. Hy sien in sy verbeelding hoe hy, die linkerhand steeds op haar bors, met sy ander hand sy stywe vat en naderbring aan haar. Dan los hy die bors en stamp hom in haar in. Hy begin in en uit beweeg met seepgladde lang strelings van genot!
Francois ruk van die skrik toe hy een van hul klante die kroeg ingestap sien kom. Hy wonder of die man dalk in die spieël agter die wilde beweging van sy heupe kon sien.
Hy maak of hy iets uit onder uit die toonbankkas haal toe hy buk en die noot met die kosbare foonnommer van die vloer af optel.
***
Toe Francois die volgende week die nommer skakel en sy sy naam hoor, verander Riana se stem na ‘n borrelende laggie in plaas van haar gebruiklike stemmige toon.
“Francois! Dis goed om van jou te hoor! Het jy toe besluit?”
“Ja ek het, dame … sorry, ek ken nie u naam nie … ek aanvaar. Is daar enige verdere instruksies?”
“Nee wat,” lag sy, “gee my jou e-pos dan stuur ek jou die adres. Jy moet asseblief sewe namiddag hier wees, voor die gaste arriveer. En klee maar in die uniform wat jy daar daagliks dra … hm … indien jy wel gaan oorslaap, onthou ‘n slaapbroek en ‘n tandeborsel!” Sy lag weer tintelend.
Na ‘n verdere minuut van inligting verwissel, skakel Riana haar selfoon af. Sy tik-tik met die foon teen haar tande en wonder skielik hoe lyk Francois onder daardie netjiese uniform terwyl sy by haar kamer instap.
Sy gaan lê op haar rug, bo-op die damasoortreksel van haar dubbelbed. Die regterbeen is reguit en die ander een opgetrek by die knie. Haar skouers rus regop teen die kontinentale kussing aan die koppenent. Sy’t ‘n dun, deurskynende kort chiffonnagjurkie aan, met net ‘n tangabroekie onder dit. Met die mymering oor Francois terwyl sy na die plafon staar, besef sy dat haar regterhand met een van haar dik, donker tepels speel – bo-oor die nagrokkie. Die foon is steeds in haar linkerhand, so asof sy nog ‘n oproep verwag.
Ai tog, dink sy, met haar huidige vriendekring is haar seksuele plesiere baie beperk. Sy sou graag weer ‘n man binne haar wil voel – een wat haar poesie vul, behoorlik vúl! Sy gooi die selfoon eenkant neer. Die vry hand help die ander een om die chiffon op te skuif oor haar tieties, tot onder haar ken. Dan is haar regterhand weer op haar regterbors se ronding. Sy was nog altyd baie sensitief by haar borste. Met ‘n glimlag herinner sy haarself hoe sy as tiener sommer gekom het as ‘n outjie haar tepels vrywe, nog voordat hy by die, vir hom verbode, pêntie probeer inkom het.
Haar mond gaan effens oop en haar tong speel heen en weer oor haar lippe wanneer haar hande oor haar gladde borste streel. Sy voel hoe haar maagspiertjies verstyf in afwagting van wanneer haar handpalms die tepels gaan raak-raak.
‘n Ligte trilling vibreer deur haar lyf wanneer haar tepels verstyf van haar handpalms wat hulle nou aanhou terg. Sy knyp skielik die twee genotsknoppies tussen haar duime en voorvingers vas en vryf hulle … en trek hulle rekkend uit. Erotiese golwe rol oor haar lyf en in haar brein in, sodat haar onderlyf eintlik oplig van die bed. Hemel, kan dit so lekker wees, hyg dit deur haar gedagtes … en dan soek haar regterhand naarstiglik in die bedkassie se laai.
Aha … voel sy die bekende koue namaaksel met die sfeervormige voorpunt. Sy pluk dit uit die laai uit. Sy vryf die nagemaakte voëlkop vinnig tussen haar handpalms dat dit bietjie warmer word. Haar bene is reeds wyd oop en albei knieë opgetrek.
Riana skuif die lappie van die tanga wat haar poesie voor bedek eenkant toe weg met haar voorvingers. Dan skakel sy die vibrator aan en bring dit in aanraking met haar buitelabia. Dis soos weerligstrale wat op en af dans terwyl sy dit laat gly oor haar baie nat gleuf! Die vibrasie is soos ‘n sagte brom wat haar sensitiewe punte aanraak en die trillings deur haar lyf na haar hoof oordra, eerder as wat dit hoorbaar is. Haar onderlyf ruk van plesier en sy sien hoe haar maagspiere nou vinniger reageer, in pas met die sintetiese genotstok se sensuele streelhale. Sy trek haar lippe aan die bokant oop met haar ander hand se voor- en middelvinger, in so ‘n mate dat die pienk binnelippe, asook die klipharde klit wat bykans regop uit sy huid opbeur, heeltemal ontbloot is.
Riana laat sak weer haar rug op die kontinentale kussing met toegeslane oë. Sy gryp met haar linkerhand haar linkerbors rof aan die tepel, terwyl sy met die ander hand die vibrator nou aan haar klit laat raak. Die opwerking, die fisiese privaatheid van hierdie oomblik en die uiterste sensualiteit en genot bring haar liggaam tot ‘n rukkende klimaks. Die vibrator hou soos ‘n knaende dier aan om haar klit, keer na keer, met die trillende aanraking te stimuleer.
Asof sy beheer oor haar sinne verloor het, gryp sy desperaat van die linkerbors na die ander een met die linkerhand. Dan druk sy meteens met die ander hand die vibrator tussen die voue van haar vulva deur … diep in haar vagina in. Haar kreuntjies verander in ‘n harde gil wanneer die trillings van die vibrator in haar kanaal haar binnespiere om die nagemaakte piel laat saamtrek en los, saamtrek en los. Sy bereik ‘n tweede klimaks en die piek laat haar voel dat niks anders in die wêreld haar soveel intense, fisieke genot kan laat ervaar nie.
Haar wanhopige gepomp in haarself met die vibrerende dildo begin afneem en uiteindelik verflou dit na ‘n laaste stoot soos die orgasme begin afneem. Haar hand val op haar binnedy wanneer haar opgetrekte bene ook plat val op die bed. Die gonsende triller hang halfpad by haar uit. Haar ander hand se palm rus nou onder haar borste, op haar middellyf, asof sy haar vinnig deinende bolyf daarmee wil laat bedaar. Sy voel haar hart met snelle donderslae hamer onder haar handpalm. Met diep asemhaling probeer sy om tot normaliteit terug te keer. Stadig kom sy tot bedaring.
Haar gedagtes wat so leeggetap voel soos haar gloeiende, bevredigde liggaam, roep meteens weer haar huidige seksoriëntasie na vore. Miskien kan of wil sy dit nie ten volle aanvaar nie, alhoewel haar huidige leefstyl haar tog seksuele plesier op ‘n hoër vlak laat beleef … of dalk nie? Of is haar genotsversugtinge dalk weerskante van die lyn? wonder sy.
Sy kom orent en trek die vibrator uit. Sy klim van haar bed af en stap badkamer toe, die plesierder in haar regterhand. Dan bring sy die triller met sy velkleur-silikoonpenis vorentoe en bekyk dit terwyl sy dit regop hou en stadig in die rondte draai. Sy gaan hom versigtig mooi skoon was, dink sy … en sommer ook stort.
Die soirée kon nie meer toepaslik as nóú plaasgevind het nie, herkou haar verbeelding toe sy die badkamerdeur oopstoot … veral met die aantreklike Francois in die potpourri. Dit kan haar insigte dalk verander.
(Lees volgende episode HIER)
5 COMMENTS
….. en hoeveel sulke gevalle is daar nie dalk nie….
Twee persone wat mekaar op ‘n lukrake manier ontmoet of dalk net raaksien, oogkontak maak ?
Mekaar eindklik tog beter in naakte ontbloting en oorgawe wil ervaar… maar dit gebeur nie ? Vrees vir verwerping dalk ? Oordeel van ander ? Dalk nie die besef het van dit wat jy aan die ander se fanatsie doen nie ?
Nee wat, ou Wille Will – 99% van die krediet is joune. Sonder die tema en jou insette en insigte om die storie geloofwaardig en aanskoulik te maak is dit wat ek kan doen nutteloos.
Die was ‘n lekker kom in ‘n baie goeie storie.
Ek ken ook ‘n Riana en ek hoop van harte dat sy ook sulke plesiere ervaar.
Jissie! so pragtig beskrywend! Wanneer is die opvolg asb asb asb
Baie dankie, Lusman, jou bydrae en verfyning lig die tonele en karakters na ‘n afgeronde vlak!