Melk
deur Neil A Morum
Ek het nog geborsvoed toe my 18-jarige swaertjie by ons kom kuier het vir ‘n paar weke. Hy was besig met ‘n projek naby ons en dit het sin gemaak dat hy daar moes kom bly.
Die mannetjie is ‘n kortgat (omtrent ‘n voet korter as my man), maar hy is frisser gebou.
My borste was swaar en vol en ek het Joppie ‘n paar keer gevang dat hy vir my met sulke verstarde oë loer. Ek het wel my figuur redelik vinnig teruggekry, maar ek het nog steeds soos Bettie Ballon gevoel, so die feit dat hy so gekyk het (met duidelike lus, te oordeel aan die knop in sy broek) was ‘n kompliment vir my.
Een oggend, terwyl ek vir ons koffie gemaak het, het ek weer die vol in my tiete gevoel en op die ingewing van die oomblik besluit om my man ‘n bietjie te bederf.
Ek het my linkerbors onder my toppie uitgelig en van my melk in die koppie uitgedruk. Dit het in ‘n klomp fyn straaltjies uitgespuit en die verligting was onmiddellik. Die regter een het begin lek en ek het haar in Joppie se koppie ingespuit.
Dit was lekker om te sien hoe hulle my spesiale koffie opslurp en ek het so ‘n warm gevoel in my onderlyf gekry.
Daardie middag het Joppie uitasem by die huis aangekom. Hy het dadelik na sy kamer toe gegaan en ek het hom daar hoor peuter. Toe hoor ek hoe ons badkamerdeur oopgaan. Ek het saggies in die gang afgeloop want ek wou gaan kyk waarmee hy besig was. En wat ‘n lekker verrassing het op my gewag!
Die deur was half oop. Joppie het voor die wasbak gestaan met een van my bra’s in een hand terwyl hy draadgetrek het met die ander een. Hy het skielik die bra teen sy neus gedruk en diep geruik terwyl hy sy heupe vorentoe gedruk het. Sy penis was omtrent ‘n duim langer as my man s’n, maar nie so dik nie. Ek was verstom om te sien hoeveel saad hy in die wasbak ingepomp het en hoe ver hy dit uit sy lang, dunner voël uitgespuit het.
Ek het omgedraai en met lam bene teruggeloop kombuis toe. Ek het gewonder hoeveel keer hy dit al gedoen het. Dit was nie dat ek omgegee het nie, inteendeel, ek was net spyt ek het nie eerder daarvan uitgevind nie.
Ek was sopnat en het badkamer toe geloop toe Joppie in die kombuis ingestap het. Die muskusreuk van sy sperm was merkbaar en het my laat klop. Ek het my vingers teen my geswolle klittelaar vasgedruk, ‘n paar harde heen-en-weerbewegings het my in ‘n lang, bewende orgasme laat kom.
Die volgende oggend het ek met gewone melk koffie gemaak en daardie middag gewag dat Joppie weer so maak. Teleurstelling: hy het nie. So net na vier het hy geskimp vir koffie. Ek het van my spesiale dubbelroommelk gebruik en dit vir hom gevat. Hy het dit gulsig gedrink en ek het geloop. ‘n Paar minute later was hy terug in ons badkamer. Ek het nadergesluip: hy het weer my bra beruik en sy draad (vir ons albei se lekkerte) getrek.
My tydsberekening was perfek: ek het ingeloop toe hy begin spuit het. Hy het nog probeer keer en toehou, maar sy voël het vanself besluit en nog twee dik blobs uitgeskiet.
Dit was my beurt om te staar. Sy penis was jonk, lank en hard en dit het nog op en af geklop. Hy was jammer. Jammer? Waaroor? Ek het hom vertel dat ek dit as ‘n baie groot kompliment beskou het dat hy iets gedoen het wat natuurlik vir jong mans was, terwyl hy MY as sy stimulasie gebruik het.
Hy het na my borste gestaar (sy kaal, semi-erekte penis vergete) en ek het agtergekom dat ek ‘n nipple-stand van formaat gehad het. Daar was nat kolle op my bloes waar hulle deur my bra gelek het. Sy halfmaspenis het in ‘n klop opgelig. Dit het met elke polsslag harder geword tot hy weer ‘n klipharde horing gehad het.
Ek kon dit nie glo nie. Hy het nou-net sy balle leeggemaak en hier was hy weer, reg vir aksie!
Presies wat my besiel het om dit te doen, weet ek nie, maar ek het hom gevra of hy dit nie eerder voor die ware jakob sou wou doen nie. Hy het gesluk, sy kop geknik en ek kon sien hoe sy testikels oplig. My hande het vanself knope begin losmaak en my bo-lyf was gou-gou halfkaal; my voedingsbra was sopnat op elke punt. Hy het sy voël woes begin pluk; ek het gesê hy moet bietjie rustiger. Ek was nie haastig iewers heen nie en ek was seker ons wou dit altwee so lank as moontlik geniet. Hy het toe net sy duim en wysvinger gebruik om die vel oor sy voëlkop op te trek, en dan lank af sodat die punt effens afgebuig het.
Ek kon nie wegkyk nie en hy het my tiete deur my bra gekyk.. Ek was kortasem; hy het gesê hy hou van hoe my boobs op en af beweeg. Toe maak hy sy voël in sy vuis toe en laat waai. My bene was lam van die lus.
Hy het die vel ver afgetrek en toe ‘n hele paar keer geskiet. Die eerste druppels was kleinerig, maar hulle het tot teen die spieël getrek. Die laastes was groot blobs wat stadig vloer toe geval het. Met ‘n laaste druk het hy nog ‘n tapsel gemaak.
Ek het die ongelooflikste ding ervaar: ‘n mini-orgasme! En dit was net van kyk!
Ek het omgedraai en my bloes aangetrek terwyl hy kon skoonmaak.
Hy het in die kombuis ingesluip, al blosend en stamelend. Hy het gesê dat hy nooit GEDROOM het dat so iets ooit sou kon gebeur nie. Hy het vertel dat hy baie aande aan my “tieties” gelê en dink het terwyl hy draadtrek. Ek het vertel dat ek hom die vorige dag afgeloer het en gesien het wat hy doen. Hy het weer gebloos en gesê dat hy homself nie kon help nie. Toe ek sê dat hy my melk in sy koffie gedrink het, het hy sy lippe gelek en afgekyk na sy broek: hy was weer besig om hard te word!
Ek wou nog ‘n sessie voorstel, maar Man was amper tuis. Joppie het geskerts dat hy nie omgee vir nog nie, maar hy raak soms ‘n bietjie sensitief. Sy rekord vir een nag was blykbaar ses keer (hy het my glo in my pyjamas gesien en die het effens deurgekyn…) maar hy was vir ‘n paar dae daarna bietjie sensitief …
Daardie aand, terwyl hy gestort het, het ek een van my wildste panties op sy kussing gaan sit. Ek kon nie wag om te hoor wat hy die volgende oggend sou sê nie, maar ons kon eers daardie middag praat. Hy wou my iets gee: die panty was vol kolle soos hy sy saad daarin gepomp het. Hy was baie bly oor die geskenk, maar hy wou die volgende keer een hê wat ek gedra het. Blykbaar het hy soms een uit die wasgoedmandjie gehaal: dit het hom gek gemaak om daaraan te ruik en die effense kolle wat ek soms daarin gelaat het, te sien.
Ek het gevoel hoe ek nat word en het vir verdere kommentaar gewag, maar hy het net gevra of hy spesiale koffie kon kry.
Alhoewel ons nou-net iets baie intiems gedeel het, was ek steeds skaam, dus het ek aangebied om dit vir hom kamer toe te bring. Hy het geloop en ek het koffie gemaak met twee sterk spuite uit elke bors.
Ek het hom kaal op sy bed gekry; hy het ‘n polsende horing gehad. Hy het erken dat hy my deur die deur afgeloer het. My “tieties” was glo pragtig… daar het ‘n druppel helder vloeistof in sy gleufie gepêrel en ek moes keer of ek buig en lek dit af.
My bloes het oor my kop gewaai en hy het sy hand laat gatroer. Net voor hy gekom het, het hy sy balle in sy ander hand gehou. Ek het reg voor hom gesit; hy het sy voël afgebuig na my toe en sy semen na my toe geskiet. Die eerste klein druppels het teen my maag geland, die daaropvolgende groteres op my skoot. Hy was jammer; ek het my maag afgevee en hy het aangebied om my romp skoon te vee. Ek het voor hom gaan staan en sy kloppende penis bekyk. Hy het die kolle probeer afvee terwyl hy my romp teen my klit vasgedruk het. Dis net bo waar die grootse kol was en hy het oor en oor daar gevee. Ek het geril, sy hand weggevat en my drang alleen gaan verlig.
Later die aand het ek die dag se broekie op sy kussing gaan neersit. Ek het dit opgerol om soveel van die nat as wat ek kon, te hou. Hy het oor brekfis net “Dankie” gefluister terwyl hy soos ‘n maniak gegrinnik het.
Daardie middag het ek ‘n wit t-hemp oor my voedingsbra aangetrek. Ek het by hom gaan sit en gekyk hoe hy sy draad vir ‘n vale trek. Ek wou buk om te help skoonmaak, maar sy kyk het my gekeer.
Ek het deur die bra gelek en die t-hemp het deurgeskyn. Hy kon steeds niks sien nie, net die belofte van iets, maar hy het gestaar. My hemp het gewaai en toe maak ek die twee panele van my bra oop en wys hom my tepels.
Sy horing was nog net so erg… hierdie mannetjie was ongelooflik!
My tepels was hard en het melk gedrup; sy voël was hard en het kom gedrup; my romp het verdwyn en toe staan ek voor hom met ‘n sopnat broekie. Dit was genadiglik katoen (nie kant nie) maar het so teen my lippe vasgeplak dat ek netsowel kaal kon wees.
Ek het gekyk hoe sy paal klop. Ek het my hand in my broekie ingedruk, my hele hand oor my geswolle lippe gesmeer en dit toe vir hom uitgehou om te sien en te ruik. Ek weet dit is meestal reukloos, maar die feromone daarin vlieg reguit brein toe en maak jimpel… hy het my palm gelek en toe, kreuend, my vingers gesuig.
Met nog ‘n kreun het hy met sy heupe begin pomp en ‘n straal kom in die lug ingespuit. Hel, hy het nie eers aan homself geraak nie! Ek het saam gekerm en ook gekom. Hy het gekyk hoe ek bewe en ril en gehoor hoe ek vloek. Volgens hom was dit die grootste kompliment van sy lewe.
Ons het gevorder van toe af: ons masturbeer nou saam op sy bed. Ek het egter nog net een keer aan hom geraak, en dit was om ‘n kondoom oor sy penis te punt te sit en tot net onder die rif af te rol; die res het hy self gedoen. Dit was sy eerste keer en hy was mal oor die styfgladde sensasie. Hy het nie ‘n probleem om dit vol te maak nie (met beide sy penis en sy saad). Hy is een van die min ouens wat ek al gesien het wat ‘n “long” heeltemal afrol…
Net van dophou, weet ek presies hoe jy hom moet vryf, wanneer om sy balle te druk, wanneer om sy skote te verwag. Hy weet presie hoe om my tepels te vryf, hoe om hulle te knyp en te draai tot ek mal word, hoe om my lippe oop te vou en my klit te ontdek, hoe om dit te vryf tot ek in orgasme gil, hoeveel vingers om in my op te druk en hoe diep ek hulle in my wil hê. Maar hy het ook nog nooit aan my geraak nie.
Nou en dan bederf ek hom: ek het ‘n klein 3-duimvibratortjie waarmee ek lank gelede my G-kol gesoek het. Hy kyk aandagtig hoe ek myself daarmee naai. Die klop van sy vleis en die helder druppels nat op sy kop maak dat ek gewoonlik nie lank kan uithou voor ek ontplof nie.
Ek los dit in en hy kyk hoe dit saam met my polsende doos beweeg. Dan staan hy voor my en draadtrek tot hy sy saad reg op my poesie skiet. Hy tref gereeld die vou waar my lippe my klit ontmoet en die warm en nat slae maak my gewoonlik reg vir nog ‘n sidderende orgasme.
Hy het nog nie gevra om my te eet nie. Nog nie. Maar ek dink hy gaan. En ek gaan instem, want iemand moet hom leer…
7 COMMENTS
Wanneer kry ons n opvolg asb?????
Niel jou ou yster – baie goeie storie wat jy aanmekaar gesit het. My bloedruk het dit net net gemaak. Ek kyk uit na jou volgende storie.
Wat n great storie. Kan nie eag vir die opleiding gedeelte nie.
Op dees aarde ! Hierdie storie…☺☺☺
Nee magtig!!!! Naai die man!!!
Jimmel! Fantastiese storie, Niel. 🙂
Ja Nee n opvolg moet net kom ..Baie baie goed Neil