Reunie (3)
deur Bobcat
Ek skrik wakker toe Jessie se hand oor my bors gly.
“Kom slaapkous. Die nag is nog jonk. Ek het vir ons lekker badwater getap en dan vat jy my uit vir ete,” lag sy.
Die masiewe spa-bad is tot by die oorloop vol warm skuimwater. Ek gaan lê met my rug teen die kant en verkyk my aan die mooi vrou wat die water eers met haar tone toets, haar voete tussen my bene plaas en toe met haar rug teen my kom lê. Haar pragtige borste staan trots soos twee boeie tussen die skuim en haar rug teen my laat my soldaat op aandag spring.
“Stadig oor die klippe,” maan sy my met ‘n lag in haar stem terwyl sy haar kop skuins na agter draai en haar mooi grys oë smeek vir n soen.
My hande, nou glad van die seperige water gly oor haar borste terwyl ek haar soen. Haar tepels voel hard in my handpalms en ek begin weer liggies bewe. Sy vat my regterhand in haar hand en trek my hand tot by haar genotgrot. Toe my vingers oor die lippies beweeg wonder ek of dit die gladheid van die badwater is en of sy ook weer lus is. My oë dwaal oor haar bene terwyl ek haar kwassie met my handpalm vryf en hulle haak vir ‘n sekonde by haar goedversorgde voete vas.
“Ahhh, dis heerlik,” sug Jessie. “Wens ons kon altyd so bymekaar wees.”
Onwillekeurig gaan my gedagtes na haar man en ek wonder waar dinge vir hulle verkeerd geloop het. As sy myne was …
Terwyl ek sit en droom het Jessie die badsponsie nader getrek en dit vol “showergel” gemaak.
“My rug asseblief?” sê sy terwyl sy die spons oor haar skouer vir my aangee. Nadat ek haar rug gewas het (meer as wat nodig was) het sy die sponsie by my geneem, opgestaan en haar hele lyf begin was. Ek het net so bly lê en my verkyk aan Jessie. Haar lyf het geglinster van die water en elke kurwe van haar rondings het my gedagtes aangegryp. Die sagtheid van haar vroulike liggaam het gesorg dat my oë vasgenael bly totdat sy weer tussen my bene kom lê het en ek haar help afspoel het.
Sy het handoek om die lyf by die badkamer uitgestap nadat sy my rug gewas het en ek het die res in rekord tyd skoon geskrop.
Jess het bo op die bed op haar maag gelê, bene effens oop, kamerdiens se spyskaart voor haar. Ek het my handoek laat val en half oor haar gaan lê, my een been tussen hare. Ek het haar nek en een skouer begin soen. My een hand op haar lekker stywe wit boudjie, die ander een onder haar bors ingeskuif sodat hy haar bors mooi omvou.
“Kom ons los die uiteet en bestel iets by kamerdiens,” sê-vra sy terwyl sy in my arms omdraai tot op haar rug en haar een been optrek. Haar grys oë glinster vraend toe haar hand om my voël vou. Laasgenoemde reeds in die hoog voor posisie. Haar soen is vars en speels terwyl sy my liefdes-soldaat stadig op en af masseer.
“Ek is bang die werklikheid tref ons as ons nou by daardie deur uitstap. Wil jou die hele nag bederf en net vir myself hê,” glimlag sy.
Ek be-aam haar stelling met ‘n soen en my hand dwaal na haar oase van genot. My oop hand gly oor haar parratjie toe sy haar bene oopmaak en met die terugtrek slag voel ek hoe haar lippies verstyf. Sy druk teen my bors met haar hand en ons soen breek.
“Nou is dit my beurt,” sê sy met daardie bekende stout blik in haar grys oë terwyl sy my op my rug omdop. Sy draai haar lyf en kom lê kop aan voet langs my.
Ek snak na my asem toe sy my voël in haar hand neem en kop onderste-bo diep in haar mond steek. Sy begin my voël suig terwyl sy met haar lippe teen my voëlkop se rand speel elke keer as sy terugtrek. Dan los sy bietjie en lek net met haar tong. Toe sy weer begin suig klap ek haar speels op die boud en asof sy verstaan gaan sy op haar knieë sonder om ritme te verloor, swaai haar een been oor my gesig en laat sak haar parratjie tot net bokant my mond.
Toe my tong in haar wegsak is sy reeds nat en die smaak van haar hemelse nektar stuur skokgolwe teen my ruggraat af. My tong glip in en uit, soms oor haar klit en soms oor haar perineum. Ek lek, suig en druk my tong so diep as ek kan in haar. Soms trek ek my neus, mond en ken oor haar klit en tussen haar lippies deur. Haar dye begin effens bewe en ek kan voel dat sy nou in ‘n wedloop teen tyd betrokke is. Haar lippe, tong en mond eet en suig my met oorgawe. Haar heupe begin vorentoe en agtertoe oor my gesig beweeg en dan eensklaps lig haar mond van my voël af en ek voel hoe die lewegewende “kom” uit my skiet. Jessie hou aan om my met haar hand te stimuleer terwyl my “kom oor haar borste, in haar nek en op haar maag spuit. Haar eie nektar loop oor my ken en ek begin haar skoonlek terwyl sy sulke klein gilletjies gee elke keer as my tong deurtrek.
Die vrou het verruklik gelyk in haar wit kamerjas. Sy het vir ons koffie gemaak terwyl ons wag vir ons bestelling van kamerdiens, my beveel om in die bed te bly. Later het sy die trollie by die deur ontvang en tot langs die bed gestoot. Sy het die beddegoed van my afgegooi, haar japon se lyfband losgemaak, op die bed geklim en wydsbeen oor my nakende manwees kom sit. Terwyl sy my voer het ons lekker gesels, maar elke keer as sy effe skuins vooroor buk om iets op die trollie by te kom het haar kwassie oor my skag gegly en my kliphard gehou.
Erens tussen die hoofgereg en nagereg het sy haar lyf op haar knieë opgetel, my voël in haar hand geneem en sy kop liggies oor haar klit en tussen haar lippies beweeg en toe stadig op hom gaan sit totdat sy met ʼn “Ahhh” haar sit gekry het. Die gevoel van om in haar gladde skede te wees tesame met die beweging as sy iets op die trollie kry gemeng met die klanke van haar stem, die reuk van haar liggaam en die sagte lirieke van “I want to kiss you all over” het begin om my rasend jags te maak.
Daardie nag het Jessie my gery asof sy die dertig “verlore” jare wou inhaal. Ek was vir twaalf ure haar gedweë gevangene, haar “lover,” haar beste maat en haar groot liefde. Ons het nooit regtig gesels oor wat in ons huwelike verkeerd was nie, enige toekomsplanne gemaak nie of selfs ‘n opvolg kuier beplan nie.
Die oggend het te gou aangebreek!
Dit is nou vyf jaar later. Die dae, weke en soms maande is langer as voor ons reunie, maar wanneer ons mekaar nodig het is twaalf ure in ‘n oogwink verby …
1 COMMENT
…dankie Bobcat, ek het al die “Reunie” aflewerings asof visueel geniet en ervaar…weereens het hierdie laaste aflewering my stokstyf tot aksie gedwing…skryf weer