Oor celebs, privaatheid en BDSM
Yvonne van den Bergh is beeldskoon.
Sy is ook super intelligent, oopkop en aangenaam. Wanneer sy nie ‘n aktrise of TV-aanbieder is nie, hou sy soms ook daarvan om BDSM te beoefen.
In ‘n perfekte samelewing soos die een wat kombiekiehier oor fantaseer, sal bogenoemde sinnetjie geen meer waarde dra as dat sy ook daarva hou om koekies te bak wanneer sy ekstra tyd het nie. Maar in Suid-Afrika gee daardie sinnetjie die samelewing “toestemming” om karaktermoord te pleeg.
Maandagaand het Yvonne hierdie verklaring op haar Facebook muur geplaas:
Hi almal. Hierdie wat ek julle nou gaan vertel, het eintlik niks met enigiemand te doen nie, maar Rapport dink ongelukkig nie so nie en wil dit Sondag publiseer. ‘n Online stalker, ‘n cyber boelie, het BDSM fotos van my vir hulle gestuur. Ek weet ‘n koerant sal dit net probeer sensasionaliseer, so ek vertel dan eerder vir almal wat my tweede beroep en groot liefde is, al het dit niks met enigiemand te doen nie.
Here goes: Ek is ‘n BDSM Dominatrix. BDSM het effens meer mainstream geword met die publikasie van die bekende ’50 Shades of Grey’ boeke. Daar is wel baie verskillende tipes BDSM, en 50 Shades is meer oor Dominance/ Submission, en dit is sensuele BDSM. Dit is glad nie die tipe BDSM wat ek beoefen nie. Dit is nie vir my seksueel nie en ek doen geen seksuele aktiwiteite in die Strafkamer nie. Ek is altyd ten volle geklee, maar die mans en vrouens wie ek straf is uiteraard altyd naak. Ek hou van die CFNM (Clothed Females Naked Men) fetisj, en beoefen my BDSM so wat klere betref.
Ek doen CP, wat staan vir Corporal Punishment/ Lyfstraf. Ek spesialiseer in judicial caning, wat losweg vertaal as uiters harde rottangslaan. Dis wel nie al wat ek doen nie. Ek gebruik baie verskillende tipes implemente, bv swepe, Skotse tawse, paddles, sambokke ens. Ek hou ook van rolspel, bv. Skooljuffrou rolspel, polisievrou rolspel, militere rolspel ens. Ek het verskeie permanente subbies en slawe (submissives/ onderdaniges), wie ek weekliks straf, en ook verskeie speelmaats wat ek straf. Ek doen dit beide vir plesier en professioneel. My volgende status sal fotos bevat, asook skakels na my BDSM social network profiel en my Spankingtube profiel.
My liefling man ondersteun my totaal en al en weet uiteraard van dit als. Hy stel geensins self in lyfstraf belang nie en ek beoefen die kuns nie op hom nie. My kinders weet, my fantastiese ouers weet, my vriende weet almal en nou weet julle ook.
BDSM is nie sleg nie. Dit het ook niks met geweld te doen nie. As iemand ‘n neiging het daartoe, is dit net goed vir die persoon, hetsy sadis, masochis, Dominant of onderdanige (submissive). Ek het die neiging al van kleintyd af, maar het dit vir baie lank onderdruk uit vrees vir ander mense se vooroordele.
As enigiemand wil, share hierdie status gerus. Ek sal eerder dat almal daarvan hoor uit my eie mond as uit ‘n joernalis s’n. Moet nie na my profile gaan kyk as jy bevooroordeeld/ sensitief is nie. Ek doen nie sagte of sensuele BDSM nie. Ek is ‘n harde Meesteres, en die fotos sal nie verstaan word as jy ly aan die vooroordeel siekte nie. Indien jy gaan kyk na my fotos, onthou dat dit vir die masochis net so lekker is as vir die sadis.
Ek sal alle vrae op hierdie status beantwoord, so as jy nog altyd iets wou weet rondom BDSM, hierdie is jou kans. Ek is uiters ingelig oor die onderwerp, aangesien dit ‘n groot passie is van my. Enige veroordelende persone sal ge-unfriend en geblok word.
Ek is ook baie lief daarvoor om BDSM clips te maak, my man verfilm en edit dit vir my. Dit is geredelik beskikbaar op die internet, maar net vriende op BDSM sites kan dit sien. Ek aanvaar nie vriende op die sites nie, tensy ek kan sien hulle is regtig ook into BDSM en hulle profiel is ten minste ‘n jaar al oop. My fotos is wel te siene vir al wat leef en beef.
Die mense met wie ek speel en my BDSM vriende se identiteite sal anoniem bly.
Uiteraard speel ek net met mense wat volwasse is, 18+.
Yvonne het nie die verklaring gemaak omdat sy publisiteit gesoek het nie. Sy het dit gedoen omdat sy na maande in ‘n hoek gedryf is deur ‘n stalker. Die uiteinde van die hele verhaal was dat ‘n joernalis oor haar “bedrywighede” ingelig is en dat hulle dit wou publiseer.
kombiekiehier verstaan dat joernaliste nie stories kan ignoreer nie. Ons verstaan dat hulle dikwels nie ‘n keuse gegee word oor waaroor hulle skryf en hoe nie – dit kom van bo af waar geld (vir oorlewing?) klaarblyklik al oorweging is wat praat. Ons voel net dat daar meer as een manier is om iets te doen en hoe die nuus op die einde tog in die media verskyn het, laat veel te wense oor.
Hier is die “berig” wat gisteraand verskyn het.
Hiervolgens lyk dit asof Yvonne self besluit het om uit te kom – oneerlike beriggewing much? (Lees bietjie die kommentare onderaan – dis waarom mense se private sake privaat moet en mag bly.)
Die feit dat die gepeupel duisende klieks op sulke berigte maak of meer koerante met sulke opskrifte koop, maak dit nie reg dat daar daaroor berig word nie. En as daardie berig tog geskryf moet word, is dit regtig nie moontlik om dit op ‘n minder sensasionele en meer eerlike manier te doen nie?
Die media hou nie net ‘n spieël op sodat society hulself daarin kan sien nie. (En wie gee in elk geval vir iemand die reg om ‘n spieël in iemand se slaapkamer te gaan opsit?) Om so te dink is naief en ontken ook op ‘n manier die media se ongelooflike mag. Daardie spieël wat joernaliste vashou word getilt sodat dit die storie op ‘n spesifieke manier reflekteer. Dit beteken ‘n joernalis het die mag om lesers se persepsies te kan beinvloed, lesers op te voed, die samelewing woord vir woord te verander. Dit het al voorheen gebeur. Met so baie werk om te doen, waarom word die lui en oneerlike en middelmatige opsie telkens gekies? Sulke beriggewing hoort mos in ‘n poniekoerant? Of is daar nie meer iets soos nie-ponie in Afrikaans nie?
kombiekiehier betreur die wyse waarop hierdie hele saak hanteer is. Daar is iets soos ‘n private sfeer en ‘n publieke sfeer en koerante hoort in die een en nie in die ander nie. Op die minste kan seker verwag word dat iemand se private sfeer met respek betreë word, maar dis gewoonlik presies die teenoorgestelde wat gebeur. Want seks = want sies vir so baie mense.
BDSM is soveel meer as net seks. Dis ‘n leefstyl waarin respek vir jou speelmaat, eerlikheid en mutual consent juis beklemtoon word. Dit is ironies genoeg soveel meer as wat die meeste mense wat gulsig lees en gulsig oordeel ooit in hulle eie slaapkamers beleef. Hier is ‘n link na ‘n onderhoud daaroor vir enigiemand wat oopkop is en belangstel om meer te weet.
Kom ons haal die “sies” uit seks uit. Uit alle vorme daarvan.
1 COMMENT
Ek is absoluut ten gunste daarvan dat mens oor goed moet praat. Dit beteken nie dat jy alles wat in jou slaapkamer gebeur, bloot te lê nie. Haal al die goed uit die donker uit en praat daaroor. Dan hoef mense nie agter hulle hande daaroor te praat nie asof dit sonde is nie