Om te perv
deur Homo Erectus
“Waar gaan jy?” vra Morné. ‘Kampus toe’ antwoord ek. ‘Om te wat? Ek dog jy woon nie meer klasse by nie.’
Hy was natuurlik reg. Ek was lanklaas op kampus, en het inderdaad nie meer klas bygewoon nie. Totale mors van tyd. Maar die kampus het ander trekpleisters gehad. Duisende van hulle met sagte kurwes. Die bankie daar voor die klein kaf was net die regte plek om te gaan sit en perv. Eerstejaars is nou nie juis iets om na te kyk nie, veral nie in Ienkdrag nie, maar die ouer studente is eenvoudig ‘n lus die oog. Vir ‘n jagse student is dit net die plek om uit te hang.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. 25 jaar later betrap ek my dat ek weer in die oggende gaan perv. Nie op kampus nie, maar by die skool. Nie skoliere nie, maar mammas en onderwyseresse. Na ‘n paar jaar van kinders aflaai is die landskap bekend. Bekende karre, bekende gesigte, bekende klere, maar bowenal bekende kyke. Op hierdie ouderdom het mens ‘n baie sensitiewe en akkurate jagsheidsradar. Mens kan dit agterkom aan klein dingetjies. As hulle skielik lipstiffie aan het, en so bietjie vriendeliker knik. As hulle gimbesoek effens later begin om naderhand heeltemal saam met joune te val, as hulle nie meer die treadmill aan die oorkantste muur uitsoek nie, maar een in die ry waar jy elke dag oefen.
Soos wat die tyd aanstap kom mens agter dat die meeste huisvroue so bietjie soekend voorkom. Dalk is hulle ook besig om te perv.
‘n Kollega het op ‘n tyd gevra of dit nie makliker sal wees as almal wat jags is ‘n plakker op die bors sal dra nie. Vir die geoefende oog is ‘n plakker oorbodig.