Nuwejaar
deur Saffie
Braam parkeer die ou Ford bakkie voor die Spar in die Hoofstraat and skakel die enjin af. Dis Nuwejaarsdag en die plek is verlate. Dis in elke geval so warm hierdie tyd van die jaar in die Groot Karoo, dat almal oor die middaguur iewers skaduwee soek. Hy neem sy strooihoed en leerskouersak op die voorste sitplek en klim uit die voertuig. Sy groot en byna sewe voet liggaam is stram en styf van die lang sit. Hy’t dit net-net gemaak met sy petrol. Hy’t nie besef hoe ver dorpe uitmekaar is in die platteland nie. Hy strek sy arms, sit die hoed op sy kaalgeskeerde kop en gooi die leersak oor sy skouer en stap na die Grand Hotel.
Die teer onder sy leerplakkies brand byna sy voete en hy’s dankbaar dat hy ‘n kortbroek dra. Na jare in die stad in ‘n pak klere, is dit ‘n wonderlike verligting. Hy voel byna bevry. Dis vir hom soos ‘n nuwe lewe. Al daai jare van werk in die korporatiewe omgewing, die kantoorpolitiek en die stres. Toe hy eers besluit het om te bedank, kon hy nie wag om weg te kom uit die stad nie. Weg van die gejaag en ook weg van die vrouens …
Braam is ‘n groot man met ‘n massiewe borskas en bo-arms. Sy bene is soos die Patheon se pilare met groot kuite. Gedurende die jare toe hy nog rugby gespeel het, moes hy gereeld die aggressiewe rol in die voorspelers vervul. Dit het hom hard gemaak. Vrouens het nog altyd sy groot fisiese teenwoordigheid onweerstaanbaar gevind. Selfs op 55 jarige ouderdom vind jonger vroue hom baie aantreklik.
Die voordeur van die hotel is oop en hy stap na die ontvangsdame. Die kroeg is nie oop nie, maar sy sal vir hom ‘n bier kry en hy kan dit op die voorstoep van die hotel geniet. Hy bestel twee. Hy sit en drink die biere in stilte, behalwe vir die sonbesies wat sing.
Na daai dag by die werk toe hy en sy bestuurder hul finale uitval gehad het, het hy besluit om te bedank. Hy wou eers sy skulde en groot verband op sy eiendom afbetaal met sy bonus aan die einde van die jaar, maar dinge het net nie so uitgewerk nie. Toe Lana se man dreig om hom hof te neem oor sy buite-egtelike verhouding met sy vrou, het hy die huis op die mark gesit en besluit tot hier toe en nie verder nie. Hy’t geen idee gehad wat hy gaan doen nie. Gelukkig kon hy nog met Jandré, sy ou universiteitsvriend, praat. Jandré is jare lank predikant op hierdie klein plattelandse dorpie. Sy ou vriend het hom ontferm oor sy penarie en ‘n tuinwerkie by die kerk aangebeid. Daar sou ook gereeld ander werk in die omgewing wees, indien hy hard werk en ‘n lae profiel hou. Hy kan eers by Jandré en sy gesin woon agter in die kamer aan die groot pastorie.
So het sy jaar begin. Jandré het hom die leviete voorgelees en hulle het saam besluit wat sy take om en in die kerk gaan wees en ook watter dae hy vry was om ander privaatwerk te doen. Soos die dae en weke aanstap, ontmoet hy hier en daar nuwe mense. Hy weet die hele dorp gons oor sy teenwoordigheid. Mense het seker reeds ook al die skinder opgetel. ‘n Man soos hy se reputasie met vroue, loop hom altyd vooruit. Daar’s altyd ‘n vriendin, niggie of neef wat die informasie aandra. Hy’t besluit hy gaan hom aan niks steur nie. Dis ‘n nuwe lewe vir hom. Hier gaan hy sy dae afsluit en ‘n rustige en eenvoudige bestaan voer.
Vandag moet hy die ou bank op die gallery agter die kerkorrel gaan herstel. Die sak met al sy toerusting en nuwe hout hang swaar oor sy skouer toe hy by die groot kerk instap. Hy skrik byna toe hy haar sien – dis Riëtte, die orreliste. Sy oefen gewoonlik op ‘n Vrydagoggend. Hy stap teen die trappe op en gaan groet. Sy’s ‘n oujongnooi in haar laat 40’s. Sy’s vir hom eintlik pragtig met haar hare terug in ‘n poniestert en die ligte brilletjie op haar neus. Sy’t nog ‘n regte klein-dogtertjie-lyf. Vandag dra sy weer daai geblomde rokkie en plat sandale. Hy voel ‘n krieweling diep in sy lende en moet homself dwing om te dink aan Jandré voorskrifte.
Riëtte se maag gee ‘n draai toe sy hom sien. Sy bloos bloedrooi toe hy haar kom groet en soen op die wang. Van die eerste ontmoeting het sy hoendervleis gehad elke liewe keer wanneer sy hom sien. Daai lae oopnek t-hemp wat hy gedurig dra en die bors- en armhare wat so uitsteek. As hy maar net geweet het hoe graag sy hom wou hê, ten spyte van al die stories wat sy gehoor het …
Dis Vrydagaand, Braam sit in sy ruim kamer op die stoel en kyk uit oor die groot pastorietuin en die rooi hemel met sonsondergang. Die koue witwyn rol af tot in sy maag met ‘n gevoel van genoegdoening. Sy eerste paar maande was ‘n groot aanpassing, maar hy is gelukkig. Hy mis geselskap, maar dit sal met tyd kom. Jandré en die gesin is weg die naweek na die dorpsdam om te gaan kamp. Hy skakel sy musieksentrum aan en druk Mike Batt se “Schizophonia” in die speler. Hy hou baie van die mengsel van rock en klassieke klanke en maak sy oë toe.
Riëtte staan in die skemerdonker van die pastoriegebou en hoor die klanke uit Braam se kamer. Sy voel soos ‘n tiener. Dit het al haar moed gekos om tot hier te kom. Sy kan nie glo sy doen dit nie. Dis totaal onverantwoordelik. Dis alles wat sy nie is nie. Of is dit? Sy weet nie meer nie. Sy kan nie helder dink nie. Sy wil nie dink nie. Sy wil hom hê. Sy wil voel hoe dit is om in ‘n man se arms te wees. Sy mis dit met haar hele wese. Wat as hy nie van haar hou nie? Haar hart klop in haar keel en sy het ‘n bewing in haar bene toe sy aan die deur klop.
Toe hy die deur oopmaak en haar daar sien staan in haar geblomde rok, skop die diepgewortelde wellus in sy lende weer in.
“Waarom het jy so lank gewag om te kom kuier?” vra hy in ‘n skor stem en trek haar liggies aan haar hand by die deur in. Sy sluk hoorbaar toe hy die deur toemaak en dit sluit. Hy stel die musiek sagter en kom staan voor haar.
Sy bewe nog meer toe hy haar in sy arms neem en sy hele liggaam haar byna omvou. Die maande lange alleenheid dreig om hom te oorweldig, toe hy sy neus in haar hare druk en haar sagte parfuum inasem. Sy ruik die manlike naskeermiddel aan sy groot bors. Die eerste manlike reuk in jare. Sy dog sy gaan alle beheer verloor toe hy haar kop oplig en haar hard soen en sy nat warm tong in haar mond druk. Vanaand is dit net hulle twee. Niks maak meer saak nie.
Hy trek die bandjies van haar rok oor haar skouers en dit val saggies om haar enkels op die vloer. Sy maak haar bra los en ontbloot haar twee sagte borsies aan hom. Hy maak haar poniestert los. “Trek jou broekie uit”, beveel hy haar. Sy stemtoon bly sag en laag. Terwyl sy afbuk om van haar broekie ontslae te raak, sien sy hoe hy sy t-hemp afstroop en uit sy kortbroek klim. Hulle staan vir ‘n oomblik naak voor mekaar en drink die beelde in. Sy harde manlikheid staan kloppend regop soos ‘n gevaarlike vuurwarm staaf.
Met een beweging tel hy haar van die vloer af op en sy sluit haar bene om sy middel. Sy voel hoe sy staaf liggies teen haar skaamlippies klop. Sy wil hom met alle geweld hê. Sy wil dat hy haar hard neem en haar verskeur. Vanaand is sy ‘n skaamtelose hoer, soos die mense van die dorp sal sê, maar sy gee nie om nie. Hy moet haar middeldeur stoot tot sy liefdessappe by haar mond uitkom.
Braam treë terug met haar in sy arms en gaan sit op die stoel langs sy bed waaroor sy klere hang. Hy sit op die punt van die stoel met sy bene effens oop en druk haar af oor sy harde heerlik. Hy sug saggies toe sy manlikheid eers effens sukkel om haar te penetreer, maar skielik heeltemal diep in haar ingly. Hy vul haar nat, warm slymskede dat sy voel of sy gaan oopbars.
Met ‘n oerritme en net haar tone wat aan die vloer raak, ry-dans hulle mekaar tot beide se asems jaag. Die klassieke en rock klanke raak dof in haar ore en die kamer kry ‘n snaaksse skynsel, asof ‘n lig van buite af inskyn. Braam voel hoe die druk in hom opbou. Hy kyk hoe haar sagte borsies op en af bons en hoor die nat geluide van hulle seksspel. Met ‘n harde, byna skelgeluid klimaks Riëtte oor hom en hy voel die sametrekkings. Hy’s soos ‘n hings op hitte en dryf homself tot teen sy lyf in haar in. Met ‘n roggelgeluid diep uit sy keel, spuit hy homself leeg binne haar.
Die nag is te kort. Hulle kry nie genoeg van mekaar nie. Sy tong word seer soos hy haar lek en soen. Sy baard skraap haar mond rou soos hulle mekaar soen en suig deur die nag. Sy manlikheid rooi en opgehewe van al die wrywing. Met sonopkoms soen hy haar saggies oor haar rug en kaal boude – “ek sal met Jandré moet praat voor jy weer kom kuier”, sê hy saggies in haar oor.
1 COMMENT
Hierdie storie is al ‘n jaar terug geplaas maar dit bly een van die bestes.
Dankie Saffie, ek het elke oomblik saam herleef met die lees daarvan…selfs die oomblik van klimaks (he-he)