My eerste keer

Hoe lank gaan ek lees: 18 minute
deur Maarnet Man
Dis Vrydagaand net na 23:00.  Ek word wakker waar ek naak op die maat van my rug lê, net soos ek vroeër die middag op my bed aan die slaap geraak het.  Vir die eerste keer na die operasie is ek behoorlik wakker.  Ek dink by myself – dis hoe ek nou voel: “net soos ‘n pasgebore babatjie naak in ‘n broeikas lê na geboorte, lê ek naak soos ‘n pasgebore volwasse man, losgesny van ‘n jarelange sielkundig-seuntjie-naelstring”
Dis een van daardie dinge – seker soos vir ‘n vrou om te kraam – as jy dit nie self beleef het nie, kan jy nie die omvang daarvan op jou as mens verstaan nie. Van kleintyd af kan ek onhou het ek fimose gehad.  My tottie se vel kon nie oor die kop trek soos my boeties s’n kon nie.  In my laerskooljare het dit my nie eintlik gepla nie.  Maar in die hoërskool het ek onwetend ‘n sielkundige knou begin kry as gevolg daarvan.  Ek het ongelukkig nooit die vrymoedigheid gehad om dit vir my ouers te vertel nie.
Daai jare in ‘n tegniese hoërskool, waar 100% van die leerlinge seuns was, het die seuns maar baie onder mekaar gesels oor seksdinge.  Ek het al meer en meer gevoel ek “raak agter” in my adolessente ontwikkeling.  Ek onthou byvoorbeeld een dag toe drie van die voorbokke in die LO klas die ander se broeke afgepluk het, en hoe bang ek was dat ek ook ‘n teiken word – uit en uit oor “ek wil nie hê enigiemand moet sien ek het ‘n gebreklike tottie nie”.  En die gesig van toe hulle self kaal langs mekaar staan en kyk wie se ereksie is die grootste, het lank by my gespook en my baie minderwaardig laat voel.  Sure, ek kan ook ‘n ereksie kry, ek kan ook draadtrek en kom, maar het ek gevoel, ‘n ereksie sonder ‘n kop is soos ‘n “fake.”  Alles het vir my gegaan oor daardie kop van ‘n ereksie – ek sien nie een aan my ereksie nie.  ‘n Ereksie se kop wys manlikheid, as jou pielkop nie wys nie, is jy nie man nie, het die sielkundige redenasie in my kop my duidelik laat verstaan.
Universiteit dieselfde – my maats het met meisies begin uitgaan, en hoeveel kere vertel hulle van die heerlike seks oor die naweek of vakansie of met jool.  Dan dink ek aan myself en raak skoon depressief as ek weet hoe ver het ek agtergebly en hoeveel ek uitmis – hoe my manlikheid in die laerskool vasgehaak het.  Ek het ‘n paar keer die oulikste meisie ontmoet, en as ek dink dit kan uitloop op ‘n langtermynverhouding, het ek weggebly van haar af.  Hoekom?  Want, het ek gedink – ek kan nie dat so ‘n oulike meisie se lewe ook opgefoeter word deur my wat ‘n mislukking van ‘n man is nie.  Sy kan eerder die kans gegun word om ‘n ware man te ontmoet met wie sy saam ‘n toekoms kan bou.  So het die ding my verhouding met meisies befoeter.
Ek moes nog twee jaar diensplig doen.  Ek onthou tydens basies en JL’s hoe die manne saam moes stort in een groot badkamer met omtrent 20 stortkoppe so in ‘n ry langs mekaar teen die muur.  Almal staan kaal in die gang en wag hulle beurt af.  As dit jou beurt is, het jy ‘n minuut of twee om te stort saam met 19 ander ouens om jou.  Almal sien almal se penisse.  Grotes, kleintjies, langes, kortes, bebostes, ontbostes, alle soorte, maar “159 gesonde piele en een gebreklike piel” het ek altyd gedink.  Ek onthou hoe kwaad en gefrustreerd dit my laat voel het, en dat ek gevoel het ek kan ten hemele skree wanneer ek terugloop kamer toe.
Waar ek diens gedoen het in my tweede jaar as luitenant, was daar heelwat meisies, en ek onthou nog hoe ek myself doelbewus “skaars” gehou het om myself van moontlike vernedering te spaar vir ingeval ek ook saam met een van hulle in die bed sou beland – dit het algemeen gebeur met die ander ouens daar. Ek was in ‘n konstante sielkundige wroeging daarmee.
Toe ek begin werk na diensplig, het ek weer ‘n oulike meisie ontmoet.  ‘n Paar keer by haar gekuier, en toe kom dit uit via ‘n vriendin van haar dat sy my nie eintlik weer wil sien nie, want sy kom agter dat ek wegskram van sekssake, en dat sy dink daar is iets fout met my.  Dit was die keerpunt.  ‘n Dag of twee, drie nadat ek die nuus gehoor het, het ek met groot skaamte en vernedering my dokter gaan sien.  Soos ‘n skelm wat uitgevang is en skuld moet erken, het ek my probeem aan hom verduidelik en om hulp ge-smeek-vra.  Hy het gesê daar is net een opsie – ‘n besnydenis.  En dis hoe dit gekom het dat ek toe nou ge-opereer is.
Ek voel-voel versigting aan my penis – dis maar seer en gevoelig.  Ek trek myself effens orent en sit my bedlampie aan sodat ek my penis kan sien, want ek wil sien wat daar aangaan…  Ek begin die verband loswikkel.  Ek besef ek moet dit versigtig doen, want dit is geneig om aan van die steke vas te haak, en dan is dit nogal seer, en wil nou ook nie ‘n steek uittrek wat skade aan die wond kan doen nie – alles is nog maar baie broos, sensitief, gevoelig en geswel.
Die laaste “wrap” kom af en ontbloot my hele penis.  Emosies borrel in my op.  Dis die eerste keer in my agt en twintig jarige bestaan wat ek sien hoe my eie penis se kop lyk.  Ek voel hoe die trane in my oë opstoot – sonder dat dit my bedoelings en sonder dat ek dit kan keer.  Ek kyk en kyk en kyk en kan die genoeg kyk so deur die trane deur nie.  Dis so mooi, so perfek, so wonderlik, groter as wat ek verwag het om te sien, want dit word nie meer deur ‘n simpel vel plat gedruk nie.  Dis so pragtig…
My hele lyf begin ruk soos ek onbeheerbaar aan die huil gaan.  Ek laat myself begaan en probeer nie keer nie – dis emosies wat oor jare heen opgebou het, wat nou net spontaan aan die uitwerk raak. Dit voel kompleet soos ‘n bose gees wat uit my lyf uit pad vat. Ek klim versigtig onder die die duvet in, lê weer plat op die bed en draai op my sy.  So raak ek snikkend, half ontspanne, half verdwaas, half verlig, half verward weer aan die slaap.
Saterdagoggend.  Nadat ek gestort het en die bloederigheid wat nog op my penis was afgewas het, droog ek my baie versigtig af en smeer Betadine aan my wond.  Ek trek my pajamas aan.  Vandag gaan ek nêrens heen nie, dink ek by myself.  Ek hoor ‘n klop aan die deur.  Ek trek my japon oor my PJ’s aan en gaan maak oop.
“Cornè!  wat ‘n verrassing, kom in”
Cornè is ‘n lieflike omgee mens-mens wat ek by die stapklub leer ken het.  Liefderyk, sag, stel werklik belang, sal jou altyd help waar sy kan.  Behalwe dat sy so ‘n pragtige geaardheid het, is sy ook nog super sexy gebou.  Kyk, op ‘n staptoer kan die manne, ek ingesluit, maar nie hulle oë van haar lieflike lyfie afhou nie.  Getroud natuurlik – die kanse dat ‘n vrou van haar postuur in haar vroeë to middel dertigs nie getoud is nie, is 0,01 %. Maar sy en haar man, Dawie, voel baie sterk daaroor dat hulle nie kinders wil hê nie.
“Hi, skuus, ek sien jy is nog nie eintlik op nie – dis nie hoe ek jou ken nie?  Ek ry toevallig vanoggend verby jou woonstel, toe dink ek ek wil net gou kom kyk of jy okey is.  Jy het nie gisteraand opgedaag vir die Stapklubvergadering nie – ons het gewonder waar is jy en jou gemis.  Is alles wel met jou?”  (Dit was in die jare toe die gewone publiek nog nie selfone gehad nie)
“O jinne.  Ek het gehoop dit gaan ongesiens verby.  Ek kon nie gaan nie.  Ek het gistermiddag ‘n operasie gehad.  Nadat ek huis toe gebring is, het ek dadelik gaan lê om die narkose af te slaap.”
“Operasie?”
“Ek sou wou hê dat niemand daarvan weet nie, maar siende dat jy my nou in ‘n hoek het, sal ek jou vertel.  Maar hou dit asseblief maar net tussen ons?  Ek het van kleins af fimose gehad, en my dokter het nou ‘n besnydenis op my gedoen.”
“Ai, skuus dat ek so ontydig is.  Hoe voel jy?  Is alles ok?”
“Ja wat. So ver so goed, ek dink.  Dis nog rou en geswel en ek het 13 steke.  Dit het nou maar net tyd nodig om gesond te word.”
“Laat weet my as ek met enigiets kan help – jy weet ek is ‘n opgeleide Suster.”
“Dankie, ek sal jou sê as daar iets snaaks opduik.”
“Ek wil net dît gou van my hart af kry…  Op ons staptoere vra die manne jou altyd graag uit oor allerhande gesondheidsissues omdat jy so alles van dit af weet.  En ek wèèt dat jy al aan my lyftaal opgemerk het dat ek “wegraak” elke keer as julle oor seksuele dinge begin gesels.  Ek… het met hierdie fisiese probleem gesit…, maar die sielkundige probleem wat dit veroorsaak het, was eintlik baie groter as die fimose-probleem”
“Aaaai … jy is reg, ek het dit opgemerk, en ek dink ek begin nou verstaan, maar jy moet my eendag alles vertel, sal jy?”
Sy gee my ‘n druk, en ek trek my heupe weg van haar af – dis seer daar … wil nie laat die klere teen my druk nie”
“Ek is so bly vir jou dat jy die operasie laat doen het – nou kan jy in geheel genees … jy verdien dit …  Ek moet gaan, en onthou – ek is net ‘n oproep ver van jou af …”
Die Maandag is ek vir ‘n opvolgbesoek by die dokter – hy is heel tevrede met die uitkoms van die operasie. Wat my bietjie pla is die uitdrukking op die nursie se gesig toe sy die verband van my penis afhaal.  Wat pla haar? Grootte? (Ek is ‘n “grower.”) Steke in ‘n penis? Lyk dit soos ‘n “butchery job”?  Ek sal nooit weet nie.
Die Saterdag ‘n week later.  Cornè bel my die oggend om te hoor hoe dit gaan met my herstelproses. Ek vertel haar dat dit baie beter gaan, en dat die wond baie mooi genees. Die eerste paar nagte was nogal ‘n storie, want dan word ek wakker elke keer as ek ‘n ereksie kry in die nag wanneer ek slaap, dan wil-wil die wond uitmekaar trek – soveel so dat jy kan sien hoe die steke die vel bymekaar trek-hou, en dit plek-plek bloederig begin raak soos die vel getrek word.  Maar die wond het nou al mooi genees en dit bloei nie meer met ereksies nie.  Die dokter het gesê die steke sal self uitval, maar dit gebeur nie.  Ek het hulle sommer self so een-een begin uithaal waar ek sien hulle is nie meer nodig nie, maar die meerderheid sit nog daar, en hulle is nogal irriterend.
“Jy moet sê as ek hulle vir jou moet kom uithaal.”
“Ek sou dit nogal waardeer as jy kon kyk of dit nou okey is om sommer almal uit te haal, Cornê.  En sommer vir my eerlik kon sê wat jy dink van die sukses of nie van die besnyding.  Maar ek is te skaam om jou te vra.”
“Nee man, daar is niks om oor skaam te wees nie.  Ek is oor ‘n uur of wat by jou, dan kyk ek vir jou.”
Later in die dag daag sy by my woonstel op.  Toe ek haar inlaat, is ek so op my senuwees, ek bewe eintlik.  Sy stel my gerus en laat my op my bed op my rug lê.  Ek trek my kortbroek en onderbroek af sodat sy my penis kan sien.  Toe sy daaraan vat begin dit stywer raak.
“Toemaar, dis normaal, en dis goed.  As jy so 50% ereksie kan kry is die uithaal van die steke makliker,”  sê sy.  Sy bekyk die spulletjie van naderby en sê die steke kan almal uitkom. Dan begin sy hulle een vir een uithaal.  Party maak nogal seer met die uithaalslag.  Toe almal uit is, laat rol sy my penis liefderyk in haar hande om dit van alle kante af te beskou en sê:  “Ek is so bly vir jou dat jy die operasie laat doen het, dit was absoluut die regte dink om te doen, en ek dink die uitkoms is fantasties.”
O fok, ek geniet die “touch” van haar hande, en my piel word sommer vinnig hard.
“Wow, hy reageer nogal vinnig.  Weet jy, jou dokter het die besnydenis baie goed gedoen.  Mens kan skaars sien waar jy gesny is.  Jy is beslis ‘n “grower” – ek het dit op die staptoere al opgemerk.  Ek weet nou iets wat die ander girls nie weet nie – jy het ‘n lieflike penis.  En jy hoef nooit te voel dat dit klein is nie – jou ereksie is net so groot soos ‘n “shower” s’n.  Ek raak sommer skoon opgewek, net om jou so te sien …”
“Die steke is nou wel uit, maar dit sal nog so week of twee vat voor die wond heeltemal genees is.  So hou dit maar steeds dop as jy ereksies kry dat dit nie dalk weer oopskeur nie.”
Sy gaan gooi die steke weg en was haar hande.  Ek trek weer aan en staan op.  Ek bedank haar vir haar besoek.  Terwyl ek saam met haar na haar kar toe stap, sê ek vir haar.  “Jy weet Cornè, ek begin hierdie craze ontwikkel om te voel hoe seks met ‘n meisie voel.  Dit voel vir my ek het soveel jare uitgemis.  Nou kan ek dit uiteindelik ook doen, en dit voel asof ek die belewenis daarvan wil opvang.  Dit voel of ek nou eers werklik man raak in terme van seksualiteit”
Twee weke later bel sy my die Vrydagaand.  Ons gesels bietjie en ek vertel haar dat ek dink ek is nou heeltemaal gesond.  Dan laat val sy iets wat my totaal onkant vang.
 “So graag as wat jy wil voel hoe dit voel om seks te hê, so graag sal ek dit vir jou wil gee. Ek ken jou, ek verstaan nou die wroeging wat jy nog altyd gehad het.  Dis ‘n aanbod as ‘n vriendin om daar te wees vir jou.  Ek sal so graag wil sien dat jy finaal en vir goed oor jou probleem kom. Maar jy moet besluit.”
“Sjoe Cornè, ek het dit nie verwag nie. Nooit eers gedink aan so ‘n moontlikheid nie, ek bedoel – jy is getroud?.  Jy en Dawie … ek wil nie die oorsaak wees van moeilikheid nie.”
“My en Dawie se verhouding en ons denke oor seksualiteit laat sulke goed toe.  Jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie.  Jy weet hoe hy en sy pelle kuier by plekke waaroor vrouens normaalweg die piep kry, maar ek gee hom sy vryheid en hy gee my ook my vryheid.  Ons is oop en eerlik met mekaar.  As dit jou beter laat voel – hy en ‘n sy gholfpelle gaan môre heeldag gholf speel en hoef nie eers te weet daarvan nie.  Maar dink maar eers daaroor.”
“Wel Cornè, ek gaan nie eers twee keer daaroor dink nie – dit sal meer as wonderlik wees.  Baie dankie, ek waardeer jou aanbod vreeslik baie.  Jy is ‘n wonderlke mens.”
“Sal dit reg wees as ek môre weer oorkom na jou toe.”
“Ja, hoekom nie.  Kom ons doen dit, ek sien uit daarna”
“Ek ook.”
Toe sy die Saterdagoggend by my woonstel instap, gaan ek aan die bewe van … weet nie – opgewondenheid, angstigheid, onsekerheid, of ‘n kombinasie daarvan.  Sy sien dit raak en probeer my kalmeer.  Ons gaan sit langs mekaar op die sitkamerbank.  Terwyl sy my hande vashou, vertel sy my hoe sy aan die idee gekom het om my te help met my seks-issue.  Dat sy besef ek is besig om ook deur ‘n emosionele en sielkundige helingsproses te gaan as net die fisies operasie, en dat sy as vriendin daar wil wees vir my. Dat sy van al die stappersvriende vir my ‘n spesiale plekkie ontwikkel het omdat ek ‘n “gentle finesse” het wat die ander ouens nie het nie.  En dat sy my geaag wil help waar sy kan.  En dat dit nie enige inbreek sal maak op haar en Dawie se huwelik nie.  Toe ek begin kalmeer, begin sy die aanvoorwerk doen.
“Kan ek sien hoe jou wond genees het?” vra sy.  Ek staan op, laat val my kortbroek en onderbroek op die vloer.  Pluk sommer my t-shirt ook uit en draai na haar toe waar sy op die bank sit.  Nou staan ek kaal voor haar.  Toe sy my penis aanraak, kry ek onmiddelik ‘n ereksie.  Sy bekyk dit en bevestig dat dit mooi genees het, en dat die operasie baie goed gedoen is. Met die wete dat ek en sy nou-nou gaan seks hê, is my piel nou stokstyf in haar hande.
“Kom ons gaan kamer toe,” sê sy.
O, donner, ek is so jags soos tien.  Sy loop voor my en my hele menswees wil haar lyf verslind van begeerte.  In die kamer skop sy haar skoene uit en wil begin ontklee.
“Wag” sê ek.  “Kan ek jou asseblief uittrek?”, vra ek.  “Ek wil sien en voel en ruik en proe hoe ek jou kaal maak.”
Sy laat my toe.  Ek maak haar bloes se knope los en laat gly dit oor haar skouers.  O, hemel, die wonderlikheid van haar half kaal bolyf met net ‘n bra aan oorweldig my.  Ek sit my hande op haar borste en vryf liggies daaroor.  Ek hoor hoe sy haar asem intrek van lekkerkry.  Ek laat gly my hande op na haar nek, en dan oor haar skouers om haar bra agter haar rug los te haak.  Ek laat gly die bra af en haar kaal borste ontbloot hier reg voor my.  Dis hemels verby. Ek lyk waarskynlik dom van ekstase en soos ek my inleef in die ontsaglike skouspel voor my.  Ek speel met haar kaal borste.  Vryf haar tepels liggies tussen my vingers en vryf my hande oor haar rondings.  Dis die eerste keer in my lewe wat ek aan ‘n vrou se borste vat – dis so so so so wonderlik spesiaal.  Ek voel hoe my piel kliphard styf staan en die pre-cum uit my begin uitdrup van jagsgeit.  Ek hou haar gesig dop en sien hoe sy my dophou terwyl ek myself in haar naaktheid verlustig.
Ek laat gly my hande oor haar lyf terwyl ek op my knieë gaan voor haar.  Ek maak haar denim broek se knoop en zip los en laat gly haar broek stadig oor haar heupe.  Die gesig van haar panty laat ‘n soort gewriemel in my binneste opwel soos ‘n dwarrelwind van jagsige angstigheid.  Ek laat gly haar broek oor haar voete.  Dan kom die eerste groot oomblik vir my – ek trek haar panty oor haar heupe.  Goeie fok …  Die gesig wat ek sien is absoluut oorweldigend: haar kaal poesie in lewende lywe hier so te sê in my gesig. Ek ruik haar – die eerste keer wat ek poesie ruik, dis ‘n lekker reuk.  Ek steek my hand tussen haar bene met my duim wat oor haar poesie lippies en klit saggies vryf.  Sy maak haar bene effens oop en laat my toe om te ontdek, te vat, te voel.   Ek sien en voel hoe sy natter raak. Dis asof ek wil uitpass van ongelooflike opwinding.
Sy pluk die duvet van die bed af en gaan lê op die laken op haar rug en sprei haar bene lekker wyd oop vir my.
“Speel eers ‘n bietjie met my poesie en maak my warmer,” sê sy.  Die belewenis van ‘n super sexy vrou se oopgespreide poesie vir my aangebied op die spreekwoordelike skinkbord, dryf my jagsgeit ver in die rooi.  Pre-cum vloei uit my piel uit. Ek bewe weer van opgewondenheid.  My asemhaling raak uit sync uit en onwillekeurige slukke gebeur sommer net vanself in my keel. Ek gaan kniel op die bed voor haar en gee my passievol oor aan absolute seksuele verleiding wat geen keer het nie.  Dis die eerste keer ín my lewe dat ek dit beleef, en dis absoluut hemels.  Ek glip my wysvinger in haar vagina in om te voel hoe voel ‘n vagina.  Dan sit ek my middelvinger saam met my wysvinger in haar vagina en maak ‘n soort vibrasie.  Ek buig verder en verenig my mond se lippe met haar poesie se lippe.  Die reuk en smaak van haar poesie maak my mal van “genieting”  Ek begin haar klitoris werk met my tong terwyl my vingers in haar vagina vibreer.  Ek hoor hoe sy kreun van genot.  Sy sit haar hande in my hare en druk ritmies haar poesie harder teen my mond.  Ek kan nie genoeg kry nie, sy ook nie.  My piel maak rukbewegings van angstigheid om te naai.  Dan begin haar liggaam onbeheersde rukbewegings maak en sy gee ‘n harde uiting. Aaaaaaaaaaah…….  terwyl sy haar hele liggaam agteroor gooi en die laken vas gryp in albei haar hande, en sy knyp my kop tussen haar bene vas.  Ek hoor hoe jaag haar asem.  Ek weet ek is ‘n leek, maar ek besef sy het nou net gekom.  Sy sprei haar bene weer oop, kom effens orent en lig my kop sagkens  op van haar poesie af.
“Jy weet net wat om te doen – jy het my ‘n intense orgasme laat kry,” sê sy.
Sy trek my aan my arms nader om bo-op haar te gaan, en sê: “ek wil daai stywe ereksie van jou nou binne in my voel!”
Ek gaan lê oor haar en stut myself op my linker elmboog om haar nie plat te lê nie terwyl my regterhand oor haar lieflike borste en lyf streel. Ek voel hoe my onderlyf vir die eerste keer in my lewe perfek op ‘n vrou se onderlyf posisie inneem vir seks.  Asof ons met perfeksie vir mekaar gemaak is, raak my druppende pielkop perfek op haar oop gesperde nat warm poesie.  Soos wat ek my lê op haar kry, glip my piel in haar genottonnel in.
“Aaaaaaaaahhhh!”  skree ons albei gelyktydig.
Ek voel hoe haar warm vagina my hele piel omvou en die genot wat dit gee is onbeskryflik lekker.  Ek druk harder in, dan trek ek weer effens uit, dan weer in, elke keer bietjie harder en dieper, totdat dit voel of die hele 15 cm van my piel 20 cm in haar in wegsak.  O fok, dis lekker… Dan trek ek weer stadig uit totdat ek voel hoe haar poeslippies oor my pielkop profiel gly en die lekkerte laat uitkom.  Dan druk ek weer in en begin ritmiese in- en uitbewegings,  Die lekkerte spoel oorweldigend oor my hele wese soos skuimende seewater ‘n mens oorspoel wanneer jy in die branders in die see speel.  Met sensuele oorgawe voel dit of ek een word met haar – nie net in liggaam nie, maar ook in gees.  Hoe meer ek van haar kry, hoe meer wil ek van haar hê. Ek voel haar asem begin harder raak hier teen my gesig.  Ons kyk strak vir mekaar.  Ons gesigte kom nader aan mekaar soos twee magnete mekaar aantrek.  Ons monde ontmoet en ons soen mekaar met oorgawe terwyl my lyf net naai en naai en spontaan naai. Ritmies, heerlik, verdowend, outomaties, lekker…  Dan voel ek hoe my orgasme begin opbou.  Soos ‘n soort wolk van lekkerte wat in my piel en balle ontspring versprei dit op in my hele liggaam in.   My ritme van pomp raak al vinniger en harder, en dan kom die ontploffing… Uuuuugh  uuuuuuugh uuuuugh kom onkeerbaar uit my keel uit en ek voel hoe spiere aan die onderkant van my piel sametrekkings maak soos wat ek my semen in haar binneste in spuit.  Sy kreun ook van genot en knyp my lyf styf vas met haar arms en bene.  Ek voel hoe haar poesie ritmies saamtrek en stywer oor my piel knyp.  Ek stoot nog so twee drie stote en spuite in haar in.  My asem jaag asof ek ‘n 100m gehardloop het, die sweet wil-wil uit my slape en voorkop uitslaan, my hart klop soos nog nooit van tevore nie.  Dan gaan lê ek net op haar, gestut op my elmboë met my gesig in haar nek totdat my asemhaling en hartklop terugkeer na normaal.
Ek voel hoe my piel slap word en uit haar poesie uitglip.  Ek gaan lê styf langs haar op my rug.  Sy draai op haar sy en gooi haar been en arm oor my lyf terwyl sy haar kop op my skouer laat lê. Haar borste druk teen my lyf vas en ek voel haar nat poesie teen my heup.
Dan voel hoe trane weer in my oë begin opstoot…  Ek wil dit nie so hê nie, ek weet nie regtig hoekom nie, en kan dit nie keer nie.  Ek is half verward – dis asof daar emosies binne in ook ‘n klimaks bereik het en ook op een of ander manier wil uitbars en ek weet nie mooi hoe of wat om te maak daarvan nie.  Hoekom nou? Hoe keer ek dit?   Met ‘n onbewuste reaksie snuif ek die opbou van tranerigheid in my neus. Sy hoor dit, en ek dink sy verstaan dit beter as ekself.
Sy soen my op my wang en sê: “Vertel my alles – waar het jou fimose begin en hoe het dit jou geraak deur jou lewe.  En moenie keer as jy wil huil nie – laat die emosies uit jou gestel uitkom.”
Ek vertel haar die hele storie – van my skooldae, universiteit, weermag.  Al die wroegings wat ek gehad het.  Dit was soos om met ‘n vloek wat oor my uitgereik was te leef.  Ek kon niemand daarvan vertel nie, want dan word die vloek waarvan net ek weet nog ge-openbaar ook. Al die kere wat ek wou skree van frustrasie, woede, verontregting.  Soms snik ek. Soms huil ek.  Sy luister met opregte belangstelling totdat ek al my tjanke getjank het.
Dan gaan sit-lê sy bo-op my.  Haar semen besmeerde poesie op my blaas.  Haar lieflike borste voor my.   Sy kyk my diep in my oë:  “Ek is so bly jy raak nou genees.  Jy is vir my baie spesiaal.  Dit was vir my ‘n voorreg om vir jou jou eerste seks te kon gee.”
“Ek weet nie hoe om vir jou dankie te sê nie, Cornè.  Ek het nie die regte woorde nie.  Jy het my nie net seks laat ervaar nie, jy het vir my ook genesing gebring. Dit voel of ek nou net uit ‘n tronk uit kom, en jy is die een wat die deur kom oopmaak en my laat uitgaan het.  Baie baie dankie, jy is wonderlik, jy is werklik vriendin, jy gee om, jy is deernis, jy is super sexy, jy is elke man se droom, jy is net … baie spesiaal”
Ons gesels so ‘n bietjie en dan staan ons albei van die bed af op.  Maar sy druk haarself teen my vas en sit haar hande op my boude.  Ek omhels haar oor haar skouers en druk haar styf teen my vas.  Haar borste teen my.  Dis so ‘n ongelooflike heerlike ervaring.  Ek voel hoe my piel weer begin styf raak en soos wat dit stywer raak en begin opstaan, druk dit tussen haar bene teen haar poesie vas.  Ek voel hoe sy haar poesie harder teen my druk.  Ons albei geniet dit.  Dan sê sy “kom ons doen dit weer, maar ek wil hê jy moet “doggy” – van agter af”.
Sy draai haar lyf na die bed toe, en druk met haar rug teen my lyf, met my stokstywe piel wat teen haar vasdruk.  Ek vryf met albei my hande op haar borste en voel hoe haar tepels stywer raak.   Dan sit sy haar voete effens uitmekaar en buig vorentoe oor die bed.  Ek buig my ereksie effens af om vir haar poesie te gaan, en ek voel hoe my pielkop weer haar poesie ontdek asof hy presies weet hoe dit werk.   My eerste doggy-style.  Ek vat haar om haar heupe en druk my lyf teen haar.   Ek trek myself harder teen haar en my piel gly weer in haar poesie in.  Ek weet nie hoe anders nie, maar ek voel dis bietjie anders as om haar van voor af te naai, maar die lekkerte wat dit gee is absoluut heerlik.  Asof dit ‘n spontane natuurlike aksie is, maak ek my bene wyer oop, buig my knieë effens en stamp my ereksie lekker hard in haar in.
“Jaaa,” sê sy toe ek haar so stamp.  “Jy kan maar rof wees as jy wil.”
Dis so pragtig om haar kaal rug so teen my te sien.  Met my hande oor haar lieflike heupe laat gly ek my piel weer in en uit in haar en voel hoe my pielkop die lekkerte van haar vagina opneem.  Dan begin ek haar harder en vinniger stamp.  Ek hoor hoe sy kreun van die genot wat my piel haar gee.  Elke keer as ek haar stamp, beweeg sy haar poesie ook nader aan my sodat ek haar nog dieper penetreer.  My hele piellengte stamp elke keer binne in haar in.  Vir die eerste keer kan ek hoor hoe naai klink soos my lyf ‘n klapgeluid maak as ek teen haar lyf stamp.  Ek voel hoe sy met haar een hand aan my balle vat.  O fok, dis lekker.  Ek stamp haar harder en vinniger, en hou net aan en aan – dis oneindig lekker.  Dan kom die lekkerte rillings weer oor my hele lyf en ek voel hoe my semen weer in haar in skiet toe ek my orgasme kry.  Uuuuggghhhhh….  My hele lyf trek saam en vorentoe en dit voel of ek haar met my piel oplig toe die laaste sarsies semen deur my piel in haar in spuit.
“Aaaaaaaaah,” skree sy, “ek kom ….”
Met my piel nog in haar, stamp sy ‘n paar keer teen my en ek voel hoe haar poesie stywer trekke oor my piel maak.  Ons albei se asems jaag.  My piel glip uit haar poesie uit.  Sy kom orent, en ons omhels en soen mekaar vuriglik.  Ons kaal lywe teen mekaar – dis so spesiaal.
As ons eindelik tot bedaring kom, sê sy: “Kom ons gaan stort.”

One thought on “My eerste keer

  • Wat n perfekte storie!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)