Een aand in Lollipop.
deur Die Engel Jack
By haar kar soen ons lank en diep. Vir ‘n oomblik dink ek sy laai my dalk wel in die kar. Ek is nie oordrewe aangetrokke tot die internet meisie nie, maar ek geniet hierdie. Ek kry my hand onder haar bloes in en die intensiteit van die oomblik verhoog. Die onverwags gespierde lyf wat ek ontdek maak my minder ongeërg oor moontlikhede. Sy kreun saggies as ek my handpalm oor haar bors streel.
“Ag bliksem, ek MOET huis toe gaan. Kan nie speel vanaand nie.”
Sy laat leun haar kop teen my bors en druk my in ‘n gefrustreerde omhelsing vas. Dan klim sy haastig in die kar, asof sy moet vining beweeg sodat die begeerte nie die vasberadenheid inhaal en verbysteek nie. Deur die venster trek sy my nader en ons soen weer. Die straatmusikant wat strategies by die Rosebank Mall parkeerplek se betaalpunt gestasioneer is, verloor sy wysie en gee op vir die aand. Na ‘n laaste innige totsiens en belofte om weer kontak te maak trek sy weg en ry die nag in. Ek waai ‘n ruk agterna en begin dan na my ondergrondse parkeerplek stap. In die loop bel ek vir Kallie om te hoor waar hulle is en of hulle nog in Melville kuier.
“Waar is julle nou?”
“Waar is ons of waar is ons regtig?”
“Waar is julle regtig?”
“Ons is by Café Vida 2.”
“En waar is dit?”
“Lollipop Lounge. Gaan jy ons join?”
“Cool. Hoe kom ek daar?”
Hy verduidelik die pad en ek slaan koers in. Ek was nog nooit by ‘n strip club nie en dit was my ganse getroude lewe so effe van ‘n claim to fame vir my. Maar die skeisaak is meer as ‘n jaar gelede deur die hof en ek is sedertdien die Jim Carrey Yes Man van formaat. Ek beproef alles en behou die goeie. Soms beproef ek dinge meer as een keer, want ‘n ou moet seker wees van jou beproewinge.
Dis laatnag toe ek by die club uitkom en die parkeerplek is amper vol. Die karwag groet gemoedelik en binne betaal ek die tannie met die rowwe verkoue die honderd rand toegangsgeld. Geraamde foto’s van ‘n welbedeelde dame, blykbaar die eienaar , versier die gangmure in die aanloop na die dansarea. Silikon en haar tweelingsuster dans verveeld aan die paal in die middel van ‘n ronde dansvloer. Leepoog ooms en laaities bestudeer die handelswaarde om te besluit of dit die paar honderd rand werd is vir ‘n skootdansie. Ek kry vir Kallie en Gert op die eerste vloer, wat ook die rookarea is. Hulle groet my asof hulle my jare laas gesien het.
Kallie kry nog ‘n rondte drankies en roep vir Suzie, die oosterse masseuse, om my te kom verwelkom. Sy beklim my van voor en agter af met hande, voete, knieë en elmboë vir wat ek doodseker is die beste diens is wat jy kan kry in die soort plek. Ek sweer net daar my chiropraktisyn af en onderneem om slegs vir Suzie in die toekoms te gebruik om my uit te sorteer. Wyl sy aan de werk is bekyk ek die eerste vloer aktiwiteite. Daar is ook ‘n paal, maar die dansvloer hier is ‘n traliehok waarbinne die meisie wat voel sy moet ten toon stel haar passies uithaal. Ek is nie seker oor die doel van die tralies nie, maar vermoed dit het baie te doen met die danser se vermoe om te klouter en te vertoon op wyd verspreide wyses.
Suzie trek my skoene uit terwyl ek sit/lê op die bank, whiskey innie hand, en die danshok betrag. Kallie vra my iets, maar Suzie se duim beindruk my voetsool so intens dat ek agteroor krul en grootoog na asem snak en ‘n uitdrukking van genotvolle verrassing op my gesig. ‘n Toestand wat ek al gesien het met die inglipslag wanneer die meisie nie kan glo hoe goed dit voel nie. Nou weet ek ook so soort van hoe dit voel. Amore kom sit tussen my en Gert, ‘n hand op elk van ons se been. Sy gesels te lekker en wil alles weet van my en hoe dit is dat dit my eerste keer is in ‘n stripjoint. So in die praat rol sy die boonste helfde van die konsep mini wat sy amper dra af en ek word gekonfronteer deur twee meesterwerke van moderne konstruksie. Ek word uitgenooi om te vat, maar as ek so maak word ek herrinner dat elke vat geld kos. Genade – waarvoor betaal mens nie in die plek nie? Om te kyk kom die antwoord. Dan kyk ek maar net. Kyknet. Kallie sluit ‘n danskontrak met Amore, terwyl hy vir Gert uittrap oor die vorige skootdanser wat hy gereël het wat sulke onaantreklike hangtiete gehad het en ‘n gat in haar boud.
“Wat was daai? Gelyk soos ‘n koeëlwond.”
“Ek weet nie bru, maar die fok weet, dis hoekom die girls eers dans in die hok – jy kyk hulle uit voor jy hulle oornooi. Ek betaal nie vir daai een nie.”
Amore is blykbaar stukke beter. Sy begly en begryp die skote en knoppe op die maat van “I still haven’t found what I’m looking for.” Terwyl sy op Gert se knieg balanseer sprei sy haar bene wyd vir my kykgenot. Ek leun nader net soos die liedjie klaarmaak. Sorry dear, songs done. Do you want a personal session? Ek glimlag net vir haar en lê terug op die bank. Nie hier om geld te spandeer nie. Voel so bietjie verkeerd om te betaal. Ek voel, om die waarheid te sê, nie eens jags in die plek nie. Veral nie in vergelyking met die ervaring van die internet meisie in die parkeer area nie.
“Kan ek jou iets vra?” vra ek vir Kallie toe sy aandag vir ‘n oomblik minder verdeeld is.
“Gooi.”
“Julle twee spyker van die hotste meisies wat ek nou al gesien en beleef het. Wat op aarde doen julle in die plek? Wat kry julle hier wat julle nie by die huis kry nie?”
Hy lag en knik sy kop. “Dit gaan nie oor die girls nie. Dis ‘n plek vir die boys hierdie. Hier is niks pressure of kak nie. Net ouens wat kuier en girls wat wil plesier verskaf vir geld. Dis die perfekte plek om te ontspan en net jouself te wees. Jy sal sien, niemand hier het kak met mekaar nie. Hier is bouncers, maar hier is baie minder fights as in ‘n gewone club met ouens wat hulle testosteroon wil ten toon stel vir girls wat eintlik maar daar is om die sterkste ou in die trop op te tel. Sonder al daai agendas het jy in ‘n plek soos hierdie net gemoedelikheid tussen die manne”.
Sy woorde laat my dink aan die kersboodkappie wat ek so baie gehoor het met elke nativity toneelstuk waardeur ek moes sit of moes Josef speel op skool en die een noemenswaardige keer in die Hermanus gastewoonstelle toe ek en Maria agter die stal afgehaak het: “Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae.” Kan dit wees dat die geheime resep vir daardie edele oogmerk die afwesigheid van testosteroon gevuurde kompetisie is? Kan dit wees dat hierdie klub aan die gatkant van Ranburg nader is aan die waarheid is as die manne wat so mosaiek en hande uitreik na die plafon? Ek wou nog hieroor bepeins to Amore aandring daarop om my te wys hoe ‘n talentvolle opknoop artiste sy is. Ek vra wat bedoel… maar voor ek my kon kry druk sy my kop tussen haar heupe vas en begin sy om aan haar binnelippe te trek en vroetel.
“Do you have a kid? Is that a ceasarian scar?” Sy lag uitbundig en verloor haar greep op die sagtevlees lippe.
“Yes, I do. Fuck my scar and focus.”
En daar, sentimeters van my neus, knoop sy haarself in ‘n pienk bewing in wat ek nie anders kon as om te waardeer en te beplous nie. Waaragtig die meisies hier is talentvol! Ek wens, soos ek maar altyd doen as ek met mense in die bedryf te doen kry, dat ek hulle kon leer ken weg van hierdie besigheidsplek waar hulle met geen emosionele nagevolg vir jou kom laat voel asof jy die heelal se gekenk aan die vrouewese is. Maar anders as die desperate hartseer wat ek gevoel het vir sulke meisies in my jonkman jeug, voel dit vir my anders hierdie keer. Dit voel of ek in ‘n plek is waar professionele mense hulle kuns beoefen. ‘n Kuns wat vir my geen plek laat vir weemoed of oordeel nie, want dit is ‘n kuns wat vir hulle die vermoe verskaf om uit ‘n plek te kom waar hulle sou moes bekommerd wees oor geld, oor kinders se skool en toekoms en wat vir hulle ‘n geleentheid gee om geld te maak vir dinge wat hulle waarskynlik nooit sou kon doen nie. Miskien selfs akademiese studies wat kan help om hier uit te kom. Ek ken nie een van hulle se agtergrond en huislike omstandighede nie, maar ek is relatief seker dat dit nie so beskermd en beheersd was soos hierdie plek nie.
Die klub loop leeg en dis tyd om huistoe te gaan. Kallie het ‘n gesprek aangeknoop met ‘n ander gas wat al die pad van die Kaap af kom. Hy is hier vir besigheid en is in die verspreiding van verpakte kos disse. Wraps en sulke goed. Kallie gee hom sy besigheidskaart en vertel hom van sy vriend wat ‘n restaurant het in Melville en dalk kan Kaapse klong vir hom kos organiseer teen ‘n beter prys. ‘n afspraak om die volgende dag by die restaurant in Melville te ontmoet word afgespreek. Dit is presies die gemaklike kameraderie waarna Kallie vroeer verwys het. Met skoonhede wat aan almal eweredig vryf terwyl hulle besigheid praat is daar geen kompetisie nie. Daar is net ouens wat hulself is en die meeste ouens, soos die meeste mense, is in die afwesigheid van bedreiging en die vrees van verlies maar net goeie siele wat niks het om te probeer bewys of beskerm nie. En so tussen Debbie se borste en Lynette se boude reël Kallie ‘n besigheidsgeleentheid wat dalk sy restaurant vriend tot voordeel kan strek.
Ons kry die rekening en deel dit op tussen die wat skootdanse en dies meer gehad het, en die wat net gedrink en gekyk het. Onder in die gang oppad na die uitgang kry ek weer vir Amore. Ek herken haar eers nie, want nou het sy klere aan. Gewone klere – jeans en trui. Sy is ‘n petite klein ma sonder grimering en aan die einde van ‘n lang skof. Ons gesels oor ons kinders wat albei in graad een is en oor skoolskoene wat wegraak en kosblikke wat agterna aangery moet word. Kallie en Gert haal my in en ons groet al die meisies soos ou vriende. Buite asem ek diep die koue Randburg lug in en ek verwonder my aan hoe lekker aand dit was, verrassend leeg van seksuele spanning of selfs stimulering. Net ‘n lekker aand uit saam met vriende. Ek was nie in ‘n skool nie, maar ek was in ‘n klaskamer en ek het baie geleer. Ek was nie in ‘n kerk nie, maar daar was ‘n heiligheid wat my aangeraak het. Ek voel nie vuil nie. Ek voel nie of ek iets verkeerd beleef het nie. Wil ek hê my dogters moet in so plek werk? Glad nie, maar ek verstaan dat elke ou sy eie reis het wat hy moet meemaak en dat die siele wat by ‘n plek soos Lollipop Lounge in Randburg uitkom daar uitkom omdat hulle gekies het om sekere lesse te leer in hierdie inkarnasie. En van lesse is daar geen tekort in hierdie klein geboutjie met sy strobe beligting en tralie dansvloere.
Ek groet vir Gert en Kallie en bedank hulle vir ‘n uitstekende aand. Klim in my kar, tip die parkeerman en vat die pad huistoe. Soos die son begin goudmaak oor die Hoëveldrook dink ek oor my eerste aand in ‘n stripklub en met ‘n glimlag op my gesig neurie ek die liedjie van die siele wat soek en leer soos hulle aangaan: “I still, haven’t found, what I’m looking for”.
1 COMMENT
Jip, ou maat. Dis hoe die klokke lui in Lollipop.