Lynette
deur Wille Will
Ons was die drie “ slimmes ” in ons Matriekjaar. Eintlik al van graad 10 af. Altyd gewedywer wie is akademies die skranderste.
Henriëtte, ek … en dan Lynette.
Maar buiten die beste punte was ons karakters uiteenlopend.
Henriëtte was ‘n stil, donkerbruin hare en -oë meisie, met ‘n gemiddelde lyf, maar die sagste hande, spraak en oë. Niks anders as akademie vir haar nie. Ek was weer die loskop grapjas, maar ook lief vir my vakke en swottings. Nie ‘n sportman nie, maar rasieleier en debatvoorbok … en altyd game vir ‘n “dare” of goeie stoutigheid. Lynette was buiten haar studie-prestasies, ook ‘n atletiek uitblinker en het die mooiste bene wat God nog ooit geskape het gehad. Sy was blond met fel blou oë, maar moes bril dra.
Ek moet eers ‘n bekentenis maak: Buiten ‘n niggie, een jaar jonger as ek, wat uit jagsheid mekaar in standerd agt uitmekaar gestamp het, lyf teen lyf, dat ons altwee klimaks bereik sonder dat ons klere uitgetrek het of naak aanmekaar se lywe geraak het …nou ja …buiten dit het ek nooit op skool seks gehad met ‘n meisie nie. Was nog ‘n maagd toe ek na skool Varsity toe is.
Tog was ek (vandag nog ) baie seksueel ingestel. Ek onthou hoe ek saam met Hilda (‘n rooikop) na ‘n debatsaand op ons fietse gery het en ek aangedring het om haar te begelei tot by haar huis. Na ginnegaap op die sypaadjie by hul huis, het sy skielik gesê sy moet ingaan, my ‘n inniglike soen gegee, om dankie te sê, oor my fiets se handvatsels, en ingegaan. Toe ek op my fiets klim het ek besef dat ek in my broek gekom het !
Terug na Lynette: Sy was die eerste rugbyspankaptein, Adolf, se meisie en ek weet menige ou (myself ingesluit ) het oor haar draadgetrek, voor hy aan die slaap raak in die aand. Negentien jaar later werk ek as ‘n Senior Admin Assistent by die Ontvanger se kantoor in Kroonstad. Sopas ‘n ryk boer, heel tevrede gewys hoekom hy meer belasting moet betaal en hy’s met ‘n glimlag by die deur uit sonder om te besef die Belastinggaarder wen altyd. Ek neem vinnig ‘n sluk van die koue koppie tee langs my, toe’s daar ‘n sagte kloppie aan my deur in die oopplankantoor. Ek loer vinnig na my dagboek en sien dis ‘n Me. L. Wandracht wat volgende op die lys is.
“Kom binne, asseblief,” sê ek hard soos ek opstaan en vinnig my mond skoon vee.
Die aanvallige vrou wat binnekom het ‘n gemaklike tred en is gekleë in ‘n blou snyerspakkie met ‘n frilletjie wit bloes. Joanne Lumley styl geknipte, ligbruin hare, blou oë agter ‘n silwer en ligblou raam bril, wip-op neusie met vol ligpienk lippe. Die oë flits vir ‘n oomblik verward deur my kantoor voordat sy na my kyk en ‘n slanke hand senuweeagtig uitstoot: “Ek hoop u kan my help.”
Ek druk die effens klam hand terwyl ek met my ander hand beduie na die oop stoel voor my lessenaar. Terselfdertyd gaan die Google search-enjin in my geheue op snelle gang asof ek die persoon reeds ken. As sy gaan sit en haar mooi bene, ewe kuis, kruis, skuif ek ook in my stoel in en ‘search results’ kom op!
Ek kyk op na haar soos wat sy haar bril afhaal en na my kyk en amper tegerlyk sê ons: “Maar jy’s mos …”
Ek storm om my lessenaar en ons druk mekaar so styf vas dat haar bril amper afval! Ons altwee lag uitbundig.
Die volgende paar minute was die gesprek meer deurspek met vrae as antwoorde. Wat? Waar? Wanneer? Onthou jy?
Ek sien ‘n kort, swartgeklede ou vroutjie met ‘n snor (seker Portugees) bedonnerd op en af treëtjies gee voor my deur en besef my volgende afspraak is op hande. Lynette sien dit ook, gryp ‘n pen en skribbel iets op ‘n vel papier op my lessenaar en sê, soos sy my arm ‘n drukkie gee en begin uitstap: “ Bevestig dit vroegtydig.”
Na ek die ou tannie met baie herhalings en beduiery kon uitwys hoekom en hoeveel BTW sy verskuldig is, kry ek eers kans om na die vel papier te kyk.
‘n Adres en selfoonnommer is neergeskribbel en onderaan:
… bel of kom so seweuur vanaand. Ek het kuierwyn en sal iets lekker gaarmaak. Ons moet nog baie gesels.
Lovies
Lynn xxx
Ek het die nota nog twee keer gelees voor ek die selfoonnommer geskakel het. Teleurstellend het haar stem ge-antwoord: “Los asseblief ‘n boodskap na die biep” “Sien jou 7-uur,” het ek ge-antwoord.
– O –
Na ‘n smullekker mossel-en-kreefgereg met ‘n paar glase wyn, sit ons uiteindelik langs mekaar op ‘n fluweeldivan en Turkse koffie drink. In die agtergrond speel Dave Brubeck se kwartet die alombekende Take five. Lynette, wat ‘n kort-kort wit denimbroekie met ‘n oranje toppie aan het wat haar magie ontbloot, sit met een kaalvoet onder haar ingevou en die ander voet hou maat met die musiek. Sy kyk amper onderlangs na my oor die klein koppetjie wat sy aan teug en in albei hande vashou terwyl ek haar vertel van my oorlede vrou wat my twee jaar terug ontval het aan beenmurgkanker.
Sy het my sopas vertel dat Adolf, met wie sy toe getroud is na Varsity, die attensies en bewondering van sy Adonis-lyf nie tot hul huwelik kon beperk nie en na vele affairs het sy hom gelos en geskei.
Daar is skielik ‘n stilte met die afsluit van my vertelling en Brubeck wat ook ge-eindig het. Onwillekeurig loop daar ‘n traan uit my een afgeslane oog af teen my wang. Soos wat ek my hand opbring om die lastigheid weg te vee, is haar hand eerste oor my wang en sy sê, saggies: “Jy was baie lief vir haar.”
Ek neem die hand in myne en soen dit dankbaar, vir verstaan, en kyk op na haar. Sy het die bril afgehaal en haar oë blink ook nat soos sy teer na my terugkyk. Skôr sê ek: “Ek het haar dood verwerk en haar nagedagtenis diep gebêre … dit was net die vertel daarvan … jy’s die eerste … wat dit bietjie rou gemaak het … ek’s nou weer orraait.”
Sy neem haar koppie, en myne uit my hand, en sit dit neer op die vloer en neem dan my gesig in albei haar hande (ek voel hulle is nou warm) en kyk vraend in my oë terwyl sy amper erkenning van my vra daarmee.
Sy sê, met ‘n intense sag stem: “Miskien moet ons die verlede in ons lewens, vir eens en altyd, soos jukke van ons afgooi en ‘n nuwe begin aanpak?”
Ons soen mekaar met ‘n teerheid wat ek al vergeet het en dan raak dit dieper en indringender. ‘n Honger na ‘n ander siel wat verstaan, na intimiteit met iemand, na net verlore raak met en in iemand, na smag om mekaar te bevredig, na self bevrediging wat solank weerhou is. Met ek wat haar gesig nou in my hande neem en elke wang, ooglid, haar neus en voorkop soen, voel ek hoe sy my hemp oopknoop. Ek sit terug en trek my hemp van my af terwyl sy die toppie oor haar kop uittrek. Ek staar vir ‘n oomblik na haar borste wat alhoewel seker in die dertig jaar oud is, nog steeds met ‘n kurwe na bo staan met sagte pienk aureola’s waarop die donker roos tepels styf en orent staan. Sy plaas haar hande vrywend op my skouers en trek dan, aan my nek, my gesig af na die een bors toe.
“Asseblief neem hulle in jou mond, hulle smag daarna.”
Ek neem elke tepel om die beurt in my mond en suig en soen hulle en soos hulle nog stywer word, trek ek hulle met my tande.
“O ja ! O ja … oooo ja …” stotter en hyg sy en ek voel hoe haar hande krampagtig en vinnig oor my rug op en af gly asof sy vashouplek soek. My tong lek nou op en af tussen haar borste en dan weer om hulle. Ek verwonder my aan die regop rosige tepels. Dis vir my op die oomblik die mooiste wat ek nog ooit gesien het. My handpalms maak sirkels op haar skouers en rug voor ek ‘n tepel weer in my mond neem en hard byt met my tande toegetrek met my lippe sodat daar nie pyn is nie.
“O … ooo … O … e-ek’s jammer … o shit tog!”
Met die woorde is sy meteens op my skoot met haar bene, gebuig, weerskante van my lyf op die divan.
Haar onderlyf klap hard en aanhoudend teen my maag terwyl sy elkeen van haar borste seermaak-vasklou met een in elke hand en in my mond probeer dwing.
“ E-e-k kommm … ek kon nie meer hou nie …uh-uhuh-uh … omdat dit jy is en nie hy nie … ahhh … ahhhhhh.”
Ek hou my gekneuste mond oop vir haar hamerende borste en por haar aan in haar klimaks met my dringende hande, in ritme, op haar skouerblaaie. Ek laat haar haarself uitwoed tot haar hyg begin verander in rou snikke. Ek neem haar kop ferm in my een hand en druk dit af dat dit tussen my nek en skouers rus, maar ek hou dit ferm daar tewyl my ander hand haar rukkende lyf teen my vasdruk om te bedaar. Die snikke verander in klein geluidlose kermpies en ek voel die nattigheid oor my nek en bors. Haar asemhaling begin weer normaal word en haar hart se wilde kloppings bedaar waar haar lyf styf teen myne druk. Ek verslap die ferm vashou van haar kop en streel kalmerend oor haar sagte hare.
Sy kom stadig orent en vee ‘n lastige haarlok uit haar gesig voor sy afsak op my mond en my lippe skaars, maar liggies aanraak en prewel: “Dankie … ek het dit baie nodig gehad.”
Dan skuif haar kop af na my bors met ligte soentjies en haar voorvinger kom lê soos ‘n wag oor my lippe. Sy neem my tepels met sirkel bewegings in haar mond en suig en knibbel daaraan. Dit is die eerste keer in my lewe dat ‘n vrou dit aan my doen en ekstase stroom deur my hele liggaam. Dan staan sy op van my skoot af en ek maak my oë oop om te kyk. Sy buk op haar kniëe tussen my bene en maak my gordel los en trek die ritssluiter af. Dan begin sy my broek aftrek en ek lig my boude dat sy dit heeltemal kan aftrek tot op my skoene. Haar vingernaels kielie weer op aan die binnekant van my bene tot dit by my onderbroek kom. Ek sien die afbeelding van my half-erekte voël soos dik salami teen die materiaal beur. Sy kyk op in my gesig met ‘n ondeunde blik en soos sy die onderbroek aftrek en ek weer my boude lig, sê sy: “Sjoe, nogal ‘n stukkie vleis wat jy hier bêre.”
Sy neem my knaters in haar hand en begin dit liggies skommel soos dobbelstene. Met die ander hand omvou sy my skag, skuif dit tot bo en trek die voorvel stadig af oor die groot pers kop. ‘n Druppel pre-kom glinster op die gleufie. As sy met haar mond afbeweeg na haar hand toe, lig ek skielik haar ken op met my een hand en vra: “Lynette, is jy seker jy wil aangaan? Ek wou jou net verlos van die kettings wat jou teruggehou het en weer vrou laat voel. Jy is nie verplig om vir my iets te doen nie?”
Haar oë vernou effens en dis amper asof sy verergd is as sy sê: “Ons is altwee hard geslaan in ons verlede en wat jy sopas so opreg aan my fisies gedoen het, na ek my voorgeneem het dat geen man ooit weer my liggaam vir plesier sal sien of geniet nie, wil ek graag vir jou ook plesier gee en dan dat ons saam word in vlees tot die hoogste genot.” Haar hand het intussen ritmies op en af beweeg met die vel van my skag en sy buk vorentoe en tip die druppel op met haar tong en begin dan sirkel bewegings maak op my voëlkop. Stadig gly sy haar lippe oor die kop tot dit heeltemal in haar mond is. Vlaag op vlaag van intense plesier stroom deur my hele liggaam en ek maak my oë toe. My hande is verstrengel in haar hare en ek por haar aan met my ligte drukkies van my vingers. Haar tong hou nie op soek nie en sy suig my in dat ek skielik besef dat sy my hele penis in haar keel af het! Sy plop hom skielik uit haar mond uit om asem te skep, maar haar vingers beweeg nou met rasse skrede soos sy my draad trek. Sy kyk na my met daai soete glimlag en vra: “Doen ek darem orraait?”
Ek sit regop en trek haar aan haar elmboë op. “Trek uit en klim op my, ek wil jou NOU hê!”
Sy buk om die denimbroekie saam met haar panty oor haar boude te skuif, maar haar oë verlaat myne nie vir ‘n sekonde nie. As sy regop staan en uit die broekies stap, staar ek na haar geskeerde genotheuwel, met ‘n strepie haartjies aan die bokant. Hoeveel nagte het ek nie as seun geskommel tot groot strale kom uitgebars het uit my uit nie met die versindsel van hierdie aansig en nou is dit sentimeters voor my. Ek lê terug op die divan en tel my bene ook op dat ek op my rug lê. My voël staan in die lug soos ‘n stremmende perd aan sy leisels.
Sy leun liggies op my maag met haar hande wanneer sy een been oor my liggaam gooi dat dit op die knie rus langs my bekken. Die ander voet bly op die grond totdat sy my kordaat soldaat in haar een hand neem en met twee goeie plukkies dit in die opening van haar poes insit. Ek glimlag by myself as ek oplet die ligpienk van haar binne-poesie is dieselfde kleur as haar mond se lippe. Sy sit nou haar ander been ook op die bank en soos sy plat lê op my maag skuif sy af dat my voël in haar ingaan tot teen my ballas. ’n Hoorbare kreun-sug gaan saam met die penetrasie.
‘n Lang sekonde lê ons net doodstil, warm kloppende liggame inmekaar gevleg. ‘n Breukdeel in die Heelal.
Dan begin ons ritme van opgeboude passie, ons versugting na lank opgeboude, frusterende self bevrediging, maar bowe al, mekaar bevrediging. Ons smag na die kleindood van ‘n klimaks.
Ek.
En.
Lynette.
Sela.
2 COMMENTS
Thanks
Brilliant!