Monogamie – wanneer die ideaal en realiteit bots.
(Hierdie rubriek het eerste HIER by Netwerk24 verskyn.)
deur Annelise
Die nuus het soos ‘n veldbrand deur die wêreld getrek: Brad Pitt en Angelina Jolie gaan skei. Albei was al voorheen getroud en beide het voorheen buite-egtelike verhoudings gehad. Die glanspaartjie het juis hulle romanse begin toe Brad nog getroud was. Hierdie keer is een van die skinderredes wat vir die egskeiding gegee word, weereens berigte van ‘n ander vrou.
Brad en Angelina se storie is nie uniek nie. Dit is so algemeen dat ‘n mens kan begin vra waarom ons spesie hardkoppig aanhou om iets te probeer doen wat nie werk nie. Monogamie is nie iets wat natuurlik vir die mens is nie, maar ons volhard in die geloof dat dit die belangrikste beginsel is waarop verhoudings gebou moet word. Daardie idee van ons oor huwelike of verhoudings veroorsaak so baie van die seerste en slegste ervarings wat mens kan deurgaan. Dit plaas die mens permanent in ‘n posisie waar natuur en sosiale norme opponerende eise aan hom stel. Dis ‘n tweestryd wat eintlik op hom/haar afgedwing word en waarvoor min mense oplossings kan sien – wat dan net weer na die volgende egskeiding as gevolg van ‘n buite-egtelike verhouding lei. En so hardloop ons in sirkels. Self-defeating.
Miskien is die eerste stap in die soeke na ‘n uitkoms uit hierdie hoopvolle, maar naïewe sisteem, om te gaan kyk hoe ons hier beland het.
Die eerste ding wat ons nou maar kan erken is dat monogamie nie natuurlik is nie. Behalwe vir die bewyse wat gereeld op ons koerantvoorblaaie verskyn, is daar ook wetenskaplike bewyse daarvoor.
Volgens Dr Francois Durand, paleontoloog en dierkundige van die Universiteit van Johannesburg, kom paarbinding (waar ‘n mannetjie en wyfie vir die res van hulle lewens afpaar) in net ‘n paar spesies voor en die wolf is die enigste sosiale dier wat monogaam is. Die sjimpansee en die bonobo, wat die naaste verwant is aan die mens, is allermins monogaam. Die mens, as primaat, is nie ‘n uitsondering nie. Dit kan ons aflei uit statistiek soos dié wat gekry word in die Etnografiese Atlas van Miriam Zeitzen (2008) wat wys dat slegs 186 van 1231 volke monogaam is. Die oorgrote meerderheid (1041) beoefen poliginie (een man met meervoudige vrouens) en vier volke beoefen poliandrie (een vrou met meervoudige mans). Nog ‘n bewys dat monogamie nie natuurlik vir die mens is nie, is dat, selfs wanneer dit ons lewens bedreig, ons ontrouheid nog steeds as ‘n spesie nie kan weerstaan nie. Christopher Ryan en Cacilda Jethá wys in Sex at Dawn daarop dat seksuele ontrouheid deur die eeue in ALLE gemeenskappe opgeteken word – selfs in daardie gemeenskappe waar dit met die dood gestraf word. Waarom, vra hulle, waag so baie mense hulle reputasies, families, beroepe – selfs ‘n presidensiële nalatenskap –vir iets wat TEEN die menslike natuur is?
So waarom probeer die mens monogaam wees as dit nie in sy natuur is nie?
Dr Durand sê dat die doel vir paarbinding is sodat die mannetjie die wyfie kan help met die grootmaak en beskerming van die kleintjies. Die meeste spesies se kleintjies bereik egter binne ‘n jaar of selfs minder wasdom en dan is daar geen nut vir die instandhouding van die paarbinding nie. Die rede waarom paarbinding ook onder mense voorkom is sodat die man die kinders kan help grootmaak. Die mens se kindertyd duur veel langer as dié van ander diere en die huwelik kon só ontstaan het.
Baie mense (selfs sommige kenners) dink die idee van monogamie het ontstaan in die tyd toe grondeienaarskap ontstaan het, net soos baie mense verkeerdelik dink dis iets wat uit die Christendom kom. Dis egter ‘n verifieërbare feit dat Konstantyn die Grote in die vyfde eeu monogamie ingestel het.
Hoe dit ookal sy, Avri Silka, ‘n psigo-seksuele opvoedkundige van Johannesburg, sê dat dit in elk geval moeilik is om te sê dat een tipe verhouding meer natuurlik as ‘n ander is omdat dit wat ons as “normaal” beskou als met kulturele kondisionering te doen het – wat ons by die antwoord uitbring van waarom ons iets teen ons natuur in wil doen. Kultuur.
Alles in ons samelewing is ingestel daarop om ons te oortuig dat monogamie die hoogste ideaal is om na te streef. Miskien was die eerste stap van hierdie proses toe mense, volgens Silka, nog nie vir liefde getrou het nie, maar wel oor ekonomiese en politieke redes soos sekuriteit en erfregte. (Alhoewel ‘n mens kan redeneer dat daardie redes juis poligamie behoort te ondersteun). Daarna het die res van die eise gevolg wat vandag, ironies genoeg, juis die monogame huwelik help bedreig omdat dit nie realisties is nie. Dr Durand wys daarop dat die kerngesin net so onnatuurlik soos gedwonge monogamie is. In grootaap samelewings soos ook in baie ander nie-Westerse samelewings word kinders deur die groep, wat uit drie of meer geslagte bestaan, grootgemaak. Dit is onnatuurlik om van twee mense te verwag om al die stres te dra om ‘n bestaan te maak, ‘n kroos groot te maak en nog vir ewig aan mekaar lojaal te bly. Avri Silka stem saam: “Daar word van paartjies verwag om elke behoefte van die ander te vervul … Ons word ook grootgemaak op ‘n konstante dieet van fantasie verhoudingsideale wat baie onrealistiese verwagtinge skep. Hierdie faktore saam mag bydra tot die hoë vlakke van egbreuk en gevoel van telleurstelling in die verhouding wat jy het.
Aangesien dit blykbaar baie moeilik vir die mens is om teen sy natuur in te gaan en hierdie natuur in botsing met die samelewing tot soveel pyn lei, het dit nie tyd geword vir die kultuur om te verander nie? As iets vir eeue nie werk nie, wat is die nut daarvan om hardkoppig daarmee aan te hou?
Daar is ander verhoudingsopsies soos poli-amorie, “swinging,” verhoudingsanargie en oop huwelike. Al hierdie variasies van verhoudinge is meer realisties oor die menslike natuur as wat tradisionele huwelike is. Maar, sing die koor, wat van jaloesie? Dis tog ‘n natuurlike reaksie wat beteken die deel van jou maat met iemand anders is ook nie natuurlik nie? Vir die meeste mense is realiteit dit wat ons geleer word. Ons word geleer dat jaloesie liefde is. God se liefde is jaloers. Mans en vroue is jaloers en ons kultuur ondersteun daardie jaloesie en versterk die jaloesie-liefde idee daagliks deur liedjies, films en hoe stories oor egbreuk aan ons opgedis word. Maar is jaloesie natuurlik? Dit hang af. Ryan en Jethá argumenteer dat vrees natuurlik is en , soos enige soort insekuriteit, is jaloesie eintlik net ‘n uitdrukking van vrees. Maar of jou maat se sekslewe vrees in jou opwek hang af van hoe seks in die spesifieke gemeenskap, verhouding en deur die individu gesien word. Wat sal die invloed op die voorkoms en ervaring van jaloesie byvoorbeeld wees as vroue nie dikwels van hulle maat afhanklik was vir ekonomiese sekuriteit nie? “Wat bly oor wanneer die vrees uit jaloesie geneem word?”
Dit is net ‘n kwessie van tyd voor die volgende glanspaartjie skei omdat een van die twee die natuur se roep nie kon weerstaan nie. Alternatiewe verhoudings is nie noodwendig makliker en ‘n waarborg van ewige huweliksgeluk nie, maar dis ten minste ‘n meer realistiese poging om die probleem op te los. Is dit nie nou dalk tyd om te probeer nie?
3 COMMENTS
Stem saam, maar daar is baie, baie kondisionering/persepsies wat oorkom moet word!
Annelise,
Dis pertinente en belangrike vrae wat jy stel. Sogenaamde ontrouheid en die implikasies wat dit het, is iets wat, as ons die oplossing daarvoor kan vind, ‘n geweldige impak op die samelewing kan hê.
Daar is waarskynlik ‘n oneindige aantal permutasies en kombinasies van hoe mense in ekonomiese, sosiale, emosionele en seksuele verband met mekaar kan omgaan. Maar ek dink jou kernvraag is: Is dit moontlik om ‘n lewensmaat te hê met wie jy min of meer alles in jou lewe deel – en gereeld seksueel mee verkeer – terwyl jy steeds met ‘n ander persoon seks kan geniet. My ondervinding is dat mens nie ver daarvoor hoef te soek nie.
Daar is beslis mense – jy vind hulle veral in die swiengersgemeenskap – wat werklik sonder jaloesie van die kant van hul vaste maat, seks met ‘n ander persoon kan geniet. Dit is pare – wat meestal in ‘n huweliksverhouding is, maar soms ook net ‘n mondelinge, of dalk stilswyende kommitment teenoor mekaar aangegaan het, wat sonder om te skroom seksmaats ruil. Die situasie is gebaseer op die aanname: “Ons twee hou van seks, baie seks en ons hou van seks binne en buite ons (permanente) verhouding.” Verder is daar ‘n ingesteldheid van ek gun jou dit, maar jy moet dit ook vir my gun.
Maar heel dikwels kry elkeen van die lede van die paar ook groot genot daaruit om te weet dat hulle die seks buite die normale verhouding saam kan geniet. En dis nie asof daar agterna groot spyt oor die “stoutigheid” is nie. Die nie ongewoon nie dat kort na die swiengery die paar met mekaar seks sal hê. Dis dikwels sommer daar in die swiengklub, by die swiengergasheer/gasvrou se huis, of as hulle tuiskom. Sommige sal vir jou sê so ‘n afrondingsekssessie is van die beste seks wat hulle ooit met mekaar gehad het.
Die vraag is verder: Moet albei noodwendig aan swieng deelneem? Ek meen dat al neem een nie deel nie, albei teenwoordig moet wees – in dieselfde vertrek. By ‘n swiengersbyeenkoms sal jy dit hier en daar kry dat een van die lede van die pare nie deelneem nie, maar dan graag wil toesien dat sy/haar wederhelf swiengerseks geniet. En daar is ook pare wat nie – soos die meeste pare – ingestel is op swieng net met ‘n paar nie. Soms sal een lid nie omgee nie as die gade met ‘n alleenloper-sekspartner – man of vrou – verkeer. Dis dus nie ‘n situasie van omwisseling nie – ek vat die man terwyl jy sy vrou vat – wat mens seker as meer gebalanseerd kan beskou. Dis een waar die man rustig sal toekyk hoe ‘n ander ou sy vrou spyker en dit geniet om haar te sien lekkerkry. En die wonderlikste is om te sien hoe sommige mans ook nog die – dikwels vreemde – man sal aanmoedig met woorde soos “Naai haar hard!” of “Dis reg, gee dit vir haar!” Dieselfde geld vir die vroue; in die voyeurkamer van ‘n swiengklub is dit nie ongewoon nie om ‘n vrou met ‘n breë glimlag te sien toekyk hoe haar man die ander vrou woeps, soms terwyl sy die vrou se hand vashou. Jy kry dit ook dikwels dat die vrou, terwyl haar man in die missionêre posisie met die ander vrou besig is, haar kop omlaag tussen sy bene sal hou om beter te sien hoe hy haar spyker – dikwels ook met liefderike aanraking van sy skommelende neutsak. Of die vrou sal die dame wat haar man in die cowgirl-posisie ry, gretig aanspoor tot meer wulpse stotery – natuurlik vir sy genot.
Spelery in ware driesaamsituasies, waar al drie party mekaar plesier, is natuurlik ‘n ander vorm van swiengerseks waar jaloesie gewoonlik ontbreek.
Verder kry mens nog koekoekery, soms waar die vrou se hubbie opsetlik toekykend verneder word terwyl die ander man met haar besig is – tot haar groot genot. Mens kan dit seker beskou as ‘n ekstreme teendeel van jaloesie!
Ek is daarvan oortuig dat as een van die lede van ‘n vaste paar jeukerig begin raak – en met wie gebeur dit nie! – daardie persoon sy/haar wederhelf moet nader oor die moontlikheid van swieng. Dis ‘n manier hoe die seksdrange bevredig kan word met die instemming van albei partye en sonder om verneuk te voel. Om jou vaste maat te nader vir so ‘n proposisie is iets wat mens net baie diplomaties moet doen. Ek sou daaroor kon uitwei, maar dis vir ‘n ander dag.
Die kernvraag wat uit hierdie uitstekende artikel vir my openbaar word is :
Waarom ‘n wettige huwelik daar stel om 2 indiviue te forseer om nie fisies met enige iemand anders seksueel te verkeer nie ? Dan word die wet gebreek.
Soos wat elke man/vrou aanslag vind by iemand anders, wees dit fisies/geestelik of vir sekuriteit kan ‘n mens se individuele persoonlike voorkeure voor die huwelik nie skielik in die niet verdwyn en die huwelik verskaf nou al die waarborge vir daardie behoeftes nie.
die mens se natuur verander met sy milieu, sy ouderdom, sy ontwikkeling as mens.
Groei die huwelik dienooreenkomstig ? En soos een van die egverbindes groei en verander, verander die ander eggenoot ook ? Wil die ander eggenoot groei en verander ?
Daarom kan die veroordeling van homoseksualiteit ook nie op ‘n voet staan nie. Elke mens is op enige stadium van sy lewe geneig, oop-vir verandering in sy natuur Wie het die reg om daardie ommeswaai te veroordeel ? ‘n Ander individu wat deur dieselfde meul sal gaan of reeds gegaan het ?
Dis ‘n kwessie van balans, elkeen met sy eie bydrae en sy eie verantwoordelikheid teenoor hom/haarself en as dit sy keuse is, teenoor die samelewing. Niemand kan gedwing word tot norme nie. Elkeen moet vir homself/haarself sy norme stel en dit selfs
verander as die verandering tot groei bring as sy eie beeld van geluk en gemak.