Lusman bedank

Hoe lank gaan ek lees: 5 minute

Liewe Kombiekiehierleser,

Saterdag het daar ‘n artikel oor die Afrikaanssprekende en seks in die media verskyn. Die artikel was kommentaar op die “Sex in Afrikaans” program wat tans op die TV uitgesaai word. Jy kan die artikel HIER gaan lees.

Ek het daarna die onderstaande brief van Lusman ontvang. Ek aanvaar dit sommer dan ook as sy bedankingsbrief. Baie dankie aan Lusman vir die stories wat hy deur die vorige paar jaar vir ons versorg het. Dankie ook vir die taalriglyne. Vir my is dit wel belangrik om ‘n erotiese woordeskat in Afrikaans uit te brei. Die feit dat ek reeds voor Lusman se betrokkenheid so ‘n woordelys hier op Kombiekiehier begin bou het asook in die media daarvoor betoog het, kan dien as bewyse daarvan. Ek is van plan om daarmee aan te hou.

Ek deel graag Lusman se brief as verduideliking van waarom hy nie meer by die webwerf betrokke sal wees nie.

Annelise

***

Annelise

Ek gaan so reguit as moontlik praat, so ek hoop jy gee nie om vir my styl nie. Ek kan maar net hoop dat ons in sinvolle debat kan gaan waar jy nie met my saamstem nie.

Ek gaan eers net verwys na jou artikel in Beeld van Saterdag 19 Feb 2022.

Ek stem saam met die inhoud van jou artikel en voel ook so. Jy slaan die spyker op die kop. Oor die algemeen is jou skryfstyl goed en jou boodskap redelik duidelik: Moenie van ons Afrikaanssprekendes sekskarikature maak nie! Daar’s geen rede om ons uit te sonder nie (behalwe dalk ons gebrekkige woordeskat, sou my kommentaar wees).

Waarteen ek dit het – en dis hier waar ek in die prentjie kom – is jou gebruik van die Engelse seksterme “kink” en “swing”. Deur dit te gebruik ignoreer jy al die werk wat ek ingesit het om die perfekte Afrikaanse terme “kienk” en “swieng” te skep en wat ek amper 100% seker was jy aanvaar het. As jy maar weet met watter erns en toewyding ek op ‘n term besluit. Dis eers nadat ek hoeveel woordeboeke en ander bronne geraadpleeg het en dit en dat oorweeg het. Want woordeskatontwikkeling moet ook saamhang met algemene woorde en woorde op ander vakgebiede en veral onderling op die spesifieke terrein.

Maar meer na jou kant toe en Kombiekiehier: Deur Engelse terme te gebruik dra jy nie by tot daardie broodnodige woordeskat waarmee Afrikaanses hul seksuele welsyn meer afgerond en vervuld kan belewe nie. Jy dra inderwaarheid by tot dit waarteen jy dit het. Jy help Afrikaanses om hulself te verkleineer en te etiketteer as agterlik op die gebied van die seksuele. In die openbare oog maak jy hulle belaglik, as ‘n spul wat hulle nie eers behoorlik op seksgebied in hul eie taal kan uitdruk nie, wat nog te sê van weet watter speelmoontlikhede daar is. Jy sê effektief, as julle ordentlike seks wil hê, moet julle die Engels ken. Sonder dit is Afrikaanssprekendes se seksuele bestaan afwesig of minderwaardig. Want kyk hier, Afrikaners het nie eens ‘n woord vir “swing” en een vir “kink” nie. Hulle is net ‘n klomp fratse wat rondploeter in die internasionale wêreld van seks (waar mense behoorlike terme het).

En Annelise, jyself kom as onprofessioneel en onbeholpe voor. Want waar het jy gesien ‘n skrywer van erotiese verhale met ‘n M-graad en boonop die redakteur van dié leidende SA webwerf oor seks, het nie die vermoë om Afrikaanse terme op haar vakgebied te skep nie! Op enige vakgebied is dit die toppunt van onprofessionaliteit. Jy moet leiding gee deur behoorlike taal te gebruik. Hoe anders gaan mense respek vir jou en jou vaardighede ontwikkel en in stand hou?

Kom ons kyk na die verlede.

Vir “kink”, met sy talle afleidings en gebruiksmoontlikhede, het ek vir jou ‘n Erotikaans-artikel van ‘n stuk of 10 A4-bladsye geskryf. Jy het dit gepubliseer sonder enige beswaar. Ek het gedog jy het dit gelees en jou ten volle daarmee vereenselwig – al die argumente wat my dae gekos het om te formuleer. Eintlik het ek gedog jy dink hierdie is ‘n helse deurbraak en trots gevoel op wat ons saam op Kombiekiehier kon bereik. Maar nee, toe jy vir ‘n koerant moet skryf, toe begewe jou moed jou. Want dalk was Lusman ‘n bietjie gesuip toe hy al hierdie goed geskryf het en gaan die koerant vir my lag. Ek skryf liewers soos in al die skryfwerk wat ek van andere gesien het en soos ek in die verlede gekryf het. Dis veiliger. Jy het dus jou leierskap op die gebied van die erotiek versaak en aan minder kundige menings toegegee. Tragies.

Wat “swieng” betref: Ek het al in ‘n hele paar stories en ander Erotikaans-artikels “swieng” gebruik. Niemand het gekla nie. Miskien was dit net jy wat gewonder het of dit nou die regte ding is. Miskien het jy al die afleidings wat ek vir jou gewys het mens met “swieng” kan maak misgekyk. Want jy hou mos daarvan om “swing” te sê en te skryf. Die Engels op skrif lyk dan so mooi! En almal verstaan dit mos! Jy het my nie lank gelede nie gevra wat die Afrikaans is. Omdat ek weet dat jy van digterlike woorde hou, het ek toe vir jou gesê dat vir informele gebruik jou “skoppelnaai” oukei is, maar dat ons “swieng” formeel behoort te gebruik. Dit het dit vir my gelyk of jy dit aanvaar het. Ek het daai aand lekker geslaap. Saterdagaand egter nie. Want jy het koue voete gekry vir “swieng”.

Ander lastighede met onnodige Engels in jou artikel is die woorde vir klikaas en normatiewe blik, of normatiewe beskouiing. Daai “gaze” fassineer jou blykbaar so dat jy dink dis onvertaalbaar. Ek sou jou graag wou gehelp as jy my hieroor ge-e-pos het. Weereens takel dit jou professionaliteit af as jy sommer die Engels so maklik en ongevraagd ingooi. Dink net hoeveel respek jy sou afdwing as jy die Afrikaans gebruik het, met “gaze” dalk een keer tussen hakies. Maar toe “gaze” jy die hele pad. Swak!

Plaas jou nou in my posisie waar ek uit my pad uit gegaan het om te help met seksterme. Hoeveel jaar al probeer ek hierdie leemtes aan goeie, korrekte en bruikbare terme by Kombiekiehier vul? Hoeveel jaar streef ek daarna om die terme op Kombiekiehier en onder sy lesers in gebruik te bring en, as ‘n resultaat, ook die massamedia? Want dit wat nie te eksplisiet vir die massamedia is en wat lyk asof dit onder die Kombiekiehier-lesers posgevat het, sal mos gunstig oorweeg word vir algemene gebruik.

En die resultaat na al hierdie jare? Nul, behalwe “jonglatkat” en “pêntie”. (Dalk weet jy van iets anders wat die media gehaal het, so laat my weet.) So, ek hoop nie jy neem my kwalik dat ek voel ek mors my tyd en moet liewer kyk na ander moontlikhede nie. Want dit wat uit jou pen verskyn gaan wyd en syd die maatstaf by die publiek word. Verkeerde woorde, soos onnodige Engelse woorde gaan in wees. Want Annelise en Kombiekiehier is mos leidend; hulle gee die pas op erotiekgebied aan! Ek moet praat en skryf soos sy, dis die norm – sal die meeste mense hulself wysmaak.

Moet my asb. nie verkeerd verstaan nie. Anders as wat jy miskien dink, gaan dit by my ook nie oor die taal per se nie – net om woorde te skep ter wille van woorde wat in iemand se lysie of woordeboeke kan opeindig nie. Dit gaan primêr oor die intensifisering en uitbreiding van mense se erotiese belewenis as gevolg van die meer effektiewe gebruik van die eie taal (Afrikaans).  En daarmee saam alles wat met seks gepaard gaan, van die vibrator se batterye en hegstukke tot ‘n doktorsgraadtesis oor hoekom mans hoegenaamd ejakuleer. Hoe jy jou lekkerte uitkreet as jy kom, hoe jy die dominee aanspreek oor jou jongste sondige sekskapades, tot die kommunikasie met jou Meesteres oor die piel-en-ballas-marteling waar sy jou aan ‘n Andreas-kruis in ‘n kerker geboei het. Alles moet benoem word – die spreistaaf tussen die voete, die pols- en enkelboeie, ander teëhouers, ens. Net op hierdie gebied praat ons van etlike honderde, indien nie duisende nie, woorde. So, ek praat van die hele boksemdais van alles op seksgebied wat wat onder woorde (Afrikaanse woorde) gebring moet kan word – in stories op Kombiekiehier en andersins. Dit kan net bereik word as mens ‘n goeie uitdrukkingsvermoë, ingesluit die woordeskat, in jou EIE taal het. Geweldig baie taalleiding is nodig op Kombiekiehier. Duisende Engelse woorde se Afrikaanse ekwivalente is nodig.

Terloops, die beleid waaraan ek begin werk het, lê klem op die imperatief van ‘n behoorlike Afrikaanse woordeskat oor die hele veld van die erotiek. Maar soos dit nou gaan, kan ek sien dit gaan eintlik maar ‘n futiele oefening wees om dit op Kombiekiehier deurgevoer te kry.

Ek ontvang graag jou antwoord (as jy tot hier kon lees). Want so kan dit nie aangaan nie.

Lusman

7 thoughts on “Lusman bedank

  • Uther Pendragon

    Liewe maats, soos julle agtergekom het was ek ‘n rukkie lank weg – ek het so ‘n naaibreek gevat, as julle verstaan wat ek bedoel, en indien nie, is dit ook maar goed so.

    Ek is nou besig om op te vang en deur die laaste twee jaar (eintlik amper drie jaar) se bydraes te gaan en het op hierdie hoop kak afgekom. Ek is so jammer dat hierdie ding gebeur het toe ek nie opgelet het nie, en dat dit nou al ou koeie is, maar Lusman se tirade is so verregaande dat ek al is dit nou mosterd na die maal op ‘n opgegrawe koei of os dan, moet ek my stuiwer byvoeg.

    Eerstens – pedantiese gedrag op hierdie vlak gee my ‘n pyn in die gat. Een van die opwindendste goed wat Annelise ons hier toelaat is juis om sonder oordeel te verken en te ontdek en te skep. En uiteraard het ons verskillende talente en vermoeëns, en vir die een om op die ander te kak en te verkleineer is teen die hele etos van hierdie webwerf.

    Tweedens – ons is nie almal dieselfde nie. Dit is juis dan op hierdie webwerf waar mense hulle dominansie, submissiewe, hetero- en homo- en biseksuele en kinkelrige of romantiese geaardhede en behoeftes kan uitleef. En al geval elke weergawe van hierdie diversiteit nie elkeen nie, moet ons mekaar die ruimte gun om ons seksualiteit uit te leef – en op hierdie webwerf sluit dit elkeen se poging in om daaroor te praat – of dan spesifiek te skryf. Kombiekiehier is inderdaad die enigste mondstuk vir die Afrikaanse persoon om sy of haar hart oop te maak en sonder oordeel oor hulle seksuele behoeftes en drange en fantasieë te kan praat. Daardie reg is nie in die hande van taalpuriteine nie.

    Derdens: Ek vermoed dat Lusman vir my na hierdie webwerf van ‘n ander en ouer webwerf (Seks 101) gevolg waar hy ook sy taalpuristiese straaltjie op my been kom pie het. Ek het vir Annelise van die begin af gesê dat ek myself gaan bekak as sy my storie deur ‘n benepe taalpuris gaan laat suiwer. Ek wil my taal praat soos wat dit in my kop opkom. Ek het self ‘n klomp nuutskeppings gemaak en van hulle was meer suksesvol deur mense aanvaar en ander nie. Ek dink ek was die eerste persoon wat die woorde afloerseks (vir voyeurisme), moermond (vir serviks), pisseks, holprop, tonnelprop en holkrale gebruik het – maar indien ander my voorgespring het, is ek ook OK daarmee. Ek wil juis ou woorde wat as kru beskou word soos kont, of woorde soos horingdraer (vir cuckhold), wat in onbruik verval het, terugbring en normaliseer (sien Die Tesis). Ek vermoed ek het voor Lusman se kienk die woord kinkelrig gebruik, maar nooit my speelgoed uit die kot gegooi toe niemand anders dit wou gebruik nie. Ek is nog steeds bedonnerd oor die feit dat ek woorde soos klit (kort vir klitoris) en kittelaar moet gebruik vir die heiligste van die heilige want een is anglisisties en die tweede is deur ‘n taalpuris geskep. Ek betreur die feit dat al die ander belangrike goed ‘n enkellettergreep woord is wat mens in die hitte van die oomblik kan uitroep soos: poes, piel, tiet, pram, bal, kont, hol, gat, fok, naai maar nie kittelaar nie! Soms wens ek ek kon die persoon wat die woord kittelaar geskep het, ‘n klap teen die kop gee…

    Vierdens: Annelise het ‘n groter boodskap om oor te dra en mure rondom seks af te breek as om Lusman se ego te streel. Ek stem heeltemal saam met Lusman se stelling oor die massas daarbuite wat nie Lusman se nuutskeppings ken nie. Dit is belangriker dat Annelise die boodskap kon oordra as om onbekende woorde te gebruik. ‘n Woord moet 5 keer deur verskillende outeurs in verskillende publikasies gebruik word voor dit in die WAT opgeneem word.

    Reply
    • Uther Pendragon

      Sorrie julle die derde laaste sin moet lees:
      “Ek stem heeltemal saam met OuBok…”

      Lusman het oorspronklik onder die skuilnaam Geilman geskryf.

      Ek het reeds in 2009 die woord kinkelrig vir kink gebruik.

      Reply
    • Uther jou waardasie van Lusman se rol op hierdie werf is lofbetuigend goed en allesomvattend wat sovele van ons voel daaroor. Ek stem 100 % saam daarmee.
      Ek mis jou bydraes want ek is ‘n Uther Pendragon-verslaafde ! Ek vertrou ons kry baie van jou “skrywes” in die Nuwe Jaar ! (?)
      Opregte groete.

      Reply
  • Jan Pielewiet

    More Maters

    Na ‘n kort paar jaar se deelname aan Kombiekiehier voel ek dit nodig om my 5 sent ook deur te gee. Ek is ongelukkig nie so wel ter tale soos ander op die blad nie en sal dus maar min probeer tik om boodskap oor te dra. o-ja – ek het Linux gelaai op my rekenaar en stoei so bietjie met sekere leestekens as iemand dalk daaroor wil kla.

    Ek kan nie kommentaar op die artikel nie aangesien ek geen toegang tot media24 nie. Ek lees my nuus op Maroela media. As iemand dit dalk kan copy en paste (shit daar praat ek ingels, sorry Lusman) sal ek dit baie waardeer. Jan.pielewiet@gmail.com

    Annelise het ‘n hele ruk gelede gevra of ek wil hê dat Lusman my stories moet redigeer. Ek het ingestem en gedink dit kan dalk ‘n leerskool vir my wees as leke skrywer. Erens along the line (oeps alweer ingels) het ek ‘n epos ontvang waarin Lusman my verkleineer het en aangedui het dat ek nie ag slaan op sy werk nie en nooit sal verbeter as ek nie sy riglyne volg nie. Nou moet ek bieg ek lees selde my eie stories op die werf en die wat ek wel lees let ek nie eers die verskil op tussen wat ek geskryf het en wat gepubliseer is nie. Ek skryf vir die lekkerte en nie vir literere toekenings en erkenning nie, slegs julle lesers se kommentaar as julle dit geniet het. Ek het my nie te veel daaraaan gestuur nie en aanhou skryf.

    Hoe boring (ai ek en die ingels) sou dit wees as almal volgens een persoon se riglyne en taalgebruik moet skryf, ons almal praat tog verskillend, die Kaapse teenoor die Transvalers teenoor die Namakwalanders.

    ‘n Tweede insident wat ook operoep word uit my deurmekaar geheue is oor ‘n reeks wat ek geskryf het oor twee jongmense, matriek en student. Lusman het dit geredigeer en dit is gepubliseer. So halfpad deur die reeks ontvang ek ‘n uitkak van Lusman dat my karakters se geslag en ouderdomme omgeruil is. Ek het weer op my skrywe gaan lees en agtergekom dat ek my geslagte en ouderdomme in my oorspronklike storie reg het, maar Lusman het dit omgeruil toe hy dit redigeer het.

    Nodeloos om te sê, ek het vir Annelise gevra om my stories eerder na die twee insidente net so te publiseer en slegs spelfoute wat sy raaklees reg te maak. Watter vertroue het ek in ‘n persoon wat jou storie verander en dan die vermetelheid het om jou te kritiseer oor sy foute. Al dink Lusman hy is volmaak en het die alleenreg om die taalgebruik goed te keur bewys hierdie twee insidente dat hy nie foutloos taalkundig is nie… En dit is slegs twee waarvan ek tans weet…

    Hierdie kort tik het nou lang relaas geword, maar my punt is: Lusman – Soos die Bybel my geleer het – Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter uit my en Annelise se oog wil haal.

    Annelise – Ons almal weet wie jy is en bewonder jou moed om in die openbaar oor die taboe onderwerpe stelling in te neem – Baie meer as die keybord warriors wat agter ‘n skuilnaam probeer voorsê oor hoe ons moet skryf en dink. En ja, ek is ook ‘n keybord warrior maar ongelukkig het ek twee klein kindertjies op skool wat dalk kritiek kan ontvang as my ware identiteit openbaar word. Annelise weet egter wie ek is…

    Jan Pielewiet.
    En na Lusman se tirade Jan KleinPielewiet.

    Reply
    • Geriatrix

      Klein Jan, hou moed jong man! Gelukkig hou die ‘kleingeid’ net so ‘n rukkie dan is hy weer reg. Ongelukkig kom daar dan ook ‘n dag wanneer die ou man te spyte van alle pogings en met of sonder die hulp van Blou Krag (en nee ek was nog nooit ‘n ondersteuner van die span wat op loftus speel nie) net nie meer die mas kan oprig nie. Dit is die dag wanneer jy met jou gedagtes alles oproep.

      Reply
  • Sorrie ou Lusman maar ek stem nie met jou saam nie… Storm in n teekoppie. Eet n teelepel sement en TTFU ou bru

    Reply
  • JouBok (AJ van der Linde)

    Annelise dankie dat jy die Nehemia skrywe met ons gedeel het. Dit moes baie wik en weeg van jou gekos het.

    Die skrywer van die brief maak gruwelike foute wat my rooi laat sien.

    Lusman verklaar in die eerste paragraaf dat hy ‘n sinvolle debat wil voer.

    EEN
    Ek wens hy wou maar hy kies eerder om deurlopend neerhalende en aanvallende taal te gebruik.

    Wat my totaal dwars in die krop steek is dat die skrywer stel homself teenoor Annelise asof dit ‘n gevegslyn is waaruit aangeval of verdedig moet word.

    Dit is asof die skrywer glo dat Annelise in dié Beeld artikel sekere woorde gebruik het (in die geval die NIE gebruik het ) as ‘n moedswillige belediging van die werk wat hy vir erotiese Afrikaans doen. Vir my is dit duidelik uit Lusman se skrywe dat hy foutiewelik vas glo dat Annelise vertrap die werk en energie wat hy belê om Kombiekiehier se stories taalgewys beter te maak. Dit is definitief nie die geval nie. Waar ek vandaan kom noem ons dit “Speel die man en nie die bal nie”.

    Dit maak my moerig want dit is nie waaroor die Beeld artikel gaan nie! Eers stem hy dat die etterkope kry wat hulle verdien maar kies dan om sy saamstem te negeer deur op sy twee woorde kienk en swieng te fokus wat nie in die artikel opgeneem is nie.

    Ek dink ek verstaan Lusman se begeerte na sexy Afrikaanse terme maar om +1400 woorde te skryf en persoonlik aanval op Annelise te loods omdat sy taal skeppings nie in die media gebruik het nie is verregaande.

    Dit is my mening dat indien die artikel geplaas is met die woorde “kienk” en “swieng” sou seker 95% van ons Afrikaanssprekende mense gedink het wdf(wat de fok). Kan Annelise nie spel nie! Die gemiddelde Beeld-leser (is nie pro seks soos die Kombiekiehier leser nie) se fokus sou op woorde wees in stede op die baie belangrike idiokrasie wat Annelise doeltreffend aanspreek.

    Dit sou ons definitief meer soos ‘n sekskarikatuur laat lyk indien mense wonder oor die etimologie van woorde as oor die artikel self.

    TWEE
    Ek aanvaar dat Lusman ‘n dosent in Afrikaans of ‘n beroemde redakteur/skrywer is wat deurdagte kritiek op haar skryfwerk kan vel met sy woorde: “Oor die algemeen is jou skryfstyl goed en jou boodskap redelik duidelik”. Ek kan nie besluit of sy gevlei of beledig moet voel nie? As die publiseerder van drie suksesvolle boeke het Annelise redelik meer gedoen as 99% van die mensdom.

    Drie boeke uit haar pen wat ek moer-uit baie geniet het. Vir my as ‘n leek – dalk ‘n ontluikende skrywer? – is dit my weloorwoë mening dat Annelise fantasties skryf en haar woordeskat is baie groter as myne.

    Dit bring my by ‘n interessante punt.

    Lusman sê: “Jy sê effektief, as julle ordentlike seks wil hê, moet julle die Engels ken. Sonder dit is Afrikaanssprekendes se seksuele bestaan afwesig of minderwaardig.”

    Nee Meneer – Dit is nie wat Annelise sê nie want sy praat nie daaroor nie. Is dit dalk wat jy wil hè dit moet beteken want dit pas jou kla skrif?

    Afrikaanse name en woorde is vir jou meer belangrik as vir my en ek gee jou met graagte daardie erkenning. Dit mag vir ander dalk ook belangrik wees en ek gun hulle ook daardie reg.

    Die res van ons Afrikaanssprekendes “naai” en “spyker” en “fok” en “maak liefde” tot ons lovers se bene bewe lank voor ons enige akademiese korrekte woorde daarvoor geleer het.

    Ek maak ‘n stelling: “Die grootste gros van ons Kombiekiehier lesers is hier oor tieties en tiete. ‘n Poes en ‘n foto van ‘n geskeerde poesie. Die verdwaalde foto van ‘n lekker stywe piel wat ‘n kont naai en lekkerkry. Ek persoonlik is hier oor die verbeeldingsvlug waar ek lus kan wees sonder veroordeling in Afrikaans.” Duidelik gun jy Annelise nie daardie selfde voorreg om nie veroordeel te word nie.

    Duidelik is Lusman ook ‘n kenner oor Annelise se persoonlike en professionele bestaan. Hy is ook ‘n kenner van die doel van Kombiekiehier? Dra hy dalk ook intieme kennis van die talle privaat gesprekke wat sy met haar lede oor die jare voer wanneer hy die volgende oordeel vel?

    Lusman skryf: “En Annelise, jyself kom as onprofessioneel en onbeholpe voor. Want waar het jy gesien ‘n skrywer van erotiese verhale met ‘n M-graad en boonop die redakteur van dié leidende SA webwerf oor seks, het nie die vermoë om Afrikaanse terme op haar vakgebied te skep nie! Op enige vakgebied is dit die toppunt van onprofessionaliteit.”

    Selfs vir my “domkrag” persoonlikheid is dit ‘n verfoeilike ding om te doen.

    Lusman – Ek adresseer jou persoonlik. “Jy praat met Annelise of sy jou kleuter is wat stout is. Die verwysing na haar kwalifikasie is laag en gemeen. Jy impliseer nie net nie, jy sê reguit dat sy nie haar kwalifikasie waardig is nie. Dat sy stupid is.” By jou plaaslike Pick en Pay verkoop hulle seker M-grade daarom matig jy jy jou die reg om haar 10 000 uur se navorsing so min te ag. Jou moer man.

    Annelise is nie dom nie. Sy is sekerlik nie rekenskap verskuldig aan jou of enige van ons nie!

    Dié uitspraak van jou maak my woedend. Verduidelik hoe is die stelling regverdigbaar?

    Jou aanmatigende “holier than thou” houding laat my dink dat jy jaloers is.

    DRIE
    My ‘vriend’ in dieselfde sin as wat Shakespeare Brutus en Julius Caesar uitbeeld wanneer die keiser se vriend hom verraderlik in die rug steek.

    Jou hele dokument klink vir my soos ‘n vloermoer gooi omdat jy nie aandag kry nie. Vernaamlik nou toe jou skeppings-woorde nie in die nasionale pers verskyn nie?

    “Moet my asb. nie verkeerd verstaan nie. Anders as wat jy miskien dink, gaan dit by my ook nie oor die taal per se nie – net om woorde te skep ter wille van woorde wat in iemand se lysie of woordeboeke kan opeindig nie.”

    Ek aanvaar nie jou stelling nie. Ek dink dit is juis waaroor die gaan want jy sê.
    “En die resultaat na al hierdie jare? Nul, behalwe “jonglatkat” en “pêntie”. (Dalk weet jy van iets anders wat die media gehaal het, so laat my weet.)”

    Jy speel op Annelise se gevoel en haar goeie maniere. Jy matig jou die reg toe om haar persoon, kwalifikasie, professionaliteit , skeppingswerk, integriteit, intellek en optrede te beoordeel.

    Jy besluit na ‘n lang eensydige debat dat sy haar erotiese Afrikaanse skeppingswerk weggee deur woorde soos kink/swing/click bait/gaze te gebruik. Ek weet nie van een persoon wat die artikel gelees het en op grond van ‘volksvreemde’ woorde die inhoud daarvan verwerp het nie. Weet jy dalk? Jy voel so sterk daaroor dat jy dit as “tragies” definieer.

    Ek is totaal oortuig dat Annelise se moed het haar nie begewe toe sy die artikel geskryf het nie. “Maar nee, toe jy vir ‘n koerant moet skryf, toe begewe jou moed jou.”

    Van waar ek kyk is dit juis tragies dat die akademia vir jou so belangrik is dat jy die “Lus en Lekker” van erotika mis.

    ns.
    En as jy soos LusMan in sy brief sê tot hier gelees het sal ek graag die merite van die saak met jou persoonlik wil debatteer.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)