Luitenant met die tiete

Hoe lank gaan ek lees: 11 minute

deur Army Girl

“Petro, kom kyk hier!”

Dit is my man Kobus wat voor die rekenaar sit en iets lees. Ons was albei in die Weermag en het redelike senior range bekleë voor ons afgetreë het. Daarna het ons die kennis wat ons opgebou het, in die privaatsektor benut en nou kan ons twee rustig aan die kus lewe. Ons huis is bietjie weg van die ander af en as die weer lekker is, loop ons sommer sonder klere; vir die lekker daarvan en dan ook om tyd te spaar as die lus ons pak.

Hoewel ons hard probeer het, het ons nie kinders nie, maar met al die probeerslae het ons ‘n uitstekende repertoire van seksposisies en verwante sake opgebou. Nie een van ons twee het fisies ons liggame laat gaan nie en albei is baie fiks en neem aan byna elke moontlike en onmoontlike
sport deel. Natuurlik is seks en alles wat daarmee verband hou ons grootste sport(s).

Ons volg byna elke webblad om te kyk of daar nie iets nuuts is wat ons nog nie probeer het nie en so het ons toe op die webblad Kombiekiehier afgekom – man erotiek in Afrikaans is darem lekker, want die taal kan dinge so mooi sê. In elk geval, Kobus het afgekom op die storie wat ‘n ou oor tiete geskryf het. Daarin vertel hy van ‘n treinrit waar ‘n jong dienspligtige en twee meisies van die Vroueleerkollege op George in dieselfde bank as hy sit. Hoe hy nou die betrokke dag sit en kyk het hoe die meisie se onderbaadjie los gegaan het toe die trein skud en haar tieties elkeen verby die
gaping geloer het – ook van die jong man wat langs hom gesit het en toe meteens wakker geword  het van die skouspel hier voor hom.

“Hel, ou girl, onthou jy daardie dag? Elke keer as ek daardie tiete van jou sien, dink ek terug aan daardie eerste keer toe ek hulle gesien het!”

“Jong, dit is darem nou jare terug en ek het nie gedink ek sal ooit weer daaraan herinner word nie.”

So, laat ek die storie verder neem. Een van die meisies by die kollege se pa het ‘n plaas in die Noord-Transvaal gehad en ons twee het vir ons pas soontoe gegaan, lekker gekuier, baie geeet en elke dag poedelkaal geswem en dan ge”tan”. Haar pa het ons toe die Vrydag op Pretoria se stasie afgelaai waar ons met die voorstedlike trein Johannesburg toe sou reis en daar met die hooflyntrein terug kamp toe. Omdat dit warm in die Noord-Transvaal was, het ons nie baie klere gedra nie en ek het ‘n denim onderbaadjie sonder ‘n bra gedra. So ver dit my betref het, het dit alles toegemaak wat toegemaak moet word en gewys wat gewys moet word.

In elk geval die trein was nogal redelik vol en ons twee het in ‘n leë bank ingeskuif. Oorkant ons het ‘n troep in uniform gesit en later het iemand langs hom kom sit. Ek kan glad nie die ou onthou nie. Ons drie het so ‘n bietjie oor lewe in die weermag gepraat, die troep het ons uitgevra oor die kollege
en hy het toe gesê dat hy op pad is na die Infanterieskool op Oudtshoorn waar hy vir ‘n leierskursus gaan. Toe die trein vertrek, het ons aan die slaap geraak – ek het nie agtergekom dat die lussie van my onderbaadjie nie goed vas is nie en dat my tiete nou lekker los rondswaai nie (regtig!). Soos die trein verby die suidelike voorstede van Pretoria gery het, het die meeste mense afgeklim en ek dink die ou wat langs die troep gesit het, het ook later afgeklim, want toe ek wakker word, was dit net  my vriendin, die troep en ek in daardie wa. Na so ‘n ruk begin die stasies al hoe verder uitmekaar raak en die trein laat wiel – tot by Germiston waar die mense weer begin opklim tot dit amper vol was toe ons in Johannesburg aankom.

Naderhand raak ek bewus van iets of iemand wat baie intensief na my staar – dit is die troep wat sy oë nie kan afhou nie van my tiete wat met die skud van die trein verby die oop onderbaadjie loer. Ek skrik en wil toemaak, maar hy sê: “Nee los asseblief so, dit is donners mooi!”

So het ons toe maar gery tot daar weer mense opgeklim het en ek toe maar die bioskoop gesluit het. Op Johannesburg het ons die kaartjies gaan afhaal en soos die geluk (of ongeluk?) dit wou hê is die troep ook op dieselfde trein as ons. Ons drie het toe op die stasie rondgehang tot dit tyd was en toe op die trein geklim. Ons twee dames ons was saam in een kompartement en daar was nog ander troepe ook op die trein, maar in waens ver van ons af.

Toe die trein verby Krugersdorp was, was dit al mooi donker en ons twee het reggemaak om te slaap toe die deur oopgaan en die troep daar staan. Ons het hom maar ingenooi, want ons het mos al heelwat tyd saam gespandeer. Naderhand het my vriendin die boodskap gekry en sy is by die
deur uit – die troep het skaars gesit of hy het my bloes uit (ek het besef dat ek met net die onderbaadjie dalk sou koud kry) en hy begin my tiete vry – – dit was duidelik dat hy nie veel van ‘n meisie se tiete geweet het nie, want hy het gevat en gelos sonder om regtig by die punt uit te kom. Seker so drie, vier minute van tiete toe begin hy my broek af te pluk – ek het hom so ‘n bietjie gehelp, want die ding het nogal styf gesit. Ek het ook vir hom gesê dat hoewel ek al heelwat gevry het en selfs een of twee keer gevinger is, ek nog ‘n maagd is en nie ‘n voël in my gehad het nie. Ek dink hy
het my gehoor, maar ek glo nie dit het ingesink nie – al waaraan hy nou kon dink, is hierdie grotjie voor hom.

Vinniger as wat jy kan sê: “Sien jy daardie boom?” het hy sy broek uit en ‘n FL aan sy voël.

Dalk het ek bietjie hard vir hom gevra om stadig te gaan, want ek is nog nie reg nie, want skielik het die kompartement se deur oopgebars en die grootste kondukteur in die Suid-Afrikaanse Spoorweë daar gestaan.

“Nie in my trein nie, pieletjies!” en met die gryp hy die troep om die nek en om die enkels en skiet hom by die deur uit – die laaste wat ek van hom gesien het, is hoe hy met sy geFLde stokstywe voël die gang af hol. Haai, nou dat ek so met die woord speel, ‘n voël met ‘n FL aan is dan seker ‘n
gevelde voël, soos ‘n gevelde swaard, gereed vir aksie?

Terug op George het ek my kursus voltooi, gehou van wat die Weermag bied en veral toe hulle bekend maak dat daar ‘n beurs is in die rigting waarin ek werklik belangstel, het ek toe permanent aangesluit. Gou agtergekom dat jy nie al die stories van die werwingsoffisier moet glo nie! Ons was
agt wat om die een beurs meegeding het en ek moes toe alles en nog meer uithaal om daardie beurs te kon wen. Vrek hard gewerk om te bewys dat ek wel die beurs waardig is met die gevolg dat ek nie kans gehad het om aan ander aktiwiteite, behalwe Woensdae se sportmiddag, deel te neem nie.

Hoewel ek een of twee keer uitgegaan het, het daar niks van gekom nie.

Na my graad, is ek op ‘n offisierskursus gestuur en as ‘n volle luitenant by die hoofkantoor in Pretoria aangestel. Een oggend was daar ‘n vergadering met offisiere van ‘n ander spesialisgroep – so skuins oorkant my het ‘n kaptein gesit wat my die hele tyd dop gehou het – tot so ‘n mate dat ek op ‘n
ander stoel gaan dit het. Met teetyd kom staan hy so styf teen my en fluister in my oor: ”En hoe gaan dit met die luitenant met die tiete?”

Die bliksem het my gesig onthou! Ons het hieroor en daaroor gesels en toe vra hy my om die aand saam met hom in een van Pretoria se spogrestourante te gaan eet. Die aand was nie gepas nie, maar ons het toe op Vrydagaand besluit. Ons het skaars gesit en hy was nog so half besig om my oor my rok te komplimenteer toe hy in sy paradestem vra: “Petro, en is jy darem al behoorlik genaai?”

Gelukkig het die meeste mense gemaak of hulle nie gehoor het nie, maar een of twee het darem ter wille van die nuuswaardigheid opgekyk om te sien wie nou so ver agter in die ry gestaan het. Dit was duidelik dat hy met sy maatjies in die intelligensiedienste gepraat het – almal het geweet dat
ek baie hard werk en nie tyd vir speletjies het nie, nog minder ‘n gevry. Hy het darem sy stem sagter gemaak toe hy my baie mooi vertel presies hoe hy my later die aand gaan vry en dan, as dit reg is met my, sommer ook in die geheime van seks inlei! Dit terwyl ek probeer om my aandag by die kos voor my te hou en nie te verstik aan die wyn wat hy so aanhoudend in my glas gegooi het nie.

Hy beduie toe hoe hy heel eerste weer daardie ‘wonderlike tiete’ van my aan die lig wou bloot stel, hoe hy darem nou meer ervaring het en presies weet hoe om my bloes af te skuif, maar dat die vollengte rok hom bietjie pla, my bra los te maak en elke tiet te treiter. Daarna gaan hy al met my
been langs op beweeg, want hy het gesien dat my rok vollengte is en dat hy dus van onder af moet probeer inkom. Hy het ook in detail beskryf hoe hy eers sal kyk of ek sykouse en ophouers aan het en of ek dalk per ongeluk ‘n broekiekous aan het – hy hoop nie so nie, want broekiekouse is nie
maklik om af te kry nie. As ek kouse met ‘n ophouer dra, kan hy sommer voel hoe glad my bene is. Sy maatjies by intelligensie het hom glo fotos van my in ‘n bikini gewys en hy glo ek het regtg mooi bene.

Die hele tyd sit hy rustig en lyk of hy sommer ligte praatjies maak terwyl ek al hoe warmer tussen my bene voel en my tepels punte begin staan. Hy sien dit en begin toe sommer beduie hoe hy dan vir eers sy opmars na die triomfboog gaan staak om by die heuwels fantasties te kom kuier.

Kyk, teen die tyd is ek al so lus jy kan met my toor, maar die bliksem gaan net voort om te beduie en tussendeur bestel hy nog meer om te eet en te drink. Nou beduie hy hoe hy my broekie gaan aftrek, hy vra of hy dit met een slag heeltemal moet uittrek en op my voete laat val of moet hy sy vingers so aan die kant indruk en dan voel? Met die bring hy sy vinger na my neus toe; kwansuis om die spesery te ruik wat hy op sy bord het. Ruik dit vir my na my poesie? Hy weet nie, net ek sal weet, maar hy kan hom darem indink hoe dit moet wees.

Hy wonder ook of hy my kaalpiel moet inwy en of hy liewers ‘n kondoom moet gebruik? Wat sê ek? Hy dink egter dat ‘n kondoom daardie spesiale eerste keer sal bederf en hy dink tog dat hy maar kaalpiel moet ry – hy het in elk geval nie ‘n kondoom by hom nie! Hy dink tog dat die kondoom die
riwwe en hoogtes verberg en mens kan dit dan nie voel nie – veral as hy daardie eerste keer die saad in my skiet – dit is glo heerlik warm en al die dames hou daarvan as hulle dit in die doos voel. Dink ek  dis wees?

Sy klipharde voël is nou by die ingang, maar skielik onthou hy dat ek nog nooit ‘n voël die volle diepte gehad het nie – so hy sal nou eers moet sagmaak en voel-voel nader aan die versperring kom. Kan ek voel hoe hy so voel-voel? Kan ek sy voël se kop teen my dooslippe voel? Hy wonder
ook of hy met sy vingers moet oopmaak en of ek dalk self die pad sal oopmaak? Kan ek voel hoe eers die kop ingaan en dan die plop as die kop verby die ingang is en die res van sy voël ingly? Pla die rif van die kop my? Hy dink ek weet dat hy nie besny is nie en dus gaan sy voorvel ook ‘n rol
speel, is dit in orde? Hy dink hy is nou naby die versperring, maar hy is nie seker nie – ek moet hom sê! Hoe moet hy die hekkie oorkom, saggies en stadig of met ‘n moerse stootslag? Hy het al twee maniere probeer, maar hy weet regtig nie wat die meisies verkies nie. Kan ek voel hoe sy kop die
plekke raak en soek waar hy kan deurkom?

Skielik onthou hy dat ek (en al die ander meisies wat hy al gevry het) ook nog ‘n ander interessante plek het – die klitoris. Staan myne al uit of kruip sy nog weg in die veiligheid van die voue? Hy dink hy moet gou gaan seker maak, maar hy wil eers hoor hoe ek oor die sakie voel? Moet hy haar hard
hanteer of moet hy stadig beweeg? Nou terwyl hy met die klitoris besig is, dink hy hy kan dalk so effense druk op die versperring plaas – kan ek voel hoe dit effens begin meegee? Hoe dink ek, moet hy nou stamp of nog liggies druk? Die hele tyd terwyl hy rustig sy kos sit en eet en vir die ander
persone in die restourant glimlag!

Teen die tyd is my bene al ver uitmekaar, my poesie drup aanhoudend en my borste staan punt in die wind en my gesig is vuurwarm, maar hy gaan aan of daar niks gebeur nie. Ek verskoon my en storm badkamer toe om ‘n draai te gaan loop. Later kom een van die dames uit die badkamer en fluister (maar darem hard genoeg sodat almal dit kan hoor) vir haar vriendin: “Lord, somebody is really being fondled in this place; all you can smell is
the musk of sex!’

Uiteindelik is ons by die likeurs verby en ons kan nou ‘n plek gaan soek om die sakie nou tot sy logiese uiteinde te voer. Die probleem is net waar? Ons bly albei in die offisiersmenasie en daar is nie plek vir so iets nie! Kom ons probeer ‘n hotel. Daar is ‘n luukse hotel in die volgende straat. Toe
ons saam by die ontvangs opdaag en ‘n kamer vir twee vra, loer die ontvangsdame so skuins na my ringlose vingers en sy broek wat punt in die wind staan en sê toe so ewe vriendelik: Ongelukkig is hierdie hotel vanaand vol bespreek en ons het nie ‘n kamer beskikbaar nie. Probeer die eerder … en sy noem die naam van ‘n hotel wat nogal bekend was vir die tipe kort-termyn gaste wat hulle huisves. Ons was soontoe, maar net een kyk en toe maar weer gery.

Daar was nog een plek waar ons kon probeer – Fort Skanskop agter Groenkloof. Daar gekom en net begin om alles reg te kry, toe ‘n vriendelike konstabel aan die venster klop en ons herinner dat die Pangaman van Skanskop nog nie gevang is nie en dat die polisie nou maar ‘n wakende oog oor die publiek hou.

Teen die tyd was my frustrasie al hoër as my koerasie en ons is toe maar onverrigtersake terug na ons onderskeie blyplekke toe. Ons het baie uitgegaan en elke keer het hy my presies vertel hoe en wat hy aan my gaan doen – hy doen dit tot vandag toe nog en ons het nou al die kuns vervolmaak om mekaar deur middel van ‘n gesprek te laat kom. Dit is pret! Hy is juis nou weer besig met sy stories.

Na seker ‘n maand het ‘n vriend tot ons redding gekom en sy woonstel vir die naweek aan ons geleen. Daar het ons toe elke beweging bespreek, geoefen en uitgevoer. Ons was net baie versigtig dat ek nie swanger raak nie, want in daardie tyd het die weermag sommer ‘n offisier oneervol ontslaan as hy of sy net ‘n tjek laat hop, laat staan nog ‘n vroulike offisier wat buite die eg swanger geraak het. Later getroud en ons loopbane in die weermag geniet – hy was dikwels weg en dan het hy my oor die telefoon gevry – glo tot groot vermaak van die seiners wat ‘per ongeluk’ op die gesprek af gekom het.

Wag, ek moet nou eers ophou. Kobus het die hele tyd wat ek geskryf het oor my skouer geloer (en sommer met sy gunsteling speelgoed gespeel) so nou kan ek nie meer uithou nie. Ons dink daaroor om ‘n speletjie hiervan te maak en die toneel in die restourant weer te speel; die kos is niks want ons is albei ‘uitstaande’ kokke, veral Kobus as hy so kaal voor die stoof staan. Al probleem is dat ons dan iemand moet kry om die kelner te wees.

Soos die Engelse sê: “Any takers?”

Naskrif: Dit is Kobus. Ek skryf hierdie stukkie so twee ure na Petro die vorige stuk geskryf het. Ja, op ons ouderdom vat dit so twee ure.
Een of twee regstellings. Sy sê ek het haar gesig onthou! Natuurlik het ek, maar ek het darem ook bietjie eksterne hulp gehad. Sy het my haar naam en van gegee so ek kon my kontak by George vra om meer inligting oor haar te kry. Toe sy vir die graadkursus gegaan het, het ek haar partykeer op
Langebaan of op Stellenbosch gesien, maar omdat ons nie diesefde kursusse geloop het nie was daar min kans vir kontak. By Langebaan was haar bynaam Miss Ice, glo na aanleiding van haar van. [Daardie jare was daar ‘n strokiesprent Ben en Babsie. Ben se van was Uys en sy Engelse buurman het hom as Mr. Ice aangespreek.] Van die manne wat probeer het, hou vol dat haar bynaam nie na haar van verwys het nie! Gelukkig kon ek hulle almal verkeerd bewys.

(Lees volgende episode HIER)

4 thoughts on “Luitenant met die tiete

  • Uitstekende storie Army Girl

    Dankie vir heerlike gedagtes en prentjies in my kop

    Reply
  • Army Girl, sjoe jy laat my nou my weermag jare terug verlang.
    Absolute puik storie

    Reply
  • ‘n Nuwe skrywer wek altyd mens se lees aptyt op.
    Army Girl jy stel nie teleur nie. Die aanslag van “met woorde en omskrywings naai” is ‘n lekker nuutjie!
    …en die feit dat jy heel waarskynlik ‘n girl is, maak dit dubbel-plesierig! Hier is baie min vroue lede en die wat daar is skryf nie stories nie en gedra hulself soos “silent partners”…hehe.
    Ons sien uit na nog vrugte uit jou pen.

    Reply
    • annelisePost author

      Daar is nie min vroue lede hier nie – amper die helfte van ons lesers is vroue. En alhoewel net twee van die 15 deelnemers aan Klitklets vroue is, is 15 deelnemers uit al die manlike lesers ook maar min. Dis wel waar dat min vroue stories vir ons skryf maar dit is oor die algemeen iets oor erotiek skryf – baie van die “vroue” wat erotiek skryf is ook maar mans wat dit onder ‘n skuinaam doen en probeer maak asof hulle weet hoe dit voel om ‘n vrou te wees. 😉

      Die woord waarmee hy met haar liefde maak is wel ‘n baie cool en oorspronklike idee. 🙂

      Reply

Leave a Reply to Willewill Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)