Kombiekiehier se groot masturbasie-eksperiment (2a)
(Kombiekiehier kom vir julle plesier)
deur Annelise en Neil A Morum
So rukkie terug het Neil se storie verskyn waarin ons ons eksperiment aangekondig het. Onthou asseblief om deel te neem deur julle metodes met ons te deel. As julle hierdie metodes probeer, sal ons ook graag julle terugvoer wil hê. Skryf sommer in die kommentaar hieronder, asseblief.
Hierdie is die basiese idee van die eksperiment:
Ons wil weet wat julle doen, die hoe, wat, waar en met en vir wie. Ons sal julle noukeurig-beskryfde tegnieke op die proef stel en dan daaroor verslag lewer. Sy sal die vroue-tegnieke probeer, ek die manne se mannewales… as dit partners verg, sal ons ons eie gebruik (meeste van die tyd…)
Lesers wat ons van hulle tegnieke wil vertel, kan vir my (neilamorum@gmail.com) ‘n e-pos stuur. Onthou jou skuilnaam, maar onthou jou tegniek in fyner detail… Ons sien daarna uit om van julle te hoor!
Neil en Annelise maak beurte om proefkonyne te wees. 😉
Agtergrond en rationale
Die idee het ontstaan uit die vraag oor hoe mense masturbeer. Elkeen (die wat dit doen) het tog ‘n eie resep, een, of selfs ‘n paar tegnieke wat die groot “o” waarborg.
Ons het besluit om net twee kriteria te gebruik om die ervarings te beskryf: Tydsduur en Intensiteit. Ander aspekte sal in Kommentaar oor die ervaring aangespreek word.
My gemiddeld waarteen ek elke nuwe metode en ervaring sal meet:
Ek neem gemiddeld so iewers tussen sewe en tien minute om ‘n orgasme te kry. Ek besef hierdie is baie subjektief en onwetenskaplik (dis maar seker die aard van hierdie toets), want hoe vinnig dit vat hang af van goed soos hormone of my bui of hoe lus ek is voor ek begin masturbeer of hoeveel tyd ek het of frustrasie of nog baie ander dinge. Ek wonder nogal of dit is hoe mans en vroue verskil? Ons vroue word deur so baie goed beinvloed, maar dit lyk asof mans al daardie dinge kan afstel en fokus op die taak? 😉
Ek my gemiddelde orgasme-intensiteit as basis gebruik. Weereens sal dit nie noodwendig iets sê oor die effektiwiteit van die metode wat ek toets nie, omdat orgasmes by vroue soms juis groter en meer intens raak as dit langer vat om te gebeur of as dit die tweede of derde ene van die “sessie” is. Ek sal dit dus net met eerste orgasmes vergelyk wat ongeveer ewe lank gevat het om te ontplof.
Masturbasieverslag 2 – Annelise
Sannie van Sannieshof skryf:
Ek het ‘n rubberfopspeen gekoop, die ringetjie afgesny en nou gebruik ek dit as ‘n klein-klein dildo. Ek kan heeldag daarmee rondloop (dit pas goed onder my broekie) en niemand weet daarvan nie. My orgasmes is onvoorspelbaar en oorval my op die vreemdste tye!
My labia is redelik groot en die wrywing van die buitenste velletjie teen my lippe is great. Ek moet gereeld by ‘n toilet uitkom om die nat af te vee…
Annelise probeer
Ek het sommer “tiete” wat mens op bottels gebruik, gekoop. Dit was baie goedkoper en kom sekerlik op dieselfde neer behalwe dat ek nie eers die ringetjie hoef af te sny nie.
Hierdie:
Ek was eers bang dat dit gaan inglip en het gewonder of ek ‘n toutjie daarom moet prakseer, maar toe besluit ek daarteen. Niks het ingeglip nie. 😉
Ek vermoed ek is anders as Sannie gebou, want die wrywing was nie so intens nie. Drukking binne ook nie. Miskien is dit omdat die tiete meegee. Dit was byvoorbeeld baie anders toe ek Ben Wa Balls gebruik het. Dit kon mens duidelik binne jou voel druk en beweeg as jy loop.
Die idee om met hierdie in jou te loop is nogal kinky en ek het uitgesien daarna om hierdie metode te probeer, maar ek was so effens teleurgesteld. Ek dink ‘n regte dildo (mens kry kleines wat onder jou klere pas) sou beter vir my gewerk het.
Telkaart
Tydsduur: Ek het nooit direk as gevolg van hierdie metode gekom nie. 0/10
Intensiteit: Gemiddelde orgasme 0/10
Ek sal wel dink dat dit vir vroue kan werk wat soos Sannie, anders as ek gebou is. Dit het vir my op ‘n sielkundige vlak gewerk, omdat mens dan heeltyd bewus is van jou vagina omdat jy wel “iets’ daar voel. Maar, soos ek sê, mens kan iets meer effektief gebruik wat die “voel” in ‘n “vloei” kan verander.
10 COMMENTS
Ek is altyd jags as Ek kombiekiehier stories gelees het
Dis te lekker om nie jags te raak nie en dan jouself tot orgasme te kan bring nie
🙂 Dankie, ek is baie bly. Volgende jaar gaan dinge hier net nog beter word en hopelik die orgasmes net meer. 🙂 xx
Hou aan met die goeie werk (eksperiment)
Ons gaan beslis weer aan die eksperiment werk. Ek het net ‘n vreeslike deadline vir my studies – einde Desember, maar volgende jaar is al, maar al my aandag by kombiekiehier en goed soos hierdie eksperiment. 🙂
Hmm kry nou eers hierdie te sien dit was vreeslik interressant veral Annelise wat oor haar orgasmes gesels het!
BAIE eroties.
ek n penis pomp gekoop en speel met dit tot ek lekker styf is en dan tree n hand in en bring my tot n wonderlike orgasme
Probeer ”n bietjie doodgewone wasgoedpennetjies op jou nipples. Van 0 to 100 in bo time! Die intensiteit is onbeskryflik!
Hi waar kan mens afrikaanse videos kry of kyk
Watse soort video’s bedoel jy?
Erotiese afrikaanse flieks