kombiekiehier se 10 kinky plekke vir “openbare” seks
As die lus jou oorval oorval die lus jou. kombiekiehier wonder op watter kinky plekke jy al vergeet het waar jy is?
Seks in ‘n openbare plek is een van die mees algemene fantasieë van mans sowel as vroue. Alles het te doen met die gevaar dat jy dalk “uitgevang” gaan word. Dit is nie die soort seks wat uit stadige diep soene en langsame ontdekkings bestaan nie. Hierdie weergawe is die vinnige, vurige, dikwels ongeoorloofde tipe – die soort wat die dier in jou uitbring.
Ek kan onthou dat ek eendag by ‘n kroeg gesit het waar ‘n groep vrouens by ‘n tafel in die een hoek gekuier het en ‘n groep mans by die kroegtoonbank. Ek het dopgehou hoe een van die mans een van die vrouens se oog gevang het. Dis al. Daar was geen ander kommunikasie nie, geen normale flikkers is gegooi nie – geen drankies gekoop nie. Die kyk was al wat nodig was.
Op ‘n stadium was albei net skielik weg.
Ek was toevallig in die kleedkamers besig om my hande te was toe hulle uit een van die toilethokkies kom. Sy was besig om haar romp reg te trek en hy het op pad uit sy hare gou in die spieël reggeskud.
Toe ek terug kom in die kroeg was albei reeds weer op hulle plekke. Oogkontak verby.
kombiekiehier het ‘n paar voorstelle vir openbare plekke waar jy redelik veilig jou girl vas kan vat sonder dat die polisie jou sal kom wegsleep.
1. Kleedkamers. Veral die groter een vir gestremdes. Maak seker dat jy nou nie iemand in ‘n rolstoel na jou passievolle kreune laat luister terwyl hulle wil piepie nie. Maak klaar.
2. Aantrekhokkies is baie beter, want daar is gewoonlik baie. As ‘n mamma besig is om in die hokkie langsaan haar kiddie te help klere aanpas, is dit dalk beter om in stealth-mode in te gaan, maar as daar ‘n man is wanneer jy daai kreun uit haar toor is dit ekstra punte. Want jaloers.
3. Die strand. As jy nog nie op ‘n strand seks gehad het nie, het jy nog nie geleef nie.
4. Die Botaniese tuine. Orals is weggesteekte hoekies met bankies tussen digte blare. Amper soos die Tuin van Eden waar die twee inwoners kaal was en heeldag appels geëet en gevry het.
5. Die veld. Hierdie is nogal ‘n groot fantasie van Suid-Afrikaanse mans. Gaan kamp of gaan hou piekniek of gaan stap. Word so bietjie vuil.
6. In ‘n swembad. Vou jou arms van agter af om haar. Wie gaan sien as jy daai broekie net so effens afskuif. Sien, sy maak haar bene oop … Glip in en probeer om nie te baie golfies te maak nie.
7. By ‘n partytjie. Mega-risk, want hier is mense wat jou ken. Dus mega-opwinding.
8. In jou kar. In ‘n verlate doodloopstraat of dalk daai donker hoekie van Menlyn se parkeerterrein. Of op sy bonnet as dit donker is. Wat is meer sexy as om ‘n mooi vrou op ‘n mooi kar te vry?
9. In ‘n begraafplaas. Dit is soms die drang om die dood te ontsnap wat in die drang om iemand te verorber uitloop. Kleindood in die geselskap van die dode is die lewe wat ‘n middelvinger vir die grim reaper gooi. Jy kan die foreplay in die kerkie net langs die begraafplaas begin …
10. Op ‘n rugbyveld. Soos Koos Kombuis in Springbokheld beskryf het.
Die belangrikste ding wat jy in ag moet neem is dat jy nie jou avonture op ander mense moet afdwing nie. Hulle het die reg om nie jou wit boude in aksie te sien nie. 😉
Hierdie mense het dinge dalk soms so ‘n bietjie te ver gevat. Maar dan, ons verstaan selfs hierdie. Want lus. En lus is lekker. 😉
7 COMMENTS
Ek kort net 9 & 10 vir my Kaart van Genotplekke
1, 3, 4, 5, 6, en 8 done en dusted
Kort nog 1, 2 en 9….
1, 5, 6 en 8 het ek al gedoen, en dit was absoluut fabulooslik !
I stand to be corrected…
Van daai het ek nog net 5. en 7. gedoen. Ek sal meer moet uitkom.
Hehehe – pun intended? 😉