oor doggy-style
Mens kry twee tipes vroue: groep A wat tydens ’n doggystyl-sessie stil op hulle hande en knieë staan en die man die bewegings laat doen, en dan groep B wat hulle heupe aktief agtertoe stamp-stamp-stamp om die voëlkop se senuwees op ’n mooi manier te agiteer. Ek verkies groep B. Met dié wyfies stamp-stamp-stamp die man natuurlik steeds vorentoe, maar sy bekken word telkens as ’t ware halfpad ontmoet. Memory van Harare, vars van Zimbabwe, het gisteraand in kamer 616 van die Royal Park Hotel sterk in groep B geval. Toe ons ná die aksie aantrek, het ek gedink aan die liggroen Mazda 616 wat ek meer as 20 jaar gelede in Pretoria gery het. Ek het Memory daarvan vertel maar sy het onbegrypend na my gekyk en ek het die onderwerp verander deur iets oor die reënbuitjie vroeër die dag te sê.