Hy (3)
deur Annanina
My vinger hover oor die bel knoppie. Sonder dat ek wil – of enige wil van myself oorhet – druk ek dit. Dit lui, maar daar is geen antwoord nie. Waar is sy? Gewoonlik antwoord sy dadelik. Ek is al gewoond daaraan. In besigheid is sy dieselfde. Vriendelik, sag, onderdanig. Dis net as hierdie dierlike drang van haar oorvat, dat sy oorspoel en ontplof.
Dit maak my bang. Die merke op my lyf. My gebreekte bene wat soos poeier verkrummel onder die geringste stamp. Die pyn wat my nagte wakker hou en laat omrol, opstaan, rondloop, krul. Die verwerping van baie jare. Jy is nie goed genoeg nie. Jy is arm. Straatbrak. Hond. Honger gaan slaap. Die hol kol op my maag. Die vuil mure. Die geskree van die bure in my ore en die sigaretrook wat soos ’n grys kombers oor my vou. My longe versmoor.
Ek moes nog altyd baklei vir wat ek wil hê. Maar sy. Sy wil nie hê ek moet baklei nie. Sy vryf met haar vingers oor die snye van my heupe en soen dit. Streel oor die littekens van my gesig. Vat my kop in haar hande en sit haar lippe oor my skewe mond. Suig my gebrande tong. Verlustig haar in my styfgespande penis.
Dit maak my bang. Die passie waarmee sy vir my kyk. Gister het ek vir haar gewag. Die stadsaal was leeg. Gewoonlik toi-toi die ANC daar of een of ander government projek mors geld deur vir hordes kos te maak en die uitgespoegde hoenderbene op die pavement te los. Gister was dit stil. Leeg. Niemand was daar nie. Die marmervloer was koud onder my voete toe ek die trappe klim. Om regop te staan is moeilik. Trappe klim is excrutiating. ’n Pil onder my tong het gehelp. Elke uur. Toe sy dit in my sakke sien, wou sy weet wat dit is, maar ek kon nie vir haar sê die trane stroom oor my gesig as ek uit die stort uitklim nie. Dis nie sexy nie.
Ek het vir haar gewag agter die deur. Gesien hoe sy singend parkeer. Musiek kliphard. Eers met die karwag praatjies maak. Lag, nee dankie sê toe hy haar kar wou was. Hom geld belowe. Sy gee heeltyd haar geld weg, dit maak my mal. Sy het gedink ek gaan haar optel en rondgekyk vir my kar. In haar handsak gesoek toe ek haar bel en haar kop skeef gedraai toe sy antwoord.
“Klim op met die trappe. In die stadsaal.”
Ek het haar sien glimlag. Verbaas. Sy wil tog net nie bored raak nie, waarsku sy my.
Deur die skrefie van die deur kon ek sien hoe sy by die groot saal inkom. Twee stelle trappe aan links en regs sien en links kies. Mooi meisie. A+ vir jou. Stadig klim sy die trappe op, twee-twee. Saggies, om nie iemand se aandag te trek nie. Net toe sy verby die deur wil loop, maak ek dit oop en trek haar in. Vou haar toe in my omhelsing en soen haar dat haar regterbeen soos altyd teen my lyf opgly. Ek gryp haar boude met my hande en voel die sagte vleis meegee soos ek dit druk. Daar wil ek in. Dis al waarvoor sy nog nee sê. “Tyd. Gee tyd.”
Sy kom sit wydsbeen bo-oor my. Haar handsak val op die vloer en sy bloos. “Ek is baie lomp.” Ek lag, diep uit my maag. Waar kry jy nog ’n vrou wat bloos? Hoeveel keer het sy al goed omgestamp op my lessenaar. Of boeke laat val. Of woorde verkeerd uitgespreek.
“Ek is bly as ek jou humoristiese uitlaatklep is,” terg sy en soen my weer. Ek voel hoe ek styf teen my jean span. Haar hande gaan oor my lyf, maar ek keer. Sy het geen beheer nie en sal wragtag my ’n deep throat blowjob net hier gee.
Voetstappe buite die deur laat ons vries. Ek hou haar hande bo haar kop vas. Wys sy moet stilbly, maar sy grind haar onderlyf teen my. Ek lig my heupe op om haar te ontmoet. Fokket. Ek wil my verloor in haar. As sy so nat oor my vou wil ek my vel uittrek en in haar klim. Ek kan nie diep genoeg nie, ek kry nie genoeg nie.
“Wat gaan in jou kop aan?” wou ek weet. Maar haar kaarte hou sy styf teen haar bors.
“Wat doen jy aan my?” wou ek in haar donker bos hare weet, maar sy het net haar kop geskud: “Ek wil nie hê jy moet hardloop nie.”
As jy maar net weet, my baby, het ek gedink. Maar my mond gehou, haar spanbroek oopgetrek en my vingers in haar nat klit verloor.
6 COMMENTS
Ek sien dis “Hy (3)” ek het nie die vorige 2 episodes gesien nie ?
Ja ek sal gaan regmaak.
Die res
Sorry! Ek sien nou hier is ‘n fout. Sal dit gaan soek en regmaak – dit het seker ingesluip in daardie tyd toe die site doodgegaan het. 🙁
De res?
Aangrypend soos net Annanina kan, maar daar is ‘n onrustige ondertoon…wat is die agtergrond / verlede van die hoofkarakter ?