Lipstick en satyn
deur Sonja
Boy George, Adam Ant, Steve Tyler, Michael Jackson, Adam Lambert en nog so baie meer het grimering, kant, sy en satyn gedra. Seuns dra nie broekies nie. Ons het in n era groot geword waar die man die broek dra en vrouens se plek in die kombuis is. Maar hoekom mag ons seuns nie van die fyner goed hou nie? Hoekom dra die girls make-up en lipstiffie? Hoe baie mans het al hierdie gedagte gehad? Ons trek skelm ma se sykouse en sussie se kant broekie aan en wow what a feeling!
Toe ek sewe jaar oud was het ek my sussie se broekie aangetrek, maar die eerste groot daad was toe my ma vriende se huis in Centurion opgepas het. Terwyl sy die diere kos gegee en die plante natgegooi het, was ek in die dogter se kamer besig om haar skoolrok aan te pas. Ek het ʼn verskriklike pakslae daaroor gekry, maar van toe af prikkel die idee om vroue-klere te dra my. Vandag dra ek vrouebroekies en lycra en kant en satyn. Ek neem aan Sisters with Blisters en die Spar Vroue Challenge deel sodat ek in die openbaar dit kan doen. Ek grimeer en verf my naels. Nee, ek is nie gay nie – dis net ʼn wonderlike gevoel om soms jou vroulike kant te ervaar. Dis net jammer dat so baie mans dit wil ervaar, maar dat die dominee gesê het dat jy gestraf sal word en hel toe sal gáán as jy dit doen.