Hantie van Suidwes

6+
Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Wille Will

Taalversorging deur Lusman 

Ek kuier weer by oom Potjie om ‘n vuur met die nodige-op-ys.

Hierdie keer slaap ek oor, want ek’t ‘n paar besigheidsdraaitjies om te maak – die volgende dag in die dorp. Die vuur knetter lustig soos die horison verkleur in sonsondergang. Ons al twee sit op seilstoele met uitgestrekte bene en ‘n Buffels-met-Coke in die hand.

Ons hoor tegelykertyd ‘n voertuigdreuning wat nader kom en sit albei regop met gesigte gedraai na die hek se kant toe.

“Dis seker Neels van Ougrond. Hy’t vanmiddag gebel en mooi gevra of twee van sy gaste vanaand hier kan oorslaap … want iemand tel hul môre op, saam Kaap toe. Hy moet môre douvoordag vendusie toe, en toe reken hy ek is die naaste aan die nasionale pad.” Oom Potjie vryf-vryf aan die jig by sy knie en neem ‘n stewige sluk van die Buffels. “Die slagskaap wat hy daarmee saam aanbied is nie te versmaai nie.”

Die dreuning is nou al baie naby en die ys rinkel in sy glas met die swaaitjie van sy hand. “Jy gee nie om nie, my ou vriend?” vra hy my.

‘n Wit Hilux ratel oor die ysterroosterstawe by die hek en kom met stof wat opslaan so vyf meter van ons af tot stilstand. Ons al twee staan op uit ons stoele.

“Hoe kan oom Potjie nog vra, dis mos jou plek!” antwoord ek hom.

Daar’s drie mense in die bakkie. Dis seker Neels, dink ek toe ek die bejaarde man sien wat eerste uitspring. Sy rooigeel snor lyk soos die beeshorings wat party bikers op hul helms dra.

“Naand Potjie, naand Neef,” kom hy met uitgestrekte hand nader. Ons skud blad en ek merk oor sy skouer hoe die ander twee mense ook nou by die Hilux uitklim. Die een is ‘n lang skraal man en die ander is ‘n dame, slank van bou en amper net so lank as die man.

“Dieter en Hantie, staan nader dat ek julle voorstel,” sê oom Neels toe hy omdraai na die twee wat van die bakkie aangestap kom.

Met die bekendmakings agter die rug, bied oom Potjie die lang man en vrou ons seilstoele aan. Hy sê hy gaan gou nog stoele kry terwyl hy huis se kant toe stap. Ek staan nader aan die vuur en krap ‘n paar dooie kole uit aan die onderkant met ‘n langsteel-ystergrafie wat oom Potjie hiervoor gebruik. Ek sit nog ‘n stomp op die vuur terwyl oom Neels by my aansluit.

“Is hulle familie van Oom?” vra ek hom.

“Ja, Dieter is my broer en Hantie is sy dogter. Hulle is eintlik van Duitswes, maar die ou wil sy boedel gaan regmaak by sy makelaar in die Kaap, want hy’t sy plaas verkoop in Outjo.

“Sal julle ietsie neem?” Oom Potjie tel die Buffels op want hy’s terug met die stoele. Hy wys die bottel vir die gaste terwyl hy om die beurt na die drie kyk.

Oom Neels glimlag met: “Ek sal sonde pleeg as ek nee sê.”

“So drie vinger sal afgaan dankie,” sê die lange Dieter in sy donker stem. “Maar liewer net Coke vir Hantie,” vervolg hy.

Ons oë draai almal na Hantie. Sy kyk af grond toe en skud net haar kop. “Die ding is … u-h-um …” maak hy keel skoon, “brandewyn maak haar aweregs.”

Ek en oom Potjie ken hul nog te swak om uit te vra oor dié eienaardige stelling en aanvaar dit maar.

Na nog ‘n dop sê Neels hy gaan maar ry en ons moet ons nie uitsit vir die twee nie; hulle het klaar by hom aandete genuttig.

Toe die Toyota by die hek knipoog met sy rooi oë en in die donker verdwyn, gaan sit oom Potjie langs Dieter. Hy het sy stoel nader aan hom geskuif. “Ek en Dieter gaan bietjie uitpak oor Suidwes. E-h … Hantie as jy wil, gaan staan daar by Wille by die vuur,” sê hy.

Sy staan op en mompel “Dankie, Oom” voor sy met haar leë glas in die een hand na my toe aangestap kom. Sy gee my net so ‘n loer en ‘n skewe glimlag voor sy die glas neersit en in die vuur staar.

Ek neem ‘n groot sluk van die Buffels-en-Coke, so groot dat die ysblok teen my neus vasslaan. Die unieke smaak van hierdie dop bly maar besonder lekker!

Ek betrag Hantie. Vaal hare sonder glans tot op die skouers en ‘n gordyntjie op die voorhoof is die eerste wat my tref. Wye oë, groterige neus en plat lippe opmekaar gepers, asof ‘n brommer dalk sal invlieg, rond die gesig af. Mens kan geen definisie sien by die borste nie. Die sinnelose grys rok doen ook niks vir die res van haar figuur nie. Sy sal beslis nie ‘n kans staan as “Mej. Outjo” nie!

Sy kyk op: “Bly jy ook hier?” vra sy.

“Nee, ek kuier ook net tot môre.”

Op ‘n ingewing, die Vader weet van waar, vra ek saggies terwyl ek nader aan haar staan en haar glas optel: “Kan ek vir jou ‘n knertsie by die Coke gooi sodat jy lekker slaap vanaand?”

Ek loer oor my skouer maar oom Potjie en Dieter is mekaar aan die verkneukel met staaltjies.

“Laat hulle net eers gaan slaap dan sal ek enetjie saam met jou drink … maar jy dra die gevolge,” sê ek vermanend.

Haar pikswart oë dring skielik vir die eerste keer in myne, asof sy my meet.

Asof op die regte oomblik, roep oom Potjie skielik van agter: “Ons oues gaan maar inkruip, Wille. Wanneer julle gaan slaap, wys vir Hantie die slaapkamer by die sy-stoep. Dis vêr genoeg dat ons oumens-snorkery haar nie sal wakker hou nie. Lekker slaap.”

Hulle het kwalik in die huis in verdwyn, toe gryp Hantie ‘n leë bierbeker en vul dit met ysblokkies. “Bring die Buffels, en die Coke as jy wil, en wys my my kamer.” Sy begin reeds met ‘n dringendheid aanstap na die huis toe.

Ek gryp die drinkgoed met die een hand en met my ander hand ook twee glase, voorvingers binnekante en duim buite. Ek volg haar, so ‘n paar treë agter haar.

Sy wag by die huis se deur sodat ek voor kan stap, want sy ken nie die huis nie.

By haar kamerdeur wys ek met my ken sy moet instap – my hande is vol met die drinkdinge. Toe ons binne is, stamp ek die deur toe met my boude. Ek plaas alles neer op die outydse tafeltjie met daarop die waskom en beker, wat ek eenkant toe skuif. Hantie kom sit die bierbeker met ys ook neer en skielik staan sy teen my. Ek ruik ’n aardse reuk om haar wat ek nie kan plaas nie.

Sy neem skielik my gesig in haar hande en soen my met daai strepieslippe. Haar tong dring in my mond in. Dit voel soos ‘n akkedis wat met my tong wil koppel. Ek wil eers terugtrek, maar sy los my net so skielik. Sy buk en maak die Buffelsfontein-bottel oop.

“Ek hoop nie jy’s vaak nie, want na ‘n dop of twee gaan jy nie wil slaap nie,” murmel sy en skink twee stywe doppe vir ons. Sy tel dadelik een glas op en gooi die inhoud in haar keel af met ‘n ril. Dan skink sy nog een. Sy gooi Coke by myne, met ‘n blokkie ys. Terwyl sy dit aangee, sluk sy die tweede een ook weg – met een teug!

Hantie stap drie treë tot teen die dubbelbed. Met haar rug nog steeds na my gekeer, sien ek hoe een hand oor haar skouer kom en die vaal rok se ritssluier begin aftrek – halfpad. Die ander hand kom van voor haar heup en trek dit af tot op haar stuitjie.

Ek neem ‘n sluk van die brannas wanneer sy die rok vorentoe oor haar skouers trek en net ‘n dun brastrêppie oor ‘n mooi, slanke rug vertoon.

“Sal jy net die bra vir my kom losknip, Wille?” hoor ek haar stem. Dis die eerste keer dat sy my naam gebruik, besef ek.

Ek plaas die halfglas neer en stap tot teen haar en knip die buustelyfie los. Ek ruik haar naaktheid en dit werk my op.

Wanneer sy die bra vorentoe laat val, vra sê sy: “Gaan jy nie uittrek nie?”

Ek gee ‘n tree terug en trek my hemp oor my kop. Ek gooi dit eenkant toe. Sy staan gebukkend; haar boude wys na my toe. Sy trek die vaal rok af tot op die vloer. Ek sien die vorm van haar effens groot boude vir die eerste keer, toe hulle in ‘n wit kantbroekie tevoorskyn kom.

Sy tel die rok op, vou dit op en plaas dit, met die buustelyfie daarop, op die spieëlkas.

“Gaan staan weer langs die dop en ek wys jou iets,” sê sy nogal ferm terwyl sy op die onderent van die bed gaan sit.

Ek loop tot by die waskomtafeltjie en vat seremonieel aan die bottel Buffelsfontein. Dan draai ek ietwat skamerig om, trek ek my broek af en klim daaruit. Ek gooi dit na waar my hemp lê. Wanneer ek omdraai, druk ek my stywe meneer bietjie gemakliker in my onderbroek. Ek kyk weer na haar.

Sy het intussen op haar rug op die bed se onderent gaan lê. Haar linkerbeen is gebuig en die ander reguit. Haar linkerhand is in die broekie. Ek sien haar vingers beweeg daarin. Die ander hand se voorvinger het sy in haar mond. Sy suig daaraan.

“Trek daai onnie uit. Ek dink daar’s iets lekkers in. Ek is nou jags!” Dit kom amper soos ‘n bevel.

Ek draai om – my voorkant weg van haar – om haar te terg. Toe ek die onderbroek laat val en weer omdraai, is sy teen my. Sy gryp my erekte voël met haar linkerhand.

“Sit hom in, ek k-kannie meer wag nie.” Sy draai bukkend om en hou haar boude in die lug na my toe. Ek gehoorsaam en stoot hom van agter diep in haar in.

Voordat ek so veel as twee stote gegee het, gil sy en haar klappende boude teen my verklap haar orgasme. Ek hou egter aan met diep stoot. Sy skree uitasem ek moet net nie gou kom nie en ek moet vir haar sê as dit sulke tyd is.

Ek voel my komlading opbou soos ek haar boude vasgryp en harder in haar inslaan. Toe ek voel dis op breekpunt, kreun ek: “Dis nou naby …”

Met ‘n kort treetjie van haar linkervoet ruk sy haar onderlyf vorentoe. My voël vlieg opwippend uit haar uit. In ‘n oogwink kom sy regop en spring om. Sy knyp my penis met haar duim en voorvinger hard vas net agter die glans. Ek voel die lekker verdwyn. Half jammer vir myself, vou my regterhand om my voël as sy dit los.

Dan hoor ek haar pleit: “Eet my uit, eet my uit.” Sy het so pas terugsteierend op haar rug op die bed neergeval. Haar bene is dadelik wyd oop.

My mond smak toe dit haar koek in sy volheid bykom. Ek begin suig aan haar klit en voel hoe dit erek raak in my mond. Toe ek liggies byt, toe gil sy: “O fok, hier kom ek weer.” Ek knibbel harder en haar onderlyf lig op van die bed soos sy haar vulva in my gesig klap. Wanneer sy weer klimaks, proe ek die muskus van haar mildelik vloeiende sappe. Ek kom orent, gryp my penis en stoot dit weer gladweg in haar genotsgrot in. Voordat my voël heeltemal in haar verdwyn, kyk ek ondertoe en sien die buitelippe het ‘n rooi skynsel. Ek wonder of dit net van die jagsgeit of van die brannas ook is.

Ek stoot vinnig en dringend want ek wil self kom. Toe ek die saad voel opkom, sis ek: “Hierdie keer kom ek in jou!”

“Uit, uit, uit!” skree sy terwyl sy haar bekken terugruk en my met haar twee hande hard aan my heupe opdruk. Ek het geen keuse nie en pluk uit, my piel op en af wiegend van die stuiptrekkings van my orgasme-aanloop. Weer het sy my aan die glans en opgehewe korona beet. Sy knyp my amper harder as die vorige keer.

“Bliksem ek wil ook kom!” kreet sy dit uit. Terwyl sy my met die regterhand styf vashou, sien ek sien hoe sy drie vingers van die ander hand tussen die rooi opgehewe lippe deurstoot. Sy begin hard en vinnig te masturbeer.

Dan trek sy my aan my voël nader aan haar. Skuifelend beweeg ek op my knieë vorentoe, my ballas slepend oor haar tiete heen. Sy sit my genotstok in haar mond. Dan begin sy suig, knibbel en kou dat die genotsgolwe soos stormbranders teen my plesiermure slaan.

“Ah-h-h-h” skree sy weer en ek weet sy het weer geklimaks. Terwyl haar orgasme hom weer uitwoed, pluk sy my voël se skagvel op en af – al hoe vinniger – terwyl sy my bly suig. Toe ek brul, toe pluk sy hom uit haar mond uit. Ek spuit strale kom oor haar gesig.

Toe ek voel ek is uitgemelk, kom ek regop. Ek gly af en staan op die vloer aan onderent van die bed. Ek kyk af na haar vrug. Dis rooi en opgehewe. Ek vee met my hand oor my voëlkop en voel sensitiewe pynprikkels as ek die voorvel weer terug oor die glans skuif, so asof ek die deure toemaak.

Sy kyk op met die swart oë in myne en ek sien hoe haar vingers weer in haarself inglip!

“Die dokters sê ek’s ‘n nimfomaan.”

“Is dit wat het jou pa bedoel toe hy gesê het jy is aweregs?” toon ek my wysheid.

Sy glimlag effe toe sy filosofies sê: “Brandewyn maak my poes seer.”

6+

4 thoughts on “Hantie van Suidwes

  • May 26, 2020 at 6:14 am
    Permalink

    Ek wens ‘n ‘boere-pompie’ toe aan die manne wat my storie so geniet het, dankie !

  • May 25, 2020 at 6:31 pm
    Permalink

    Willewil. Jy het bevestig wat ek nog altyd vermoed het.

    Girls van Suidwes is anders… Ek weet ook van ‘n girl wat ‘n tyd in Suidwes gebly het en “daai” water gedrink het… Die girl wat ek aan dink is nie aweregs nie — Sy is sommer net ‘reg’.

    Dankie vir ‘n lekkerlees storie van gasvryheid en vrygewigheid (en mededeelsaamheid).

  • May 22, 2020 at 8:37 pm
    Permalink

    Will dis nou wraggies waar weer n meesterstuk, absoluut fantasties.

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)