Koki

3+
Hoe lank gaan ek lees: 17 minute

deur Uther Pendragon

 

Die volmaan was al hoog toe hy die nag by die diggesluite hek aankom.  Hy klop met sy spiessteel teen die dwarshout.

“Wie is daar?” kom die vraag dadelik.  Deur die gapings tussen die dik pale van die hoë hek kon hy die maanlig op die gespiere slywe en die lemme van die twee jong krygers sien glim.

“Dis Koki,” antwoord hy en die grendel skuif oop.  “Nkosi,” kom dit van altwee wat vir ‘n oomblik hul koppe buig voor hulle die hek agter hom weer toegrendel.  Hy stap met die paadjie op na Thuli se hut.  Hy haal die rooibok van sy skouers af en steek ‘n gat agter sy haksening met die punt van die spies, dan haak hy die rooibok op die pen hoog teen die paal buite die hut op.  Hy stap na die pot wat aan die skadukant van die hut staangemaak is, dit is donker, maar hy weet dis daar.  Hy skep met die klein kalbassie water uit die pot en drink diep.

Hy doen nabetragting oor die dag terwyl hy die bloed van sy hand afwas.  Dit was ‘n lang dag en hy het ver deur die bosgange en grasruigtes gestap.  Hy kon reeds naby die stat ‘n bok gejag het, maar iets het hom genoop om al verder met ompaaie langs sy verkenningstog te neem.  Die wild se gedrag was vreemd daardie dag – hulle het opgetreë soos wanneer daar iewers ‘n trop leeus hul verskyning gemaak het.  Die diere se ore was heeltyd gespits en het in alle rigtings gedraai en hulle het met trillende velle geluister en die geringste geluid het hulle met hoefgedreun laat spaander.  ‘n Donker gevoel van onrus het oor hom neergedaal, maar hy kon die oorsaak daarvoor nie vind nie.

Hy het deur die lae ingang gebuk en sy spies langs sy skild links van die uitgang neergesit.  Hy trek sy isiNene en iBeshu uit en sit dit saam met sy kopband op die luiperdvel op sy sitplek neer.  Haar reuk hang swaar in die hut.   “Ek is terug,” het hy gesê toe hy in die donker op die slaapmat langs Thuli gaan lê.  Sy het dadelik geantwoord: “Ek is bly” en toe voel hy hoe haar hand na sy orgaan rondtas.  Hy het na haar kruis gereik en sy het haar bene oopgesprei om hom toegang te gee.  Sy vingers het oor haar growwe skaamhare tot by haar opening gestreel.  Verbaas oor haar natheid, het hy sy vingers tussen die dik lippe, in haar warm binneste ingedruk, en gevoel hoe die slym oor sy hand loop.  Haar asem het al vinniger gejaag terwyl hy met sy sterk vingers haar sagte vleis bewerk.

Hy het haar bestyg om soos gewoonlik op haar te gaan lê, maar sy het skielik omgedraai om hande viervoet vir hom haar boude aan te bied.  Haar bronstigheid het ‘n dierlike drang in hom gewek en hy het haar skielik en hard gepenetreer – maar sy was reg vir hom en het sy stote met gretige tru-stote ontmoet.  Thuli is altyd stil wanneer hulle koppel, maar daardie nag het sy ‘n diep wellustige kreun geuiter toe hy haar met een stoot tot in haar diepste penetreer.  Terwyl hy haar gewillige lyf ry en na haar steune en kermgeluide luister, het hy van ‘n hut daar naby ‘n ander vrou van ekstase hoor uitroep.

Koki het op sy rug gelê met Thuli in die waai van sy arm met haar borste sag teen sy bors gedruk.  Hy het gevoel hoe sy slymbesmeerde orgaan, wat nou nog dik, maar slap oor sy dy lê, in die naglug afkoel.  Hy kon nie slaap nie – daar was ‘n onrustigheid in die stat.  Regdeur die nag het die paringsgeluide uit die hutte opgeklink en babas wat pramloos lank lê en huil.

Die volgende oggend het Nkumba hom met die slagwerk kom help.  Gewoonlik sou Koki se seun Tembu gehelp het, maar hy was nêrens te sien nie.  Terwyl hulle werk vertel Nkumba Koki dat die vroue hom eerste gesien het.  Dit was ‘n monster wat hulle van die oorkantste oewer dopgehou het terwyl hulle laatmiddag die vorige dag gaan water skep en gekuier het.  Van die vrouens was besig om in die rivier te bad.  Niemand was seker hoe lank hy hulle dopgehou het nie.

Toe hy agterkom dat hulle hom raakgesien het, het hy uit die gebreekte riete opgerys, met die water wat oor sy gespierde lyf afstroom.  Hy het toe op die oorkantste wal gaan hurk met sy reuse peester wat op die grond gehang het en vir  hulle wittand gelag.  Die vroue wat in die rivier gebaai het, het vinnig uitgeklim om tussen hul susters te gaan skuil.  Sy roede het dik geword toe hy die blink sagte lywe van die vroue uit die water sien kom.  Hy het met ‘n kabbeling van sy spiere opgestaan en ‘n geil paringsdans op die grys sand op die oorkantste oewer uitgevoer.  Hy het met sy dik hingspeester in die lug gesteek terwyl sy swaar balle tussen sy gespierde dye geswaai het.  Hulle kon in sy woeste dans die vlug en vang en die gillende, desperate wellus van die geforseerde wyf onder die afdwing van die manlike drang sien.

Skielik het hy soos ‘n besetene in volle vaart rivierlangs gehardloop tot hy in die skadus van die oorkantste oewerbos verdwyn het.  Die vrouens het uit hul stomme beswyming wakker geskrik en almal het opgewonde en tergelykertyd gebabbel oor waar hierdie vreemde mensdier vandaan sou kom, en wat hy by hulle sou kon wou hê.  Sommige het gepraat oor sy gespierde lyf terwyl ander oor sy welbedeeldheid agter hul hande gegiggel het, terwyl ‘n paar met verstywende tepels van walging geril het.

Hulle was nog aan’t wonder toe hy net so skielik as wat hy verdwyn het,  weer verskyn maar dié keer met ‘n dooie bok oor die skouer.  Die vrouens het dadelik van sy bloederige hand en die oopgeskeurde keel van die bok, geweet dat hierdie wese nie soos die mans van hulle volk met wapens jag nie.  Hy het die bok op die grond by sy voete laat val en weer in die bos verdwyn om met armsvol soetriet, vrugte en neute terug te keer.  Hy het dit rondom die bok op die grond gehoop en het met grinnikende bek, woordeloos – hulle pleitend uitgenooi om sy geskenk te aanvaar.

Die vrouens het skaam en stom omgedraai terwyl hulle kort-kort na die reuse gespierde Aapmens teruggekyk het terwyl hy tussen sy verworpe geskenke bly staan het.  So het hulle stadig en stilswyend na die stat teruggekeer, elkeen afgetrokke en onrustig oor die dierlike lus wat die mooie Dierman in elkeen se hart ontwaak het.

“Thuli het my niks hiervan gesê nie,” antwoord Koki stil.

“Mpho ook nie, ek het die storie by my seuntjie gehoor wat toevallig saam met die vrouens was,” antwoord Nkumba. “Ek het geweet iets moes by die rivier gebeur het toe al die vrouens woordeloos en stug gisteraand langs die vuur gesit het – nie ‘n lied of ‘n storie nie, sê ek jou.  Hulle gedrag was so vreemd dat ek geweet het iets was fout, maar Mpho wou nie ‘n woord rep oor die gebeure van die dag nie.”

Die kinders het hom volgende gesien.  Die bende seuns het na hul dagtake, luidrugtig en skoorsoekerig hul uit die voete gemaak af rivier toe, maar in hul spore vasgesteek toe hulle hom langs die oewer sien staan.  Vir ‘n ruk het hy na hulle gestaar en skielik na hulle gemik.  Hulle het al gillend met die voetpaadjie teruggevlug, maar het toe omgedraai net om te sien hoe hy bollemakiese slaan en gesigte trek en geluide soos ‘n mal dier maak.  Toe het hulle versigtig nadergekom om na sy manewales te kyk tot hy weer na hul gemik het en hulle weer half histeries weggehol, maar dan weer terugkeer – vasgevang tussen vrees en verwondering.

Deur die dae wat volg het hy ook sy merk op die mans se gemoedere gelaat.  Al langs die paaie wat na die jagveld toe lei het hy vir hulle geskenke gelaat:  ‘n vlakvark wat styf van die dood met tande wat in die oggendson glim, en die volgende dag was daar ‘n groot krokodil wat witpens op die oewer lê met sy pote potsierlik in die lug, daarna ‘n gemsbok met sy nek skeef geknak. Die mans het opgewonde en met verwondering opgemerk hoe nie een van hierdie geskenke ‘n steek of snymerk op gehad het nie en dat hulle almal met die hand gedood is.

Maar dit was die buffel wat hulle verwondering en respek in vrees laat verander het.  Hulle het die buffel met sy neus in die grond in die middel van ‘n grasruigte gekry.  Die platgetrapte gras en diep spore in die omgedolwe grond, het getuig van ‘n magtige stryd waarin daar uiteindelik net een oorwinnaar was.  Een van hulle het sy hand na die stofbedekte karkas uitgesteek.  Sy woorde: “dis nog warm,” het sy makkers verskrik laat rondkyk, spiese vooruit, terwyl hulle oë angstig deur die skaduwees vir die Dierman soek.

Koki het die onrusigheid in vlae deur die stat sien spoel.  Die kinders het hul dagtake traag uitgevoer, die vrouens was disrespekvol teenoor die mans of hulle bloot heeltemal geïgnoreer terwyl die mans in groepies saambondel het en sag onder mekaar gepraat het.  Daardie aand was die vuur hoog gepak en bier word in pottevol aangedra.  Die danse het al hoe wilder geword soos die bier vloei en die banggeestigheid was met ‘n roekelose bravade vervang en liedere wat die krag van die jagter, die vrugbaarheid van die vrou, die verganklikheid van die lewe was besing, het saam met die rook in die naglug opgestyg.

Net Koki, die seun van die koning, het eenkant gestaan.  ‘n Groot hartseer het sy hart vasgevang terwyl hy na sy besete mense kyk.  Herinneringe aan sy kindertyd het onverwags by hom opgekom – soos weerlose grashalms voor ‘n veldbrand wat al nader kom.  Die verhale van sy mense, die vaardighede wat hy van kindsbeen by sy oueres geleer het, die smeevuur, die uithamer van die lem, hoe om die spore te lees, sy ma by haar weefraam, die fyn kruisversierings van hul mense rondom die kleipotte se rand in die sagte klei maak voor dit gevuur word, die kleiosse wat hy en sy maats gemaak het.

Sy gedagtes was onderbreek deur die klank van ‘n ding wat in die nag daar naby huil – soos ‘n jakkals, maar nie ‘n jakkals nie.  Die hare het in sy nek gerys toe die kermklank oorgaan in die kekkellag van iets wat soos ‘n strandjut klink, maar nie ‘n strandjut is nie.  Laat die nag toe almal dronk en moeg na hul slaapplekke gekeer het, het Koki nog steeds langs die vuur gehurk en die rooi kole in wit as sien verander.   Die klank van ‘n snuffelgeluid buite die paalmuur het hom uit sy gedagtegang geruk, maar dit het stilgeword die oomblik toe Koki opstaan.

Die volgende dag toe die dou nog silwer op die grashalms hang het Koki in die koel oggendlug uitgegaan.  Hy het dadelik die spore in die sand opgemerk – om en om het die Dierman sy spoor gelaat en Koki het die nat merke en spoelsels in die sand gesien waar hy plek-plek die paalheining gemerk het.  Hy het ingedagte verby die velde gestap waar die vrouens werk, onbewus van hulle winke en pla-pla roepe.

Koki het al langs die rivier af geloop totdat hy die stemme van seuntjies hoor.  Hy het hulle dopgehou terwyl hulle speel, onbewus van sy nabyheid.  Hulle was besig om kleidiertjies te maak net soos wat hy met sy maters gedoen het toe hy net so groot was.  Hy het uit sy kleintyd elke behendige bol, knyp en stryk van die nat klei en die indruk van twee doring-horings vir elkeen van die ossies wat in rye staan, die tande van die olifantjie en horings van die renoster, herken.  Maar dan noop ‘n donker inspirasie een van hulle en met dun bewende vingertjies begin hy om ‘n lompe mensding te vorm met uitgeholde oogkaste en die gat van die mond wat hy met skewe doringtande versier en ‘n reuse peester tussen die bene soos ‘n derde been hang.  Dan hou die skepper sy idool met bewende hande omhoog en fluiser: “Raka, die sterk man …”  ‘n Donkerte kom oor die kleintjies wat voor die ikoon saambondel terwyl ‘n mis van waansin hul ogies verdof en hulle saam begin fluister: “Raka, die sterk man, uit die groot waters …” en dan al luider en  luider en skriller en skriller totdat een met ‘n onaardse gil sy kleidiertjies wat hy met soveel sorg gemaak het, onder sy voete vermorsel.  Die besetenheid het deur almal se lyfies geruk soos wat hulle al gillend hulle kleidiertjies plattrap tot daar geen teken van hulle oor is nie.  Toe Koki wegdraai het die seuntjies hom gesien en hulle het stilgeword en skaam en verleë op die vertrapte kleibank gestaan terwyl hulle hom agternastaar.

Koki het dikwels na die swart poel ver daarvandaan gegaan om oor die lewe te dink.  Hy sou vir lank gewigloos in die water dryf en toelaat dat die gedagtes deur hom vloei.  Soms sou hy tot in die donker bodemlose diepte afduik, maar dan weer na die oppervlakte uitskiet – met ‘n gevoel van lewensdrang wat deur sy are bruis.  Maar nie daardie dag nie – hy het afgetrokke die paadjie verby die oewerbosse en ruie riete gekies.  Hy het skaars die kokkewiet wat roep gehoor en skaars vir die patryse wat druisend opwarrel eers toe hy amper op hul trap, geskrik.  Hul geluidjies en beweginkies was klein en onskuldig en dit was nie waarvoor hy op soek is nie.  Hy het die voetpad bo-oor die rug gevat tot waar die grasvlaktes blond in die son lê en bak.

En toe Koki in die oopte kom het hy in sy spore gevries, die gesig voor hom het die dreuning van weghollende bokhoewe uitgedoof – hy het stip gestaar na die lang swart figuur wat skaars sestig treë voor hom uit die platgetrapte gras oprys, sy bek en bors druppend van vars bloed met ‘n string slym wat hom nog aan die oopgeskeurde karkas van ‘n zebra koppel.  Die twee het roerloos gestaan terwyl hul oë sluit.  Die Aapmens se wil het eerste gebreek en ‘n sluwe, skalkse uitdrukking het oor sy gelaat gekom en hy het skielik aapspronge rondom die karkas gemaak en toe in Koki se rigting gehuppel.  Koki was teer bewus van die feit dat hy nie sy spies of skild by hom gehad het nie.  Toe val die Aapmens op die grond en het soos ‘n nederige teefhondjie op sy rug oor die gras in Koki se rigting gewikkel om hom uit te nooi om die prooi te deel.  Met walging het Koki omgedraai en van die swart dierlikheid weggestap, maar weer omgevlieg toe hy ‘n woedende snork en vinnige voetstappe agter hom hoor.  Koki se blitsige beweging en ysere blik het die Aapmens in sy spore gestuit en die kolos het grynsend agteruit gesluip, steeds tierend en knorrend van woede, maar bang en verward deur die wil wat nie vir syne weggedeins het nie.

Daardie aand het die vure hoog gebrand en die bier het gevloei.  Die mense het oor alles buiten die Mensdier gepraat.  Tussen die laggende en fuifende mense het Koki met hartseer sy pa gesien – die ou induna vir wie hy soveel respek en liefde het, maar wat net ‘n skim van sy vorige self was.  Koki het met ‘n diep verlange na sy kindertyd teruggedink toe sy pa – die oorlogsheld – hom van die assegaai en die skild geleer het en die skerm en die doodsteek, hoe om te jag en hoe om te veg en hoe ‘n man nooit opgee of oorgee nie.  Hy het gesien hoe sy witkop pa saam met die ander onbeholpenes rondom die vuurkring lag en fuif en gesien hoe die bier in ‘n straal van sy slukkende mond oor sy vet pens loop.

Koki het die vuurkring binnegetreë en aangekondig: “Raka, die groot dier, moet dood!”  ‘n Stilte het oor die mense gedaal.  Oral om die vuur het hulle nou groot-oog na hom gestaar.  Vandat sy pa kens begin word het, moes hy wat Koki is, meer en meer van die regsbesluite in die stat geneem het.  Die mense het hom gerespekteer en geweet dat hy, met sy pa se afsterwe, die induna sal word.  Koki het geweet dat die mans hom blindelings na die slagveld sal volg.  Hy het gereeld gesien hoe ‘n vrou se wellustige blik oor sy gespierde lyf dwaal voor sy skaam wegkyk.  Hy het gesien hoe die seuns hom naboots en gehoor hoe hulle hom aanhaal.  Hy het ook al gehoor hoe ma’s hul opgeskote dogters vertel hoe gelukkig Thuli is om hom as man te hê.  Dit was sy mense en hy was hul leier.

Maar vanaand is dit anders – hy het alleen gevoel.  Dit was asof hy die enigste grootmens tussen kinders is, die enigste wat nog onthou waaroor alles gaan, die laaste mens wat hulle tradisies en gewoontes onthou.  Dit was asof ‘n groot duister sy keel toedruk om hom, die laaste mens wat nog kan dink en praat, die swye op te lê.

Koki se stem het diep en vol gevoel deur die oopte gedreun: “Die swart dier sal nie van julle wyk.  Hy sluip om ons kamp rond in die nag.  Hy volg die kinders waar hulle speel bedags.  Hy maak julle mak sodat julle nie meer vir hom bang is nie en op ‘n dag gaan iemand vergeet om die hek behoorlik te grendel en hy sal hier inkom en hy sal nooit weggaan nie en oor julle heers!”

Koki het gehoor hoe die ringkoppe wat rondom sy pa vergaar sag in sy oor prewel: “Raka is vreedsaam” en, “Raka is nie sleg”.

Koki vervat: “Hoe durf hy hier wees?  Hierdie Mensdier ken nie ons fyn, fyn net van die woord waarmee ons blink en vet visse uit baie waters haal nie – hy is stom.  Hy ken nie die vuurgeheim nie – hy vreet sy kos rou.  Hy ken nie die weefkuns nie – hy loop kaal rond.  Hy weet niks van die pyl of die spies nie – hy breek diere met sy hande en tande oop.  Hy ken nie ons wette en tradisies nie – hy is ‘n wettelose dier.  Raka moet dood, want anders gaan hy oor ons heers en ons baie pyn en lyding bring!”

Sy warm woorde het ‘n vuur in sy mense se gemoedere laat opbrand en hy het hulle ondersteuning in die vorm van ‘n luide kreet ontvang.  Die vuil kreet het die laaste stringetjie van die uitgerafelde tou van begrip tussen hom en sy mense laat breek.  Hy het besef dat hulle niks verstaan het van wat hy vir hulle gesê het nie – al wat hulle verstaan is sy krag en geweld en hy is hulle kampioen wat hulle gaan uitstuur om die monster te veg.  Nie een is aan sy kant nie, nie een gaan hom help nie, nie een gaan hom wreek nie.  Hy het besef dat hy alleen is en dat alles wat hy waardevol ag, alleen teen die duisternis moet verdedig.

Koki het begin dans.  Aan sy voetstampe wat die stof laat opwalm, aan die steekbewegings van sy arms en die swaai van sy lyf, en aan sy snork- en steungeluide, het die mense die dans herken – dit was die dans van die rooi bul.  Maar die rooi bul was slegs in Koki wat met onsiende oë om die vuur gemaal het soos die krag van die bul deur sy liggaam gebruis het en sy spiere in die vuurgloed laat bult en blink het.

Een vir een het die ander mense by hom aangesluit en al jillend en voetstampend sy gang om die vuur gevolg.  Die diep-ingeprente volksgeheue het in woord en lied uit hul kele gespring, maar Koki was in sy vervoering doof en blind daarvoor – die bulk van die bul het deur sy kop soos ‘n drom gedreun terwyl hy die oop blou grasruigte om hom gesien het en gevoel het hoe die bloed van die bul rooi oor hom spoel.

Die lag van Raka net buite die kraalmuur het almal in hul spore gestuit en hulle het stil van die vuur weggesluip – net Koki het alleen bly dans.  Die vrouens het gehoor hoe die mans onder mekaar fluister: “Raka is vreedsaam” en, “Raka is nie sleg”, en “Soos hy gekom het, gaan hy weer weg” en voor hul mans se vrees, met skrik en verwagting na die donker woud getuur, waar die gespierde dier na hulle ryp lywe lus.

Koki het nou die dans van die groot water gedans.  Die dans van een wat nie weer gaan terugkeer na sy geliefdes nie.  Die dans van die een wat geoffer moet word.  In die stilte wat oor die stat gedaal het, kon hulle Koki se ritmiese voeteval vir nog lank om en om die kampvuur hoor trap.

Die volgende dag het Koki nog voor sonsopkoms die stof van sy lyf gewas.  Hy het sy lang skild uit die hut gebring en dit met vet ingesmeer tot dit soepel en buigbaar was.  Daarna het hy by sy slypsteen gaan sit en sy spies geslyp tot dit so skerp was dat die geringste aanraking daarvan bloed getrek het.  Deurentyd het hy nie die krygslied nie, maar die sterflied van sy stam gesing.  Hy het sorgvuldig die swart en wit amaShoba met riempies om sy elmboë en knieë vasgebind en sy kopband met ‘n pluim opgesit.

Die mense het nie met hom gepraat nie en hom stilswyend tot by die hek van die stat gevolg.  Hulle het by die hek in ‘n stom bondel bly staan terwyl hulle hom agterna gekyk het.  Koki het doelgerig die spoor van die Mensdier begin soek tot hy sy wegspoor gevind het.  Dit het na die rivier gelei.  Dit was maklik vir Koki om Raka se spoor te volg.  Dit was gevul met sy ongeërgde wreedheid – hier en daar was die bondetjies van doodgedrukte en verskeurde diertjies tussen die diep voetspore.  Koki het net vir ‘n ruk by die groot stinkende moeras moes wag voor Raka grynslaggend uit die swart slik opgerys het.

Die vure het hoog gebrand daardie nag.  Daar was geen liedere, stories of danse daardie nag nie.  Die mense het teen mekaar gebondel in die lig van die groot vure en angsbevange na die diep roggelende krete van pyn en wraak wat rondom hulle stat opgeklink het geluister, en bewend na die siddering en kraak van die paalheining geluister soos die dier dit stormloop.  Hulle kon sy lyf deur die skrewe tussen die pale sien en sy snorke en snuiwe hoor.  Daar was bloed op sy bek en bors.

Eers teen die middag die volgende dag, toe die son hoog gesit het, het die mense genoeg moed bymekaar kon skraap om uit die stat te gaan om Koki te gaan soek.  Hulle het hom in die papkuil langs die moeras gekry.  Sy gebroke lyf was half in die modder in getrap en onder sy koue stywe liggaam het hulle sy gebroke spies gekry.  Hulle het sy ligaam op sy verskeurde skild terug na die stat gedra.

Die oudste van die vrouens het Koki se stukkende en bevuilde liggaam gereinig terwyl sy ‘n doodslied gesing het.  Sy het gesing van sy kindertyd toe hy deur sy pa geleer was om ‘n man te wees, om trots op sy tradisies te wees, hoe om te sorg, hoe om te veg, hoe om te verdedig.  Sy het gesing van die verlies van ‘n broer, ‘n seun, ‘n pa.  Sy het gesing van die kinders wat hy nooit sal hê nie en die vrouens wat hy nooit sal bemin nie.  En sy het gesing van die verlies wat die volk nou sal ervaar wanneer daar niemand gaan wees om hulle teen die donker bose te bewaar.  En sy het gesing dat hulle die edelste, dapperste en suiwerste onder hulle verloor het.

Daardie nag het die stat Koki se dodefees gevier.  Die manne het gesing van Koki se krag, sy moed en sy eer.  Sy moed, sy trots en hoe dapper hy was.  Die dromme het die krygsdanse uitgedreun terwyl die krygers ter ere van Koki gedans het.  Die dromme het wilder en harder geslaan en die bier het gevloei en een het dronk uitgeroep “Koki was sterk, maar Raka is sterker!  Die swakste moes buig!  Die sterkste moet heers!”

Skielik het Raka met ‘n reuse sprong tot tussen die dansende, fuiwende mense geland.  Die vrouens het gegil en die mans het weggedeins.  Raka het die naaste vrou aan die arm gegryp en haar op die grond neergedwing, sy reuse roede reeds gereed.  Haar dronk lyf het geen weerstand gebied nie.  Hy het die kermende vrou se gesig in die grond gedruk terwyl hy agter haar stelling ingeneem het.  Hy het na die verskrikte gesigte rondom hom gekyk met sy tande wat wit in die vuurlig geglim het en haar onderlyf teen sy beurende heupe gedruk.  Haar gil het skerp en lank deur die stilte gegalm toe hy homself in haar inforseer.  Hy het haar heupe in sy groot hande vasgepen en haar onderlyf hard gepomp.  Mense kon haar bloed op die sand van sy swaaiende knaters sien afdrup.  Haar krete het mettertyd in hygende kermgeluide verander.  Niemand het haar kom help nie, almal het net bly staar na die wil en die krag van die sterk dier.  Hy het skielik opgestaan en sy bloedbesmeerde orgaan met ‘n suiggeluid uit die vrou se oopgeskeurde geslag getrek.  Hy het haar bewustellose liggaam eenkant toe gestamp waar sy in die stof bly lê het.

Met ‘n brul van woede het hy deur die skare na die liggaam van Koki gebeur.  Hy het ‘n oomblik na die stil lyk van die kryger gekyk en ‘n klip opgetel en Koki se skedel met soveel krag verbrysel dat die harsings oor almal gespat het.  Toe het hy omgedraai en grynslaggend na die skare gekyk waar die mans half agter hulle vrouens geskuil het.  Raka het tussen hulle deurbeweeg en die vrouens bekyk en betas en sy nat vingers geruik.  Hy het in die lug rondgesnuif en sy volgende slagoffer gekies.  Sy het dadelik voor hom op die grond gaan kniel.  Hy het sy bloedbesmeerde orgaan oor haar gesig gevryf en toe die groot pers kop in haar mond gedruk. Sy moes haar mond so groot as wat sy kon ooprek sodat hy kon inpas, maar Raka het die agterkant van haar kop vasgehou en toe so diep as wat hy kon dit in haar keel afgedruk.  Hy het uitgekreun van genot toe hy haar brakende keel teen sy dik kop voel stoot, maar mettertyd het hy vies haar slap lyf van hom weggestamp.

Hy het weer na die saamgebondelde groep gestap en die lug besnuif, die vrouens se oë was angstig op hom gerig – futiel soekend na ‘n teken van medely of menslikheid.  Hy het sy volgende keuse op die grond neergegooi waar sy dadelik haar dye so wyd moontlik vir hom oopgesprei het.  Hy het moeiteloos tot diep in haar ingestoot, want sy was nat en reg vir hom.  Hy het haar heupe hard so gery dat haar groot pramme weerskante van haar lyf woes heen-en-weer geskud het en melk in strale deur die lug gespat het.  Hy het met ‘n brul hom diep in haar hygende lyf leeggepomp.  Raka het met sy steeds stywe orgaan opgestaan en hom weer na die groep gewend waarvandaan die stank van vrou nou bedompig opgewalm het.

So het die vroue daardie aand die lewens van hul ontmandes en hulpeloses gered – met hul sagte lywe as die aambeeld van sy stuwende donker drang.  Sy priem was met oerse instink deur hulle erken en nat en gewillig ontvang.  Daar was nie teëgestribbel nie, want almal het geweet dat dit so moes wees – die boom moet buig in die storm of uitgeruk en vermorsel word.  Daar was nie meer plek vir tradisies, die mooi, die sag of die fyn nie.  Daar was nie meer liedere of stories nie – net die donker stomme oersheid van Raka – die aapmens, hy wat nie kan dink, wat swart en donker is, van been en spier, ‘n lenige boog en enkeld dier wat heers in ‘n wêreld van pyn en vrees en waar slegs krag en lus bestaansreg het.

Die wortels van die aardkors is sterker en dieper as dié van die grashalms daarbo.

 

* Foto: Vrou met sater deur Julian Heyes

3+

7 thoughts on “Koki

  • May 26, 2020 at 6:24 am
    Permalink

    Uther, JouBok het ‘n woord gebruik wat jou bydraes in ‘n neutedop saamvat : Jy skryf nie stories nie…Jy “SKEP” skeppinge !
    Mag jy nooit verveeld raak met ons ‘plebs’ se stories nie en aanbly by KBH en ons vermaak en soms verstom laat met jou kreatiwiteit.

  • May 25, 2020 at 6:22 pm
    Permalink

    Uther, Ek het besef ek erken die storie van my skooljare toe ek Raka se naam lees. Ek onthou ook jou ander “verwerkings” van fabelse en kinderstories. In my opinie – hel jy het ‘n besonderse manier om daardie stories anders, ‘blerrie’ mooi en lus te laat klink. Heerlik gelees en die prentjies gesien gebeur!

    Dankie vir jou skeppings wat jy met ons deel.

  • May 22, 2020 at 12:55 pm
    Permalink

    Ongelooflike skryfwerk!
    Dankie Uther jou insae en terugvoer is weergaloos!

    • May 26, 2020 at 10:07 pm
      Permalink

      Dankie almal.

      Ek antwoord selde maar wil graag nou die geleentheid gebruik om iets te noem oor die manier hoe ek dink wat die manier hoe ek skryf beïnvloed. Niks is belangriker as seks nie, nie omdat ek so dink nie, maar omdat lewe daarsonder uit ongeslagtelike tweedeling sou bestaan het. Elke geslagtelike organisme eet en haal asem slegs om voort te plant. Geen organisme (insluitende meeste mense) dink natuurlik aan voortplanting wanneer hulle seks het nie, maar ons weet dit is eintlik waaroor dit gaan. Elke organisme is slegs op hul seksdrang gefokus en die behoefte om dit uit te leef maar dit is hoe spesies voortbestaan.

      Selfs tweegevegte, politiek, ekonomie en oorloë gaan oor mag en die reg om jou wil op ander af te druk en nie bedreig te voel nie – en dan om soveel vryheid te hê as wat jy kan – wat direk vertaal kan word na om soveel seks te kan kry as wat jy kan. Meeste religieë is veral erg gesteld op die onderdrukking van hierdie seksuele energie terwyl ‘n minderheid dit tot ‘n spirituele vlak ophef, maar niemand staan neutraal daarteenoor nie. Die seksuele is onderliggend aan alles wat ons doen en as jy daarop ingestel is, kan jy die seksuele energie sien uitstroom en anastomeer voor jou. Alles wat nie seks het nie, is of besig om in afwagting daarvoor voor te berei, of is op die uitkyk vir die volgende paringsmaat.

      Elke ding wat geskryf word, of geskilder word, of gekomponeer word wat nie blatant seksueel is nie, is ‘n dun muur van geveinste sosiale puritanisme wat die seksuele energie daaragter verskuil en waar dit tot barstens toe opgaar. Ek breek slegs daardie mure af om die energie daaragter te laat uitstroom om met joune te koppel. Maar daardie energie was reeds van die begin van tyd af daar.

      • May 27, 2020 at 9:26 am
        Permalink

        Dankie Uther.

        Dit verklaar waarom ek jou skryf so ervaar soos wat ek doen. Jou uitkyk gee ‘n ander dimensie aan jou storie-woorde wat resoneer in my gedagtes.

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)