Fotoverhaalfoto (2)
Kombiekiehier pos elke Maandag ‘n foto waaroor julle ‘n storie kan skryf. Dis nie ‘n kompetisie nie. Ek sal al die stories oor daardie foto op die daaropvolgende Vrydag pos. Dit sal interessant wees om te sien hoe verskillende mense iets verskillend interpreteer. Die stories kan enige lengte wees, maar moet ten minste 500 woorde wees. Vyfhonderd woord is nie so lank nie, maar darem lank genoeg om ‘n atmosfeer te kan skep. O ja, dit moet asb teen Donderdagmiddernag by my wees as jy dit die Vrydag wil gepubliseer hê. Die foto “sluit” egter nooit nie – jy is welkom om enige tyd ‘n storie oor enige van die foto’s in te stuur – sê net vir ons in die epos oor watter ene dit is. Stuur dit na kombiekiehier@gmail.com
Hier is vandag se foto. Lekker skryf! 🙂
1 COMMENT
Die voyeur-element laat my dink aan die apokriewe storie wat vertel word van die paar damestudente wat ‘n woonstel gedeel het. Hulle het die gevoel gekry dat iemand hulle afloer as hulle in die badkamer is. Hoewel die opsigter ‘n bietjie stadig van begrip is, besluit hulle om tog maar met hom te gaan praat. Student: “Jy moet ‘n bietjie kyk; ons vermoed hier is ‘n perd wat ons afloer as ons in die badkamer is.” Opsigter: “Allamagtag! ‘n Perd, nogal!”