
Finalis-storie: Tarzan en Jane
deur Marie Claire
Dis die mees eksotiese beach-backpackers waarby ek nog ooit was. Met die intrapslag sien ek net palms en bos. Geheimsinnige paadjies wink in lang slange deur die ruigtes. Vrolike musiek speel iewers dieper in en stemme lag uitgelate in die wildernis. Dit is ‘n surfer paradys, stap-afstand van die strand af met ‘n inhuis-kroeg waar slanke bikini-godinne aan cocktails suig.Die girl van die kantoor is besig om ander gaste rond te wys en roep die local surf instrukteur om my in te boek. Dis liefde – of is dit lus – met eerste oogopslag tussen my oë en daardie atletiese lyf! Ek moet myself knyp om op te hou staar. Terwyl ek agter hom aanloop na my boomhuis-dorm verorber ek sy lyf in my gedagtes. Sy lang hare in slierte oor die mooiste sonbruin rug wat ek nog ooit gesien het. Moontlikhede vir die volgende paar dae spoel deur my kop soos rustelose rivier klippies … as ek net my hande op daai rug kan kry kan ek in vrede sterf.
My boomhuis slaapplek het ‘n misterie van sy eie. Van daar bo kan ek my kop laat gaan en fantaseer na hartelus. Ek is die oerwoud koningin – Tarzan se Jane wat wag vir die aantreklike sterk aapman om moeg huis toe te keer – gereed vir sy beloning na die dag se jag. My lyf sien lankal uit na sy honger luste, ek’s drup-nat en gereed om elke drang te bevredig. En dan sy moeë skouers en rug streel tot hy op my skoot aan die slaap raak met sy goue lokke oor my kaal bene.
Vreemd genoeg is ek vir eers die enigste bewoner van my kommunale bosboomhuis. Toe ek laat die volgende oggend afloop na die kroeg vir ‘n tan-dag langs die eksotiese rots-swembad, is dit juis my gespierde bosman met die lang hare en goue rug wat die kroeg beman. Alleen.
“What can I do you for, Sweety Pie?”
My tong word dom en ek stamel hees: “Can I have a Smirnoff Spin, please.”
Fok! Dit was nou die kans vir iets bevange soos: “Mmm, what you can do me for can naturally be negotiated. I have many ideas but let’s start with a Spin …” Oh well, daar gaan daai kans.
Terwyl ek soos ‘n sot langs die swembad lê en myself bejammer oor my gemisde geleentheid, kom en gaan die ander inwoners. Ek lees my boek en hou vir songod dop uit die hoek van my oog soos hy hulle bedien. Hy verdwyn om te gaan surf en in my gedagtes wag ek op die strand terwyl hy met sy branderplank uit die water na my aangestap kom, druppende hare dansend in die wind en oë laggend vir sy strand-minnares.
Toe ek my oë oopmaak na die heerlike dagdroom lê hy daar reg langs my, asof my gedromery hom gemanifesteer het! Hy bak op sy maag met daai uitlokkende rug gloeiend in die middagson. Nou is my kans! Dis nou of nooit. Niemand is hier nie. Ek sal net gesels – bietjie voorbrand maak vir donkerder planne wat broei …
“If you ever need a massage, just let me know … I’ll be glad to assist,” kry ek half tot my verbasing uit toe ek langs hom gaan sit.
“Ohhh I would love a massage!”
Het ek reg gehoor? Of is hierdie nog my dagdroom wat luier?
“I have some oil in my treetop house?” antwoord ek.
“Right-o! See you there!”
Terwyl ek wag vir my Tarzan om huis toe te kom, vryf ek my oë om seker te maak ek is wakker en nie in een of ander eksotiese droom nie. My hart klop in my keel in antisipasie van wat moontlik mag kom. Sy voetstappe by die trappe ruk my tot my verstand. Ek laat hom op die bed lê. Die eerste vat aan daai rug sal ek nooit vergeet nie. Dit is soos warm, sagte sy onder my hande. Oombliklik is my hande verslaaf. Geen rug sal ooit weer dieselfde wees na hierdie hemelse ervaring nie. Ek gaan sit op sy perfekte sitvlak en verlekker my aan die ongelooflike ervaring – hierdie oomblik kan maar vir ewig aanhou.
Skielik is daar voetstappe en stemme by die trappe. Een van sy vroulike kollegas is besig om ‘n geïnteresseerde gas rond te wys. O fok! Wat as hulle ons hier vang? Ek kyk vinnig op, die deur is nie gesluit nie.
“Just continue massaging,” sê hy en ek weet dis al uitweg wat nie geweldig suspisieus gaan lyk nie.
“And here we have the treehouse dorm at R200 per night …”.
“You are R200 per night!” roep flink-dink Tarzan om haar te waarsku.
Ek hoor hoe dit stil word buite en toe kom die wonderlike verlossing: “No sorry, definitely locked from the inside.”
Terwyl die voetstappe verdwyn lag ek stilletjies oor die oulike kollega wat sekerlik al sy stoute streke ken.
Dié keer met die deur gesluit sit ek die massering voort. Maar nou het surfer-songod ander planne gekry. Hy draai op sy rug en die laaste ding wat ek sien is sy manjifieke borskas voor sy lippe oor myne sluit en ek wegraak in sy sagte dog passievolle omhelsing. Ek onthou vaagweg dat ek uitgewerk het hy is vyftien jaar jonger as ek – die sagte lippe en dons-snor bevestig ook dis nog ‘n wulpse welpie dié. Ek voel sy hardheid teen my bene en buig af om hom in my mond te neem. Hy smaak na see en bos en sonbrandolie, ek kan nie genoeg van hom kry nie. Hy kreun diep en spuit sy nektar in my mond, wat ek gulsig oplek. Jeugdelike stamina gee ons ‘n tweede, stadiger en lekker uitgerekte sessie. Ek ry hom soos ‘n golf en voel hom diep binne in my. My vroulikheid skuur teen hom en die genot dryf my tot raserny. Uiteindelik sak ek in orgasmiese spasmas op hom neer. Maar hy is nog lank nie klaar met my nie! Na nog drie hemelse orgasmes en bietjie pleit vir pouse verdwyn hy uiteindelik om ‘n surf-les vir ‘n paar skool laaities te gaan gee.
Ek lê lank na die tyd nog uitgemergel met sy smaak op my tong en die herinnering van sy sagte vleis onder my vingers. Sjoe, nog vyf dae van Jane speel in my eie fantasie-oerwoud wat voorlê – met my surfer Tarzan wat hopelik weer en weer sy pad na ons boomhuis liefdesnes in my wildernis sal vind.
4 COMMENTS
Marie Claire ek sien jou vraag aan Will en ek wil inchip in die gesprek.
Ek sal my voortande wed dat ten minste 99% van die verhaal is waar want ek is oortuig sy naam is nie “Tarzan” nie. 😉 Sê my ek is reg asb want ek sal dit haat om haasbek te loop.
Ek het jou storie baie geniet en vra ook dat jy nie sal stop by die storie nie.
Marie Claire ! Wat ‘n lusmakende storie ! Is jy dalk ‘n gesoute skrywer by die Tydskrif wat ook jou naam het ?
Eerstens was dit jou gawe en talent wat my aandag getrek het en jou opwekking met woord-en-gedagte van sensuele luste binne my ! Sjoe, dankie !
Tweedens is die aangenaamste verrassing dat jy ‘n vroue-skrywer is.! Annelise se webblad het lank terug gedugte dame skrywers gehad maar die afgelope jaar of twee/drie is dit net mans wat stories skryf vir Kombiekiehier.
Jy is baie welkom om nog vele stories vir ons op te dis.
Welgedaan !
Dankie vir jou komplimente Willewill, ek is bly dat jy die storie geniet het. Jy sal sommer maak dat ek aanhou skryf… My vraag aan jou sal wees… watter % van die verhaal dink jy is die waarheid, en wat is slegs verbeelding?
Die kompliment is opreg bedoel, hoor! Indien jy deur KBH se stories dwaal sal jy opmerk hoeveel stories ek al geskryf het. Dus weet ek darem al ietsie van goeie skryfwerk (he-he)
Ek doen dus ‘n beroep op jou om “aan te hou skryf” !
Jou vraag aan my is ‘n valsstrik ☺
Ek het nog altyd geglo dat enige verbeeldingstog, grappie(s). vertelling, al is dit hoe vergesog (soms), ‘n waarheids handvatsel iewers MOET hê .
Toe ek jare gelede begin skryf het vir KBH , was al my stories gegrond op die waarheid! my uitgangspunt was dat dit my in die ware lewe uiterste genot verskaf het so waarom dit nie deel nie en dalk iemand anders ook genot verskaf?
Ek moet dus raai dat dit 80% die waarheid is (die drie orgasmes na mekaar vir ‘n man is bietjie van ‘n vraagteken? he-he) Of dis gebasseer op ‘n seksuele droom en hunkering en dus 100% verbeelding?
Ek sal graag wil hoor van jou wat was waar en wat was verbeelding.
Hou asb. kontak!
Tjoekoes en groetnis!