Ek is nie ‘n los vrou nie

0
Hoe lank gaan ek lees: 13 minute

deur Wille Will

(Taalversorging deur Lusman)

‘n Goeie vriend van my (ons noem hom Theuns) het my vertel van ware gebeure oor homself uit die apartheidsjare, toe hy noodgedwonge weens die landswette moes emigreer Engeland toe. Ek het dit omskep in Theuns se verhaal wat hierop volg, maar vir privaatheid het ek die karakter- en plekname verander. Hy en sy vrou woon nog steeds in Engeland, saam met twee pragtige kinders.

***

Ek was op reis deur Natal toe ek by ‘n motorhawe langs die hoofweg aftrek om met brandstof te hervul en vir versnaperinge. Buiten die snoepwinkel van die garage was daar ‘n Indiër-winkeltjie aangrensend. Uit verveeldheid en nuuskierigheid het ek daar ingestap.

Ek is begroet met ‘n kaneelgeur-wierook in die lug en al die silwer en goue bling, wat die Indiërs so lief voor is – orals op die rakke en teen die mure. Na ‘n kopskud-verwondering oor hul kultuur, neem ek ‘n Coke en ‘n Bar-One na die toonbank om te betaal. ‘n Ligbruin Indiërvrou verskyn van agter ‘n kralegordyn-ingang om van diens te wees. Op die oog af is sy fynbeskaafd en vertoon lenig en aristokaties in haar veelvlak-sari. Met die kenmerkende rooi kolletjie op die voorkop is sy klaarblyklik Hindoe. Die opvallendste kenmerk aan haar is egter haar groot, groen oë waarmee sy, deurpriemend, hierdie blanke man vinnig op en af bekyk. (Ek het later gelees dat groen oë by Indiërs terugslaan na die Konkani-stam van Goa.)

Ek glimlag vir haar onder die betragting en sy glimlag amper sinies terug terwyl sy die items by my neem om op te lui op die kasregister. Ek begin ginnegaap en vra of sy van Indië af kom of plaaslik gebore is. Sy begin geanimeerd saam gesels en vra hoe lank ek is (?) en of ek welaf is. Dit het my daaraan herinner dat welgesteldheid ‘n statussimbool onder die Indiërs is. Ek merk teenoor haar op dat sy baie aanvallig is en baie elegant voorkom. Ek kan sien dat hierdie geskerts haar aanstaan!

Meteens blaas hierdie euforie sy fut uit as ‘n Indiërman met flitsende oë  deur die krale tevoorskyn kom. Hy spreek haar bars aan en kak haar klaarblyklik uit in hul tongval. Haar kop hang wanneer sy na die krale toe beweeg, maar sy steek vas en kyk weer vir my met daardie besondere oë voordat sy verdwyn.

Hy neem my geld by my en sê nors: “Dis baie onbeskof om so familiêr met my vrou te praat. Die gode behoed jou!” Ek sê niks en stap uit na my motor toe.

Vyf dae daarna, op my terugreis, besluit ek om weer by die winkel aan te gaan nadat ek die vorige nag ‘n erotiese droom gehad het van ‘n vrou wat my tot klimaks afsuig. Sy het voor my op haar knieë gestaan en toe ek dik strale saad uitspuit toe kyk sy op. Haar oë is groen en ‘n rooi kolletjie is tussen haar wenkbroue, net daar waar die eerste blerts kom op haar gesig spat!

Die geluksgodin is blykbaar my reisgenoot want die mooi Hindoe-vrou staan alleen agter die toonbank. Ek waag egter nie kanse nie – knik net met my hoof vir haar en vir my aankope sit ek banknote op die toonbank neer, met my visitekaartjie onder dit. Haar man kom daardie oomblik deur die kralegordyn en kyk venynig heen en weer na ons twee. Ek kyk egter in sy oë en met ‘n luide stem, om sy aandag te behou, sê ek: “Ek is jammer oor die vorige keer, dit was regtig nie as onbeskof bedoel nie.” Hy kyk my skerp aan en uit die hoek van my oog sien ek hoe my visitekaartjie soos blits tussen die voue van haar sari verdwyn.

“Thank you for your custom,” sê hy snydend en met ‘n knik van my hoof na albei verlaat ek die winkel.

Met my aankoms by my kantoor wag daar ‘n e-pos van Harrismith af vir my op my rekenaar:

“Hi Theuns. Ek is die Hindoe-vrou van die garage. Ek sal jou graag weer wil sien, want ek kry jou nie uit my gedagtes nie.” En dan volg dit met:

जल्द ही आपको देखने की उम्मीद है

Onderaan is haar naam: “Amulya.”

Ek tik oombliklik ‘n antwoord terug met antisipasie wat in my broek druk: “Hallo, pragtige Amulya. Ek kan nie jou begeerlike, elegante vroulikheid voor my geestesoog wegkry nie. Ek nooi jou na my tuiste waar ek jou graag sou wou onthaal. Hoe stel jy voor moet ons te werk gaan? In afwagting, Theuns.”

Na enkele minute kom die antwoord deur: “Liewe Theuns, my man vertrek op ‘n sakebesoek Indië toe hierdie eerskomende Woensdag. Ek kan jou Donderdag besoek. Sal dit jou geval? Amulya.” My telefoon se lui onderbreek ons korrespondensie, maar my hart bons vinniger as ek hoor dit is sy! Sy sê sy ken die stad en kan my 4 nm. by Die Moot ontmoet. Sy sal ‘n ligblou sari aanhê.

Ek het haar by Die Moot opgelaai maar sy is maar stillerig op pad huis toe. Dis asof sy dalk skaam is oor haar voorbarigheid of met iets innerlik worstel.

Skielik sê sy: “Ek is nie ‘n los vrou nie, Theuns … maar ek word nie met respek behandel by my huis nie. My man mishandel my.” Haar groot oë slaan af na haar skoot toe.

“Ek het dit opgemerk daardie eerste dag in die winkel.” Ek verwissel die Beemer se ratte en druk haar hand saggies maar ferm. “Ek dink ek verstaan.”

Ek kyk op na haar gesig en sien trane oor haar ligbruin wange afloop.

“Ek verkies teerheid (sluk) … sal jy maar eers sagkens met my wees?”

“Te alle tye,” belowe ek haar.

Sy vee die traanspore met ‘n pienk satyndoekie af net toe ek by my huis se hekke stilhou.

Ek aktiveer my afstandsbeheer en die hekke en die garagedeure skuif stadig oop. Binne die motorhuis druk ek die afstandsbeheer weer vir toemaak en skakel die BMW af. Amulya skuif, skielik, skugter oor tot teen my en gee my ‘n dralende soen op die wang terwyl haar hand op my voorarm dit ‘n drukkie gee. “Dankie,” sê sy saggies.

Ons stap saam in my huis in, ek met haar naweektassie in my regterhand. Sy loer goedkeurend by my kombuis in en vra of sy na die swembad kan gaan kyk.

Ek staan op die stoep en kyk vir haar waar sy langs die swembad hurk en met een hand golfies maak in die water. Sy is onbetwisbaar ‘n baie aantreklike dame met die lang raafswart hare en die ingetoë gesig.

Maar Amulya kan nie haar emosies verberg op die onskuldige gesig nie. Plooitjies van seer en kommer lê vlak op haar voorkop en daar is kurwes van afgeremdheid by haar mondhoeke. Daar word gesê jou oë weerspieël jou binneste; haar oë weerkaats ‘n amperse wanhopigheid. Op daardie oomblik besef ek dat nie eers die skoonheid van die heelal sal kan kompeteer met ‘n basiese element in haar persoonlikheid nie: haar passie.

Passie wat haar oë sal verander in ‘n vuur van binne wat nie gaan toelaat dat haar man haar blus nie. Passie is haar selfbehoud. Hierdie passie maak haar nog meer aanvallig.

Hy het haar passie probeer blok. Sy gaan dit weer laat vloei.

Ek skud my hoof met hierdie oortuiging wanneer sy weer by my aansluit.

Ons stap die hoofslaapkamer binne sodat ek dit vir haar kan wys. Sy neem haar tassie by my toe sy die en suite-badkamer sien. “Mag ek gou gaan bad?” Haar oë deurboor my vraend, onseker. “Moenie weggaan nie, wag hier vir my.” Sy stap die en suite-badkamer binne.

Ek twyfel ‘n oomblik, maar dan klim ek uiteindelik nakend in my dubbelbed. Ek sit met my hoof teen my handpalms, agter my hoof saamgevat, teen die kopleuning. Net ‘n sylaken bedek my onderlyf.

Sy kom uit die badkamer uit met ‘n spierwit handdoekstof-japon om haar lyf. Haar hare is opgedraai bo-op haar hoof – in ‘n klein wit handdoekie. Haar ligbruin vel kontrasteer pragtig met die wit kabaai. Haar grimeringstassie is in haar een hand.

Die groen oë staar ‘n oomblik ondernemend na my kaal lyf, gedeeltelik onder die laken. Dan sê sy met ‘n glimlag: “Ek sal nou by jou aansluit, ek moet net eers iets doen.” Sy gaan staan voor my spieëltafel aan die onderkant van die bed met haar rug na my gedraai. Die japon gly van haar liggaam af tot ‘n hopie by haar enkels. Haar hele liggaam skitter met een of ander room wat sy seker aangewend het. Ek ruik ‘n appelliefie-aroma en vermoed dis Amla-olie (vervaardig uit Indiese appelliefies). Haar skouers vertoon nou kleiner sonder klerebedekking. Die lyf vloei af na ‘n dun middeltjie, maar dy laer af weer uit na effens groot boude. Daar is twee kuiltjies bokant haar anusspleet maar dis versier met groen en goue geverfde sirkeltjies daarom. Sy maak met albei hande die hare op haar kop los uit die handdoekie. Die raafswart hare tuimel neer en golf oor haar skouers met ‘n amperse donkerblou skittering daarin.

Ek sien sy rits die grimeersakkie oop en wanneer sy iets daaruit haal buk sy vorentoe dat haar gesig amper teen die spieël is. Hierdie aksie veroorsaak dat die skaduwee van haar hangpoesie duidelik tussen haar boude van agter af silhoeëtteer. Ek kyk af en sien hoe my voël soos ‘n toring begin uitbult onder die laken. Ek druk dit plat wanneer sy begin praat, haar gesig nog steeds naby die spieël.

“Ek verwyder die rooi bindi op die chakra, die punt tussen my wenkbroue …” Sy draai om om te sien of ek luister en draai weer terug. “Die rooi kolletjie – die bindi – wat opgeverf word wys dat ek toevertrou is aan een man en net deur hom bemin mag word. Ek vervang dit met ‘n geel bindi wat vryheid van keuse, welvaart, voorspoed en suksesvolle liefde verteenwoordig.”

“Ek is werklik bly vir jou, Amulya,” glimlag ek terug, “jy verdien dit.” Ek hoor ‘n potlood val en dan draai sy om!

Ek trek hoorbaar my asem in en staar na die skone, gloeiende vroueliggaam voor my. Ek het nog net met blanke meisies verkeer en verstom my aan die klipharde swárt tepels en areolas op die ferm borste. Haar vulvahare is geskeer, buiten ‘n nessie aan die bopunt van die uitbultende gleuf. Daaruit spruit getatoeëerde swart stingels met groen-en-goud blaartjies. Dié oop op na haar naeltjie, waar ‘n smaragsteen, van dieselfde skakering as haar oë, vasgemaak is as ‘n blom.

Sy gly onder die laken in. Ek raak aan haar gesig en streel saggies met met my hand af oor haar slanke nek tot net onder haar een, stywe bors.

“Ek kan nie glo jy is alreeds kaal nie,” terg sy en gooi die laken af. Ons begin soen en ek voel hoe haar hand aan my voël raak.

Ons tonge drink mekaar se soetheid op en wriemel met mekaar. Sy skuif haar hand oor my meneer en trek aan hom. Sy begin hom liggies druk en los. Ek voel hoe sy my balsak vashou en begin masseer met die een hand, terwyl die ander hand teer oor my wang streel.

“Ek wil die beeld van jou liggaam indrink,” sê sy en vryf haar hande oor my bors en kyk na my onbesnede penis. Dit is nou ten volle erek en span op teen my maag. “Jy’s regtig groot met daai enorme akker.” Sy skuif die voorhuid af dat die pers kop eintlik blink. “Hy’s pragtig,” giggel sy en plaas albei haar hande se vingers om die stam.

“Dis nou my beurt om te kyk,” laat ek blyk.

Sy sak terug op haar rug en dit lyk amper asof sy bloos. Ek byt twee vinnige happies aan elke lieflike swart tepel maar laat sak dan my lippe na haar dye.

Haar heupe begin beweeg en haar dye begin oopmaak.

Terwyl sy steeds op haar rug lê, verplaas ek my kop na haar linkerknie. Ek lek stadig van die knie af op tot ek aan haar poes raak. Dan lek ek met die ander been langs af tot by die regterknie. Ek gaan dan al lekkend van hierdie knie weer terug, op tot by haar genotsgrot. Haar dye tril effens elke keer as my tong haar genotsgrotlippe aanraak. Haar hande, wat oor my rug gestreel het, kom af na haar doos. Ek ruik haar seks. Dis kennelik daar, in en om my gesig, in my neusvleuels. Ek proe met my tong haar smaak in my mond.

Beide haar hande se lang bruin voorvingers is nou weerskante van haar opening op haar donker skaamlippe. Sy trek haar vulva oop vir my dat haar baie ligte, nat, pienk binnelippe, my soos sponsjellie in my kleintyd lok om dit te verorber. My mond sak in die heerlikheid in en ek suig en lek die vulva aan sy binnekant. Haar een hand is nou op my rug. Ek voel die strepies wat haar vingernaels heen en weer oor my rug maak tot in my lende.

Ek lig my mond uit die pienk spookasem. Terwyl ek haar bene, wat intussen begin lig het, aan die waaie terugstoot, laat sak ek my mond tot by haar anus. Ek trek met my tong ‘n paadjie van haar holletjie af op, oor haar gleuf, tot bo, waar ek nou die vir eerste keer haar uitstaande klit sien. My lippe vou nou gulsig om haar genotsknoppie. Ek voel ‘n rukking in my voël. Wanneer ek met klein suigies die geswelde klitoris begin geniet, slaan haar vingernaels nou in my vel in, aan die bokant van my rug.  “Vaasana..- ke devata ..-mujhe ..-le jaate h-a-i-n!” hoor ek haar stotterend uitroep. (Ek het later verneem hierdie uiting beteken: “Gode van Lus, neem my!”) Ek loer op na haar gesig sonder om op te hou suig. Haar hande knie en los, knie en los aanhoudend haar pragtige borste. Die gesig is sywaarts gedraai en is vertrek in intensiteit – met toegeknypte oë. Haar tandjies klap in haar oop mond herhalend op mekaar, in ritme met my suigaksie. Ek begin haar kittelaar fyntjies knibbel. Onderkant my mond stoot ek twee van my vingers in haar in en ver in haar op. “O ke sheeva! O ke sheeva!” gil sy saggies. Haar vingers is skielik tussen die hare op my hoof en trek my gesig in haar poes in asof sy dit daarmee wil insluk. Haar hele lyf stamp nou hard teen my mond met snelle gang en ek hoor haar ‘n lang gil gee. Ek besef sy klimaks. Ek laat haar uitwoed in ekstase tot ek voel sy begin bedaar en kom dan stadig op my knieë. Haar hele gesig is natgesweet en die nuwe geel bindi tussen haar wenkbroue, wat seker nog nat was na die aanwending, het in dun geel straaltjies afgeloop weerskante van haar neusbrug. Haar twee groenjuweel-oë staar na my gesig, maar dis asof sy my nie sien nie en so pas uit ‘n erotiese droom ontwaak het.  Ek tel ‘n kussing langs haar syagtige, swart hare op en vou dit dubbeld. Ek lig haar bene op en skuif die kussing onder haar boude in. “Is jy nog orraait, prinses?” glimlag ek vir haar.

“मेरे प्रिये … mere priye.” (Dit beteken my beminde.) Haar oë knipper asof sy weer fokus.

Sy neem my kloppende voël in haar een hand en bring dit op na haar opening. “Ek begeer jou lingam in my yoni.

Sy merk seker die vraagtekens in my oë op en sê met ‘n innemende laggie: “Lingam is ‘penis’ en yoni is ‘vagina’ in my taal.”

Sy druk my meneer in met ‘n vinnige asemtrek en plaas haar bene oor my skouers. Ek stoot tot heel agter in haar in. Ons begin ons wellusdans. Haar kuite por my aan teen my skouers en ek steek nog harder en vinniger.

Sy gee’n passievolle snikskree asof dit nog meer liggaamsgenot in haar opwek as toe ek haar geëet het. “E-ek het weer geklimaks, m-maar hou net aan … tot my siel oopgaan,” kerm sy.

Ek begin my voël met sirkelbewegings in haar stamp dat dit al die wande van haar genotkanaal stimuleer.

“T-theuns, dit is ontsettend lekker!” Haar hande wat op my voorarms gerus het terwyl ek haar om haar middel vashou, boor weer in my vel in. “Ek gaan weer kom!”

Haar liggaam ruk so hard dat ek my greep op haar verloor. Ek vryf vinnig met my duime oor haar harde klit en met ‘n gil skiet sy haar liggaam byna bomenslik op. Sy gryp met albei hande om my nek terwyl my ballas staccato teen haar yoni klap.

Hierdie klimaks van haar is effe van korter duur as die voriges. Ek voel my orgasme, wat stelselmatig opgebou het, begin nou ook verby omkeerkans opstoot.

Uitasem rus sy nou met haar arms om my nek en haar bene om my middellyf en speel met my hare in my nek. Dan laat sak sy haar arms en druk met haar hande ferm op my boude dat ek teen haar bly.

Ek lig my hoof op. In reaksie lig haar hoof ook van die bed af op. Sy probeer haar bolyf lig. Ek steek my regterarm agter haar rug in, trek haar regop en druk haar teen my vas. My voël is nog steeds in haar.

Sy rus met haar voorkop teen myne. “Gaan jy nie klimaks nie?” vra sy saggies.

“Ek is baie naby,” antwoord ek hees. My penis klop-klop nog binne in haar.

“Het jy al van Tantra-seks gehoor?”

“Al gehoor en ligtelik gelees daarvan, maar nog nooit probeer nie. Hoekom vra jy?”

“Dis ‘n oeroue Hindoe-gebruik wat 5000 jaar terug dateer. Dis die wewing of bind en uitbreiding van energie. In seks is dit ‘n langsame genotsproses wat intimiteit verhoog en ‘n siels/liggaam-konneksie teweegbring wat kan uitloop op kragtige orgasmes.”

“Ek wil fase 4 van Tantra-seks met jou deel. Laat sak my tot op my rug, maar probeer jou lingam binne my hou.” Ek maak so, maar hou ons onderlywe teen mekaar terwyl ek haar stadig laat teruglê.

Heel vindingryk beduie sy hoe ek my bene in verskeie stappe en opeenvolgend met stappe wat sy met hare uitvoer, moet skuif totdat ons in die vereiste Tantra-posisie is – alles terwyl my voël intiem met haar poesie gekoppel bly. Ek lê uiteindelik op my rug, my agterhoof plat op die bed. Sy leun terug op haar elmboë en haar bene is opgetrek, die knieë by mekaar. Haar boude is in die mik wat my bobene maak geposisioneer en die buitewange druk liggies teen my binnedye. Haar vagina omvou die skag van my penis, met die onderboude wat knus teen my lieste druk. Haar byna vertikale onderbene, met haar voetsole plat op die bed, is teen my sye. Ek druk hulle liggies met my boarms teen my sye vas. Op haar advies rus my hande rus liggies op haar onderdye, naby die waai van haar bene.

Die stilte is tasbaar wanneer ek haar hoor sê: “Ledig jou gedagtes en voel hoe ons energie saamvloei.”

Tevrede dat ons nou in die volmaakte Tantra-liggaamsposisie vir Amulya se gekose fase van Tantra is, kom sy stadig in beweging. Sy laat haar poesiekanaal nou stadig heen en weer begin gly oor die volle lengte van my voëlskag, wat nou ietwat ingekrimp van al die spanningsvolle posisioneringsaksies, in haar lê. Omdat ons lywe daar vas teen mekaar is, glip dit gelukkig nie uit nie.

“Lê terug op jou rug maar moenie jou lingam uittrek nie. Strek jou arms op in die lug met die gewrigte bymekaar en maak jou hande oop sodat dit ‘n kelk vorm.”

Ek neem my arms van haar onderbene af en maak so. Ek voel ons onderlywe stoot harder teen mekaar.

Amulya se stem streel weer terwyl sy saggies teen my lingam begin stamp met haar yoni: “Ons neem nou energie in deur die kelke van ons hande. Dit vloei deur twee kanale van daar waar ons nog verbind is.”

Sy knyp met haar vaginaspiertjies om my voël wat intussen weer begin groei met haar ligte gestamp. Sy hou vir ‘n oomblik op daarmee en vervolg met: “Die twee kanale verleng in teenoorgestelde rigtings. Dit vorm ‘n ‘superkanaal’ waardeur die energie in enige rigting kan vloei. Die punt waar ons hier verbind is …” en sy druk weer met die spiere om my penis terwyl sy dit sê, “ … is die seksfokuspunt wat ‘n sterk neksus van Aardse energie opwek. Ons bolywe en onderlywe is verbind en gebalanseerd en dit ontlok ‘n gevoel van sielsverwewing tussen ons … Volg my aksie en laat ons liefde vloei.”

Haar poes begin op en af oor my voël gly. Ek beweeg saam, met ligte teenstote, en konsentreer nog steeds op die “kelke” van my hande. Dis ‘n onwerklike, maar ekstatiese gevoel – asof die Energie ons liggame teen mekaar skuur en stoot. Dis asof dit ‘n stroom van salige berusting tussen ons ontketen, iets wat ons siele uitlig en ook laat saamsmelt.

Ek voel haar liggaam meteens harder druk teen my en ek ervaar ‘n salige genot wat uit my uit en in haar in stroom. Ek besef ek klimaks met stroompies saad wat aanhoudend uit my uitstroom, sonder drif of ‘n geskiet … net golwe van gemeenskaplike plesier wat ons laat voel asof ons liggame, of miskien ons siele, op golwe dobber na êrens. Met ons gekoppelde liggaamsposisies lyk ons liggame naastenby of hulle gesinchroniseerd op die golwe dobber. Wat egter stil is, is ons arms. Gewrigte bymekaar, lê ons elkeen se arms uitgestrek in die lug om die Energie te ontvang en weer uit te straal met die kelke van ons handpalms.

Ons voel één. Dis een geweldige aardse energie wat uit die aarde uit, deur ons, in die sfere van die Heelal in, nimmereindigend voortstraal.

Vir meer gemak draai ek my gesig op sy wang, na die onderpunt van die bed toe. Dis met ‘n glimlag van genoegdoening dat ek in die spieël oplet dat toe ons netnou met ons hoofde teen mekaar geleun het, haar geel bindi vir my ook een geskep het – tussen my wenkbroue.

***

“Theuns” en Amulya het na hul eerste romantiese samekoms en seksuele ervaring hul verhouding voortgesit en laat groei totdat die euwel van apartheid hulle uit die land uit gedwing het. Die gode behoed hulle.

 

0

8 thoughts on “Ek is nie ‘n los vrou nie

  • Avatar
    Jul 30, 2019 at 4:29 am
    Permalink

    Dankie Skoolhoof.
    Ek het almal bedank vir hulle positiewe komplimente, maar ek plaas nog ‘n dankie aan jou want jy vat die essensie van my skryfdenke en skryfwerk baie goed saam: Ek skryf altyd asof dit ‘n fliek is wat jy sit en kyk.
    Hoe lyk dit met ‘n storie van jou kant af?

    Reply
    • Avatar
      Jul 30, 2019 at 7:04 am
      Permalink

      Daar is ‘n storie van sy kant af … 🙂

      Reply
  • Avatar
    Jul 29, 2019 at 6:18 pm
    Permalink

    Aan al die fantastiese tergvoer wat hierdie verhaal ontketen het, wil ek net opreg dankie sê. ‘n Pseudo skrywer verwag niks meer as dat sy verhaal geniet word nie!
    Ek lees graag ook julle stories.
    Baie dankiel

    Reply
  • Avatar
    Jul 23, 2019 at 1:42 pm
    Permalink

    Besonderse storie en groot droom van my!!!

    Reply
  • Avatar
    Jul 19, 2019 at 8:42 am
    Permalink

    Ja Nee ou WIll, die skryf besigheid verstaan jy uiters goed. Absoluut fantasties gedoen weereens.
    Maar ek glo hierdie storie is nog ver van klaar vertel af, ne.

    Reply
  • Avatar
    Jul 18, 2019 at 8:14 pm
    Permalink

    Ja Nee… Wille Will mag maar.

    Ek het nog altyd Indiese vroue baie sensueel ervaar, maar nog nie die kans gekry om meer van hulle te leer nie…

    Reply
  • Avatar
    Jul 18, 2019 at 6:21 pm
    Permalink

    Sjoe, wat n intense storie…ek het eers begin asemhaal met die laaste paragraaf.
    Dalk ook as gevolg van my intense belangstelling in die Tantra.
    Steeds slegs n fantasie vir my.
    Jy kan gerus n opvolg hiervan skryf Wille

    Reply
  • Avatar
    Jul 18, 2019 at 3:39 pm
    Permalink

    Staan verslae hoe een mens met woorde jou so kan vasvang dat dit voel jy kyk n fliek ! Fantasties goed geskrywe. Dankie Wille

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)