Droom

Hoe lank gaan ek lees: 3 minute

deur Annie

Die klank van jou stem dring deur die slaapnewels, maar ek is te moeg om regtig wakker te word. Dis in elk geval net ‘n droom, daarom wil ek ook nie wakker word nie. DIS NET N DROOM, een wat ek oor fantaseer en gedurig van droom wannner ek slaap, wat my brandend van verlange laat wakker skrik. Hoe sal jy dan nou ook hier waar ek lê en slaap, in die middel van die nag by my kan wees.

Jy sê my naam weer en weer, dit voel so werklik, ek hoor myself antwoord, maar die behoefte om die droom te laat voortduur is sterker, en ek voel hoe ek weer verder wegsink. In my droom is jou mond nou teen my oor, terwyl jy steeds my naam saggies sê, maar nou voel ek dit meer as wat ek dit hoor. Jou hand streel saggies oor my kaal arm. Ek wil jou hand vat en jou vingers soen, maar my arms is lam van die slaap. Ek hoor en voel jou asemhaling op my oor, ek voel hoe jy my op my wang soen, jou lippe sag en warm teen my vel, jou baard wat my kielie.

Jy praat weer saggies by my oor, ek verbeel my jy sê dat ek die res van die nag in jou arms kan slaap. In my droom voel ek hoe jy jou lang lyf langs my neerlê, hoe jy jou een arm onder my inskuif en om my lyf vou, terwyl jy met jou ander hand my rug streel, jou asem warm in my nek. Ek hoor jou steeds praat, maar net die klank van jou stem, die woorde raak verlore. Ek voel hoe ek al verder en verder wegsak in die droom. Jy hou op om my rug te streel, laat gly net jou hand oor my heup, die ronding van my boude, af teen my been en weer terug. Jy laat jou hand oor my maag streel, en veerlig oor my kaal borste. Hoekom is my lyf kaal? Ek slaap mos nooit kaal nie, of droom ek nog steeds? Dan vou jou arm om my lyf en die droom vervaag.

Ek maak my oë stadig oop, heeltemal gedisorienteer, die kamer is onbekend. Iets knel om my lyf, ek maak eerder my oë weer toe. Ek haal ‘n slag diep asem, maak weer my oë oop, en kyk stadig af op die arms wat my vashou, een hand om my bors geskulp. In die skemerlig kan ek hulle nie eien nie. Nou word ek ook bewus van die egalige asemhaling agter my, van die hartklop teen my rug en die warm vel teen myne.

Is ek steeds besig om te droom? Dis net dat ‘n droom nie so werklik kan voel nie. Drome is reukloos, en nou kan ek ‘n man se liggaam agter my ruik. Ek draai stadig om in die arms, bang vir wat ek gaan ontdek.

Ek kyk vas in jou blou oë, jy glimlag stadig vir my, ek kan net staar, geheel en al verstom.

“More, my skat,” jou stem is net ‘n fluistering, “jammer ek was so laat.”

Ek kan steeds net na jou staar, die vorige dag se malhuis keer terug. Die besige pad tot by ons ontmoetingsplek, die ure wat verby gaan sonder dat jy opdaag, jou selfoon wat af is. Ek het laataand, moeg en moedeloos, gaan stort en net so kaal op die bed neergeval.

“Dit was toe nie ‘n droom nie, dit was regtig jy,” my woorde raak weg in jou mond as jy my sag soen.

Ek kyk weer na jou, en doen wat ek nog altyd begeer het om te doen, ek druk my vingers in jou baard en soen jou weer en weer. Ek hou aan om jou te soen, totdat jy laggend sê ek gaan jou versmoor. Daar is so baie wat tussen ons gesê moet word, maar vir nou is dit genoeg dat jy hier is, dat ons hierdie dag kan deel. Jy soen my weer saggies, voor jy my op my rug draai en jou lyf oor myne skuif

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

5 thoughts on “Droom

  • Avatar
    Oct 25, 2018 at 9:53 am
    Permalink

    Sjoe Annie, ek is mal oor jou skryf styl. Wag in spanning vir die opvolg

    Reply
  • Avatar
    Oct 25, 2018 at 7:53 am
    Permalink

    Annie…. ons wag vir die opvolg.
    Spannend!

    Reply
  • Avatar
    Oct 25, 2018 at 6:28 am
    Permalink

    Annie, jy kan maar aanhou skryf.

    Reply
  • Avatar
    Oct 25, 2018 at 4:56 am
    Permalink

    Wat ‘n pragtige aanloop tot iets wonderlik wat nou gaan gebeur!
    Gaan gerus voort, Annie jy skryf lekker eroties-opbouend, knap-gedaan!

    Reply
  • Avatar
    Oct 24, 2018 at 4:12 pm
    Permalink

    Goeie ouers……jou beskrywing van die droom is sooooo eroties.
    Knap gedaan…..
    Vrouens het maar net die gawe om te skryf

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)