Die Weduwee (1)
deur Uther Pendragon
Ek staan voor die reuse swart ysterhek in Waterkloof. Senuagtig vee ek oor my hare – ek het dit spesiaal vir vandag laat sny. Ek vee denkbeeldige skilfers van my skouers weg, druk my hemp in en trek my gordel reg. Selfs my bruin skoene is blink gepoets vir die geleentheid. Ek hou my hand voor my mond en asem uit om te ruik of my asem OK is. Ek adem diep in en druk die knoppie van die interkom. Ek tuur deur die gegote ysterkartels van die hek na die herehuis en reuse tuin daaragter terwyl ek vir ‘n antwoord wag. Daar is grasperke, struike, blombeddings en bome. Ek hoop net dat hulle nie van my verwag om daardie grasperk met ‘n gewone grassnyer te sny nie, hopelik het hulle een van daardie trekker-tipe grassnyers.
“Hallo,” kom die stem oor die interkom.
“Hallo mevrou, ek is hier oor die advertensie in die koerant,” antwood ek.
“Kom na die huis,” kom die antwoord en die ysterhek swaai oop.
Die voordeur gaan oop en ‘n middeljarige dame in ‘n wye knie-lengte rok met ‘n blom-patroon kom oor die stoep na my aangestap terwyl ek die trappe bestyg.
“Ek is Nols tan … mevrou,” sê ek en skud haar hand.
Sy kyk my takserend op en af en vra: ”Hoe lank is jy al ‘n tuinier, Nols?”
“Vandat ek uit die skool is mevrou, byna twee jaar al.”
“Ek weet nie of jy opgewasse vir die werk sal wees nie, Nols, jy lyk maar na ‘n bra skraal outjie vir my. Ek verwag dat jy gate moet grawe en bome moet plant.”
“Ek dog ek moet gras sny, mevrou.”
“Tuindienste doen dit vir my, Nols. Nee, jy is hier omdat jy vir my moet help om ‘n boom te plant. Ek hou daarvan om ‘n jong boompie in ‘n spesiale diep gat te plant wat ek met kompos en kalk invul sodat dit vinnig sterk en groot kan groei” en sy beduie met haar hand oor ‘n woud van bome wat wissel van ouer bome wat miskien al ‘n paar dekades oud is tot jong boompies wat maar ‘n jaar of wat oud is.
***
Na die eerste uur se grawery kyk ek na die blase op my hande en sê vir myself: “gelukkig is ek nie ‘n grafgrawer nie – dink hoe erg dit moet wees om dit elke dag te moet doen.” Ek het nog nooit so ‘n groot gat vir ‘n boompie gegrawe nie – maar die dame was baie puntinerig – die gat moes presies 1.5m by 1.5m by 1.5m wees.
Ek skrik my hol op ‘n knop toe ek onverwags die stem agter my hoor: “Dit kom goed aan!” Ek swaai verwilderd om en sien haar daar staan met ‘n skinkbord met ‘n beker vrugtesap en ys en twee glase. Ek het haar nie eers hoor aankom nie en ek wonder hoe lank sy al daar staan. Sy sit die skinkbord op die gras langs die gat neer en skink so gebukkend vir haar ‘n glas sap. Ek merk eerste op dat haar tiete swaar afhang en ek kan duidelik die tepels onder die lap sien punt – goeie god sy het nie ‘n bra aan nie! Ek merk ook vir die eerste keer dat sy kaalvoet is.
“Help jouself,” sê sy en ek skink vir myself ‘n glas sap. Uit die hoek van my oog sien ek haar by die rand van die gat afbuk om te gaan sit en soos ek na haar draai merk ek skrams in die fladdering van rok en wit bene – iets onverwags – kan dit waar wees? Die rok is nou weer tot by haar knieë en sy kruis haar bene by die enkels. Ek staar na haar rooi toonnaels. Ek kon sweer ek kon ‘n swart kol in haar kruis sien toe haar bene vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde oopgegaap het. Sy het seker ‘n swart panty aan.
Ek kyk op na haar en merk dat haar oë takserend oor my lyf gaan. Ek het my hemp uitgetrek, want ek sweet soos ‘n vark wanneer ek werk. Ek is vol sweet en grond, maar ek is nie skaam vir my lyf nie. Ek het nie ‘n ons vet op my nie en mens kan my spiere maklik sien – sixpack and all, en ek het ‘n koel tatoe van ‘n tier op my skouer. Johnny sê altyd dit lyk vir hom soos ‘n gestreepte beer – soos Winny the Pooh wat deur fietsryers getrap is. Wel fok Johnny, al spyker hy my suster weet hy fokol.
“Jy is nogal fluks vir so ‘n skraal meneertjie,” sê sy met ‘n glimlag.
Was dit ‘n kompliment? Onseker antwoord ek: “ek werk maar altyd hard” en vat ‘n groot sluk sap.
Sy drink ook haar koeldrank, maar haar oë verlaat my nie vir ‘n oomblik nie. My blik dartel van haar tiete, na haar oë (ek sweer sy staar na my piel), na haar voete met die rooi toonnaels, na my stowwerige skoene, op na haar oë (sy staar wragtag na my piel), dan na haar tiete, dan na haar oë (sy staar steeds na my piel) … dan vat ek maar weer ‘n groot sluk sap en sit die leë las neer.
“Wel ek gaan jou nie uit die werk hou nie,” antwoord sy en tel haar een voet op tot op die rand van die gat. Haar rok gaap oop en ek kan nou reg tot – fok! – sy het wragtag niks aan nie … ek kan tot by haar bebosde kwak sien! Fokkit! Ek voel hoe my horing dik word terwyl ek nou openlik na haar kyk soos sy opstaan.
Sy buk om die skinkbord op te tel en draai met ‘n glimlag na my: “kom huis toe as jy klaar is” en stap weg met haar rok al swaaiende om haar bene nog voor ek skor kan antwoord: “OK mevrou”.
Die volgende uur en ‘n half gaan in ‘n waas verby. Ek grawe soos ‘n besetene terwyl my piel heeltyd tussen halfstand tot tierende ereksie wissel soos wat al my erotiese herinneringe en fantasieë deur my kop skiet. Ek onthou vir Sannie van die poskantoor en hoe ek haar in die donker op die trappe van woonstelblok gevinger het terwyl sy haar hand bo-in my broek gedruk het en met my stywe piel gespeel het, en hoe ek daardie aand in die bed nog die reuk van haar poesie aan my vingers kon ruik terwyl ek onhandig met my linkerhand draad getrek het. Ek onthou hoe ek by die skool onder die rokke van die meisies en die juffrouens opgekyk het soos hulle teen die trappe opgeloop het, of op die paviljoen gesit het. Ek onthou veral die twee keer wat ek gelukkig genoeg was om Juffrou Jucylucy se gat te sien. Sy het duidelik ‘n G-string aangehad of sy was kaalgat – mens kon nie weet nie. Ek het daardie dag seker drie keer afgetos terwyl die beeld van haar wit drillende boude nog duidelik in my gedagtes was. En dan die oopmondsoene met Linda agter die stoorkamers terwyl ons mekaar so styf moontlik vashou met ons heupe teenmekaar sodat my dik piel teen haar heupe druk. Ek kyk af en sien hoe my broek eintlik ‘n knop staan. Fok, ek moet draadtrek – nee, net nie hier nie – dalk sal sy my van die dubbelverdieping kan sien en dan bederf ek alles.
***
Ek staan kaalgat in die luukse badkamer – daar is sepies, sjampoes, dik wit handdoeke en selfs ‘n dik mat op die marmer-teël vloer. Ek moet gou eers pis voordat ek shower – ek pis nie in die stort nie, want dit spat oor my voete. Ek weet dis sommer kak, want die water sal dit mos afspoel, maar ek laaik dit nog steeds nie. Ek haal my steeds semi-dik voël uit en my pielkop is so oortrek met precum dat dit sommer so slym-nat by my voorvel uitpeul. ‘n Drel slym val voor die straal geel pis by my pisgat uit. Ek spring in die stort en ek was alles – my hare, onder my arms, my piel, my holnaat, voete – selfs tussen die tone. Ek wil so gou moontlik maak want sy wag vir my, ek dink nie eers daaraan om draad te trek nie.
Sy kyk van die sofa op toe ek skoon en pienk en halfdroog in die sitkamer kom. Ek is skaam-bewus van die grondvlekke op my broek, maar gelukkig is my hemp nog skoon en ek het my skoene met toiletpapier in die badkamer weer blink gevryf.
Sy kyk my goedkeurend aan en staan op. Die eerste ding wat ek opmerk is dat sy ‘n swart rok met ‘n lae hals aanhet. Ek kyk eers van haar cleavage af op toe sy my hand neem en vir my sê: “kom eetkamer toe, ek het ‘n spesiale ete vir jou voorberei.”
Die ete is ongelooflik – ek het nog nooit sulke kos geëet nie. En daar is wyn. Ek verkies bier en het nog nooit voorheen wyn gedrink nie, maar sy dring aan. Sy doen meeste van die praatwerk terwyl ek myself dik eet. Sy vertel my dat sy alleen in die huis bly nadat haar kinders uit die huis is en haar man, wie heelwat ouer as sy was, dood is. Hy was ‘n grootkop in die sakewêreld en het politieke konneksies gehad.
Sy vra my uit oor my belangstellings, my familie en of ek ‘n meisie het. Dan vra sy uit die bloute: “het jy al voorheen seks gehad Nols?”
“Ja natuurlik,” sê ek oorhaastig – vol wyn en bravade. Maar natuurlik is dit nie waar nie. As draadtrek ‘n rigting op universiteit was, het ek wragtag al op 16 ‘n doktorsgraad gehad. My sekslewe bestaan eintlik maar meestal uit porn, fantasieë en draadtrek en nog draadtrek. Sy kyk my takserend aan, haar oë boor deur my en ‘n skeptiese glimlag huiwer om haar mondhoeke.
“Waarvan hou jy?” vra sy en staan op om vir my nog wyn te skink. Haar rok se hals gaap oop en ek sien die kloof tussen haar tiete verdiep soos dit ondertoe hang.
“Wel karre en baaiks, baaiks meestal …”
“Nee stupid, ek praat van seks,” sê sy kwaai of gemaak-kwaai of tergerig en streel oor my hare.
My kop swymel. “Meisies, ek hou van meisies …” antwoord ek vinnig en kyk op van haar tiete na haar gesig.
Laggend sê sy: “ek het gereken jy hou van vrouens – bloot omdat jy heeldag ereksies gekry het sodra ek naby jou is.” Ek stik aan die wyn en voel die skaamte my gesig verblos.
Sy gaan sit op my skoot. My piel word onder haar boud teen my dy vasgepen. Sy rol haar heupe heen en weer en my piel rol onder haar sagte bouvleis. Haar nabyheid, haar hitte, haar sagtheid, haar vroulikheid is oorweldigend.
Haar rooi lippe pruil: “Toe, sê my – wat draai jou aan?”
“Wel … alles … om die waarheid te sê,” stamel ek.
“Hoe hou jy hiervan?” vra sy en trek haar rok voor oop om haar tiete te ontbloot. Hulle hang groot en sag en die tepels staan dik en lank soos die eerste lit van my wysvinger. Die gekreukelde areolas is seker so vyf sentimeter in deursneë. Dit voel of my piel deur my broek wil bars. Al geluid wat ek kan uitkry is ‘n skor: “fokkit …” Asof in ‘n beswyming reik ek uit en neem ‘n groot, sagte tiet in my hand.
“Watter tipe seks hou jy die meeste van – hou jy van gewone gesig-tot-gesig, doggie, cowgirl, anale seks? Hou jy daarvan om afgesuig te word? Hou jy daarvan om ‘n vrou uit te eet? Komaan Nols, jy weet seker waarvan jy hou? Vertel my – moenie skaam wees nie.”
“Alles … ek hou van alles …” stamel ek (ek bedoel eintlik ek wil alles probeer, ten minstens ‘n duisend keer en dan kan ek jou sê waarvan ek die meeste hou).
“Dan dink ek dit is tyd om kamer toe te gaan,” sê sy en neem my hand en trek my agter haar aan …
(Lees volgende episde HIER)
* image: Maman deur Louise Bourgeois (1999)
10 COMMENTS
Baie sensuele geskryf… en in Afrikaans, ons mooie taal. En Annelise, as mens die stories kon uitgee in boekvorm, hoekom nie? Die stories van EL James, Marina Anderson, Sylvia Day en Vina Jackson is maar op dieselfde erotika gebasseer – net in Engels geskryf. Hier lees ek dit net in my eie taal.
Ja nee Uther.. Lekker mengsel tussen erotiek en humor. Laat hom kom! (Ek bedoel die tweede episode..)
Absoluut uitmintend Uther. Ek sien hier gaan n tuinier moet kop hou so n dronk weeluis in hierdie tante se klas. Ons wag in spanning.
As Nolsie maar geweet het…
Weduwees in swart lok jou met die lekker want hulle is honger. Begin hol solank mannetjie! Hulle is almal dieselfde!
Uther…die ene het baaaie lekker gelees….ek hou van die aanhalings in hakkies dit het my lekker laat lag.
Hoop die opvolg word gou geplaas.
Ai daar bly maar net EEN Uther !
Dankie vir die voorreg om sy stories te kan lees, soos Nostra tereg sê: as ek net ‘n spoegie van sy talent kon gehad het.
Yip. Die een hoort in ‘n bundel.
Eendag as ek mooi groot is, wil ek ook soos Uther skryf.
Mmm Uther, ek kan sien hier kom n ding, gee hom gas. Ek wag geduldig vir die opvolg.
Ek is alreeds mal oor hierdie storie en dis nog net die begin. 🙂 Jis, hier is ‘n paar van “my” 🙂 😉 (*sê sy besitlik) skrywers wat fantasiese talentvolle skrywers is. Uther is ene omdat sy goed ook meestal op baie verskillende vlakke gelees kan word, dit sosiale kommentaar lewer en dit goed nagevors is. Eendag gaan ek ‘n manier bedink waaraan ek aan julle die erkenning kan gee wat julle verdien – al is dit onder ‘n skuilnaam. Ek dink volgende jaar moet ek daardie Kombiekiehierbundel begin uitgee …