Die verjaardagpartyjie

Hoe lank gaan ek lees: 8 minute

deur Uther Pendragon

(Uther het vir Kombiekiehier ‘n storie geskryf spesiaal vir ons vyfde verjaarsdag. 🙂 )

Ek het natuurlik ingestem om te gaan toe ek die uitnoding ontvang het.  Die SMS het eenvoudig gelui: “26 November, 7nm by my”.  Ek neem gewoonlik die vrou in my lewe uit vir ete of na ‘n show of iets spesiaals op my verjaardag, maar duidelik was daar dié keer iets aan die broei.

Ek: “OK. Wat gaan ons doen?”

Sy: “Partytjie!”

Ek: “Wie gaan daar wees?”

Sy: “Jy sal sien.”

Ek: “Hoe moet ek aantrek – braai of bal of iets tussen-in?”

Sy: “Bal.”

Ek: “Ek is nie lus vir fancy stuff nie – jy weet mos ek dans nie regtig nie.”

Sy: “Kom net, jy sal sien.”

Ek (vir myself): “Fok.”

Toe ek in my donker pak voor haar plek met ‘n bottel wyn in die hand staan hoor ek die musiek deur die toe voordeur.  Dit is mooi musiek – nie pop nie, nie danserige musiek nie, nie balmusiek nie.  Daar is ook geen ander karre in die rylaan nie.  Die deur swaai oop en sy staan daar in ‘n kort swart rok met ‘n lae hals, hoëhakskoene, hare en grimering – alles in plek.

Ek gee haar ‘n druk en ‘n soen en sy sê: “Gelukkige verjaarsdag Skat.”

Ek kyk oor haar skouer die sitkamer binne en antwoord: “ek sien geen ander mense hier nie.  Wil jy uitgaan of iets?”

Ek kry ‘n wellustige kriewel deur my lyf toe sy met ‘n rooilip-glimlag antwoord: “Iets.”

Sy neem my na die sitkamer waar kerse brand en ek maak my tuis op die sitbank.  Sy gee vir my die botteloopmaker aan.  Ek sit die bottel rooiwyn op die koffietafel om asem te haal terwyl sy kombuis toe gaan om ‘n glas te kry.

Sy kom sit langs my op die bank en ek gee haar ‘n druk en ‘n soen.   Sy keer my toe ek my hand op haar been sit en dit teen haar dy opbeweeg.  “Wag nog ‘n bietjie” sê sy in my oor, “ek het vir jou ‘n verassing”.  Sy gaan weer kombuis toe en ek volg haar heup-swaaiende stap met groeiende wellus.

Sy kom terug met ‘n groot roomkoek in die hand.  Ek hoop sy sien nie die teleurstelling in my gesig nie – ek hou nie juis van koek nie, maar dalk het sy dit nog nie agtergekom nie want ons ken mekaar maar vir ‘n paar maande lank.

“Dis niiice” sê ek en glimlag effens. “Ek sou ‘n braai verkies het” dink ek by myself en skink vir haar ‘n glas wyn.  Sy sit langs my en ek hou haar in my arms terwyl sy haar wyn drink.

Sy loop na die musieksentrum om vir ons “Take this waltz” speel.

Sy kom staan naby my en ek kan haar reuk saam met haar hitte teen my voel opwalm. In die sekonde voor ek haar in my arms neem lyk sy skielik skaam en kwesbaar.  Sy is ‘n lang vrou en in haar hoëhakskoene is haar groen oë amper gelyk met myne.  Haar warm lyf vorm teen my lyf soos ek haar teen my trek.  Ons begin stadig saam met die ritme wieg.  Ek kan voel hoe die skaam onsekerheid uit haar liggaam verdwyn soos haar bewegings al hoe soepeler word.  Ons dans stadig deur die sitkamer.

Haar liggaam is ‘n warm, sagte, wiegende instrument van haar wese.  Ek voel hoe klein en weerloos haar hande in myne is.  Haar wang beweeg soos fluweel teen myne en ek kan haar asemhaling teen my nek voel.  Ek voel onder my regterhand die ritmiese buiging van haar ruggraat wat soos ‘n sensuele pendulum heen en weerswaai.  Ek is baie bewus van haar sagte borste wat teen my aangedruk is en haar dye wat ritmies weerskante van my regterdy beweeg.

Ek hou haar al dansende ietwat van my af sodat ek na haar kan kyk.  Sy kyk skamerig af terwyl my oë haar indrink – die kerslig wat oor haar goue hare glans, haar vol rooi lippe, haar hals, die gleuf tussen haar borste, die swiep en die swel van haar middel tot haar heupe, die rondings van haar dye en kuite, die swart bandjies wat om die enkels oor haar voete span en die rooi toonnaels wat saam met die tone beweeg soos hulle met elke treë druk en strek.  Ek gryp haar vas en druk haar styf teen my terwyl ons verder dans – haar lyf plas warm teen myne.  Sy beweeg nie weg van my ereksie wat teen haar pubis begin opstoot nie.

Sy is nog in my arms toe die volgende lied begin. “Skink vir my nog wyn asseblief” vra sy sag.  Ek skink die glas half-vol en gee dit vir haar aan.  Sy vat ‘n sluk, en nog een.  ‘n Blos sprei oor haar bors, nek en wange terwyl sy op die wyn fokus, maar baie bewus van my blik wat haar elke detail indrink.  Die spasie tussen haar rooi-toonnael voete, die onbenoemde ruimte tussen haar bene wat onder die roksoom opstrek.  Die kontras van die lig op die gladde glans van haar bene teenoor die fluweel weerskyn van haar wange en arms teenoor die klam van haar voorkop.  Die klein kurwe tussen haar oorlel en haar nek.  Die haartjies wat in haar nek onder die goud-glimmende lang hare krul.  Die klop van haar jugularis soos dit oor die buiging van haar sternocleidomastodeus strek.  Die deining van haar bors.  Haar hand bewe effens toe sy die leë glas neersit.  Sy gee my ‘n nat-vollip glimlag en steek haar hande na my toe uit om verder te dans.

Die donker klanke van Cohen vibreer deur die vloer en meubels.  Haar lyf swaai warm en soepel teen my lyf.  Ek tree een tree terug en hou haar hand op sodat sy voor my kan draai.  Die naaktheid van haar voete ingetem deur die swart bandjies en die ongebonde trek en rek van haar kuite.  Haar boude beweeg ritmies onder die stadig-swaaiende rok.  Ek trek haar weer teen my vas en ek sit my hand op haar stuitjie.  Ek kan die bol van haar boude weerskante van my hand voel.  Daar is geen G-string nie.  Ek neem haar boude in my hande terwyl ons dans en soos my vingers dieper in haar boude insink voel ek die spiere diep onder die vet beweeg.   Ek druk haar sterk teen my aan.  Sy beweeg haar pubis heen en weer teen my ereksie terwyl sy aanhou dans.  Ek voel geen broeknaat onder die rok se lap nie.  Haar mond gaan nat oop onder myne toe ek haar soen.  Ek voel haar tong oor myne dartel en lek.  “Nog wyn asseblief” vra sy met ‘n blos op haar gesig.

Sy drink die glas in drie teue leeg en ons dans verder.  Ek draai haar in my arms om.  Haar boude druk sag maar ferm in my skoot vas.  Ons wieg stadig saam.  Haar voete is weerskante van myne.  My opwaarts-beurende ereksie is diep tussen haar boude opgedruk.  Ek streel met my hande oor haar lyf.  Haar bra-lose borste is vol en sag en ek kan haar tepels onder die materiaal van haar rok in my palms voel dik word.  Ek spin haar weer in die rondte.  Haar borste swaai nou merkbaar in ritme met haar bewegings.  Hare plak op haar voorkop vas.  Ek los haar hand en sy dans verder en wieg haar lyf sensueel met die musiek met haar oë toe en haar mond effe oop terwyl sy nou dieper asemhaal.

Sy is mooi.

Ek trek haar af na die bank toe en skink haar glas vol.  Sy drink dit gulsig.  ‘n Straaltjie rooi wyn biggel verby haar slukkende lippe oor haar ken en loop oor die ronding van ‘n bors.  Ek neem die leë glas van haar en sit dit langs die bank neer.  Sy gaan lê skuins oor die bank – een been half onder haar ingekrul en die ander voet op die vloer.  Haar oopgespreide wit dye word geraam deur die rand van swart rok en die donkerbruin leer van die rusbank.   Ek trek haar regop teen my en soen haar diep terwyl ek my hand deur haar oop hals druk om eienaarskap van haar sagte bors te neem.  Ek druk en rol haar stywe tepel tussen my vingers terwyl ek haar hortende neusasem oor my bolip voel blaas.  Ek lig haar borste uit sodat hulle swaar en wit oor die swart van haar rok hang.  Sy lek my lippe terwyl ek nou beide haar tepels knyp en trek.  Sy trek weg van my en reik oor na die koek om’n bol room met haar vinger room van die koek af te skep.  Sy smeer dit oor haar tepels en lig haar borste op na my.  Ek lek die room af.  Haar stywe tepels blink nou van my speeksel.

 

Rooiwyn

Ek staan op en sy sit groot-oog met afwagting.  Ek trek nie uit nie, maar maak my gulp oop.  My penis val swaar uit my broek uit – donker en met dik are wat oor die skag kronkel.  Die pers eikel beur slym-nat deur die voorhuid.  Sy staar wellustig met blink oë daarna, die punt van haar tong lek oor haar onderlip.  Ek trek my voorhuid terug om my pruim-groot eikel te ontbloot.  Gretig skuif sy na die rand van die bank en maak haar mond half oop sonder om haar oë ‘n sekonde van my penis weg te neem.  Ek skep room van die koek af en druk dit in haar mond.  Sy maak haar mond gewillig oop vir nog.  Sy sluk nie en sit daar met haar besmeerde mond half oop in afwagting.  Haar ooglede hang swaar van wellus soos sy uitreik na my.  Ek stoot my eikel in haar morsige mond in.  Die room bol wit rondom my eikel en skag soos dit deur haar sagte vol rooi lippe in haar vol mond instoot.

Ek trek my penis uit haar besmeerde mond, ‘n boog kwyl en slym verbind ons.  Ek trek haar op haar onvaste voete en draai haar met haar rug na die tafel.  Ek beveel haar om te sit.  Die oomblik van verwarring op haar gesig verander in ‘n lam poel van bewuswording en aanvaarding.  Sy lig haar rok effens op en gaan sit stadig met haar boude op die koek.  Die room spuit tussen haar dye en agter haar boude uit.  Sy reik agtertoe en trek haar boude oop en dan gaan haar hande tussen haar dye in terwyl sy haar heupe vorentoe en agtertoe kantel.  Haar oë is toe en haar mond oop.  Ek neem haar gesig in beide hande en druk my penis in haar mond in.  Ek pomp my eikel in en uit haar besmeerde mond.  Haar tong lek en haar mond suig terwyl sy die koek in haarself inwerk.

Ek trek haar op en druk haar op die vloer neer.  Haar rok het nou tot haar middel opgeskuif.  Haar besmeerde boude is in die lug.  Ek gaan kniel agter haar en sy trek haar boude oop om vir my die resultaat van haar verontreiniging te wys.  Ek druk my gesig tussen haar boude in en lek die room en eet die stukke gekrummelde koek in haar boudnaat op en werk stadig ondertoe.  Die room is diep in haar opgedruk en haar pubis is daarmee bepleister.  Ek luister na haar sug- en steungeluide terwyl ek  haar besmeerde anus en  perineum skoonlek.  Toe ek by haar labia majora kom, rek sy met haar vingers haar vagina so groot oop as wat sy kan.  Die room en koek bol morsig daaruit.  Ek druk my mond diep in haar oop vagina in en lek diep in haar binneste in.  Die soet room word met dik semi-bitter slym vervang en die koekgeur word met die reuk van skwalien oorweldig.  Haar kreune verdiep soos wat ek haar vagina skoonlek en af na haar klitoris beweeg.  Ek suig haar klitoris en labia minora en omliggende vleis diep in my mond.  Die room verbloem haar ware smaak net tydelik.  Haar slym stroom nou oor my mond en ken en drup op die vloer tussen haar bene.

Ek druk my penis in haar morsige gapende vagina in.  Die oorblywende room smeer oor my pubis en broek se voorkant.  Ons koppel hard op die vloer nog steeds ten volle gekleed.  Haar vryhangende borste swaai wild terwyl ek haar room-besmeerde boude hard ry.  Ek voel haar kneukels wild heen en weer teen my swaar swaaiende testes beweeg soos sy haarself bevredig.  Ek gryp haar hare in ‘n bol in my regterhand vas en trek haar kop agteroor sodat haar rug hol trek en haar heupe verder na my uitbol.  Die room en spoeg in haar boudnaat help dat ek my linkerduim moeiteloos diep deur haar warm anus in haar rektum kan indruk.  Ek ry haar wriemelende lyf hard – so hard dat haar boude onder my aanslag dril.  Sy bereik haar orgasme eerste en ek kan voel hoe haar vagina ritmies om my penis vasklamp.  Die wrywing van die riffels van haar vaginawand is vir my te veel en ek voel hoe ek oor die rand van ekstase storm.  Met haar rou krete van wellus in my ore skiet ek stroom vir stroom sperms diep in haar in.

Sy val hygend plat op die vloer neer met my bo-op haar, nog steeds gekoppel.  Ek voel hoe my sperms gemeng met haar slym, tussen die morsigheid warm oor my skrotum stroom.  Haar borskas dein onder my op en af.  Ek neem haar hand in myne en voel hoe haar vingers vinnig tussen myne invleg en dit angstig vasklem.

 

Cohen sing:

“Many men have loved the bells
You fastened to the rein
And everyone who wanted you
They found what they will always want again
Your beauty lost to you yourself
Just as it was lost to them

Oh, take this longing from my tongue
Whatever useless things these hands have done
Let me see your beauty broken down
Like you would do for one you love.”

 

 

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

13 thoughts on “Die verjaardagpartyjie

  • Avatar
    Feb 8, 2019 at 9:39 pm
    Permalink

    Uther, die koek is gereed…..

    Reply
  • Avatar
    Feb 1, 2019 at 2:27 pm
    Permalink

    Wat my gedagtes my nou terug na een aand in Pta… Die verassing by die huis. Die room, die lek, die lekker…
    Baie knap geslryf

    Reply
  • Avatar
    Jan 27, 2019 at 8:07 am
    Permalink

    Uther, ek het jou skrywes al so baie met lof besing van tevore, dat hierdie net nog ‘n bewonderende kopbuig is vir jou talent en vermoë om mens te vermaak in hierdie gen’re.
    Jy is uithaler sonder weerga, baie dankie.

    Reply
  • Avatar
    Jan 26, 2019 at 7:44 am
    Permalink

    Uther – absoluut fantasties ou maat. Nog nooit so lekker verjaarsdag koek geeet nie.

    Reply
  • Avatar
    Jan 25, 2019 at 3:51 pm
    Permalink

    Sal beslis só maak
    Miskien nog vroeër as later! 🙈

    Reply
    • Avatar
      Jan 25, 2019 at 4:00 pm
      Permalink

      ❤️❤️

      Reply
  • Avatar
    Jan 25, 2019 at 3:16 pm
    Permalink

    Dankie Uther
    Stem saam met Bobcat, geen verjaardagkoek, maak nie saak watse soort nie, sal nooit weer dieselfde wees nie

    Reply
  • Avatar
    Jan 25, 2019 at 11:38 am
    Permalink

    Heerlikheid – baie mooi storie – dit het my laat lus kry soos nog nooit tevore – ek is oppad bakkery toe om daai roomkoek te gaan koop – ek wil dit persoonlik ervaar!

    Dankie Ek hou van die storie.

    Reply
    • Avatar
      Jan 25, 2019 at 1:35 pm
      Permalink

      FAZ, is jy ‘n man of vrou? Soms hou ons skrywers daarvan om te weet wie hulle stories geniet het 🙂

      Reply
      • Avatar
        Jan 25, 2019 at 1:38 pm
        Permalink

        Ek is ‘n volbloed lustige vrou

        Reply
        • Avatar
          Jan 25, 2019 at 1:39 pm
          Permalink

          Oooo Uther gaan daarvan hou. 🙂 Hy sê gereeld vir my hy skryf eintlik sy stories vir vroue. 🙂

          Reply
        • Avatar
          Jan 25, 2019 at 1:40 pm
          Permalink

          En dis amazing dat jy dit wil ervaar. Kom vertel ons hoe dit was 🙂

          Reply
  • Avatar
    Jan 25, 2019 at 11:03 am
    Permalink

    Uther….hierdie is briljant geskryf….het my behoorlik verlustig in elke detail.
    Verjaarsdag en of roomkoek sal nooit weer dieselfde wees nie….lol

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)