
Die Kontrakteur
deur Bobcat
Die tante aan die anderkant van die landlyn klink benoud. “My dogter het baie geld betaal en die bouer het daarmee verdwyn. Hulle voorspel reёn en ons weet regtig nie wat om te doen nie. Kan u nie maar asseblief net kom kyk nie?”
Die vrees in haar stem laat vir Neels instem. “Goed dan, as u teen vyfuur hier kan wees dan is my dogter ook tuis en dan kan sy jou alles verduidelik,” sê die tante voordat sy aflui. Neels ken die omgewing vanwaar die tante geskakel het goed en besef dat hy sal moet wikkel as hy betyds wil wees.
Toe hy die interkom by die hek druk gaan die hek oop en hy ry na binne. Neels hou langs die huis stil. Die tante kom aangestap en maak verskoning dat haar dogter nog nie tuis is nie. “Kom gerus in vir koffie,” nooi sy hom nader, maar Neels wys dit van die hand en vra dat die tante hom solank die brouwerk van die vorige kontrakteur wys.
Terwyl hy kop onderstebo mates neem hoor hy ‘n voertuig in die oprit. Gedempte stemme en dan raak dit stil. “Middag … ek is Chante,” praat ‘n vrouestem skielik agter Neels. Hy kom orent en draai stadig om. Sy mond word kurkdroog en hy sluk ‘n paar keer voordat hy sy hand uitsteek en antwoord. “Burger … Neels Burger.”
In sy twee-en-veertig jaar as alleenloper het hy nog nooit so ‘n aantreklike vrou teegekom nie. Sy is skaars 5 voet 2 lank. Donker gelaatstrekke met krullerige donkerbruin hare wat in ‘n nuwerwetse bolla saamgevat is. Sy het ‘n sterk, amper Italiaanse ken, met ‘n kuiltjie en die mooiste bruin oё kyk op na hom van agter ‘n baie fyn goue brilletjie. Haar goed gevormde lippe trek saam in ‘n glimlag. Toe die kraaispoortjies langs haar oё en mondhoeke vorm vanwee die glimlag besef hy dat sy dalk ouer mag wees as wat sy eerste indruk was.
Sy is goed geklee in ‘n ontwerperspakkie met ‘n ligblou bloes en bypassende skoene. Die sagte reuk van haar parfuum bereik sy neus toe hy effens vooroor leun om haar met die hand te groet. Die eerste aanraking stuur skokgolfies deur sy liggaam en hy besef opeens dat hy effens te lank talm met haar hand in syne.
“Jammer ek is laat Mnr Burger … verkeer was ‘n nagmerrie.” Sy draai om en begin wegstap. “Ek maak vir ons koffie,” laat sy oor haar skouer hoor en beduie dat hy haar moet volg. Hulle stap deur die goedversorgde tuin na die voordeur. Laasgenoemde is ‘n massiewe swaar houtdeur met koper beslag. Die vertrek is effe donker en sy skakel die ligte aan. Neels verkyk hom aan die goed ingerigte vertrek met sy mengsel van antieke en moderne meubels.
Chante beduie met haar hand na ‘n groot leerbank en terwyl Neels gaan sit verdwyn sy in die gang af. Toe sy weer die vertrek inkom met hul koffie op ‘n hout skinkbord spring hy orent, maar sy versoek dat hy moet plaasneem aangesien die koffie nog bietjie moet trek en asemhaal. Sy begin gesels oor die vorige bouer en wat sy beoog terwyl sy die koffie skink en die koppie na hom uithou. Hy let op na haar goed versorgde hande en naels. Stewige klein handjies, amper soos die van ‘n gimnas.
Neels hou haar fyn dop en laat sy oё oor haar gesig, hare en hele lyf gly terwyl hy kort kort instemmend knik. Hy besef hy is in vervoering. Dit voel asof haar stem hom hipnotiseer.
Die kraaispoortjies langs haar oё en mondhoeke vang Neels se oё vas, behalwe wanneer sy soms haar arm optel om te beduie en hy die buitelyne van haar bors kan waarneem.
“Alles reg, Mnr Burger?” vra sy. “Uhm, ja Mevrou …” Hy besef dat sy nie haar van genoem het nie. “Ag nee wat … noem my maar net Charlie,” glimlag sy. “My vriende noem my almal Charlie.”
“Sal dit reg wees as ek more weer die perseel besoek? Ek moet behoorlike afmetings neem en wil graag beter ondersoek instel na die werk wat reeds gedoen is.”
“Seker Neels … mag ons mekaar maar informeel aanspreek?” vra sy.
Neels kug en verstik amper. “Asseblief,” antwoord hy vinnig.
“Jy sal ongelukkig more alle opmetings moet afhandel, aangesien my ma oormore terugkeer Kaap toe.”
Hulle bespreek die projek verder en toe Neels so teen half agt die aand daar wegry is hy effens naar en natgesweet. Flitse van haar speel in sy gedagtes af. In sy kop som hy haar as enigmaties beeldskoon op. Bietjie van ‘n snob, maar ‘n snob wat baie lekker koffie maak.
In die daaropvolgende week praat hy en Chante gereeld oor die telefoon en hy begin daarna uitsien om haar weer te sien. “Jy maak die lekkerste koffie,” laat val hy tydens een van die gesprekke en sonder versuim nooi sy hom om die komende Saterdagoggend oor te kom sodat hy sy aanstellingsnota, deposito en sleutels kan kom afhaal. Sy belowe verder om weer vir hom van die ingevoerde Braziliaanse koffie te maak.
Die oggendluggie is koel waar Neels voor die groot houtdeur staan. Sy hart klop in sy keel en hy wonder waarom Chante so lank neem om te kom oopmaak. Hy staan nog en wonder toe hy die slotte hoor knars en die groot houtdeur stadig oopswaai. Eers net op ‘n skrefie. As sy hom herken nooi sy hom in en trek die groot deur wyer oop terwyl sy half agter die deur bly. Neels stap verby en hy hoor hoe sy die deur weer grendel. Daar hang ‘n subtiele reuk van kaneel in die lug gemeng met stoom wat in die gang vanuit die rigting van die badkamer kom.
Chante vat hom aan die arm en skuur verby hom terwyl sy haarself verskoon. “Jammer, ek was nog besig om te bad,” sê sy half kop onderstebo terwyl sy die swaar badkamerjapon stywer om haar lyf vou. Sy draai haar kop na hom en hy sien die lagplooitjies. Die brilletjie is skoonveld en hy sien haar groot bokkie oё, pertinente ken en mooi nek. Terwyl hy haar staan en aangaap trek sy haar hare onder die japon uit en Neels merk op dat hulle n effense kartel het en amper tot op haar middellyf hang.
“Nou hier, maak jouself tuis,” roep sy oor haar skouer terwyl sy in die gang af verdwyn. Neels se hart klop onstuimig en hy fantaseer oor Chante wat se hande oor haar eie lyf beweeg terwyl sy aantrek. Hy wonder hoe sy sonder klere sal lyk. Dalk effe mollerig, atleties of sommer net klein gebou. Hy onthou die buitelyne van haar bors en weet dat sy ‘n baie begeerlike borsmaat gaan hê.
Toe hy haar na so tien minute in die gang hoor afkom gaan hy vinnig sit en gryp ‘n tydskrif en maak asof hy lees.
“Jammer hoor. Ek het regtig verslaap vanoggend,” bied sy verskoning aan terwyl sy weer die koffie en ‘n paar beskuite op die koffietafel neersit. Sy draai na die CD speler druk ‘n knoppie en die mooiste agtergrondmusiek begin speel.
Vir Neels voel dit asof iemand sy keel toedruk. Chante lyk verruklik in ‘n noupassende wit-en-blou truitjie wat haar ronde stywe borste beklemtoon, ‘n effe uitgewasde denim wat stewig om haar bene en boude vou en haar vroulikheid beklemtoon met bypassende bruin stewels wat tot net bokant die enkels gaan.
Haar bruin hare hang met ‘n kartel half oor haar linker skouer en half oor haar rug en die skoon seepreuk wat nou vermeng met die aroma van die koffie, maak Neels effe lighoofdig. Sy hart bokspring en hy voel hoe die bloed na sy wange stroom. Hy wonder wat om te sê maar toe hy in haar oё vaskyk en die lagplooitjies sien begewe sy moed hom.
“Hoe oud is jy, Neels?” vra sy reguit terwyl sy hom stip aankyk.
“Twee-en-veertig,” antwoord hy, half omkant gevang deur die vraag. Sy kyk stip na hom en vra: ”Getroud?”
“Nog nooit,” antwoord hy effe verleё.
“Meisie, vrou, man in jou lewe?” Neels bloos nou soos ‘n skoolseuntjie. “Net ek en die Skot.” Sy frons. “My hond,” antwoord hy vinnig.
Sy neem oorkant hom plaas met haar bene gevou op die groot leerbank. Hulle gesels vir ‘n wyle en kort-kort swaai sy haar kop effe om die gekartelde lokke uit haar gesig te hou. Neels kan aanvoel dat haar oё ondersoekend is, maar sy stuur die gesprek in ‘n heel gemoedelike rigting en hulle begin mekaar uitvra, eers oor hul professionele – en toe oor hul persoonlike lewens. Sy laat blyk dat sy 51 jaar jonk is en uit die gesprek lei Neels af dat sy as jong vrou getroud was vir drie jaar, maar dat die huwelik stormagtig was en amper in ‘n tragedie ge-eindig het.
‘n Dringendheid om hierdie vrou in sy arms te neem ontwikkel by Neels en hy besluit om die gesprek kort te knip. Hy staan op en maak verskoning. Hy sien die verligting op Chante se gesig en besef dat hy amper sy naam gat gemaak het. Sy sien hom by die voordeur af, maar voordat sy die deur kant toestoot draai Neels om: ”My sleutels?”
Sy verdwyn in die huis in en hy stap tot binne die deur. Sy raap sy sleutels van die bank af op en hou dit na Neels uit. Lagplooitjies om haar mondhoeke. Hy vat mis en ‘n elektriese skok trek deur sy hele lyf toe hy aan haar warm hand raak.
Hy omvou haar pols met sy hand en trek haar nader. Sy ses voet gestalte troon bo haar uit en hy buk effe laer. Haar stywe borste druk teen syne en hy om-arm haar ferm en kom orent. Outomaties vou haar bene om sy lyf terwyl hulle lippe mekaar s’n ywerig soek en hy stoot die deur met sy voet toe. Die stap na die groot leerbank is stadig, maar hulle soen is ywerig en warm. Haar mond is vars en proe soos die stroop van ‘n koel, soet druiwekorrel toe hul tonge ontmoet.
Neels buk vooroor en lê haar op haar rug op die breё ruglening van die bank neer. Hy soen haar mond en nek terwyl hy sy hande beide onder haar trui indruk. Sy hol haar rug en hy trek die trui tot bokant haar borste. Hy verwag om ‘n “push up” bra, kamisool of ten minste ‘n sportbra onder die truitjie raak te loop, maar haar borste lê soos twee mini sokkerballe wat styf gepomp is. Hy staar vir ‘n oomblik.
“Alles myne … natuurlik …” giggel sy en trek Neels se kop in die rigting van haar een bors se tepel. Laasgenoemde staan reeds op orent in die middel van ‘n pers-pienk areola omring deur klein knoppies wat verhewe is soos wanneer jy koud kry.
Sy regterhand omvou haar linkerbors terwyl hy haar regterbors soen en suig. Hulle begin albei liggies bewe en Neels besef dat hy verby jags is. Hy gly Charlie teen die ruglening af tot op die sitgedeelte van die bank met haar boude effens teen die armleuning. Sy soene loop van haar borste oor haar maag tot waar haar denim hom stuit, maar haar hande flits behendig tot hulp en terwyl sy haar boude lig trek hy haar denim, panty en skoene uit.
Hy snak weer na asem. Sy het perfekte atletiese bene, effe gespierd wat bo by die mooiste bultjie wat hy al ooit gesien het bymekaar kom. Haar seksvrug is skoongeskeer behalwe vir ‘n breё strokie donker krullerige hare bokant die klitorus oor die volksiebonnet.
Neels begin haar teen haar enkel soen en sentimeter vir sentimeter verken hy haar been. Eers die kuit, die knieg, die binne been en laastens die holtetjie in haar lies.
Hy ruik die amandel van haar eva’s vy en gebruik sy ander hand om homself van sy eie broek en onderklere te bevry. Toe sy piel orent spring uit sy onderbroek lig Chante haar kop effe en wys die tevrede teken met haar duim. Neels vat beide haar bene en trek haar boude hoёr op teen die armleuning en druk haar bene weer uitmekaar. Charlie haak haar regterbeen oor die ruglening en dit trek haar sopnat opgeswelde poeslippies effens van mekaar af.
Neels wil haar sonder verwyl bykom, maar hy is mal oor hierdie “cougar” en besluit om haar eers bietjie op te werk. Hy gly sy tong gerond tussen die lippies deur en toe plat oor haar klitorus. Hy rond weer sy tong en ondersoek die lengte van haar klitorus. Laasgenoemde staan nou redelik prominent en effe verhard en met sy tong tart hy die puntjie daarvan terwyl hy gereeld met ‘n plat tong oor die lengte van die klitorus beweeg. Haar hande kom om haar boude en sy trek haar poesie oop. Neels rond weer sy tong en druk dit diep in haar in, vou sy bo-lip oor haar clitorus en soos hy sy tong terugtrek begin hy suig. Na ‘n paar herhalings begin Charlie hom smeek om op te hou maar hy volhard en begin om haar clit in alle erens te suig terwyl hy twee van sy vingers in haar opdruk, handpalm na bo … eers die een en toe albei.
Terwyl hy sy vingers in haar opdruk begin hy, sonder om op te hou klit suig, om met sy middelvinger te vryf oor haar G-kol terwyl sy wysvinger tik bewegings teen die plafon van haar eva’s vy maak. Chante begin haar knieё na mekaar bring en Neels besef dit is tyd. Hy vervang sy mond met sy duim op haar klitorus en kom orent. Duim vryf klitorus, middelvinger vryf g-kol en wysvinger tik plafon. Keelgeluidjies ontsnap oor haar lippe en sy begin haar kop wieg. Neels bring sy ringvinger tot teen haar kringspier en pas effe druk toe terwyl hy haar vinger en kit vryf met die duim.
Chante se bene skop styf. Sy gryp Neels se hand vas en hy voel hoe sy saamtrek om sy vingers. Hy buk vooroor en begin haar sag te soen. Haar bokkie oё is opgeslaan agter half toe ooglede en haar wange is bloedrooi soos roos.
Charlie maak haar oё stadig oop, hulle is pleitend. Haar wange het die blos van ryp granaat en sy strek haar hande uit na Neels. Hy buk vooroor tussen haar arms in en sy vat hom om die nek. Hy voel hoe haar bene om sy heupe vou en hy kom orent met haar wat nou met haar arms om sy nek aan hom hang. Chante se lippe begin sy nek soen en hy voel die nat kol van haar bevredigde vroulikheid teen sy maag.
Sy ore begin suis toe hy haar soen en hy besef dat hy nou heeltemal verby “lus” vir hierdie vrou is. Hy bak sy hande ondersteunend onder haar boude terwyl hy ritmies op die maat van die musiek begin beweeg terwyl hul monde mekaar opsoek.
Neels se horing is so styf dit voel asof dit gaan afbreek en sy voёlkop staan regop tussen Chante se boudjies en druk effens teen haar kringspier. Elke keer as hy ‘n danspassie maak liefkoos haar boudjies die kop tussen hul wangetjies en voel hy haar kringspier harder teen sy eenoog vriendjie.
“Maak liefde met my …” fluister Charlie in Neels se oor en hy sit haar op die rugleuning van die groot leerbank neer. Sy trek haar kniee effens op en terwyl hy sy meneer in sy hand neem sien hy dat haar lippies effens oop, rooi en nat is. Hy trek sy voёlkop van onder af tussen haar lippies deur en oor haar klitorus en maak ‘n ligte sweepklap bo op haar klit met sy meneer.
Dan krom Neels sy rug en druk sy heupe vorentoe. Hy sien hoe sy pielkop tussen haar lippies in verdwyn en dan teen iets, soos ‘n onsigbare versperring met ‘n sagte kern, vasdruk. Hy trek effe terug en stoot weer sy heupe vorentoe. Hierdie keer glip sy voёlkop deur die versperring tot net na die kop en steek weer vas. Hy herhaal die proses en toe hy weer vorentoe druk voel hy hoe sy hele skag in haar diep, warm, sopnat poesie ingly totdat hulle pubis bene teen mekaar druk.
Chante sy kop val agteroor, haar hare hang tot op haar boude en ‘n diep onderdukte geluid ontsnap oor haar lippe. Neels hou homself vir ‘n oomblik botstil in haar en soen haar nek, want haar vroulike skede is baie styf oor sy voёl en hy besef as hy nou beweeg gaan hy sy saad stort …
(lees volgende episode HIER)
6 COMMENTS
New o he’ll.hom hou jy op? So n lekker lees stories en ek maak my klaar vir let’s erg. Kom ASN you met die opvolg
Ag nee, kom tog gou met die opvlog…
Bobcat, absoluut fantasies. Ek wens soms ek het ook sulke kliënte. Ons wag in spanning.
Opvolg asb!!!
Heerlik. Ek is ook n kontrakteur. Wens so iets kan met my gebeur.
Okay, okay Bobcat…jy verdien alle akkolades oor jou skryfwerk !
Goeie storie, volg di gou op, ek kannie waggie !