
Die brief.
deur Diamandt Wolf
Ek sit op die rand van die bed wat bestaan uit twee enkelbeddens teenmekaar. Die huis is doodstil. Ek hoor iets. My asemhaling raak vlak. My bloed jaag met ’n vinniger klop deur my are. Daar’s dit weer. Probeer iemand inbreek? Waar’s die nommer vir die Mountain Men? Ek begin op die bed soek vir my foon. Net my bedlampie skyn. My deur is oop en die gang is donker. Dis ’n nadeel van alleen in so ’n poesgroot plek bly. As enigiets gebeur is jy alleen en niemand gaan jou hier hoor skree nie. Ek probeer sluk. Nee, Stefan, fok, gaan kyk net. Hul sê altyd ’n mens moenie gaan kyk as jy iets hoor nie. Sê nou maar net dis niks. Dan bel ek die Mountain Men en ek lyk soos die poephol. Wel, liefs ’n poephol as dood.
Ek kry my foon, vind die nommer en stap na die deur. Die koue slaan deur my voete – die gang is van rooi klei teëls en ek het net sokkies aan. Ek hoor my asemhaling. My lyf trek gespanne saam. Moet ek my mace saamvat? Te laat, ek beweeg reeds regs by die gang af na die kombuis, by die trappe af. Sien niks. Deur die groot oopplan sitkamer-eetkamer. Loer uit by die donker sydeur na die swembad. Sien niks. Die wind waai. TV was die heelaand aan – vandat ons die rugby begin kyk het – so die stilte van nou is nuut op my ore. Daai geluid is, maar net die wind wat iets roer, dink ek. Ek gáán terug. Wag, gaan maak seker jy’t die alarm op STAY gesit. Ek het nou vandat ek hier bly rykmansprobleme. Moet seker maak ‘die ander’ kom nie in nie. Boonop sit die onsekerheid oor die geluid nog saamgetrek in my bors. Nog whiskey om te bedaar, dis wat ek nodig het. Hoekom dink ek aan whiskey en nie mediteer nie? Ek gaan tjek die alarm en gooi ’n wizza. Die alarm is nou op STAY, maar hoe oud is hierdie oom se alarmstelsel? Sal die ding ooit afgaan? Dis Clara wat my op loop gesit het met haar praatjies oor inbrake in die gebied en hoe die huis waarin ek nou is meer oop is tot gevaar, want blykbaar kom die ouens af van die berg en sny hul die drade.
Ek vou weer my voete onder die duvet langs die warmwaterbottel in. Begin bedaar. Vat nog ’n sluk van die skerp goue vloeistof. Dalk moet ek ’n sigaret rol. Ek’s moeg, het gisteraand na een in die bed gekom en is vanoggend sesuur wakker. Dis Saterdag.
Ek skryf vir jou, want ek het ’n behoefte aan verstaan, aan ’n tipe orde in die reeds te veel chaos. Ek skryf ’n brief, want dit gee my kans om te deel, te ondersoek, myself oop te maak om meelewing te deel.
Vanoggend het ek gaan dans. Daarna besittings gaan optel – in die rondswerf het ek hier en daar dinge by mense gelos. Ek het my riet wasgoedmandjie met ’n ou radio en reënjas in, ’n spul sketse, ’n klei gesig, twee bokse en my fiets terug versamel. Ook met my musikant vriend Adrian uitgehang. Hul nuwe CD is uit. Ek bespreek met hom die klank wat ek wil hê vir hierdie video – ’n gedig van my waarvoor Bernard ’n video geskiet het; ek wat die gedig opsê. “Ek’s jou Omega meisie/jou drie-kop man/ my asem smelt 5sent voëls op ons yster-lelie bed”.
Ek wil gou vir jou vertel van gister. Gister na werk is ek gym toe. Eintlik net om te stort voor ek na die Little Teater toe is. Daar is ’n Taiwanese dansstuk aan en ek het twee kaartjies. Ek stop my motor, wat konstant vrek, in die parkeerterrein voor die teater onder blaarlose eikebome en ’n halfmaan. Die ou gebou van die Little Theatre is mooi verlig en daar is baie mense, meer as wat ek gedink het. Die meisie wie ek genooi het daag op. Ek het vandat ek terug is hier en weg van Nadine, nie met enige ywer rok gejag nie. Gevoel dat hierdie ’n tyd is om alleen te wees. Na my en Nadine se besluit om nou apart die lewe aan te vat, wou ek bietjie my hart se wonde lek; broei op my verlede en ook waarheen ek opad is. Maar die afgelope ruk begin ek ’n lus voel om in vroue geselskap te wees. Wel, eintlik meer en deels om tussen vroue se dye te wees – maar dit behels soms ( met genot, soms nie) geselskap.
Hoekom nou skielik? Want heelwat tyd het verbygeloop. Ook, ek het laasweek Vrydag vir die eerste keer vandat ek weer op my eie is gevoel hoe dit voel as ’n vrou jou hart roer. As sy met een staar jou wêreld omdop. Dis ongelukkig nie die meisie wat vanaand met my saam uit gaan nie – die rede hiervoor is ’n anders storie. Die meisie wat my date is, daag in haar volle stralende aantreklikheid op. Sy’s kort en fyn vrou. Haar leerbootse is styf oor haar kuite gerits en eindig onder haar kneë. ’n Rekstofbroek tart sensueel teen haar duie op en verdwyn onder ’n punk-kantmateriaalrok wat net voor haar heupe begin en warm aan haar fatsoenlike lyfie klou. Dit is afgerond met ’n stywe militêre baadjie. Haar hare is kort geskeer, dit pas by haar. Sy’t ’n gesig wat soos Sinead O’Connor gekomplimenteer word met kort hare en die hare versterk die militêre gevoel van haar uitrusting.
Karin is die eks van ’n vriend van my en ons het in die verlede al na aan vry gekom. Karin lag maklik. Haar lag kom uit soos sjampanje en maak my dronk. Terselfdertyd ag Karin haarself as ’n bietjie van ’n intellektueel en ’n anarchis. Ek dink dis een van haar slegter eienskappe. Haar intellektualisering van die lewe voel altyd asof dit in een of ander waas gebeur.
“Ek weet ek gebruik my looks vir baie dinge, maar ek is meer as net my looks,” is iets wat sy later die aand grappender wys sou sê, maar baie waarhede kom uit in humor en in die middel van die sin se hart lê juis die probleem. Maar dis ’n lekker aand. Ons kuier baie lekker saam. Ons het ’n lekker saamwees. Alles sou honderd bedonderd gewees het, ons sou dalk selfs dinge verder kon vat, as dit nie was vir haar vashou aan ’n intellektuele beeld van haarself nier. Maar dit daargelaat. Terug na die aand. Ons het skaars ons eerste glas verniet-wyn in hand en sy vertel:
“Daar kan nie liefde wees sonder haat nie. Ek het dit die week skielik besef, dit het so helder by my opgekom. En toe skielik besef ek alles beteken niks nie.”
As sy filosofeer veroorsaak dit dat sy ontkoppel van haar sensuality en dinge raak redelik serebraal. (Dis vreemd ek ken nie baie vroue wat al vrede gemaak het met hul sensuality nie?) Hoekom veg sy teen haar eie krag? En dit in hierdie tyd en dag? (Ek ken wel drie vrouens wat kan filosofeer en steeds sensueel bly. Hulle’s rare en spesiale wesens. Jy kan dit net doen as jy gemaklik in jou lyf sit en lekker tot in jou siel in kan asemhaal. Dan is jy ten volle lewendig en ten volle mens. Dan is jy die Lig van siel, die Vuur van intellek, die Water van emosie en die Grond van besit en ware realiteite vasvat. Dis passie!)
Karin se intellektuele wasem loop altyd op ’n punt dood. Wanneer die gesprek doodloop is daar ’n stilte en tel sy weer alles op deur te borrellag. Ons drink nog komplimentêre wyn. Die vertoning begin. Eksotiese kostuums, vreemde danse en verhale.
Ons gaan na die show na Forry’s toe. ’n Ou Kaapse drinkgat. Ons vind ’n tafel buite en ek bum by haar ’n sigaret. Sy druk die Marlboro tussen haar lippe terwyl sy deur die klein leer handsak soek vir ’n aansteker. Ek kyk na haar geronde tande, haar groen oë waar oor sy geïrriteerd vee.
“Ek moet my kontaklense uithaal. Ek het hulle al die heeldag in.”
Haar lippe vat die whiskeyglas met soveel grasie vas, dis asof die oomblik gestilleer is vir ’n film. Daar’s geen merk op die glas nie, want sy dra geen grimering nie. Ek waardeer haar natuurlike skoonheid. Ons sit. Sy sê na my toe. “Ek’s lus vir poppers.”
“Okay kry poppers, maar kom ons gaan maak kos by my nuwe huis. Ek wil jou graag die plek wys.”
Ek het ’n aansteker gaan leen en kom met ’n brandende sigaret terug. Gee dit vir haar aan.
“Hey, dis my voet.”
“Jammer, ek dog dis die tafel,” en voel lomp omdat ek my voet so hard op hare gerus het. Sy trap hard op die punt van my stewel. Dit ontaard in voetjie-voetjie en ’n kinderlike histeriese gejubel soos ons speletjie se intensiteit toeneem. Die vuur in my dieptes ontwaak met slang-helderheid. Ek proe ’n kragtige opwinding.
“As ek vanaand by jou oorslaap dan moet ek vroeg opstaan, want ek werk môre. Ek wou dit net opklaar,” sê sy en kyk my stip aan.
Ek vat ’n sluk van my lang swart bier en probeer kalm lyk. Sy lyk op haar gemak as sy nog whiskey sluk.
“Ek stel voor ons kry ’n pizza by die Engen se WW. Daar’s nog whiskey by die huis.”
“Maar ek wil my chilli poppers hê.”
Die kelner kom verby.
“Ekskuustog, kan ek vir die dame chilli poppers bestel,” vra ek.
“Ek’s jammer maar die kombuis is toe,” sê hy en stap weer aan.
“Ja, kom ons gaan. Sluk jou whiskey.”
“Jy sal my moet help.”
Daar’s ’n mooi gloed in die koue aand as ons die warm pub verlaat. Sy ry in haar groen karretjie en ek verloor haar om ’n draai en dink by myself.
“Ag, wel nou is sy weg. Jy gaan tog vanaand alleen wees.”
Nes ek voor die winkel se helder verligte ingang gaan staan daag sy uit Hoofstraat se verkeer uit op. Na die inkopies volg sy my op teen die berg. Sy is uit die veld geslaan deur die groot huis.
Ek wys haar my kamer.
“Is dit waar ek vanaand slaap?,” vra sy en beduie na die spasie in die bed wat my lyf nog nie deurmekaar gekrap het nie.
Sy wil CD’s luister, maar ons kry nie die ding om te werk nie. Ek sit VH1 aan vir musiek.
“Ek het nooit besef Nuweland het so ’n uitsig nie. Kan ek kom intrek,” kondig sy van buite af aan, terwyl sy rook en oor die vlakte van liggies tuur en Stoney drink. Ek kry die pizza in die oond. Sy kom terug in. Hang haar baadjie oor een van die stoeltjies om die kombuis se toonbank.
“Ek moenie eintlik carbs eet nie,” sê en gaan sit op een van die hoë hout stoeltjies. “Ek het tien kilogram opgetel.”
“Nonsens, waar?”
Sy grawe haar hande in haar maag in
“Hier … en hier,” sy gryp haar dye.
“Ongelukkig niks hier nie.” Sy hou haar hande oor haar klein borste.
Ek, wat nou tot amper teen haar beweeg het, voel aan haar maag, haar dye en mik dan met my hande na waar haar hande oor haar tiete is en sy sê: “Ja, jy sal hulle moet vryf.”
Liggies streel ek met een hand oor haar borste en leun nader. Ons soen liggies. Ek trek haar teen my, suig diep die reuk van haar hare in. Ek ruik meer as haar hare, ek ryk haar sweet, haar mens wees, haar wese, haar bloed. Daar is siel en lewe in daai reuk. Op daai moment, vir so kort oomblik wil ek gil van geluk. Net om haar te voel, om iemand so intiem weer so na aan my te hê. Ek is nou vir amper ses jaar by een vrou. Ek was nie altyd die toonbeeld van ’n betroubare maat nie en het met ander vroue geflirt, maar op die ou end het ek nooit vir Nadine met enige iemand gekul nie.
Ek vryf af oor Karin se rug, voel elke ronding van haar klein boudwange. Daar’s ’n unieke ekstase wat sy kleur in my sing. Ek soen om haar gesig, verken haar oorskulp met my tong, beweeg weer in vir ’n soen, maar sy beweeg weg. Sy golf ’n lag oor haar ronde tande in my blydskap en verwarring in.
“Ek het daai soen ontduik.”
“Ek sien so.”
Haar liggaam raak geleidelik kouer. Al staan ek met my knie tussen haar dye het die magnetiese aantrekkingskrag gestaak. Sy dink aan iets. Ek sien sy gaan heel waarskynlik iets filosofies probeer sê, so ek draai om en haal die pizza uit. Die kombuis en wat ook al sy aan gedink het smelt in die watertand geur van kaas en feta.
“Nog whiskey?” vra ek terwyl ek vir my gooi
“Nee, dankie.”
Sy ontvang drie keer boodskappe op haar foon terwyl ons eet.
“Sjo, kyk die tyd. Ek gaan jou ongelukkig moet verlaat, ek moet môre mos werk.”
“Ja, dis reg, jy moet môre werk.”
Ek staan op, kyk oor haar skouer na die TV en vat ’n skerp teug van die goue vloeistof.
Daar’s ’n kief song op VH1, ek sing saam en beweeg soontoe. O, nou sien ek wat dit is, dis Jailhouse rock. Ek maak dit harder.
“Kom kyk, dis Elvis die Pelvis.”
“O, hy was ’n bad boy
Sy kom sit langs my op die rusbank. Ek is die eerste keer die aand onseker. Wil sy hê ek moet haar probeer dwing om te bly? Meer van ’n aanslag maak? Die spel is vir my onduidelik. Ek hou haar onderlangs fyn dop, maar sy gee met haar lyf geen leidrade nie. Nie enigiets wat ek of die hele CIA kan ontsyfer nie.
“Ek gaan nou uitglip,” sy staan op.
Ek staan ook op en stap saam die twee stelle trappe na benede.
“Dalk moet ons dit weer doen, dan bring ek my toue en bind jou vas,” sê sy.
“Ja, maar ek hoop jou fantasie om my vasgebind te hou en nie kos te gee nie, bly ’n fantasie.”
Ons soen weer. Sy klim in die kar en rol haar ruit af. Sy vroetel onder toe in die kar, sukkel met iets. Ek beweeg vinnig, leun oor, trek liggies haar kop deur die ruit en soen haar lank. Voel my voël op styf. Fok, moet sy nou waai…?
“Vat daai saam met jou huis toe,” sê ek en draai om, deels want ek wil nie hê sy moet die tent in my broek sien nie. Ek stap op en maak die groot blou deur met die koper handvatsel agter my toe.
“As die lewe na jou uitreik moet jy terug reik, anders mag jy dit later berou” dink ek, “ Maar dis moeiliker vir vrouens, anders. Hulle het vrese oor hoe ander hul sal sien. Tog, sy kan nou om die draai ’n ongeluk maak en sy sal dood wees. Koud. Sonder om die lewe, die onbekende passie wat vanaand hier was te proe. Beter to regret something you did, than something that you didn’t do. Dan weer was dit dalk daai SMS’e. Ek ken haar nie so goed nie. Dalk is daar iemand anders.”
Dit eindig nie daar nie. Nee, want so ’n dringende jagsheid moet getem word. Ek het die afgelope ses maande min gemasturbeer. Na my ring van my vinger af is, wou ek net nie. Maar vanaand is ek so lus, die sperm wil deur my porieë uitspuit. Steeds soek ek nie ’n leë betekenislose jag van plesier nie. Om dit te verhoed verander ek dit in ’n ritueel. Ek steek ’n kers in die meditasiekamer aan. Ek bid my redes en motivering uit in die oog van die flikkerende vlam. Ek asem wat ek in my toekomstige liefdes wil ervaar uit oor my lippe. Ek sien beelde van myself in toekomstige lovers se arms, dit kom spontaan. Stadig verander my asemhaling. My longe raak meer oop. Terug in my kamer gaan lê ek op die bed. Die lug wat ek intrek streel lekker aan my. Wanneer ek myself kry is ek op my rug en maak liefde met die heelal, sy’s ’n vrou met rooi hare. Wanneer ek weer sien maak ek liefde met ’n tweeling met groot borste. Ek ruik hul oorweldigende seks en beweeg uit my lyf en kuier by vrouens wat op die huidige moment ook aan my dink en aan hulself vat. Met warm en sensitief handpalms streel ek teen my bene op. My laptop hits my aan met beelde van allerlei vrouens. Sterre en wesens swem in en om my. Alles brand. Ek rits my broek oop. My piel is hard en sy kop glinster in ’n donker rooi-pers. As ek liggies oor hom streel stuur dit onbeheersde rillings deur my wat blitsstraal na my lyf se uithoeke. Ek trek die broek af. Sprei my bene oop. Geniet die wintersuurstof, die koue wat aan my naaktheid gryp. Baie stadig maak ek liefde in hierdie gebed. Klompe sperm kom al op en uit my voël se oog voor ek kom. Die spanning bou en breek. Ek word oorrompel deur suiwer plesier wat strek van die punte van my tone reg deur tot by my kroon. Ek trek my hemp en trui net betyds op na my nek en kom oor my maag. Daar is so baie semen. Dik wit jellie poele. Ek bly geanker aan die lekker asemhaling. Vee die sperm stadig af. Hier is lewe gestort in my skoot. Dis ’n okkultiese daad. Ek eindig my ritueel deur die sperm-deurweekte toiletpapier saam te vat na die kers in die mediteer kamer en prewel vir lewe en liefde en verstaan. Druk die toiletpapier met die sperm teen my derde oog, my hart en wat die Japanese noem jou Hari – die punt so hand breedte onder jou naeltjie. Ek asem saam met die planeet suurstof in en blaas die kers dood.