Die Berghut

4+
Hoe lank gaan ek lees: 13 minute

deur JouBok

Die suising van motorbande op die teer vul my ore. Die dreuning van die kragtige dieselenjin onder die enjinkap is gerusstellend. My brein het die werk-stres gedagtes lankal uit my kop verban. Opgewonde fokus ek op die langbeplande ontmoeting met ‘n baie spesiale vriendin.

Ver agter my lê die goudstad wat ek vroegoggend verlaat het. Die Vrystaatse vlaktes is in ‘n vaal wintergewaad toegevou. Die omgewing waardeur ek nou reis lyk soveel anders as die vlaktes waaraan ek gewoond is. Blou berge lê op die horison met bergpieke bedek met sneeu. KwaZulu-Natal pronk met ‘n groen tapyt soos haar gras groen oor haar heuwels vou.

Singende motorbande vreet die kilometers na King Shaka Internasionale Lughawe waar ek ‘n afspraak het om Jane te ontmoet. Sy het die vorige dag uit Nieu Seeland vertrek op ‘n maandlange besoek aan Suid-Afrika. Ons gaan vir ‘n paar dae hoog in die Drakensberge vakansie hou voor sy ander vriende en familie gaan groet. My hele wese verlang na haar. Ek kan nie wag om haar te sien nie.

Die verkeersdruk en frustrasie vermeerder hoe nader ek aan my bestemming kom. Wanneer my motor by die Pietermaritzburg verkeer aansluit bevind ek my tussen heelwat meer motors en moet ek my gedagtes forseer om nie net alleen aan lieflike Jane te dink nie.

Verby Pinetown beur my motor deur die verkeer en ek is gefrustreerd omdat dit minute van my tyd opneem. Deur Durban kruip die verkeer en ek is verlig wanneer ek noordwaarts draai en die verkeer agter my laat vir die laaste 35 kilometers na die lughawe.

Die GPS se tyd van aankoms wys dat ek vroeg is. Baie vroeg! Maar dit maak nie saak nie. Ek wil geduldig op die lughawe vir haar sit en wag. Solank ek betyds daar is en weet sy is op pad is die Kaap Hollands.

Vandat Jane my maande gelede laat weet het dat sy kom kuier het my gedagtes gedraai teen die spoed van lig. Ek het oor hierdie dag gedroom. In die donker ure van die nag het ek wakker geskrik en aan Jane gedink. By die werk het sy in my gedagtes geleef. My kantoor-stoel het van haar teenwoordigheid geskree. Wanneer ek by die myn-kantien ‘n middagete bestel het ek my verbeel sy staan langs my. Saans wanneer ek moeg op my bed neerval het ek na haar verlang.

My motor snel by Umhlanga verby.

Die laaste kilometers verdwyn onder die motor se bande en ek tru-parkeer naby aan ‘n muur ver van die parkeergarage se ingang. Met ‘n glimlag op my gesig maak ek die kartondoos agter in die SUV se kattebak oop. Ek tel versigtig die massiewe bos geel langsteel rose uit die houer. Wanneer die kattebak outomaties toeklap sluit ek die motor met die druk van ‘n knoppie terwyl ek wegstap. My voeteval klink haastig op die plaveisel wanneer ek na die groot lughawegebou se aankomssaal stap.

Groot dubbel glasdeure skuif outomatiese oop wanneer ek naderkom. Ek vergewis my van die tyd wanneer Jane se vlug sal land en stap buitentoe na die bekende Beker en Bone eetplek.

Buite is die lug warm en vogtig wanneer ek by ‘n koffietafeltjie gaan sit en vir my ‘n koffie en ‘n toebroodjie bestel. Die amper twee ure snel vinnig verby terwyl ek in my gedagtes Jane en my ervarings en urelange WhatsApp-gesprekke herleef. In my geestesoog bewonder ek alreeds elke kurwe van haar lyf.

Wanneer die dreuning van die aankomende vliegtuig my uit my dagdrome ruk staan ek vinnig op en betaal my rekening met ‘n ruim fooitjie aan die kelner wat Jane se sonskynrose in ‘n massiewe beker koue water geplaas het terwyl ek daar gesit en koffie drink het.

Waterdruppels op die teëlvloer dui die roete aan wat ek gestap het tot by die aankomslokaal. Ek gaan staan in die middel van die groot oop spasie en die laaste druppels val van die rose op die teëlvloer. My gedagtes ruk terug na die dag toe ons gemengde sappe uit haar naaktheid op die industriële mat in my kantoor geval het terwyl sy wydsbeen met ‘n bottel Appeltizer teen haar rooibesmeerde lippe gestaan het.

Elke sintuig in my liggaam is in afwagting vir die oomblik wanneer Jane deur die deure sal stap. Ek wil haar sien, ruik, hoor, voel en proe. Ek wil haar ervaar. Jare van afwagting is verby. Ek wil bars van opgewondenheid. Die inligtings bord wys die status van die vlug as “Disembarked.”

“My” Jane en ek word slegs deur minute en ‘n deur geskei.

My hart ruk wanneer ek haar sien. Sy is beeldskoon! Haar donkerbruin oë is soekende na my. ‘n Hemelse glimlag verlig haar gesig wanneer sy my sien. Haar hare is koringbruin gekleur. Dit is korter gesny met ‘n effense golf-karteling in haar nek. Haar knie-lengte sonneblomgeel rok verhelder die vertrek. Die rok span styf oor haar bolyf en heupe vanwaar dit wyer uitklok en oor haar bobene tot by haar knieë val. Haar medepassasiers lyk vaal teen haar.

Sy los haar tas en storm na my toe. Ek hardloop haar halfpad tegemoet. Haar handbagasie val op die teëlvloer by ons voete. Met arms wyd oop val sy teen my bors. My linkerhand hou die rose effens eenkant sodat ons hulle nie tussen ons vermorsel nie. My bors verwelkom Jane se sagte tieties wat tussen ons platdruk. Haar arms gly onder myne in en ruk my byna van balans af. Ek sirkel my arms om haar skouers en druk haar krampagtig teen my vas. Ek hoor haar om die beurt lag en snik. Wanneer ek my arms om haar verslap span haar arms stywer om my.

Ons staan vir ‘n ewigheid teen mekaar vasgeklem. Haar kop rus op my regterskouer. Ek ruik die geur van haar hare. Jane se geliefde parfuum sweef sag om haar terwyl sy styf teen my staan. My lippe teen haar nek herken die sag van haar vel en my tong proe die bekende smaak van haar lyf. Bekende kurwes van haar lyf druk styf teen my vas. Haar sagte warm borste brand my deur die materiaal wat ons skei. Waar haar borste teen my druk voel dit of my vel aan die brand is.

Op haar rug, deur die sag van die rok voel, voel my regterhand na die bandjies van haar bra. Daar is niks! My hand dwaal laer na die ronding van haar boude. Daar is ook geen teken van ‘n toutjie onder haar rok nie. Onwillekeurig druk ek my groeiende horing harder teen haar vas. Sy reageer deur haarself ongemerk teen my te skuur. Ek raak bewus van ‘n welbekende liggaamsgeur. Sy trek effens weg en soen my skaamteloos. Ek proe en ek erken die bekendheid van haar tong in my mond.

Uiteindelik, wanneer ons uit mekaar se omhelsing breek staan ons alleen in die lokaal. Jane se vergete tas is deur ‘n weldoener nader gestoot. Oorweldig deur haar nabyheid gee ek haar die bos rose. Haar dankie-sê soen is vol beloftes.

Terwyl ons uitstap vra ek haar uit na haar vlug en of sy honger is. Sy vertel my van die vlug wat ‘n paar minute laat vertrek het as gevolg van ‘n insident met ‘n passasier, die goeie diens van die kajuitpersoneel en sy klink effens kortaf wanneer sy sê dat sy nie nou iets wil eet nie. Voor ons by die gebou uitstap druk sy haar geel rose in my hande en stap vinnig by die toilette in. Minute later stap ons buitentoe in die warm KwaZulu-Natal winterson. Ek stop by die betaalpunt en betaal vir die parkering. Stil loop ons met haar bagasie na my motor. Die afstandbeheerde sentrale sluiting piep en sluit die deure oop. Met die druk van nog ‘n knoppie begin die SUV se luikdeur oplig.

Ek sê vir Jane dat dit fantasties is om haar hier te hê terwyl ek haar bagasie in die motor se laairuim laai. Jane wil haar rose terugplaas in die kartondoos. Wanneer sy  vooroor buk ruik ek weer daardie bekende geur wat ek glo net aan Jane behoort.  My hande sluit om haar skouers. Ek draai haar dat sy met haar rug na die motor staan. Die motor se luikdeur is nog oop wanneer ek haar terugstoot. Sy gaan half op haar stuitjie op die kant van die kattebak sit en met my been skuif ek haar knieë verder uitmekaar.

Met die muur agter my rug, die oop kattebakdeksel en my lyf half oor haar is Jane se lyf weggesteek van die res van die wêreld. My linkerhand verdwyn tussen haar knieë onder haar rok. Met my regterhand se vingers vroetel ek in haar hare agter haar kop. Harder as bedoel trek ek haar kop agteroor. Sy kreun.  ‘n Dierlike grom ontsnap uit my keel. Haar regterhand trek my linkerhand nader en vaster tussen haar bene. Met haar linkerhand hou sy aan my lyf vas om haar ewewig te behou.

Dit voel asof daar elektrisiteit tussen die vingerpunte van my linkerhand en die sagte vel van haar dye skiet. Jane se lyf reageer op die sensasie wanneer haar boudspiere saamtrek en haar heuwel vorentoe beur. Eers druk sy haar bene styf teenmekaar, maar ontspan om my hand vrye toegang te gee. My vingers trek sirkels op haar vel en beweeg soekend hoër na haar bekende bron van alle genot.

Lank voor my vingers die kroonjuwele van Jane se warm vrouwees bereik ontmoet die gladheid van haar lus my hand soos wat dit teen haar bene afloop. My vingers trek sirkels deur die nattigheid en sprei dit oor haar bobeen. Dit voel so warm, so glad en so bekend. Ek kreun harder wanneer ek haar lippe onder my mond kneus en haar tong in my mond glip. My linkerhandse wys en middelvinger verdwyn tussen Jane se geswelde poesie lippe. Ek krul my vingers in haar gladde, warm diepte en met my duim druk ek op haar klit.

Met my vingerpunte begin ek trommel teen die sponsagtige voorkant van haar vagina wand. Jane se borsspiere trek styf soos sy haar heupe vorentoe beur en haar kop harder teen my regterhand druk.

Ek trek my gesig weg van Jane se gesig sodat ek na haar kan kyk. Sy is meegevoer deur emosies en sintuiglike ervaring. Haar bors dein op en af. Sy probeer stotterende woorde vorm terwyl sy vlak asemhaal. In die dowwe lig van die parkeerarea sien ek haar bruin oë na my kyk voor dit effens terugrol voor sy hulle sluit. Haar liggaam ruk. Haar bene begin ritmies saamtrek terwyl haar dye my hand styf vasklem. Haar mond gaan oop in n geluidlose gil wanneer haar liggaam verstar.

My vingerpunte hou aan om haar te stimuleer terwyl ek haar saggies soen. Sy probeer wegtrek, maar ek hou haar vas. Na etlike sekondes begin haar heupe weer met my hand en vingers saamwerk. Binne minute stort sy vrywilliglik oor die afgrond van orgasmiese passie terwyl ek haar vashou en in haar oor fluister hoeveel ek na haar verlang het.

Ek laat haar toe om uit my greep te breek. Haar hande reik na my horing in my broek, maar ek trek haar weg van die motor en maak die luikdeur toe. Ek ondersteun haar deur haar om haar lyf vas te hou en stuur haar wankelende bene in die rigting van die passasiers deur wat ek vir haar oophou. Wanneer ek haar die motor inhelp fluister ek in haar oor dat nommer drie tot dertien in die berge wag.

Ek stap om die motor en wanneer die deur agter my toeklap voel alles so reg, so volmaak.

Jane se regterhand rus gemaklik op my bobeen wanneer ek die motor tussen die besige verkeer deurvleg. Dit is gemaklik stil in die motor. Woorde is vir nou onnodig.

***
Die dreuning van die dieselmasjien en druising van die bande op die teer het Jane weggevoer in ‘n heerlike slaap. Met haar sitplekleuning ver agtertoe het sy teruggelê en verlore slaap ingehaal. Sy was bykans vier-en-twintig uur op reis en dit het haar uitgeput. Haar heerlike orgasme van vroeër het haar laat ontspan en sy het amper soos ‘n kat gespin toe ek die sitplekgordel stywer trek en ‘n warmbaadjie oor haar gooi.

Soos wat ons verder in die rigting van Underberg in die Drakensberg beweeg word dit kouer. Die klimaatbeheer in die motor wys ‘n konstante een-en-twintig grade binne, maar buite het die temperatuur gesak tot onder tien grade. Ons het nog so negentig minute voor ons by ons bestemming kom.

Ons bestemming is ‘n berghut. ‘n Vriend het my vertel van die vervalle berghut wat beskikbaar is. Dit is van gekapte klip, hoog bo in die berge tussen bloekomboomplantasies gebou. Oor die jare het ek die plekkie opgeknap en dit het my plek van ‘solitude’ gemaak. Hier het ek myself keer op keer kom vind.

Ou Jafta wat ek saam met die plekkie geërf het woon sy hele lewe so ‘n kilometer of wat daarvandaan. Hy onderhou die berghut en volgens my wense doen hy die nodige verbeterings. As my plaaslike kontak sorg hy dat die nodige uit die dorp gestuur word saam met die boswerkers wat gereeld daar verbygekom. Met ons laaste gesprek het hy my gewaarsku dat ons sneeu kan verwag en dat ons genoeg van alles moet saambring. Ek het hom gesê watter tyd ek verwag om te arriveer. Hy het my beloof dat ‘n heerlike kaggelvuur en ‘n bredie ons sal verwelkom.

Die son verdwyn agter die berge wanneer ek die motor van die teerpad stuur en deur die vallei ry. Jane het wakker geword toe die eentonige dreuning van die motor op die teerpad verander het na ‘n stamperig rit teen die styl helling van die gruispad. Die SUV klim gewillig die steiltes uit tussen die hoë bome van die plantasies wat rondom ons troon. Jane kyk opgewonde rond. Vir jare is dit haar begeerte om die berghut te sien waarvan ek haar so baie vertel het.

Wanneer ek die motor hoog teen die berg van die gruispad afdraai op ‘n tweespoorpad vra sy opgewonde of ons tuis is. Uit die halfdonker verskyn die berghut wanneer die motorligte teen die donker klipmure val. Ek parkeer die motor onder die afdak langs die berghut en skakel die motorenjin af. Ek klim uit die motor en die koue berglug vou om my.

Voor ek Jane se motordeur oopmaak neem ek die donskombers op die agtersitplek. Wanneer sy met haar dun rokkie uitklim vou ek haar toe in die kombers. Ek tel haar in my arms en stap met haar die paar treë na waar die lig van binne deur die vensters op die stoep val. Ek vra haar om die deur se grendel op te lig en met my boude druk ek die deur verder oop. Versigtig dra ek haar deur die deuropening en soen haar sag op die wang wanneer ek haar op die dik mat neersit.

Die vertrek is warm en die reuk van Jafta se vrou se lamsbredie herinner ons aan hoe honger ons is. In die kaggel brand ‘n knetterende vuur. Die hitte en die oranje, rooi en geel vlamme nooi ons om ons tuis te maak. Ek lei Jane aan die hand na die oorgrote leersitplekke wat teenoor die vuur staan. Voor ons kan sit gryp ek haar in my arms. Ons liggame en lippe sluit mekaar. Die omhelsing word meer as hallo sê. Dit verander na ‘n krampagtige gebaar van “ek wil jou nooit weer los nie.”

Vir minute wat soos ure voel verken ons mekaar se lang-verlangende, bekende, liggame. My hande voer ‘n her-ontdekkingstog na al die bekende plekkies van lekkerkry. Ek ken die kurwes van haar lyf, maar vanaand voel dit asof dit die eerste keer is wat ek aan haar raak. Haar hande op my lyf steek my jagsheid aan die brand.

Terwyl ons hierheen gery het wou ek telkemale aan haar vat. Haar vashou. Haar bevoel en betas. Met haar liefde maak. Haar rok van haar lyf afskeur en haar naai tot ek rou en seer is, maar ek het gewag. Ek het uitgehou, want ek het geweet dat hierdie oomblik spesiaal gaan wees.

Ek skeur my los en druk haar op haar skouers om op die bank te gaan sit. Voor sy sit kyk sy vinnig in die vertrek rond.

In die een hoek van die vertrek is daar ‘n kleinerige kombuis met dik natuurlike leiklipwerkoppervlakke. ‘n Opwas en ‘n gasstoof waarop ‘n tamaai pot bredie prut. ‘n Bietjie gerief in my uithoek van die wêreld word voorsien deur ‘n gaswaterverwarmer, yskas en mikrogolf wat krag van sonpanele en ‘n noodkragopwekker kry.

Die spierwit mat op die leiklip vloer voor die kaggel-vuur nooi ‘n mens om jou skoene uit te skop en net daar op een van die talle kussings wat op die banke lê neer te val. Die swaar houtdeur het agter ons toegeswaai. Die oop deur het ‘n hout trap verberg wat lei na die boonste vertrek. Dik balke vorm die plafon en vloer van die slaap en badkamer bo ons koppe.

Wanneer Jane gemaklik op die bank voor die vuur sit neem ek twee kristalglasies en vul dit met die  donker vloeistof van Old Brown Sherry en gee ‘n glasie aan haar. Met ‘n “op ons en die beste dae van ons lewe” klink haar glasie teen myne. Jane glimlag en my hart smelt in my bors, maar my piel verhard in my broek. Die bruin vloeistof brand my keel wanneer ek die glas op een slag ledig.

Ek verskoon myself en dra ons bagasie uit die motor. Jane neem die kartondoos met die rose en plaas die rose in ‘n emmer met water. Wanneer ek die laaste tas uit die motor teen die trap opdra vind ek Jane in die kamer, handeviervoet op die kant van die bed staan. Sy het die soom van haar rok oor haar rug gegooi en loer oor haar skouer na my. Onder haar boude – half tussen haar bobene beur haar poesie soos ‘n oorryp na-vy. Ek sien die opgehewe lippe en die sloot wat diep tussen hulle sny.

“Jou beloning vir jou harde werk.”

Ek laat die tas op die vloer val. Drie groot treë bring my tot amper teen haar. My hande vat aan haar boude. My vingers en duime druk duike in haar sagte vleis. Die moegheid van ure se motor-bestuur verdwyn wanneer ek afkyk na die donker geswolle poeslippe wat verleidend wag om gevat te word.  Haar sappe van vroeër het droë wit strepe aan die binnekant van haar dye gevorm. Sy ruik na seks. Ek word ‘n 100 kilogram stuk dierlike lus.

Vroeër op ons reis het ons by ‘n garage gestop vir brandstof, toilet, iets om te eet en drink. Ek het aangeneem dat Jane haarself sou wou skoonmaak na ons sessie in die lughawe-parkeergarage. Sy het egter ‘n ander idee gehad. Wanneer sy voel dat ek haar boude ooptrek kyk oor haar skouer en sê in ietwat gebreekte Afrikaans. “Hou jy van jou handewerk? Net vir jou gebêre om te geniet.”

Vars nattigheid glinster op haar pienkerige vlindervlerkies wat tussen vet poesielippe uitsteek. My broek val op die mat. My horing spring vry en klap, klap teen my maag wanneer ek my onderbroek uittrek. Met my duime trek ek haar poesielippe uitmekaar. In my jagsheid stamp ek my stokstywe piel sonder seremonie diep in haar dieptes weg tot my saadsakke teen haar kaalgeskeerde heuwel klap. Sy gil saggies en verstyf. Sy is nie meer gewoond aan my grote nie! Ek mompel ‘n halwe verskoning en gee haar kans om gemaklik te word.

My vingers het in die vleis van haar heupe ingegrawe en ek ruk haar lyf keer op keer teen my vas sodat ons lywe teen mekaar klap. My oorvol saadsakke swaai deur die voorwaartse momentum vorentoe en slaan trom teen haar heuwel. Ons kreun gelyktydig wanneer my lyf teen hare stamp en stamp.

Hierdie is nie liefde maak nie. Hierdie is my oomblik van lus. Hierdie is my reptielbrein jagse naai bevrediging.

Keer op keer omklem haar natheid die lengte van my spies. My horing boor in haar nat dieptes in. Keer op keer ervaar ek hoe die spiere van haar vagina rondom my skag saamtrek. Stamp vir stamp ontmoet haar liggaam myne. My behoefte om te kom word allesoorheersend. My eikel swel en my saadsakke trek teen my liggaam vas. Ek wil die oomblik van ontploffing vertraag, maar Jane se stem spoor my aan om in haar te kom.

In my voël kom al die ervarings bymekaar. Wrywing, hitte, gevoeligheid, tot barstens toe geswel met bloed en n begeerte om my oorlopens toe vol saadsakke leeg te spuit in die dieptes van die lieflike vrou wat voor my op haar knieë staan. Ek kom met ‘n dierlike grom! Jane ervaar dit en stoot met al haar gewig en krag terug teen my vorentoe-opbeurende onderlyf. Ek hoor haar kreun in genoegdoening. Soos gargoyles versteen wanneer die son op hulle skyn, versteen ons in tyd. Die ekstase van die oomblik vloei stadig uit ons liggame en ons val oormekaar op die bed.

Terwyl ons op die bed lê draai ons na mekaar. Die stilte tussen ons is gemaklik. Haar glimlag sê dat hierdie die beste plek in die wêreld is om op hierdie oomblik te wees.

Ek staan op en gaan draai die stortkrane oop sodat die water solank warm word. Haar rok trek maklik oor haar kop. Met ‘n tamaai groot wit handdoek in my hand begelei ek Jane na die stort. Rollende stoom vul die badkamer wanneer ons saam onder die warm water inklim en mekaar begin was.

Met bollende skuim was ons mekaar se honger-moeë liggame. Ons moegheid spoel saam met ons kom en sweet in die drein weg. Ek vryf Jane se liggaam en hare droog met die tamaai handdoek. Sy glimlag wanneer ek die lang wit kamerjas na haar uithou sodat sy haar hande en arms deur die wye moue kan druk. Ek droog vinnig af en trek ‘n soortgelyke een aan.

Hand aan hand stap ons met die trap ondertoe.

Jane kry vir ons van die bredie terwyl ek ‘n bottel rooiwyn uit die wynrak trek en oopmaak. Met die bottel en twee glase in my hand stap ek na die kaggel. Ek plaas die glase en bottel op die tafeltjie langs die leersitplekke.  Ons gooi van die kussings op die mat voor die vuur. Ek gooi ‘n klompie hout stompe in die kaggel-vuur voor ek langs haar op die sagte mat gaan sit.

Ons gesels net soos ou vriende kan terwyl ons eet en aan die gode se nektar suig. In die dieptes van die bottel vind ons dat jare en afstand geen verskil aan “ons” gemaak het nie.

Later lê ek kaal op my maag op die mat tussen Jane se wydgespreide bene. Ons hou mekaar se hande vas. Ons vingers is inmekaargevleg. Ek trek my stywer teen haar. My tong is diep tussen haar poesielippe en haar vrouekom blink op my wange.

In my gedagtes besluit ek dat hierdie die beste ses dae van my lewe gaan wees.

4+

6 thoughts on “Die Berghut

  • Feb 25, 2020 at 6:50 am
    Permalink

    Baie baie lekker gelees… Dink ons het almal sulke Herinneringe. Weereens meesterlik geskryf

  • Feb 17, 2020 at 6:32 pm
    Permalink

    Geniet jou en Jane se verhaal terdee….hoop daar gaan ten minste 6 hoofstukke wees

  • Feb 10, 2020 at 12:09 pm
    Permalink

    Die ‘Jane’-saga is soos iemand se dagboek wat mens lees. Uiters aangenaam.
    JouBok, mens kan die “spesiaal” van Jane in jou lewe aanvoel.
    Sensuele skryfwerk met ‘n skeutjie hartseer daaragter…?
    Dankie dat jy dit met ons deel…☺

    • Feb 17, 2020 at 11:53 am
      Permalink

      Dankie Willewil vir die kompliment.

      Vicky Leandros het ‘profound” woorde gesing in die 70’s. “Dreams are good friends when you’re lonely”…

      Dit was goeie tye en beter herinneringe as wat ek “dalk’ aan myself wil erken. 😉

Leave a Reply

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)