Die Affêre (13)
deur Ramkat Erasmus
Sy lê bo-op my. Haar kaal lyf pas warm en snoesig op myne. Haar bene is oop en sy vryf haar koekie stadig teen my bo-been. Haar pragtige borste skuur teen my borshare en haar mond is op myne. Haar tong woeker diep in my mond.
Ek het my hande op haar boude en help haar met die beweging teen my been. Ek glip my vinger in haar boudspleet in en vryf haar rosyntjie liggies. Sy lig haar gesig en kyk my diep in die oë.
Sy fluister my naam.
-0-
Sy’t my vasgemaak. Ek het aan die slaap geraak en toe ek wakker word het ek besef ek is aan die bed vasgemaak. Sy staan langs die bed met ‘n vibrator in haar hand.
“En nou?” vra ek.
“Nou gaan ek aan jou doen wat jy aan my doen …”
Sy draai die knop aan die onderkant van die vibrator en begin my voël daarmee terg. Sy kielie hom van onder tot bo. Ek weet sy kyk vir my gesig om te sien wat ek voel, en ek probeer my bes om niks te wys nie, maar wanneer die vibrator oor my pielkop begin streel kan ek nie my lyf se bewegings beheer nie en ek ruk heen en weer. Mona Lisa glimlag vir my.
-0-
Sy druk die punt van die vibrator teen die stukkie vel tussen my knaters en my anus vas. Die golwe van plesier rol deur my lyf. Dan vat sy my pielkop in haar mond en hou dit daar. Sy suig nie, sy lek nie, sy hou my net in haar mond. Die vibrasies van die masjientjie in haar hand werk deur tot in haar kakebeen. My hele lyf voel of ek vibreer..
-0-
Sy sit bo-op my. Ek is diep binne in haar sagte warm en sopnat spleet. Sy het vir my ‘n vibrerende voëlring aangesit. Dit vibreer rondom my skag en teen haar klit. Ons lê albei bewegingloos en asemloos en wag vir die vibrasies om op te bou. Haar hande boor in my borspiere in. Ek het een hand op ‘n bors, en die ander om haar boud. Sy leun vorentoe en soen my weer. Sy byt my tong. Die vibrende ring begin nou ‘n sensasie ontlok wat ek nie meer kan keer nie. Ek fluister in haar oor.
“Ek gaan kom!”
“Ja, ja, ja!”
Dan ruk my lyf in onbeheersde spasmas.
Ek gryp haar en trek haar plat teen my bors. Haar binnespiere kramp om my en dan kom sy ook. En saggies kreun sy my naam …