Bye
‘n Laaste selfie vir julle …
Ek is so bietjie emosioneel hier in die laaste oomblikke van Kombiekiehier. It was fun en ek het baie geleer. Ek gaan my bes probeer, my heel beste, om terug te kom, maar as ek nie doen nie, is ek so, so jammer. Iemand wou van die begin af Kombiekiehier vernietig en daardie iemand het meer kennis as ek en is waarskynlik waansinnig of iets, want hoekom anders sal iemand op so quest gaan? Veral sonder om (soos ISIS) die eer daarvoor te vat.
Anyway, ongelukkig kan daardie persoon lekkerkry om hierdie te lees, maar ek weet duisende van julle voel jammer en hartseer. Baie dankie vir julle wonderlike comments en stories en briewe. Hou asb aan om met my te chat by kombiekiehier@gmail.com Bring idees of liefde of lus en net dalk begin ons op ‘n ander plek met iets anders. Of met dieselfde. Who knows? Ek glo maar altyd liefde sal haat oorwin. Amper soos Wonderwoman. 😉 Want daar is baie van julle wat briljant skryf en ek wil baie graag dit aanhou deel.
Anyway, skryf hierbo in as julle updates wil aanhou kry, soos die omsendbriewe wat ek uitstuur. Doen dit net gou voor die site more/vannag verdwyn. (Kyk heel bo aan die bladsy in die geel strook) Of skryf vir my as jy wonder wat gebeur. Of soek my op facebook. Ek sal ook aanhou updates gee op twitter en aanhou post op ons Tumblr rekening. Soek net orals Kombiekiehier. 🙂 Sover leef die Kombiekiehier facebook (Kom Biekie Hier) blad ook nog. Hopelik sien ek julle gou weer.
Maar intussen, bly lus.
Met baie dankbaarheid en liefde.
Annelise
4 COMMENTS
Skryf jy nog stories
Bedoel jy ek, Annelise?
Hello
Ek is te emosioneel om te antwoord.
Ons bede en versugtinge gaan met jou.