Handleiding vir masseuses
deur Kleinboer
Mens kan ’n hoer in helder lig goed naai maar ’n massering moet in ’n skemerige kamer geskied. Dalk moet ek ’n traktaat skryf (met illustrasies) getiteld Handleiding vir masseuses en dit by masseersalonne gaan verkwansel of selfs verniet uitdeel. Die meeste masseuses kry min of meer gedoen wat hulle moet doen, maar ek wil hulle help om uitnemendheid te bereik, ’n gouester-diens te lewer. En ek praat nie van fisioterapeute wat sportbeserings behandel nie, maar van masseuses wat spesialiseer in bekkenmasserings vir mans.
Ek gaan relatief selde vir ’n massering; ek verkies om my paal ín te sit sodat die betrokke vrou ook kan kreun, nie net ek nie. Maar ’n massering het ook meriete. Mens lê eers vir tussen ’n kwartier en ’n halfuur kaal op jou maag op ’n hoërige bed terwyl die masseuse jou rug en bene bewerk en die knoetse lewensstres uit jou skouers en nek vryf. Sy moet jou stuitjie knie, met haar kneukels daar druk-druk (die stimulering van die senuwees daar maak ’n man jags), en ook die sykante van jou heupe streel asof sy haar vingers tussen jou ondermaag en die bed wil insteek. Mens lê met toe oë, salig. En met jou bene effens gesprei, sodat die masseuse se vingertjie soms by ’n binneboud kan verbyglip en vlugtig aan ’n bal kan raak, tergend soos ’n golfie wat op die strand om ’n rots spoel en weer terugkeer see toe. Dis ook lekker as haar heup soms aan jou skouer raak. Daar moet ’n ópbou wees. Liefs in stilte; ’n geklets belemmer die sensasie. Die groot ding is dat die massering van die agterkant van die lyf jou sperms mobiliseer.
’n Massering wentel om die oomblik wanneer die masseuse sê: “You can turn around now.” Mens wag met hart en siel op daardie opdrag. Hopelik ontwikkel jy met die maaglê reeds ’n horing en draai dan om met die ding byna in haar gesig. Die meeste masseuses fokus ná die omdraai dadelik op die voël. Maar dis veel beter as sy eers jou bors, tepels, boarms, bobene en maag masseer, al duur dit korter as die rugmassering. Sy moet eers ’n bietjie terg voor sy op die voël konsentreer, sy moet die spanning amper ondraaglik maak. Dis ideaal as sy, ná mens op jou rug gedraai het, aan die koppenent kom staan en delikate bewegings met haar vingers en naels maak vanaf jou nek, af met jou bors, maag en ondermaag tot aan weerskante van die kloppende penis. Die binnebeen is ’n erotiese area waaraan sy móét streel. As sy oor jou leun verdwyn die ereksie soms half in haar hare. ’n Masseuse van Thailand het eenkeer vanaf die koppenent haar hangende hare kielierig oor my bolyf beweeg, ondertoe. Ek het hoendervel gekry en kon nie help om te kreun nie. Ek het my oë vlugtig oopgemaak en gesien hoe die donker, reguit hare soos ’n gordyn oor my wroegende horing beweeg tot by my bobene en weer terug na my bolyf.
Wanneer sy eindelik langs my heup kom staan, moet sy nie die horing dadelik ferm in die hand neem en begin pluk nie. ’n Groot hoogtepunt is wanneer sy olie oor die meneer drup voor die finale aanslag. Dan moet sy eers skrams aan hom raak, hom tentatief om die nek vat vir ’n rukkie, en hom dan behoorlik gryp en stadig loodreg rig. Die ander hand se vingers moet aan die balsak vroetel. Sy kan die voël tergerig los, hom dan weer vat, hierdie proses ’n paar maal herhaal, selfs die binne-bobene en ondermaag weer streel, ’n vingerpuntjie in mens se naeltjie roer, en dan die paal skielik weer vasvat en ritmies begin skud, aanvanklik nie vinnig nie maar beslis met die idee dat hier ’n crescendo aan die ontwikkel is. Tydens die kort hale hoor mens duidelik die klotsgeluidjies wat die vloeistof binne die penis maak.
Sommige masseuses bly ten volle geklee, ander ontbloot slegs hulle bolywe, ander staan kaal. Ek sit my arm naby die einde om haar heupe. As sy voel mens verstyf soos wat die orgasme aankom, moet sy haar greep verstewig en dringend skud. My oë is meestal toe, maar vir rukkies kýk ek. Die meeste masseuses kyk intens na die voëlkop in dié stadium. Haar vingers moenie oor die kop beweeg nie, sy moet agter die rif bly vasvat. Eenmaal in Blairgowrie het ’n swart masseuse teen die einde my voël met beide hande beetgehad soos wat Serena Williams haar tennisraket vasvat wanneer sy ’n dubbelhandrughou speel. Toe my voël begin spuit het ek net twee semenpakkies deur die lug sien vlieg voor my oë toegeklap is deur my brein, sweerlik om my te beskerm teen ’n floute as gevolg van te veel blootstelling. Ek het myself gehoor brul van die lekkerte.
Wanneer mens spuit, moet die masseuse die goeters nie met ’n lap of tissue probeer vang nie ─ dit moet spat waar dit wil, daar kan later skoongemaak word. Sy moet ook nie ophou pluk nie voordat mens jou palm na haar uithou en wys hô, hô, genoeg.
Vrouens wat bekkens masseer vervul ’n belangrike funksie in die samelewing en verdien elke sent wat hulle kry. Ná so ’n massering voel ek soos ’n gesalfde in die Bybel. Dankie, dankie, dankie. Ek speel met die gedagte om vir ’n Chinese massering te gaan. Dalk gaan ’n jongvroutjie uit Beijing my vandag soos ’n outydse kasregister laat klieng!
5 COMMENTS
Kry mens hierdie tipe gelukkige einde masserings vir vroue ook?
Ookmaarlus,
Inderdaad is daar vir vroue ook intens erotiese masserings, een waarvan die Tantra-massering (of Tantriese massering) genoem word. Dit neem ten minste 45 minute en gedurende die laaste 15-20 minute kan ‘n vrou ‘n hele aantal kere orgasmeer. Die aantal orgasmes hang sterk af van die vaardigheid van die masseur en die vrou se vermoë en bereidheid tot veelvuldige orgasmes. Hier en daar is daar ‘n vrou wat na een orgasme genoeg gehad het. Maar dan is dit inderdaad nog steeds ‘n gelukkige einde!
Goed geskryf, Kleinboer. Mens kan sien jy is ‘n connoisseur as dit kom by die vreugdes wat oordeelkundige voolbehandeling bied.
As man hou ek daarvan as diegene met wie ek ‘n bed deel ook die kunsies van behoorlike bekkenmassering onder die knie kry – vir daai dae wat sy kalendersiekte het en die rooi gety ‘n hindernis kan wees. Seker die grootste fout wat die amateurmasseuse kan maak is om ‘n man se vool te hardhandig te behandel – in die waan dat ‘n man se gereedskap meer robuus as die van ‘n vrou is. Hulle begin jou oor die algemeen te gou en te hard te skommel. Onervare dames is gewoonlik nie bewus van die heerlikhede wat goed geoliede hande met delikate bestryking van jou ballas, die skag en kop van jou vool en die stadige heen en weer werk van jou voorvel kan meebring nie. Hoeveel dames ken die bv. die skroefdop-aksie vir die massering van jou eikel, die riffie en die riempie in die frenulêre driehoekie onderaan jou eikel? Nee wat, dames, dis nie net ons mans wat julle moet verstaan nie. Ons verwelkom julle hande, maar dan moet hulle met grasie vat, druk en vryf. Die intensiteit moet baie stadig toeneem – tot by daardie finale flink geskommel wat die saad van jou handewerk laat spat!
Ek sal jou help met die uitdeel van die instruksies. Dit is absoluut so nodig en noodsaaklik. Tog is daar die masseuses wat presies weet wat om te doen, jou prostaat terselfdertyd te masseer… beter as dit is daar nie
Sjoe! Ek het nou ‘n koue stort nodig.