Buurtwag
deur Wille Will
Ek het ‘n kleinhoewe in die Bosveld, maar op veertig, na my vrou my ontval het met kanker drie jaar terug, boer ek nie meer voltyds nie, die alleenheid vang my. Ek werk nou by ‘n bank in Johannesburg, maar as ek soms ‘n Saterdag nie werk nie dan ry ek uit na my grondjie toe. Ek het ‘n dierbare ou werker en sy kinders wat vir my boer en ‘n dêm goeie job daarvan doen. As ek ‘n naweek soontoe gaan laat ek hom net weet en sy vrou verfris my huis, trek beddens oor, skakel geyser aan. As ek daar kom is alles eksie-perfeksie!
Vrydagmiddag, so by vyfuur, stop ek in die dorp naaste aan my hoewe en kry die Spar net betyds oop om vars vleis, groente , ‘n bottle dop en brood en melk te koop.
Ou Frans Lemmer wat ‘n paar plase in die omgewing besit, gesels vinnig met my in die winkel en sê met al die plaasaanvalle het hulle nou ‘n stelsel waar die drie boere naaste aan mekaar beurte maak om elke aand al drie se plase te patrolleer. My plotjie en my buurvrou s’n het een van die ouens altyd mee uitgehelp, maar siende dat ek die naweek daar is kan ek miskien na die twee hoewes omsien?
“Natuurlik sê ek, maar wat is dit van buurvrou ? Ek dog die vorige boer het insolvent geraak en die plot is leeg?”
“Ja, maar toe het die ou hom doodgesuip en die boedelmense het ‘n ou polis ontdek wat alles kon dek en toe sê hulle vir sy vrou, Amanda, dat sy die grond kan verkoop of daarmee maak wat sy wil, dis skuldvry nou hare. Sy bly nou daar, stoksiel alleen, aangename mens so in haar dertigs … sê sy sal nooit in die stad aanpas nie.”
Ek groet Frans en spring in my bakkie en vat die pad plot toe.
Toe ek die laaste hek agter my toemaak, reg by my huis, kom ou Sarel en twee snotneus seuntjies met breë glimlagte aangestap. Hulle pak die bakkie sommer vinnig leeg in die huis in terwyl ek my ou vriend groet met ‘n stywe druk om sy skouers. Die tandlose mond kraai as hy sê alles is honderd op die plot en die huis is ook gereed vir my.
Ek bedank hom opreg en glip ‘n R100 noot in sy hand en sê : “Gaan rus nou lekker met jou familie, ek sal die res van die naweek alleen regkom.”
Met ‘n ou hoed wat hy hoog optel sê hy woordeloos ‘dankie’ en roep: “Martha! Biesman! Doorn! Kom julle dat ons loop, onse Morena wil die naweek nie gepla wees nie.”
Ek waai met een hand as hul by die hek uitgaan en draai om in die huis in.
Die voorhuis lyk en ruik vars en skoon. Ek loer by die kombuis in en sien alles wat ek gebring het is reeds weggepak, alles silwerskoon.
Ek stap by die slaapkamer in, soos ek reeds my hemp uittrek, die broek en onderbroek volg . Dan sit ek op die kant van die bed en stroop die skoene en sokkies af. Ek maak die skeersakkie oop en haal ‘n nuwe koekie seep uit wat ek sopas , voor my vertrek uit die stad, by Clicks gekoop het by name “El Hombrè.” Ek draai die stortkrane oop en verwyder die seep uit sy omhulsel. Dit ruik na vars dennenaalde, met ‘n effense gebrande koffiebone aroma daarby en ‘n skeutjie kersies.
Ek seep my hele lyf van kop tot tone met die seep in onder die stort en die reuk om my is heerlik soos die water oor my stroom en my verfris. Net voor ek die krane toedraai, doen ek my daaglikse ritueel as ek was of stort en skuif my voorvel van my penis af en was die groot perskop ook mooi skoon. Higïene is by my ‘n passie.
Soos wat ek my afdroog en my voël begin rys van die gevroetel dink ek daaraan dat ek nog nooit weer seks gehad het met iemand sedert Corinne se dood drie jaar terug nie.
As ek terug in die kamer instap swaai meneer soos ‘n dik stuk wors heen en weer voor my. Ek trek ‘n ligblou sweetpak aan sonder enige onderklere en ‘n paar los plakkies aan my voete. Voor die spiëel vee ek ‘n haarborsel deur my kuif en klap ‘n bietjie El Hombrè eau de colognè aan my wange (gekom saam met die seep.)
Vir ‘n oomblik wonder ek wat ek nou gaan doen en dan besluit ek om met buurvrou te gaan kennis maak en gesels oor die patrolering.
Ek gryp die bakkie se sleutels soos ek uitstap, spring in en trek met ‘n effense stofwolk weg uit my erf. Drie plaashekke later draai ek by haar hek in en sien ‘n groot pikswart Doberman met spits ore op die stoep staan, een been bewe liggies asof hy wil blaf en storm.
‘n Stem van binne die huis roep: “Knaters, lê!”
Ek glimlag vir die naam as ek uitspring en stoep toe stap. Drie trappies op en voor ek kan klop vra ‘n diep vroue stem van binne: “Wie’s jy ?”
Ek antwoord: “Armand …”
Voor my sin klaar is gaan die bo- deur oop en sy voltooi die sin: “… jou buurman.”
Met uitgestrekte hand waaraan ‘n paar goue armbande klingel sê sy: “Ek is …”
“Amanda …” voltooi ek haar sin.
Ons bars altwee uit van die lag.
Soos ons bladskud neem ek haar sterk ken waar met vol mooi lippe en spierwit tande soos sy lag. Sy het deurdringende groen kykers in groot wit oë, maar ek sien ook kommer-en-seer kerfies in die hoeke daarvan op haar diep gebruinde vel met die hoë wangbene. Sy het geen grimering aan nie.
Sy staan opsy en maak die skuiwer en die onderdeur oop en klingel my met ‘n vriendelike hand om binne te kom. Haar voorhuis is heerlik koel met ‘n hoë houtbalkplafon en keurige bruin fluweel stoele en ‘n bank met ‘n Zebra vel wat tussen hulle lê.
Toe ek wegsink op een van die stoele, kom sit sy oorkant my op die sofa. Sy’t ‘n wit rokkie aan wat tot hoog bo haar kniëe kom en soos sy gaan sit en haar lang bene kruis, skuif die rok op dat haar hele dy ontbloot is.
Sy sê : “Frans het my gebel dat jy ‘n draai sal maak en buurtwag gaan speel vir die naweek.”
My oë bewonder haar soepel liggaam met die dun middel en groot ferm borste vir haar ouderdom en ek voel ‘n roering in my sweetpakbroek. Asof ek wakker skrik, kyk ek vinnig op met haar woorde en voel ‘n rooigeit opstoot in my nek toe ek sien dat sy fyntjies glimlag asof sy my oë en gedagtes gelees het sopas.
Ons kyk mekaar vir ‘n paar sekondes diep in die oë, asof ons aanklank vind en meer wil weet, voordat sy haar digte bos rooi-bruin hare met haar hand agteroor stoot en sê: “Ek het gewonder … Armand … mag ek jou so noem?”
“Natuurlik, Amanda,” antwoord ek en ons altwee bars weer uit van die lag.
Sy gaan voort : “Nee, ek het gedink as jy nie omgee nie, wil ek graag saam buurtwag ry dan is ek nie so verveeld nie en het jy darem geselskap vir die nag?”
“Maar natuurlik! Ek kan nie so’n aanbod van ‘n aanvallige vrou afkeur nie !” (Shit, waar kom ek aan daai woorde, ek het myself nou in die voet geskiet?)
Sy lig een wenkbrou en smile. “Jy’s self nie te “bad” nie.”
Sy spring op en sê: “Wat van koffie? Of ‘n dop?”
“Nee, wag,” antwoord ek. “Trek vir jou iets warmer aan, as jy wil, dan gaan haal ek gou my jaglamp en ‘n dop en … miskien my geweer, by die huis, en dan ry ons.”
Haar vol mooi lippe glimlag weer (sjoe ek kan hulle om my peni … sies, wat dink ek nou!)
“Jy laat dit alles na ‘n video game klink “ sê sy en die armbande klingel weer.
In die verbygang, oppad voordeur toe, gee ek haar skouer ‘n drukkie en spring buite in die bakkie en trek weg huis-toe.
Binne ‘n halfuur hou ek weer by haar voorstoep stil, na ek by die huis die lamp en geweer op die agtersitplek van die dubbelkajuit gelê het, vinnig ys in ‘n koelersak gegooi het met twee glase en die bottel Chardonnay en gou weer “El Hombrè “ aan my wange gevryf het (hoekom? smile ) en weer met die koelersak op die voorsitplek, teruggery het.
Ek sien haar silhouette teen die lig van die sitkamer by die voordeur.
“Alles gekry?” vra sy en skakel die stoeplig aan, soos ek naderstap.
Knaters (glimlag) lê by haar voete met spits ore en gluur my aan.
“Ja, as jy reg is, kan ons ry.”
Sy’t verwissel in ‘n liggroen, deurskynende chiffon-bloesie met valletjies oor die borste en ‘n baie styfpassende donkergroen Denim en blommetjies-plakkies aan haar voete. Sy lyk asemrowend. Sy buk, tel ‘n mandjie op wat langs haar voete staan en ‘n geruite kombersie en trek die voordeur toe voordat sy saam met my stap en voor langs my inspring. Haar parfuum laat my dink aan groen mos en seewiere.
Ek skakel die voertuig aan net toe sy oorstrek na die agtersitplek om die mandjie en kombersie neer te sit. Ek kan duidelik die groot harde, donker tepels sentimeters van my af deur die bloes sien en ek weet ek kry ‘n ereksie!
As sy weer sit sê sy, met ‘n nou-kenmerkende laggie en klingels van armbande: “Ry nou soos ek jou sal beduie en daar kan ons rustig buurtwag speel … èn gesels … èn eet en drink … èn mekaar beter leer ken.”
Met ‘n nog steeds kloppende halwe ereksie koppel ek die 4 x4 in eerste rat en trek weg.
Ek volg haar aanwysings al langs ‘n stamperige kronkel paadjie vol klippe en sinkgate wat met ‘n heuwel opgaan. Toe ons bo kom sê sy:“Skerp links!”
Ek swaai vinnig om ‘n doringboom … en soos ek skielik skerp moet remme aanslaan voor ‘n vyf meter vêr afgrond … siedaar! Die hoewes lê in groot blokke afgekamp, reg onder ons, elke detail duidelik sigbaar.
“Nou draai jy die bakkie om en reverse na agter en dan sit ons agterin en doen buurtwag en drink wyn en eet en whatever? “ lag sy meteens langs my.
Ek maak soos sy sê en dan spring ons albei uit. Terwyl sy die mandjie en koelersak uithaal, stap ek agtertoe en slaan die agterflap oop en trek die matrassie wat ek altyd saam ry agtertoe met twee kussings aan die bo-kant. Ek neem die kombersie by haar en sprei dit oor die matras. Ons spring altwee in met die koelersak en mandjies.
Sy sê: “Ek maak gou vir ons lekker Parma ham broodjies met slaai en agurkies op rogbrood, dan skink jy vir ons wyn. Ek is mal oor Chardonnay!”
Ek skink die wyn in die tulpglasies net toe sy ook klaar is met die broodjies. Sy sit die bord broodjies tussen ons neer en ons leun albei terug op teenoorgestelde elmboë en klink ons glasies terwyl ons weer diep in mekaar se oë kyk.
Ek sê: “Dankie vir die saamry, laat ons sien wat die nag nog bring?”
Sy glimlag terug : “Ek hoop meer as net buurtwag.”
Die volgende halfuur het ons gesels en gelag, nog wyn gedrink, verhale verwissel van ons grootword jare, ons suksesse/teleurstellings in ons lewens, ons gewese getroude lewensmaats. Haar armbande het elke slag geklingel as sy ge-animeerd iets vertel.
Ek het my verskoon om gou ‘n draai te loop (sommer agter ‘n bossie langs die bakkie ) en toe ek terug inklim sien ek sy’t die glase, bottel en bordjie sommer agter ons koppe neergesit. Sy lê op haar sy met een arm bo haar kop en die ander op haar heup. Haar kop rus op haar arm en haar oë is toe.
“Slaap jy?” vra ek saggies terwyl ek op my sy gaan lê en vir haar kyk.
“Ek het nog nooit sedert my man se dood so ontspanne gevoel nie … so … so amper ligter – asof ‘n swaar las van my skouers af is … so gemaklik en naby aan iemand gevoel nie … soen my asseblief.”
Ek sit my hand op haar skouer, beweeg my liggaam nader en as ek haar om haar hals vat bring ek my lippe af na haar toe. Ons lippe ontmoet vir ‘n vlietende oomblik half soek-soek, maar dan omvou ons monde mekaar en ons tonge dartel oor mekaar s’n en ons suig en drink mekaar in asof ons bang is die oomblik gaan breek. Die honger na iemand wat weer daar is om jou binneste mee te deel, oorheers alles en dis asof ons nie genoeg kan kry van mekaar nie.
My vry hand skuif amper outomaties die chiffon bloes af oor haar een skouer en ek voel hoe sy die ritssluiter van my sweetpak baadjie aftrek.
Ons skep asem en breek weg van mekaar en ons oë ontmoet vir ‘n sekonde voor sy haar bloes oor haar kop uit trek en ek van my baadjie ontslae raak.
Ek staar na haar volmaakte, stywe borste met die donker tepels wat dik en orent staan in die maanskyn wat die enigste lig is by ons.
Dan klap ons lywe weer teen mekaar. Ek streel met my lippe en my tong op na haar nek en knibbel aan haar oor terwyl my hand haar een bors vol vasvat en dan met my palm oor haar tepel heen-en-weer gaan.
“Sjoeee … dis lekker,” prewel sy in my oor en ek voel hoe haar naels strepe op en af maak oor my kaal rug. Sy gooi een been oor my heupe en ek voel hoe my vol ereksie teen haar maag en broek platdruk.
Sy stoot my skielik weg en ek skrik (wat nou ?) Sy gee ‘n laggie, neem my gesig in albei haar hande … klingel-klingel … en as sy my dan weer teer soen, vol op die mond, sê sy: “Ons is nie meer jagse tieners in ‘n drive-in nie, help my met my denim.”
Soos ek die koperknoop losmaak en die zip aftrek, stoot haar vingers weerskante van haar lyf die broek af tot op haar kniëe en dan woel sy dit verder af oor haar enkels met haar voete dat dit agter van die bakkie se flap afval met haar plakkies.
Sy het die kleinste, deurskynende, pers panty nog aan, met ‘n rooi hartjie geborduur oor die klofie, wat die bult van haar koekie skaars bedek. Dit maak my nog meer opgewerk en ek voel my ereksie meer groei en strem teen die sweetpakbroek.
“Jou beurt,” sê sy en haar hande glip agter in my broek in en druk my twee boude in albei hande vas.
“Hmm …” sê sy, soos sy die broek aftrek en my voël soos ‘n veer uitspring. Soos sy die broek afstoot oor my kniëe gaan haar mond oop en neem my penis in haar mond. My asem jaag as ek die broek van my probeer afskop en dan neem sy my voël in albei haar hande en kyk in die half-donker op na my.
“Hy’s baie groot en onbesnyd soos ek soms in my erotiese drome gehad het na my man se dood, waar hy net die teenoorgestelde was, klein en kaalkop … skuus, wat praat ek …”
Ek kan in die donker haar amper sien bloos en om die verleentheid te oorbrug sê ek: “dis die feeling daaragter wat tel, nie die looks nie.”
Sy gee ‘n laggie as sy die voorhuid afstoot oor die groot ligpers kop wat nat is van pre-cum en dan omvou haar vol lippe hom met haar tong wat dartel in sy slootjie en haar wange wat suig en los, suig en los. Haar hand streel hom op en af, op en af saam met die ritme van die suig/los en die ander hand vryf my balletjies dat ek voel hulle swel. My een hand is in haar sy-sagte swart hare en ek druk op haar kop asof ek haar aanpôr tot meer en my ander hand streel oor haar rug. Ek voel ‘n sweetdruppel oor my voorkop rol soos ek met toe oë elke goddelikke oomblik voel vibreer deur my lyf.
Ek besef skielik die jare van onthouding het my uithouvermoeë laat verswak en ek trek haar aan haar skouer vinnig op dat haar gesig by myne is.
Ek sê: “A-Amanda, jy’s unreal! Maar soos jy netnou gesê het, nou’s dit jou beurt.”
Ek soen haar en druk haar skouers terug op die kussings. Dan spring ek uit die bakkie en gaan staan tussen haar bene terwyl ek een voet na my mond bring en elke toontjie soen en aflek.
“W-w-wat doen jy, dis w-wonderlik,” sê sy.
Ek gooi haar twee bene, een oor elke skouer van my en buk af na haar naeltjie. Ek los ‘n druppel spoeg daarin en trek dan ‘n nat streep met my tong af na haar koekie toe. Ek ruik haar vroulike muskus en ‘n rilling gaan deur my liggaam. My twee hande het weerskante van haar lyf haar rooi-hart panty begin aftrek oor haar boude en sy lig ‘n knie op en trek haar een been uit die broekie. Ek soen haar koekie waar die spleet oopgetrek het en haar liggaam ruk, haar vingernaels slaan in my skouers in … maar dan sleep ek my tong op teen haar binne dy tot by haar knie en dan weer af tot in haar lies.
Ek tong-tippie weer haar klit wat nou ontbloot het en gaan weer op teen haar ander been tot by haar knie, en weer terug … toe ek die derde keer heen en weer gegaan het, bewe haar bene op my skouers en sy druk my gesig in haar poesie in en sy sê, hees en stotterend: “E-E-et ha-a-rrr n-ou, ek word mal !”
My arms gaan op na haar borste toe en ek knyp en vroetel haar hemelse tepels terwyl ek met my tong en lippe van haar holletjie af opgaan deur haar koekie, ‘n paar keer en dan neem ek skielik haar klit in my mond en knibbel en suig. Haar hele onderlyf beur meteens ritmies en vinnig teen my gesig en sy skree: “O vader tog … ek kom-m-mmmmm!”
Ek proe haar kom-sappe meng met my spu en ek suig nog harder en vinniger.
“Uhhhhhh … uhhhhh … uhhhhh …” kreun sy en haar bene gaan toe en knyp my gesig vas. Soos sy begin bedaar sê sy: “ Sit hom asseblief nou in ek wil oor en oor weer kom saam met jou, seblief. ”
Ek beur stadig orent terwyl my hande fladder oor haar hals en arms, oor haar borste en af oor haar magie waar ek sirkels maak met my handpalms.
My twee duime masseer haar net binne haar bekken bene met fyn drukkies, terwyl my ander vingers opwaarts vryf oor haar koekie en die lippies oop en toe trek. Dan steek ek twee vingers in haar in en draai hulle al in die rondte so diep as wat ek kan. Toe ek voel haar binnespiere begin saamtrek, trek ek my vingers uit en buk dan af en spêr haar lippies oop dat ek selfs die binne-pienk daarvan in die halfdonker kan sien Ek blaas my warm asem daaroor aanhoudend terwyl my vingers die lippies masseer en ek hoor haar asem weer versnel en sy trek my half op met haar hande. Ek neem my kloppende voël in my hand en met ‘n paar plukke is hy weer stokstyf en ek druk hom net ‘n bietjie in by die opening van haar dosie. Ek sien hoe haar lippies hom omhul en amper vassuig … dan stoot ek hom met een groot beur in so diep as wat ek kan.
“Oooooooo” skree sy hard en haar onderlyf slaan soos suiers teen baie vinnige revolusies aanhoudend teen my vas. Ek volg haar ritme onmiddellik en ons klappende liggame teenmekaar is soos ‘n video wat teen ‘n te vinnige spoed afspeel.
Ek hoor haar armbande aanmekaar klingel soos sy al vinniger beweeg en dan voel ek my saad opsnel in my voël.
“Ek kom!” skree ek.
“Ek ook!” antwoord sy gillend.
Dan ontplof ons teen mekaar, inmekaar en ons geslagsdele is warm soos vuur.
Ons pas begin stadig verslap, maar ons beweeg nog steeds in-uit,in-uit,in-uit … asof ons die ekstase wil rek en rek en rek.
Ek neem haar een hand in albei myne en vou dit toe in ‘n vuis en soen elke kneukel saggies. Dan maak ek haar hand oop en soen haar palm en vou die hand weer toe.
“Jy’s wonderlik,” sê ek.
Ek kyk op in haar oë en sy streel met haar een hand se rugkant oor my wang. Sy staar na my en ‘n klein druppel rol uit by haar een oog as sy sê: “ y het my weer mèns laat voel, my vrou-wees vir my terug gegee. Dankie.”
As ek my penis wat nou slap is uit haar trek, vee haar hande oor my skouers en arms af soos ek terug beweeg en die armbande klingel, klingel,klingel.
2 COMMENTS
Dankie, Rasputin, ek skryf maar as ‘n stokperdjie, was een v.my 1ste probeerslae !
Mooi Wille Will, mooi!!
Bly jy kon die buurvroutjie weer vrou laat voel … en daai traan wys dat sy regtig baie broos en eerlik was in haar volle oorgawe om weer soos ‘n vrou te voel …