Bosverraad
deur Whale
Ek het vir ‘n feit geweet die kak gaan die fan slaan, een of ander tyd. Want dit is Afrika hierdie, en die kampong is net so groot. Gebrek aan vroue-geselskap het menige man al diep in die stront gedrop, met boetes aan Village-chiefs en die hele werke. Want hulle vergyp hulself mos aan die local verbode vrugte, en die local verbode vrugte vergryp hulself aan die US-dollars wat saam die manne se jagsheid by hulle broeksakke uitpeul. En dit is konstruksie hierdie, die oorgewig vrouens by die huis is maar alte gelukkig dat pappa in donker Afrika werk, want dit hou hulle stewige kredietkaart-balans aan die gang, met ‘n toyboy so tussenin.
Haar naam is Cassandra en ek is tot in my diepste wese oortuig sy is ‘n godin uit ‘n ander dimensie. Koperkleurige vel, potblou oë, gladde swart hare en ‘n lyf soos ‘n strykplank met die bulte, rondings en kurwes op presies die regte plekke. En sy is ‘n ingenieur, siviel van alle dinge. As projekbestuurder vir die maatskappy wat die nuwe erts-myn in die provinsie bo in die hart van Sierra Leone bou, is siviel een van die vele aktiwiteite wat onder my bestuur val. En ek hou daarvan om myself te roem daarop dat ek nie kak van kabouters vat nie – ek het reeds verskeie byname versamel in my drie maande hier. Soos die geluksgodin dit wil hê, rapporteer Cassandra direk aan my vir haar afdeling.
-0-
Ons het pas uit ‘n kontrakteursvergadering gestap waar ek gou vinnig van ‘n kontrakteur ontslae geraak het en ‘n paar ander goed die kop gewas het. Tot my spyt was Cassandra een van hulle. Maar die vuur wat haar oë gespoeg het, het aan my presies die teenoorgestelde gedoen as wat haar beplanning was; in plaas daarvan dat daai vuur my net daar in ‘n moerse rookwolk laat verdamp het, het dit ‘n moerse horing in my broek laat verskyn. Maar ek was te kwaad vir die ander om te veel aandag daaraan te gee, en het nie weer daaraan gedink toe ek die vergadering verdaag en elkeen na sy (of haar) deel van die terrein terugegaan het. Ek het in my Land Rover geklim en besluit om terreininspeksie by siviel te gaan doen, daar waar Cassandra werk.
Ek kon sien sy is die blou bliksem in soos ek aangery kom, want haar assistente het verskrik rondgeskarrel en probeer om uit haar pad te bly. Ek moet erken, vir ‘n tweede keer die dag het ek tent opgeslaan. Haar arms het koperbruin by die verpligte langmou-hemp uitgesteek, en selfs met die hardehoed op haar kop, kon ek sien hoe haar hare blink. Daar het die vieslikste Griekse woorde oor haar vol lippe gestroom en dit het my korrasie gevaarlik ver in die rooi in gedruk. Ek het nadergestap.
-0-
Daardie aand in die gemeenskaplike eetsaal het die lugreëling gesing om die dag se hitte buite te hou. Dit het saggies gedruis soos elke tafel hulle eie gesprekke gevoer het. Ek het pas gaan sit om die hamburger en tjips te kanselleer toe ek die vars bries agter my ruik. Ek het geweet dit is sy, dit moes wees. Sy het langs my kom sit, ‘n ligte bloes, kort broekie (goeie fok, die ding het skaars haar perfekte boude bedek!) en drafskoene. Haar koper bene het geblink in die wit lig, gladgeskeer en ingesmeer. Ek het onwillekeurig gewonder of haar koekie ook so glad geskeer is, maar moes vinnig my gedagtegang verander toe sy my reguit vra of ek altyd so na ander staar. Sy het kom sit, ‘n bier met ‘n sisgeluid oopgemaak en honger begin weglê aan haar hamburger. Ons het begin gesels en ek kon vir die eerste keer wys ek is eintlik aangenaam. Sy het skielik gevra of ek ‘n vrou het en voor ek kon antwoord het die atmosfeer tussen ons verander. Ek het my nie verbeel nie, haar oë het vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde geflits toe ek haar meedeel ek is enkellopend. Sy het sous van haar lip af gelek – dit was asof sy my uitgelok het om iets te se. Ek het haar komplimenteer en gesê sy lyk mooi, sy het gesê ek het gelieg, ek het gesê ek lieg nie en ons het in stilte verder geëet.
Sy het skielik na my oorgeleun en skor gefluister: “Ek wil jou iets wys, kom!”
Sy het daarmee opgestaan, haar gatjie aspris geswaai terwyl so voor my uit loop na buite. Haar Range Rover het reg langs haar kamer gestaan en sy is reguit soontoe. Soos ‘n skaap het ek gevolg, deeglik bewus daarvan dat ons na sononder glad nie buite die kamp mag beweeg nie, dit was after all een van die reëls wat ek persoonlik ingestel het. Ek het ingeklim en sy het by die hek uit, en dieper die bos in gery, voor die digte oerwoud skielik voor ons oopgemaak het om die perfekte waterval in die flou maanlig teen die berg te ontbloot. My horing was reeds prominent toe ek uitklim en haar teen die agtergrond van die waterval sien. Dinge het baie skielik gebeur, haar lippe op myne, haar tong wat honger in my mond in gedruk word, my hande op haar boude, die bloes wat skeur toe ek dit oor haar kop trek, haar vol borste wat parmantig wip te ek haar bra uittrek en op die Range Rover se enjinkap gooi.
Koorsagtig het sy my hemp losgeknoop, my belt afgehaal en my broek met een hand losgemaak en afgestroop, onderbroek en al. Vir ‘n oomblik dog ek die oomblik is verby toe my stywe voël haar teen die been tref toe sy hom bevry, maar sy het met ‘n kreun afgebuk en die blink kop in haar mond geneem. Die gevoel is onbeskryflik en ek kon voel dit is nie die eerste keer wat sy dit doen nie. Sy het my hele voël met haar mond bewerk en my balsak in een hand vasgeklem. Ek kon skielik voel hoe ek op haar suigery reageer en ek moes haar kop hardhandig van my voël afhaal voordat dit dalk te laat is. Haar oë het in die flou maanlig gegloei toe sy my in die oë kyk en haar souterig tong in my mond druk. Ek het die verskoning vir ‘n broek wat sy aangehad het losgemaak en afgestroop, net om te ontdek sy het nie ‘n panty aan nie en dat sy haar nie haar vy skeer nie. My hand het verdwyn in ‘n welige bos skaamhare voor my vingers die warm klamte van haar vrouwees raakgevat het. Ons asems het gejaag, en die derde keer toe ek haar geswelde klit met duim en voorvinger druk het sy kreunend gekom sodat dit oor my hand geloop het. Ek het gesug, haar hardhandig omgedraai en nog voordat sy heeltemal oor die Range Rover se enjinkap kon buk reeds binnegedring. Sy het ‘n harde roep gegee toe ek my meneer met een beweging heeltemal in haar in stoot en daarna hard begin ry.
Sy het weer gekom en die vloeistof het blink teen haar bene afgeloop. Ek het van alle reëls en regulasies vergeet wat ekself ingestel het teen verhoudings in die werksplek en het haar soos ‘n porn-actress gepomp. Ek kon voel hoe my ballas begin saamtrek en het skaars my voël met ‘n klapgeluid uit haar dieptes getrek toe ek die saad met ‘n boog oor haar rug spuit. Ons altwee het na ons asems gesnak. Sy het omgedraai en gelyk soos iemand wat pas die lotto gewen het. Ek het gesmile, my broek opgetrek en eers toe ek omdraai die man met kamera in die hand gesien, dieselfde een wat ek vroeër van die projek weggejaag het. Hy het net so breed geglimlag en ek het geweet … ek is vas.
Hy was die volgende dag terug op die projek en Cassandra is twee dae later sonder ‘n woord daar weg.