Seks en die dood

“Seks is vir mense wat nie in reinkarnasie glo nie” – Ossebra Wandrag

Mmm, wat ʼn heerlike aanhaling om aan te peusel, dink ek terwyl ek ʼn diep sluk wyn vat. Dit is so ooglopend eenvoudige ding om te sê, maar as jy daaraan begin dink is dit eintlik baie kompleks.

Ek kan dadelik aan drie maniere dink waarop ʼn mens die sin kan interpreteer.

Die eerste is om Nietzsche nader te sleep en spesifiek sy idee van eternal return. Milan Kundera verduidelik in die eerste hoofstuk van The Unbearable Lightness of Being hierdie mite waarmee Nietzsche vir ons iets wil verduidelik. “Putting it negatively, the myth of eternal return stated that a life which disappears for once and for all, which does not return, is like a shadow, without weight, dead in advance, and whether it was horrible, beautiful, or sublime, its horror sublimity, and beauty mean nothing.” Maar as elke oomblik van elke lewe “weer” sou gebeur, sal alles meer beteken. Elke daad en elke uitkoms sal swaarder weeg as jy weet dat jy dit oor en oor gaan leef. Later kom die skakel met liefde en seks: “In the world of eternal return the weight of unbearable responsibility lies heavy on every move we make. This is why Nietzsche called the idea of eternal return the heaviest of burdens. But is heaviness truly deplorable and lightness splendid? The heaviest of burdens cruches us, we sink beneath it, it pins us to the ground. But in the love poetry of every age, the woman longs to be weighed down by the man’s body. The heaviest of burdens is therefore simultaneously an image of life’s most intense fullfillment. The heavier the burden, the closer our lives come to the earth, the more real and truthful they are. Conversely, the absolute absence of a burden causes man to be lighter than air, to soar into the heights, take leave of the earth and his earthly being, and become only half real, his movements as free as they are insignificant.”

Seks is vir mense wat nie in reinkarnasie glo nie.” Reinkarnasie impliseer nie dat dieselfde lewe herhaal word nie. Dit is dus nie dieselfde as Nietzsche se idee van eternal return nie. Ek sal argumenteer dat ʼn geloof in reinkarnasie juis alles “lig” maak omdat elke nuwe lewe nuwe kanse in heeltemal nuwe omstandighede gee en dus minder beteken.

Die tweede hoek waarmee ʼn mens die gedagte kan benader is om die dink oor die dans tussen seks en die dood. Freud het gesê die basiese dryfkrag van die persoonlikheid is aangebore biologiese drifte. Die lewensdrif is Eros wat seksueel van aard is, alle aangename sensasies van die liggaam insluit en gerig is op voortbestaan. Die tweede drif is Thanatos – die doodsdrif. Die doodsdrif is destruktief en meestal teen die self gerig. Die dryfkrag van die twee drifte vorm die basiese energie wat die mens laat voortbeweeg. Ek sou sê dat die intensiteit van hierdie drif en die finaliteit van die dood afgewater word as ʼn mens in reikarnasie sou glo.

Die vrees vir die dood as ʼn rede vir seksuele begeerte is ʼn ou tema by filosowe, digters en psigiaters. Seks daag die dood uit – dit is die mees intense variasie van lewe. Dis soos wanneer mens liefde maak die aand voor jou geliefde oorlog toe gaan.

Die derde moontlikheid wat die aanhaling inhou is om seks aan die kleindood te verbind – en in die geval sou ek sê dat reinkarnasie wel bestaan – veral vir vroue. 😉 La petite mort is die Franse woord vir orgasme wat “kleindood” beteken en daar is skoliere wat sê dat die stamwoord van die ou Engelse woord vir orgasme “dood” is. Die Oxford woordeboek koppel orgasme met woede en in Sanskrit beteken Nirvana annihilation – om weggeblaas te word. Wat anders is ʼn orgasme as om jouself te verloor vir ʼn oomblik? Vir daardie oomblik verloor jy tyd en ruimte. Dis ekstase, maar dis ook om te sterf. En in daardie oomblik die ewigheid te beleef.

“Seks is vir mense wat nie in reinkarnasie glo nie” sê Ossebra Wandrag.

Ek het nou al amper al my wyn opgedrink en is nie seker of ek sin maak nie. Maar ek filosofeer lekker. 😉 Hoe sou julle die aanhaling interpreteer? Kombiekiehier sal hoor of die digter bereid is om sy eie gedagtes hieroor met ons te deel …

salvador-dali-113

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Seks en die dood

  • Jul 27, 2014 at 11:29 pm
    Permalink

    Baie interessante filosofering – die dood teenoor seks. Ek kon egter nog nie juis verder dink nie as dat ek soveel moontlik seks wil hê voor ek doodgaan! Verder, ek sou graag wou weet wat die ou Engelse woord vir orgasme is.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)