
Mei is masturbasiemaand: 15 Voordele van hand aan eie…
Ongeveer honderd persent mans en meer as tagtig persent vroue masturbeer gereeld. Die meeste doen dit omdat hulle lus is en ongelukkig doen sommige dit nog steeds met so ʼn effense skuldige gewete. Hier is egter goeie nuus. Masturbasie is goed vir jou – om verskeie redes.
Kombiekiehier se lesers het sekerlik nie ʼn verskoning nodig om te masturbeer nie, maar net miskien laat híérdie byvoordele jou volgende keer so ʼn bietjie breër glimlag wanneer jy dit doen. Hier is ʼn paar bonus-redes waarom jy met jou gunsteling tydverdryf moet voortgaan:
1. Masturbasie kan kanker by mans voorkom. In 2003 het ʼn studie bevind dat mans wat meer as vyf keer per week kom ʼn kleiner kans het om prostaat kanker te ontwikkel. Gifstowwe wat siektes kan veroorsaak bou in jou urogenitale stelsel op en word uitgewerk wanneer jy aan jouself … werk. So spoel jy die slegte soldaatjies uit jou gestel uit.
2. Dit maak jou penis stywer. Gereelde seks of masturbasie oefen jou bekkenbodemspiere en voorkom so erektiele disfunksie en inkontinensie. By vroue oefen dit dieselfde spiere wat tot beter beheer en groter orgasmes lei.
3. Dit gee jou uithouvermoë om die lekker so bietjie langer uit te rek. Seks terapeute het gevind dat ʼn man langer tydens seks kan uithou as hy so twee ure voor die tyd masturbeer. Dit is ook moontlik om jouself te oefen sodat jy langer vat voor jy ʼn orgasme bereik. Tel hoeveel “trekke” dit vat om te kom en probeer tien trekke langer uithou. Of hou tyd van hoe lank jy vat voor jy ontplof en probeer ʼn minuut langer inhou. Kenners meen jy kan binne ʼn maand híérdie syfers verdubbel.
4. Masturbasie verhoog jou immuniteitsvlakke. Orgasmes verhoog skynbaar jou kortisolvlakke wat in klein hoeveelhede help om jou immuniteit te reguleer.
5. Masturbasie is ʼn briljante anti-depressant. Wanneer jy masturbeer stel jou liggaam neuro-chemikalieë soos dopamien en oksitosien vry – dáárdie selfde kalante wat jou goed laat voel as jy verlief is. ʼn Breinskandering van iemand wat ʼn orgasme kry lyk dieselfde as die van ʼn heroïenverslaafde. Masturbasie is die beste natuurlike inspuiting van dopamien sonder die liefdesteleurstelling op die einde.
6. ʼn Klein en minder bekende studie het gewys dat masturbasie swelling in die neus verminder. Dit beteken teoreties dat dit vir verkouesimptome en hooikoors kan help.
7. Masturbasie help jou slaap. Dit verlaag jou bloeddruk en produseer endorfiene wat help om stres te verminder en ontspanning te verhoog.
8. Masturbasie (en die intensiteit van ʼn orgasme) help om menstruele pyn te verlig omdat dit bloed toevloei na die bekken area verhoog.
9. Masturbasie verlig urienweginfeksie. Dit werk op dieselfde manier as wat dit help om prostaatkanker te voorkom – dit spoel die ou bakteriëe uit.
10. Masturbasie verlig hoofpyn en spierpyne – weereens te danke aan oksitosien.
11. Masturbasie help jou ontspan.
12. Masturbasie is die veiligste soort seks en jy kan dit alleen doen as jy nie lus is vir deel nie.
13. Masturbasie laat jou jou eie liggaam intiem verken en help jou bepaal waarvan jy die meeste hou en hoe jy die beste bevredig kan word.
14. Masturbasie hou jou sperms gesond.
15. Masturbasie is lekker. Is dit nie eerstens die rede waarom ons dit doen nie? Dit lei tot daardie heerlike sensasie-ontploffing wat vir ʼn salige oomblik die wêreld laat vergaan. Kombiekiehier dink híérdie rede op sy eie is genoeg om jou keer op keer na jouself te laat terugkeer vir meer. 😉
13 COMMENTS
Ek wil graag weet wat behels phone sex..
Dis amper soos sexting – waar jy Whatsapp of iets dergliks met iemand wat jou prikkel.
Basies vertel mens net vir mekaar wat jy aan mekaar sou wou doen, of jy of jou maat aan die ander kant masturbeer en vertel dan wat gebeur of wat jy doen. Dit is gladnie moeilik nie en kan nogal fun wees!
Ek en my man sit in ons eie vertrekke deur die dag en nag. Soort van reg oor mekaar kan sien wat mekaar doen en gesels ook.
Ek bly besig met my arts en crafts en hy op sy rekenaar.
Ek let op veral as hy stil raak. Mense dan is hy so ingedagte met speel met homself dat ek net kan smile as die hand so stil raak en dan weer besig raak.
En jy moet nou nie vir hom vra of se het jy nou lekker gespeel nie. Hy kry skoon skaam dan vat ek hom maar kamer toe.
Ek het ook nie redes nodig nie! In my gedagtes kan ek steek wie ek wil vir solank ek wil wanneer ek wil. Soos nou..
Stem saam, dit hou jou gesond en LUS vir die lewe. Eki 46 getroud en masturbeer elke dag … 😉
Ek soek nie redes nie, die laaste punt is my verskoning. Dis baie, baie lekker.
ek hou van dit maar nte as n vrou dit met my doen en nie ek self nie
Ek moet saam stem ek en my vrou kry genoeg sex, ek werk buite land so masturbasie vir my is ni n probleem ni ons phone sex gereeld en dit is n lekker gevoel vir my en haar en eks nooit siek ni.
Simply awesome.. vanuit n vrou se oogpunt..as n man die vrymoedigheid het om voor sy vrou te masturbeer..is dit vir my n absolute turn on..
Ek het ook gevind dat as ek masturbeer voor sex..ek letterlik van riple na orgasme op orgasme op orgasme gaan..ongelooflike ervaring
van G se C
Annalise, ek stem volkome saam met jou 15 punte, maar jyt een foutjie gemaak. Mei maand is nie masturbasie maand nie – dis die hele jaar – elke jaar. Jy kan omgaan met wie jy wil en wanneer en hoe jy wil. EN NEE JY SAL NIE HARE OP JOU HAND PALMS KRY VAN MASTURBASIE NIE!!!!
hehe, ag ok, maar in Mei het ons ‘n verskoning om vir ander mense te vertel hoe lekker dit is 😉
Hierdie skrywe met die fantastiese foto tussen punt 13 & 14 is ‘n MOET-lees vir enige iemand wat seks geniet of selfs net klinies pleeg.
Dankie web-meesteres, jy het weereens ‘n kolhou gemoker op jou werf !
( verskoon my, ek moet gou gaan masturbeer…☺
Kyk die is waarheid Ek doen gereeld en sukkel nie met stress siektes en verkoues nie My vroulief in teendeel gaan weke en maand sender seks en sys maar gereeld siek. LEKKER MAN LEKKERRRR