
Vingerlekkerte (finaal)
deur Wille Will
(Lees vorige episode HIER)
Ek het met gemengde gevoelens die stel-bou aangevat die volgende dag. My gedagtes spring aanhouend terug na die vorige aand en Mona in die kar.
My morele gewete kasty my dat ek seksgedagtes het oor Mona terwyl ek Karen so lekker bykom en, let’s face it, hoe meer ek en Karen dit doen, hoe lekkerder raak dit soos wat ons mekaar se lywe en begeertes
verstaan. Aan die anderkant roep my piel na Mona wat ooglopend ‘n blykbare lus het vir my! Die mens se ego is feilbaar.
Karen is gelukkig by toe die swart motor voor die huis stilhou. Met ‘n “hoe vorder die stelbouery” van Karen en ‘n verskuilde “jy’s seker moeg” van Mona is ons redelik gou by die huis. Ek’t opgelet dat die donker oë in die spieëltjie elke slag wegkyk van my wanneer ek na dit terugkyk.
By die huis het Coen my laggend verwelkom met: “Die boerseun wat liewer wil ‘act.”
Ons het albei kort denimbroeke aan, want dis warm en ons gaan glo visbraai op die patio. Ek wonder egter, sinies, of hy ‘n onderbroek aan het, want ek dra dit nooit. Dit klem my gereedskap te veel vas as ek ‘n horing kry en met my feromeengedrewe gedagtes gebeur dit vele kere in ‘n dag.
Soos dit al amper roetine geword het, staan ons twee by die vuur, elk met ‘n bier in die hand. Mona en Karen sluit by ons aan. Karen het ‘n geel driekwart broek aan met ‘n loshangende, liggroen bloes en Mona is geklee in ‘n noupassende oranje kortbroek met’n swart, lycra toppie met skoenveter strappies oor die skouers. Swart is beslis haar gunsteling kleur!
Mona sit haar arm om Coen se middel met ‘n drukkie en vra op na sy gesig: “Hoe lank gaan jy in Spanjé wees, ou man?”
Hulle twee staan oorkant ek en Karen by die braairooster.
“Wille ek dink ons kan die vis, maar opsit, die kole is mak genoeg,” sê hy terwyl hy een handpalm oor die kole hou.
“Volgens my skedule behoort dit net twee weke te wees, lief,”antwoord hy Mona en plaas sy arm om haar skouers en gee haar ‘n piksoentjie op die lippe. Ek voel Karen se hand wat my voël knyp bo-oor my broek en sy leun in teen my oor en fluister: “Slaap hier vanaand, ek’s lus vir hom.”
Voor ek iets kan terug fluister sê Mona, luid: “Karen gaan haal die vis asseblief, dis toegedraai in foelie op die kombuiskas.”
Ek kyk op en sien haar oë wissel vinnig tussen my lende en my gesig, terwyl sy terugstaan uit haar nabyheid met Coen. Ek glimlag vir haar. Sy’t seker Karen se hand op my broek raakgesien!
Na ete gaan ruim ek en Karen op by die rooster terwyl Mona kombuis toe is. Coen het reeds gegroet en is bed toe. Ek neem Karen skielik in my arms en sê: “Jy’t my só jags gemaak met wat jy netnou gesê het, maar ek moet more my take klaarmaak, hou asseblief uit tot Maandag.”
“Belowe?” vra sy.
Ek buk en soen haar met oorgawe, haar peervormige borsies prik teen my bors en ek koepel haar dosie met my een hand en vryf dit hard op en af.
“Wille,” hoor ons Mona aankom van binne. Ek staan weg van Karen.
“Ek moet Coen more baie vroeg gaan aflaai vir sy vlug, sal jy omgee as ons nou ry?” kom Mona te voorskyn uit die glasdeure. Haar oë nael my vas.
“Karen ry jy saam?”
“Sorry, as Ma nie omgee nie, wil ek ook gaan inkruip, want ek’t ook ‘n taak om te voltooi en wil opstaan wanneer Ma vir Pa wegvat. Ek en Wille het klaar daaroor gepraat.”
“Okie-dokes,” sê Mona, gryp die Merc se sleutels en stap voordeur toe. Ek gee Karin weer ‘n vlugtige soen en gee een van haar beskuitjieboudjies ‘n ferm druk: “Sien jou Maandag”
***
Toe Mona die kar afskakel voor die huis, draai sy dwars met haar rug teen haar kant se motordeur en plaas haar kaal voete op my skoot.
“Karen het my vandag vertel dat jy hierdie huis oppas vir die bekende Neels Hansen terwyl hy oorsee is om met Aleka Katseli te onderhandel om in Elektra te kom speel saam met julle studente.”
Sy vryf met haar een hak heen-en-weer oor my broek en ek voel my voël begin hard word daaronder.
“Wat doen jy?” vra ek terwyl ek met my hand haar voet probeer stilhou.
Sy gooi haar voete af en vra met ‘n senu-laggie: “Sal jy omgee om gou sy huis van binne vir my te wys. Ek’s net nuuskierig omdat hy so’n bekende persoon is?”
Ek lag ook en sê: “Nou toe, kom gou saam dan gaan wys ek jou.”
Toe ek uit die motor is kom sy reeds omgestap na my kant toe. Met ‘n tuut-tuut sluit sy die deure en aktiveer die alarm. Sy neem my hand asof dit ons gewoonte is en ons stap saam deur die voorhekkie.
Ek het haar flink deur die vertrekke begelei en weer die ligte afgeskakel wanneer ons ‘n vertrek verlaat. By die hoofslaapkamer het sy opgemerk: “Sjoe, nogal ‘n hemelbed vir ‘n enkelloper!”
Terug in die voorkamer vra ek: “ Verbaas?”
“Ag dis maar gewoon soos my huis.”
“Ek nooi jou vir ‘n wyntjie voor jy loop? As jy wil?”
Sy gee my voorarm ‘n drukkie. “Eers gou toilet, asseblief?”
“Die en-suite een in die hoofslaapkamer is die naaste. Ek gaan solank skink.”
Na ek ‘n bottel ontkurk het en met twee glase daarmee saam terugstap roep ek: “Die wyntjie is geskink, Mona!”
“ Bring dit hier na toe asseblief, ek bewonder sy versameling Japanese Aika-boo sketse teen hierdie een muur.”
Wanneer ek die kamer betreë steek ek so vinnig vas dat die twee glase in my een hand klingel teen mekaar. Die oorhoofse lig is nie aangeskakel nie, slegs ‘n Chinese staanlamp van goud in die verste hoek .
Mona lê poedelnaak op die groot bed met haar been, naaste aan my, opgetrek. Haar naaste arm vou oor haar borste. Met die ander hand is sy besig om haarknippies uit haar bolla te trek. Ek stap tot by haar en plaas die wyn en die glase op die bedkassie neer.
“Wille, bemin my asseblief ek het ‘n groot behoefte daartoe.”
Sy laat sak die been wat opgetrek was en lig haar onderlyf op in die lug van die bed af. Haar poeslippe is half oop en vorm ‘n genotsheuweltjie met yl, fyn swart hare wat dit bedek. Haar hand wat oor haar borste was strek uit en trek my om my een kuit na haar toe. Ek het reeds my hemp oor my hoof getrek en een kant toe gegooi. Ek trek my kortbroek af sonder om eers die ritssluiter oop te maak. My erekte voël wip op teen my maag vas.
Sy kom ôrent en skuif af op die bed. Sy klap met haar hand op die bed waar sy sopas gelê het. Ek gaan lê op my rug en my penis troon in die lug. Sy skuif nader tussen my bene op haar knieë. Sy kyk my ondersoekend en dringend in my oë met die, nou amper swart, kykers. Haar vingers vryf aanhoudend oor haar donker, dik tepels met die groot aureola’s. Hulle word stokstyf tussen haar vingers.
“Pla dit jou dat ék met jou liefde wil maak?” vra sy saggies.
Ek sit regop dat my ereksie teen haar bene klap en skuif haar hande weg en druk haar tiete. Ek buk vorentoe en neem een tepel in my mond en rol dit met my tong voordat ek hard daaraan suig.
“O vader!” kreun sy en druk my gesig vas teen haar tiet.
Sy ruk my kop terug. “Ek het amper gekom,” steun sy.
Sy buk af en neem my mond in hare. Die groenment smaak is nog daar, maar sy suig my tong dat ek stom word. Sy druk my weer terug op my rug en speel met een voorvinger in my oor terwyl haar hand afgly oor my bors en dan my maag. ‘n Vinger speel om my naeltjie en met haar lang vingernaels maak sy patroontjies oor my maag. Ek voel hoe my beaarde penis kloppend beweeg.
Ek neem haar gesig saggies tussen my handpalms en dwing haar om in my oë te kyk. Sy kyk terug, maar laat sak dan haar wimpers en kou aan die een hoek van haar onderlip.
“Mona, moenie my verkeerd verstaan nie, omdat ek jou so hoog ag as ‘n vrou, doen jy my ‘n eer aan om nou naak hier by my te lê.” fluister ek en trek haar een perfekte wenkbrou ná met my voorvinger. My vinger streel af oor die hoë wangbeen tot by haar mond.
“Ek sal verstaan as jy nou wil kleinkoppie trek, dis jou eie gedagtes wat jou moet stuur.”
My vinger gly liggies oor haar lippe en ek soen haar rakelings met my mond op haar voorkop. Mona se oë is blink-nat wanneer altwee wimpers skielik oopspring. Hulle wil vrae vra, maar wil ook iets oordra.
“Ons kan agterna hieroor praat, maak nou net liefde met my,” sê sy stil, vee met haar lippe oor my neus en bring haar mond weer by myne dat ek haar asem daarop voel.
Ons lippe omvou weer mekaar en my twee hande sak oor haar skouers na haar borste toe. Sy sit weer regop op my maag met haar bene weerskante van my lyf.
“Gee my net ‘n oomblik,”sê sy en haar hande gaan op agter haar nek in en sy laat sak haar hoof.
Die donker tepel wat ek gesuig het blink nat en erek.
“Daarsy!” lag sy en gooi twee haarknippies op die bedtafeltjie. Sy skud haar kop heen-en-weer en ‘n maan hare tuimel om haar hoof en op haar skouers.
“Ek maak nooit my hare los nie, nie eers wanneer ek gaan slaap nie.”
Sy buk vorentoe en haar tepels skuur net-net op my bors en haar hare kielie op my skouers en in my gesig. Dan lek sy my met die punt van haar tong, van een wang oor my neus na die ander wang.
Mona se voorarms leun uitgestrek op die kussing, beide kante van my gesig.
Sy kyk stip in my oë.
“Maar ek maak hulle los wanneer ek liefde maak, dan moet hulle vry wees soos my liggaam en my siel.”
Ek bring my hande op en vryf die satyn sag swart hare tussen my vingers.
“Jy’s ‘n baie mooi en besonderse mens, Mona,” sê ek vir haar, intens.
Sy buk af en raak aan my ken, af oor my keel, oor my skouers met haar lippe. Haar hare bos is ‘n oomblik in my gesig en ruik na heuning en appel. Haar lippe beweeg met ‘n tong-kielietjie oor my een tepel en
die ander hand knyp die ander tepel. Ek voel ‘n warm trilling oor my bors wat afgaan na my maag.
Sy skuif haar onderlyf af verby my penis dat ek die skuur van haar poes daaroor kan voel. Haar tong spoor nou af oor my maag en skielik besef ek dat sy my trul stil-stil in haar hand geneem het. Sy skuif die
voorvel op en af en nog ‘n paar keer en ek voel dan hoe hy weer begin styf word.
Mona se mond is nou tussen my skaamhare en dan is haar lippe by my penis se skag. Hierdie sensuele voorspel maak dat my voël nou kliphard uitdy. Dit voel of haar mond nou dwars om my steel is en dan
byt sy my meneer!
Ek wetie of dit skok, pyn of ekstase is nie, maar my hele lyf gee een hengse ruk dat ek orent kom op my boude. Sy gee meer kleiner bytjies al met die skag op terwyl haar hand my voorvel heeltemal afskuif van my piel. Dan is haar mond by my pielkop en sy spoeg daarop. Wanneer haar tong die spu smeer en versprei oor my glans, trek ek met my vingernaels lang hale oor haar rug wat nou voor my lê. Ek sien spiertjies beweeg onder haar vel langs haar rugstring asof sy erkenning gee vir wat ek doen. Mona se mond neem meteens my hele glans in haar mond in. Dit voel asof sy my passie, my jagsheid, my denke, my hele ‘ek’ in haar verhemelte ingesuig het. Nog nooit het iemand so aan my kern geraak nie!
Haar vingers omsluit die res van my voël se stam en sy begin dit ritmies op en af skuif. Haar tong wikkel vining in die openingtjie van my pielkop. Ek voel stuwing na stuwing van suiwere ekstase wat deur my lyf vloei na my voël toe. Ek pluk my penis uit haar mond en draai haar lyf op haar rug. Haar lippe beweeg nog een keer asof sy suig en dan flits haar gloeiende swart oë vraend na myne.
“Gee my ook ‘n oomblik,” sê ek half uitasem.
Ek kom op my knieë en skuif dit tot teen die bokant van haar skouers. Ek lig my onderlyf op bokant haar gesig en lek dan met my tong ‘n streep van tussen haar borste af oor haar maag tot by haar koek.
“Wa-t-t ddoen jy aan m-my,” gee sy ‘n gedempte gil en gryp weer my piel bokant haar gesig.
My tong speel op-en-af in haar gleuf en dan rus ek op my elmboë langs haar dye en met my hande nou weerskante van haar doos trek ek haar poeslippe oop. Lig bruinerig buite en dan die glinsterende, pienk, nat binne lippe en dan haar sloot wat donkerder word na binne. Dit lyk asof die wande oop en toe maak om my binne te lok. Ek voel hoe sy weer my voorhuid aftrek tot onder die kop. Dit lyk asof haar klit oorhangseltjie bokant haar poeslippe beweeg en styf word. Ek vibreer my tong se punt teen haar klit se punt.
“Wille … net ‘n oomblik … kan ons gou iets praat,” druk sy haar hande hard teen my sye.
Ek lig my een been, oor haar lyf, af tot op die bed en lê op my sy. Mona kom regop tot op haar boude en plaas haar een hand op my boonste dy. Sy kyk in my vraende oë, knip haar wimpers en kyk weer na
my. Haar hand vryf saggies heen en weer oor my dy.
“Ek-k … iemand …’n m-man … het nog nooit my… p-poesie in sy mond geneem-m nie,” stotter sy dit uit. ‘n Krakie wys in haar gesofistikeerde uiterlike. En Coen wil ook nie toelaat dat ons orale seks probeer nie.” Die laaste woorde spoeg sy amper uit. “Hy sê dis sieserig!”
Ek neem haar hand van my dy af en plaas dit op my voël wat intussen weer slap geword het.
“Vandat ons twintig jaar gelede getroud is het hy nog nooit in twintig jaar afgewyk van sy siening van die seksdaad nie. Hy vryf my tepels bietjie, steek ‘n voorvinger in my koek en vinger my ‘n paar maal en dan skuif hy my bene oop en klim tussen my dye in en stoot sy penis diep in my in en ry my so vinnig as wat hy kan totdat hy kom. Dan trek hy uit en gaan lê langs my en vra: “Was dit vir jou ook lekker?”
Hy wag nie eers vir my antwoord nie, want binne ‘n minuut snork hy in diepe slaap.”
“Kom jy ooit as hy dit sò doen?” vra ek, raak aan haar wang en laat val my hand op haar een bors en streel dit met my hand.
“Nee,” fluister sy en kyk af na my hand op haar tiet en plaas haar hand oor myne. Sy druk dit aanmoedigend en vryf dan daarmee op my maag met krapmerkies van haar naels.
“Wel ek kan jou sê dat jy weet wat om met ‘n voël te doen,” glimlag ek vir haar voordat ek my kop laat sak en haar tepel wat hard geword het tussen my vingers, ‘n bytjie gee.
“Wat jy net nou met my meneer gedoen het was ongelooflik. Niemand het hom nog ooit gebyt nie en dan is dit nogal lekker ook!” Ek gee so’n runnik laggie.
“Aangeleer,” glimlag sy en haar hand gly weer oor my piel.
“Ek wil gou klaar vertel, want die tyd word min en ek moet seker weer by die huis kom.”
Sy skuif haar bene reguit en leun op haar ander arm terwyl die een hand nog steeds my voorvel, baie stadig, op en af skuif.
“Ek probeer vir jou sê dat deur Coen se een-ogige uitkyk en die feit dat hy meer oorsee is as by die huis, voel ek as 45-jarige getroude vrou onvervuld. Ek lees baie, gesels met ander vriendinne, tydskrifte. Is ‘n orgasme of klimaks daardie stuwing en euforiese ontploffing wat ek slegs een keer in my lewe, op my huweliksnag ervaar het? Moet dit dan nie meer en meer gebeur nie?”
Ek sit verstom oor Mona se openbaring. Vir ‘n flitsende oomblik herroep ek Karen, haar dogter, se passievolle klimakse saam met my.
Ek kom ook regop op my knieë en draai haar gesig na my toe.
“Ek wil poog om jou daai plesier te gee. Jy verdien dit.”
Ek soen haar inniglik. terwyl ek haar lyf weer saggies terugdruk om plat op haar rug te lê en skuif tussen haar bene in. My tong wriemel om haar tong en verhemelte totdat ek voel sy reageer en ek suig haar spu op. Met my hand voel-voel ek ‘n kussing beet en vou dit dubbeld onder haar boude in wat sy amper outomaties oplig. My handpalm dartel van haar een bors, heen en weer, na die ander een toe totdat ek
voel haar tepels is weer stokstyf.
Ek streel oor haar magie en ek voel hoe haar bene tril en ruk toe ek skielik haar hele koek hard in my hand toevou.
“J-jinne, dis lekker” kreun sy en gryp my gesig tussen haar hande en soen my weer met oorgawe.
Ek skuif twee vingers in haar oornat gleuf in en sy kreun weer. Ek wikkel my vingers binne haar en probeer met hulle aan die bokant net binne haar poes se ingang haar te stimuleer. My duim het intussen opgeskuif en haar klit ontdek wat ek met al vinniger vryfies laat verhard.
“W-wil… daar s-toot iets fantasties hier binne m-my op!” roep sy saggies uit.
“Laat dit gaan, Mona, laat dit gaan,” sê ek ferm terug, “dis deel van die lekker.”
Meteens buig haar liggam in die lug in en haar poes klap teen my hand aanhoudend. Sy klimaks!
Sy gryp my aan my hare en ruk my hoof alle kante toe. Ek sien haar tande wat op mekaar kners en dan gil sy: “O here! “O here!” “O here!”
Sy slaan haar bene om my middellyf en dit voel asof sy iets nat spuit uit haar doos teen my lyf net bokant my penis. Ek maak haar arms, wat intussen om my rug geslaan het, liggies los en leun terug en neem my kloppende ereksie in my hand. As gevolg van die kussing onder haar boude moet ek my onderlyf lig en amper vertikaal my meneer na haar koek toe bring. Ek voel my voorvel terugskuif wanneer my groot kop
tussen haar lippe ingly.
“Hier is dit wat jou daai genoegdoening gaan gee waarna jy so smag, liewe Mona” Ek stamp my voël so hard en diep as wat ek kan in haar genotsvrug in. Haar passievolle gil dawer teen die hemelbed se plafon vas. Ek begin haar ry, lang egalige stote wat so diep moontlik ingaan en dan weer amper heeltemal uitkom tussen ons lywe. Haar liggaam tel my ritme op en ons ry in golwe van ekstase.
“Hy’s so dik dit voel asof hy my aan die kante ook lekker gee,” rammel sy, kortasem, tussenin.
Ek voel my eie orgasme begin opwel en ek vryf haar klit weer vurig en ek buk af en byt haar een tepel. Dan draai ek my voëlkop in die rondte met elke instoot terwyl ek nou vinniger in-en-uit gly. Wanneer haar vingernaels in my rug inslaan weet ek sy’s op die kruin en ek draai altwee haar tepels hard in die rondte met my vingers.
“O Wille, O Wille … owille o wille owille!” bereik sy haar orgasme met ‘n klimaks en ek skiet my saad, skoot na skoot in haar in. Ons liggame klap stadiger teen mekaar asof ons die oomblik wil uitrek. Haar bors hyg op en af na asem en ek sien haar oë is toegeknyp.
Ek terk my voël stadig uit haar uit soos ek stadig orent kom van haar lyf af. Ek sien my saad wit en blink uit haar poesie uit loop. Ek wil oorskuif om langs haar te gaan lê, maar sy gryp skielik my slapwordende piel styf vas en met ‘n vorentoe skuif van my voorvel druk sy ‘n laaste druppel kom uit wat op haar maag val.
Ek gaan lê teen haar liggam op my rug en skuif haar lyf teen myne met haar hoof in die waai van my skouer.
1 COMMENT
Bitter goed dankie