
Ter nagedagtenis
deur Uther Pendragon
Sy gesig word al hoe rooier soos wat hy na klimaks pomp. Sy heupe beweeg al vinniger tussen haar wyd-oopgespreide bene. Die sweet drup in sy oë wat ongefokus na haar wild-skuddende tiete staar. Sy hyggeluide en haar wellustige kreune kan nie die nat slurpgeluide van hul koppeling en klap van sy swaar ballas teen haar boude uitdoof nie. Met ‘n lang, lae brul trek sy harige boude styf terwyl hy rukkerig in haar warm gretige kont leegspuit.
Orgasme-bedwelmd val hy al hygend op sy sy langs haar op die bed neer. Sy kom lê half oor hom met haar tiete teen sy bors platgedruk, en lek die sweet van sy voorkop en slape af. Hy hou haar boud met die een hand vas en soek haar mond met syne – hulle tonge wriemel nat en wellustig teen mekaar.
“Jy is fokken fantasties – ek sou nooit kon raai dat dit so lekker met jou sou wees nie!” sê hy met ‘n glimlag.
“Dis jy wat so ‘n ongelooflike minaar is! Ek het seker drie keer op jou tong gekom en een keer terwyl jy my genaai het! Ek het nog nooit ‘n man gehad wat so dit geniet om my poes te eet nie!” antwood sy.
Dan met haar nat mond teen sy oor sê sy vir hom: “Ek is lief vir jou, ek was nog altyd en sal vir altyd wees.”
Hy hou haar styf vas en sê: “Ek wil jou nie weer verloor nie – ek kan jou nie weer verloor nie.”
Sy antwoord: “Jy sal nie – ons is van nou altyd saam”.
Sy lê vir ‘n oomblik stil in die waai van sy arm, hul diep asemhalings en die gebrom van sy ou yskas in die kombuis is vir ‘n ruk die enigste geluide in die vertrek.
Sy onderbreek die stilte: “Daar was blykbaar ‘n brief van jou. Jou laaste brief aan my …”
Hy antwoord: “Ek onthou dit. Voor die internet het ons briewe vir mekaar geskryf … maar mettertyd het jy nie meer my geantwoord nie.”
“Ek het dit nooit jou laaste briewe ontvang nie, ” antwoord sy hartseer. “My suster het vir my laas week van die briewe vertel en dat ma dit weggegooi het en my nooit daarvan vertel het nie.”
Sy stem kraak: “Ek het vir jou antwoord gewag, en toe ek dit nie ontvang het nie, en nie weer van jou gehoor het nie, het ek aanbeweeg.”
Sy huil nou saggies: “Ma-hulle het my weggestuur Kaapstad toe. Jy is weg uit jou ouerhuis, ek het nie geweet waarheen nie – universiteit toe, weermag toe, dalk oorsee … ek het nie ‘n foonnommer of ades vir jou gehad nie. Die wêreld was ‘n ander plek voor die internet.”
Verwonderd antwoord hy: “Dit was ‘n wonderwerk dat ons mekaar weer gevind het – ek soek jou al vyf-en-dertig jaar lank! Jy het natuurlik ‘n ander van gehad en ek kon jou nerens opspoor nie – en ek weet nou wat van my briewe aan jou geword het.”
Bitter sê sy: “Ek het nou laas week ook van my suster uitgevind dat hulle altyd jou vertel het dat ek nie tuis was of vir jou gesê dat ek nie met jou wou praat nie wanneer jy huis toe gebel het.”
“Maar jy kon my sekerlik opgesoek het, veral nadat die internet gekom het.”
“Maar toe was ek en toe jy getroud. En my ma …”
Hy vra: “Wat gaan ons nou doen? Gaan jy by my kom intrek of ek by jou?”
Sy lê vir ‘n ruk stil en sê: “Ek weet nie, maar al wat ek weet is dat ons van nou af saam sal wees.”
Hy antwoord: “Vyf-en-dertig jaar was te lank. Dit was ‘n leeftyd sonder jou.”
Harsteer kyk sy na hom en sê: “Ons was so verlief, en so onskuldig. Ons was amper nog kinders. Dit was so wreed wat met ons gebeur het.”
Sy staan skielik op en sê: “Ek moet eers iets gaan doen, my Liefling, dan kom ek terug.”
“Bly asseblief, wat kan dan so dringend wees?”
“Ek sal jou later vertel, maar dis hoekom ek Johannesburg toe gekom het. Ek het nie gedink dat ek jou voor die tyd sou opspoor nie.”
Hy hou haar dop terwyl sy haastig aantrek. Haar lyf is ongelooflik fiets en mooi vir ‘n vrou in haar middel vyftigs. Sy trek haar bandjie tussen haar boude in terwyl sy die lappie oor haar poes optrek. Hy merk hoe haar steeds dikgeswolle poeslippe die wit lappie laat uitbult en dan hoe hul gemengde afskeidings deursyg en die donker pienkpers kleur van haar poeslippe deur die halfdeursigtige nat lap sigbaar word.
Die gedagte gaan deur sy kop, maar hy sê niks nie – sy moet nogals haastig wees as sy nie eers bad of stort voor sy gaan nie. Sy buk vorentoe om haar swaar tiete in die koppies van die bra te laat bol voor sy dit vasmaak. Haar rooinaelvingers beweeg vinnig en behendig agter haar rug en dan trek sy haar bloes en romp aan.
Terwyl sy haar hare voor die spieël borsel en haar lipstiffie aansit, trek hy sy broek aan en loop saam met haar na die deur.
Kan ek nie saam met jou gaan nie?” vra hy.
“Nee, my Liefling – dis iets wat ek op my eie wil doen. Ek is nou-nou weer terug,” antwoord sy en gee hom ‘n soen op die wang.
* * *
Dit vat vir haar ‘n ruk om die graf te vind. Die tuinier by die begrafplaas het vir haar in die rigting gewys. Die rooi kluiterige grond wat die vars graf bedek het nog hoog gestaan. Sy is dankbaar dat die ander weg is, sy kon net nie haar verslae pa in die oë kyk nie. So lief soos wat sy hom het, kon sy nooit verstaan hoekom hy gelate homself aan die vernederende heerskappy van die heks vir driekwart van sy lewe
onderwerp het nie. Haar dweepsiek suster wat soos ‘n slaaf als wat hul ma gesê en gedoen het, nageaap en ondersteun het. Haar afsydige ouer broer wat nooit vir haar teen hul ma opgestaan het nie en die jonger een wat duidelik weens sy wrok teenoor hul ma geen belangstelling in vrouens ontwikkel het nie. Nie een van haar sibbe kon ‘n langtermyn verhouding met ‘n ander mens vir minder as ‘n paar jaar handhaaf nie. Elkeen van hulle was op een of ander manier emosioneel deur die heks oorgeneem
en vergif.
Twee trane rol oor haar wange – nie oor haar ma se dood nie, maar oor alles wat haar ma van haar weggeneem het. Haar identiteit, haar vryheid, haar liefde – tot sy met die eerste beste man wat haar ouers se goedkeuring weggedra het, uit haar ouerhuis kon wegvlug. Maar nou het sy haar lewe teruggekry en vir die eerste keer in haar lewe is sy vry en ekstaties gelukkig en sy gryp hierdie tweede kans wat sy
gekry het, met altwee hande aan.
Die graf – sy moes die graf sien net om die werklikheid van haar bevryding op ‘n viserale vlak te bevestig. Sy gaan staan wydsbeen teen die hoop kluite, druk haar hand onder haar rok in en trek haar G-string met die vingers van een hand opsy en met die ander trek sy haar groot poeslippe uitmekaar. Dan sê sy in ‘n ferm stem: “Ek het net gekom om vir jou te sê dat jy gefaal het. Ons is uiteindelik weer saam!”
‘n Dik bol sperms en slym drel uit haar oopgefokte kont en spat morsig op die rooi kluite tussen haar voete.
* Die Omhelsing deur Egon Schiele (1917)
4 COMMENTS
Briljante stukkie skryfwerk. Het joi bydraes gemis!
Heerlikheid en HEERLIKHEID!
Wat ‘n storie.
Welkom terug Uther.
Uther jy bars weer terug op ons seks droog horison met ‘n uitmuntende snapsel uit ‘n verhaal !
Briljant !
So weergaloos op die punt af met die waresoort taalgebruik soos altyd.
Dankie!
Ek sal NOOIT ooit ‘n storie van jou misloop of nie geniet nie !
Weereens dankie !
Piel innie wind !
Dankie Uther DANKIE!!!!!!