Sondige Sondagspeletjies – Ben se verjaarsdagverrassing (4)
deur Brombeer
Taalversorging deur Lusman
(Lees vorige episode HIER)
Ek het uitgeput my hande agter my kop geplaas en teruggelê op die bed. Ek het weer in verwondering gekyk hoe Erika opspring en deur toe stap. Haar sagte borste en boudjies het liggies gewip en die laatmiddag-sonstrale het haar in goud bedek.
“Wag net hier, ek is nou terug,” het sy oor haar kaal skouer geroep en weer skalks geglimlag.
Watse verrassing het sy nou nog gehad? Ek het genoeg verrrassings vir een Sondag gehad, het ek gedink. Ek was totaal uitgeput – behoorlik gedreineer.
Ek moes ingesluimer het en die volgende oomblik, asof in ‘n droom, het ek Sandra se stem gehoor – hier by my in die kamer! “Lekker dag op die strand gehad, Ben?”
My oë het oopgevlieg en ek het kiertsregop gesit. Hier, vlak voor my, het my vrou gestaan met haar een hand op haar heup. My oë wou nog nie lekker fokus nie en ek het geglo dat sy my beskuldigend aangluur – of miskien was dit net omdat ek so skuldig gevoel het.
Uitgevang! Gevoelens van selfveragting, selfverwyt en selfbejammering het rof met mekaar begin stoei vir die oorhand.
Ek het, as ‘n patetiese nagedagte, die duvet se hoek oor my onderlyf getrek. Ek was skielik skaam om kaal voor die vrou te wees waarmee ek al 15 jaar getroud is! My wêreld was skielik onderstebo – en dit deur my eie toedoen; deur my eie wellus.
Toe my oë egter begin fokus, verbeel ek my ek merk ‘n ondeunde glimlag op haar mondhoeke en ‘n glinstering in haar blou oë.
“Uhm … Ek … Ons … Wat maak jy hier? Ek dog jy is in Johannesburg,” het ek dit uitgestotter.
“Wel, duidelik is ek nie, maar net toe ek my gat draai toe is julle twee saam in die bed, nè,” het sy geantwoord. Haar stemtoon was nie heeltemal kwaai of verwytend nie. Daar was iets anders – ‘n kwaliteit wat ek nie heeltemal kon plaas nie, dalk omdat dit so heeltemal onvanpas in die situasie was – iets tussen spot en terggeestigheid.
Sy het langs my op die bed kom sit. Sy het haar een lang been oor die ander gekruis met ‘n sagte fluistering van nylonkouse. Ek het gemerk dat dié amper swart was, met so ‘n naat teen die lengte van die agterbeen af. Haar kort leerrompie het teen haar soepel dy opgery. Ek het gemerk dat dit effe onvanpas was vir ‘n kongres of selfs vir die vlug vanaf Johannesburg, maar nou was dit nie die geleentheid om oor onvanpaste optredes te praat nie.
Sandra het die duvet met haar slanke hand opgelig en na my verrimpelde penis gekyk. “Shame, is hy oukei? Hy lyk totaal uitgeput,” het sy gesê.
“Sandra, ek … ons moet gesels.”
“Ons gesels mos. Let’s talk about the first thing that comes up …” het sy glimlaggend geantwoord en my slap voël tussen haar vingers geneem. Dit het onwillekeurig gereageer toe sy die voorvel tussen haar duim en wysvinger op en af trek. “Daar’s hy – darem nie heeltemal dood nie.”
Ek was sprakeloos, uit die veld geslaan en beangs vir die uiteinde van haar speletjies. Sy het te min klere aangehad om ‘n groot mes in weg te steek, het ek onwillekeurig gedink toe die naam Loretta Bobbit deur my brein flits.
Uit die hoek van my oog het ek ‘n beweging gemerk en toe ek oor Sandra se skouer loer, sien ek ‘n glimlaggende Erika met gekruisde arms teen die deurkosyn leun. Sy was steeds poedelnakend. Wat was hier aan die gang? Was dit nie tog maar ‘n droom nie?
“Erika? Sandra? Wat gaan hier aan?” Ek moes baie verward geklink het. Iets was nie pluis nie.
“Jy weet dat ek en Sandra al sedert universiteit maats is, nè,” het Erika geantwoord en doodluiters die kamer ingestap en aan my ander kant kom sit.
“Uhm, ja?” het ek onseker geantwoord. Waarheen was die gesprek op pad?
“Wel, maatjies deel mos,” het Sandra afgehaak.
Skielik het alles in plek geval. “Bedoel jy, julle twee het …?”
“… alles haarfyn beplan, my liewe man,” voltooi Sandra my sin. “Ek het vir Erika vertel dat jy jou fantasie oor ons twee en ‘n ander vrou met my gedeel het. Erika wou weet of sy die ander vrou kon wees indien ons ooit jou fantasie werklikheid wou maak. Ek kon nie sien hoekom nie – ons ken haar goed en ons albei dink sy is aantreklik. Voilà!” Sandra het haar arms in die lug gegooi en ek het nou eers gemerk dat haar swart bloese effe deursigtig was. Sy het nie ‘n bra aangehad nie.
“So, het jy vroeër uit Johannesburg …”
“Nee, man. Ek was nooit weg nie, dommie. Ek het gisteraand hier geslaap – in die spaarkamer. Ek is nog heeltyd hier.”
“Het jy … het jy ons dopgehou?” wou ek weet. Alles het steeds onwerklik voorgekom.
“O ja.” Daar was ‘n ondeunde vonkel in haar oë en sy het haar hand onder haar rompie ingedruk en daarna onder my neus gehou. Die bekende reuk van haar opgewondenheid was onmiskenbaar. “Ruik net hoe jags was ek terwyl ek julle afgeloer het.”
“Het jy alles …”
“Alles – van die begin af. Selfs toe julle gestort het. Ek moes myself inhou om nie hier in te bars en te begin deelneem nie. En toe jy haar begin eet, moes ek maar tevrede wees om wydsbeen in die deur te staan en myself te help.”
Liewe bliksem, ek droom wragtig tog. Vir my en Sandra was geen onderwerp in die slaapkamer taboe nie en ons het baie gesels oor ons fantasieë voor ons mekaar bygekom het. Ek het net nooit kon dink dat hierdie een werklikheid sou word nie.
“En nou?” wou ek weet.
“Nou, my liewe man, sê ons twee: ‘Geluk met jou verjaarsdag’.” Met dié woorde het sy haar bloese oor haar kop getrek en haar swaar, vol borste ontbloot. Haar areolas was groter en ligter in kleur as Erika s’n. Die tepels self was ook nie so lank nie, maar wel dikker. Ek het my hand uitgesteek en die sagte, bekende gewig van haar bors in my handpalm geneem.
Intussen het Erika oor my geleun en Sandra se ander bors in haar hand geneem. My vrou het behaaglik gekreun toe Erika die tepel in haar mond neem. Ek het in verwondering gekyk en kon voel hoe ek weer styf word. My ereksie het teen Erika se stewige bors gedruk en sy het sonder om af te kyk die skag in haar ander hand geneem.
Na ‘n ruk het Sandra beide hande weerskante van haar vriendin se kop geplaas en haar weggedruk van haar bors. Sy het vooroor gebuig en Erika hartstogtelik oopmond gesoen voordat sy haar kop laat los het.
Ek kon ook voel hoe nog ‘n hand om my voël sluit – Sandra s’n. Saam het hulle stadig my draad getrek terwyl hulle tonge mekaar se monde verken het. Ek wou my oë toemaak van plesier, maar was terselfdertyd bang dat ek ‘n enkele oomblik van hierdie tablo sou misloop.
Asof vooraf ooreengekom, het die twee vrouens weerskante van my oor my onderlyf gebuig en met lang hale van hul tonge my skag van onder na bo gelek – in perfekte harmonie. Wanneer hulle bo gekom het, het hulle saam-saam die deursigtige druppels wat onophoudelik pêrelend op die kop verskyn het, opgelek en mekaar dan weer gesoen.
“Dames, as ons so aanhou, dan …” het ek half teësinnig gesug.
Altwee het opgehou en Sandra het gesê: “O nee. Daai skoot gaan nie só gemors word nie. Daai een is net mýne. Kom, ek wil hê jy moet my van agter af ry, en ek bedoel ágter in.” Ek kon my ore nie glo nie. Krismis en verjaarsdag tesame!
“Is jy seker?” het ek gevra. Ons het dit nog net ‘n paar keer vantevore gedoen en alhoewel sy elke keer geredelik ingestem het, het ek gedink sy doen dit bloot vir my plesier.
“Baie seker. Dis ongelooflik intiem – en ek is mal daaroor,” het sy geantwoord en op hande en knieë langs my kom staan.
“Jy het dit nooit gesê nie,” het ek in verwondering geantwoord.
“Maar ek wil ook hê Erika moet onder my kom lê, met haar kop so tussen my bene en my eet terwyl jy my ry.”
Erika het dadelik op haar rug gedraai en gretig onder Sandra ingewoel met die woorde: “Met graagte, maatjie. Ek het jou sappige vy juis gisteraand laas geproe.”
Ek was sprakeloos. En kon die prentjie net met wellustige oë gadeslaan terwyl die implikasies van haar woorde deur my gedagtes gericochet het.
“Wat van smeermiddel?” vra ek na ‘n lang stilte.
“Steek my eers so ‘n rukkie in my poesie – ek is sopnat. Daar sal genoeg sap wees,” was haar praktiese antwoord.
Ek het nie verder op my laat wag nie en het plaas geneem agter haar boude en haar kort rompie opgelig. Soos ek verwag het, het sy nie ‘n broekie aangehad nie en haar dosie was ‘n jagse uitnodiging tussen haar wydoop bene. Sy was behoorlik sopnat en blink drade het vanuit die binnelippies teen haar dye en oor die donker sykouse afgeloop.
Ek het my ereksie weer in my vuis geneem en met my heupe vorentoe gebeur. Dit was soos om my voël in ‘n pot warm heuning te druk.
“O ja-a-a …” het Sandra gefluister en haar self meer toeganklik gemaak deur haar rug hol te trek. Ek kon oor haar skouer Erika se nat en ewe wydoop poesie sien. Sy was besig om met haar klit te speel en die sagte klotsgeluidjies was in kontra-tempo met die nat klapgeluide van my en Sandra se skaamdele teen mekaar.
“Sandy, lek my kietsie, ‘seblief,” het Erika in ‘n kleindogtertjie-stemmetjie gekerm. Sandra het haar kop laat sak en Erika het haar lang bene hoog opgelig. Toe sy saggies kreun, het ek geweet Sandra het begin lek. Ek kon dit nie sien nie want my vrou se lang blonde hare het soos ‘n gordyn oor hulle gehang. Ek het dus maar afgekyk na waar my paal stuwend Sandra se geswelde skaamlippies oopgeforseer het. Ek het gereken dat ek nou omtrent nat genoeg sou wees en het stadig uitgetrek. My hele skag en die kop was met ‘n dik laag taai sous bedek.
Ek het egter eers met twee van my vingers nog daarvan uit haar heuningpot met ‘n kom-hier-beweging uitgeskep en dit sagkens oor haar anus gesmeer en gevoel hoe die donkerpienk rosie tuitbek trek. Toe ek dit weer voel ontspan, druk ek eers een en toe ‘n tweede vinger diep in. Ek kon hoor hoe Sandra in Erika se nat koekie kreun.
Stadig het ek die vingers weer uitgetrek en nader beweeg met my gladde paal. Ek het die pers-rooi kop stewig teen haar agterdeur gedruk en toe stadig, dog ferm, vorentoe gebeur. Haar kringspier het ontspan en my voëlkop verwelkom. Met net die kop in haar, het ek eers gestop sodat sy daaraan gewoond kon raak.
Sy het haar kop vlugtig opgelig uit Erika se mik en oor haar skouer vir my gesê: “Druk maar – heeltemal in. Ek is gereed. Asseblief, doen dit. Ek wil jou heeltemal in my hol voel.”
Ek het nie op my laat wag nie en met my hande op haar heupe het ek haar heeltemal gepenetreer. Ek het haar stadig begin ry toe ek ‘n tong saggies voel lek aan my balle. My balsak het onwillekeurig my eiers opgetrek. Ek het besef dat Erika besig was om my balle én my vrou se dosie om die beurt te lek. Dit was hemels. Sagte kreun- en mompelgeluide, tesame met die nat klanke van wellustige seks, was vir ‘n paar minute die enigste geluide in die kamer.
Ek het skielik ongemaklik verstyf toe ek ‘n hand hier onder tussen my boude voel. ‘n Slanke, nat vinger het gesoek-soek by my anus. Dit was Erika, en ek het besef dat my vrou werklik ál ons slaapkamergeheime met haar gedeel het. Die gedagte was nog vars in my kop toe ek voel hoe die vinger deur my gewillige kringspier dring en in my wegsink. Sy was effe onbehendig en kon nie dadelik my prostaat opspoor nie.
En toe, skielik, het sy dit gevind – sekuur. “Uhhg, fok … o, fok tog,” het ek gekreun en my onderlyf hard teen Sandra se boude gedruk en diep in haar gespuit. Ek kon voel hoe sy styf om my klem terwyl my voël diep in haar intiemste opening klop. Op my beurt het my kringspier amper Erika se vinger morsaf gedruk voor sy dit kon uithaal.
Kort daarna het twee nat gilletjies gevolg – een hier onder my balle en een tussen Erika se bene – en ek kon voel hoe Sandra onder my ruk-ruk. Ek was steeds in haar en kon ook voel hoe sy ritmies om my saamtrek. Oor haar skouer het ek gesien hoe Erika se dye ook ruk en my vrou se kop vasklem. Haar hande was krampagtig in Sandra se goue lokke verstrengel.
Ek het stadig uit Sandra gegly en omgerol om langs haar te lê. Sy het nader gekruip en haar teen my sy kom aanvly. Haar een been het sy oor myne gevleg en my slap voël met haar hand bedek. Erika het teen my ander sy kom inkruip. Ek het my arms om hul skouers geplaas en het na Sandra gedraai en haar gesoen. Ek kon Erika se nou reeds bekende sap op haar lippe proe. Daarna het ek my kop na die anderkant toe gedraai en Erika ook gesoen en my vrou se kenmerkende soet geur diep ingeasem.
“Dit was ongelooflik,” het Sandra gesug.
“Absoluut stunning,” het Erika beaam en haar hand ook op my geplaas.
“Vertel my van julle plan,” het ek ewe ongeërg gevra.
(Lees volgende episode HIER)

Onthou so ‘n situasie… Ongelukkig ewas ek nie die “Ben” in die storie nie. OU drinkebroer van my het jare daarna nog so ‘n wasige kyk in sy oe gekry as hy my van die naweek vertel het. Helaas….
Brombeer…jy’t al ons versugtinge bewaarheid met hierdie reeks.
Uitmuntend geskryf. Baie dankie.
O hemel dis n droomstorie…..