Sirkus
deur Ramkat Erasmus
My oupa het my vir die eerste keer sirkus toe gevat op my sewende verjaardag. Dit was fantasties! Die narre, die dieretemmers, die akrobate en natuurlik die sweefstok artieste.
Die mans wat onderstebo hang en die pragtige vrouens wat deur die lug vlieg, bollemakiese slaan en weer behendig gevang word. Ek was vasgenael in my sitplek.
My oupa kon sien ek het dit geniet en van toe af het hy elke keer as die sirkus in die dorp was my kom haal en saamgevat. Sy gunsteling was die narre. Hy het geskater van die lag en byna uitasem geraak van die lekker.
My pa en ma het nooit goed oor die weg gekom nie. Ten minste, dit was hoe dit vir my gevoel het. Ek het heeltyd gevoel ek is in die pad en ‘n beslommernis vir hulle. En toe ek hoërskool toe moes gaan het hulle summier besluit dat ek koshuis toe moes gaan. Dis toe nou daar waar oupa, my ma se pa, ingegryp het. Hy het gesê hy moes koshuis toe en dit was vir hom verskriklik. Daarom het hy toe gesê ek moes by hom kom bly. My ouers het teësinnig toegestem, of dalk maar net gemaak of hulle nie van die idee gehou het nie en ek het by oupa ingetrek.
‘n Week na die skoolkwartaal begin het is my ouers oorsee met vakansie. Ek het hulle maande later eers weer gesien.
Oupa was streng en hy het agter my gestaan en my huiswerk saam met my deurgegaan. Hy’t my rondgery vir sport en ander buitemuurse goed en dan was daar natuurlik die sirkus. Elke kans wat ons kon kry het ons sirkus toe gegaan. Oupa het my ook na ander goed toe gevat soos opera, ballet en teater, maar sirkus was ons ding.
Aan die einde van my derde jaar op hoërskool het oupa my gevat om my paspoort te kry en ons is Europa toe. In Monaco het ons ‘n sirkus bygewoon wat in ‘n permanente gebou gehuisves was. En ons het drie aande na mekaar gegaan en soos altyd in die voorste ry gesit.
Ons het kunsmuseums besoek, opera gaan kyk in La Scala en die wêreld platgery met ‘n gehuurde motor. Ek het agtergekom dat oupa al van tevore daar was, want ons het orals by restaurante of hotelle gekom waar mense hom geken het.
Terug in Suid-Afrika is ek weer skooltoe en oupa het soos atyd seker gemaak my huiswerk is gedoen. Van my ouers het ek min gesien, behalwe op hulle verjaardae en so aan.
Na skool is ek universiteit toe waar ek vir ‘n ingeneursgraad gaan studeer het. Dit was lekker en ek het meisies en seks ontdek en myself gate uit geniet. Oupa het my reeds in my eerste jaar op hoërskool vertel van die bytjies en die blommetjies en ek was bewus daarvan dat hy soms damesvriendinne gehad het wat oorgeslaap het, maar meer as dit het ons nie veel daaroor gepraat nie.
Op my twee-en-twintigste verjaarsdag het oupa vir ons gebraai en kroegman gespeel en die mans en die meisies laat skater met sy stories en grappe. Ek het hom die volgende oggend dood in sy slaapkamer gekry.
My ouers wou dadelik in die huis intrek, maar oupa se prokureur en sy beste vriend, Oom Jan, het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Ek, en ek alleen, was oupa se erfgenaam. Saam met die huis het ek sy groot Mercedes geërf en kontant wat miljoene rande beloop het.
Ek het my graad klaargemaak, my ouers genooi om in die huis te kom bly en toe vir ses maande na al wat sirkus was gaan kyk.
Terug by die huis het ek met Oom Jan se hulp vir my ouers ‘n fonds gestig wat hulle van genoeg geld voorsien het om te rinkink en kuier soos hulle wou. My pa het my beskuldig dat ek suinig is, maar Oom Jan het gesorg dat hulle niks meer uit my uit kon kry as wat hy goed gedink het nie. Ek het ‘n klein ingeneurspraktyk begin om myself besig te hou en soos altyd in die voorste ry gesit as die sirkus in die dorp was.
Een dag, na ek die vorige aand weer by die sirkus was, het ek ‘n kliënt by ‘n koffiewinkel ontmoet. Na ons besigheid afgehandel is het ek bly sit om ‘n bier te drink. Ek het die vrou sien inkom, en sy het in ‘n hoek gaan sit en koffie bestel. Sy het lang swart hare gehad wat tot amper op haar stuitjie gehang het. Sy het ‘n blompatroonrok en wit sandale aangehad. Iets omtrent haar het vaagweg bekend gelyk, maar ek kon haar om die dood nie plaas nie. Toe haal sy haar donkerbril af en kyk direk na my. En toe waai sy vir my. En ek waai terug, heel verboureerd deur wat besig is om te gebeur. Toe krom sy haar wysvinger en beduie vir my om nader te kom.
Ek het my bier opgetel en versigtig nader geloop. By haar tafeltjie aangekom het sy beduie ek moet sit.
“Jy herken my nie, nê?” het sy met ‘n altstem gevra.
“Uhmm?” is al wat ek kon uitkry.
“Jy’t gisteraand met ‘n oopbek na ons gesit en kyk …”
En toe val alles in plek. Sirkus. Sweefstok. ‘n Fietse lyfie in ‘n silwer kostuum met blinkertjies versier, haar swart hare in ‘n stywe bolla agter op haar kop saamgebind, wat deur die lug vlieg en deur ‘n fris ou sonder hemp gevang word.
“Sirkus! Jy het gisteraand saam met die trapezegroep gevlieg!” kom dit dom uit my mond uit.
Sy lag. “Ja! Ek is een van die vlieërs van die groep. My naam is Annetjie,” En sy hou ‘n hand na my toe uit.
Ek skud haar hand lomp. “Annetjie?”
“Yip. Anna Gertruida Van Graan van Klerksdorp. My verhoognaam is Valentina.” En sy lag.
“My fok,” is al wat ek uitkry.
Weer lag sy. “Ek het weggeloop van die huis af toe ek agttien was. Opgeshack met een van die sirkus ouens wat by ons kom tent opslaan het, en geleer vlieg. Ek en Alfie het opgesplit. Hy was ‘m akrobaat. Die Flying Carpetti’s is my vierde groep saam met wie ek werk.”
“Dis gisteraand se groep?”
“Yip. Drie broers. Hulle suster en ek.”
“En jou mense in Klerksdorp?”
“Ek en my ma het weer vrede gemaak. My pa het my tot die dag van sy dood nie vergewe nie.” Haar gesig was bot, met geen uitdrukking of emosie nie.
“Ek is jammer.”
“Dis oukei. Ek het vrede gemaak daarmee. Dopper Dominees vergewe nie maklik nie.”
Ons het vir ‘n ruk in stilte gesit. Toe: ”Vertel my van jouself. Almal wonder oor jou, wat so aand na aand in die voorste gestoeltes kom sit en die show kyk.”
“My oupa. My oupa was ‘n groot sirkus fan. Hy’t my die eerste keer gevat toe ek sewe jaar oud geword het.”
En so het die middag verbygedraal tot sy skielik haastig geword het om terug te kom vir haar vertoning. Ek het haar afgelaai, ‘n kaartjie gekoop en weer die aand se vertoning gekyk. Na die tyd het ek vir haar gewag en oupa se Merc in die pad gedruk huistoe.
By die huis aangekom het ek vir haar wyn aangebied, maar sy het whisky gevra. Ek het musiek opgesit en op my gunsteling stoel gaan sit. Sy’t haar skoene uitgeskop en gemaklik op die vloer voor my stoel kom sit.
Ons het tot laataand gesels en toe het sy opgestaan, behaaglik gestrek en gevra waar die badkamer is. Ek het haar in die gang afgelei tot by my kamer, die badkamer se lig aangesit, seker gemaak daar is toiletpapier en handdoeke en toe weer in my stoel gaan sit.
‘n Beweging in die gang het my aandag getrek. Sy was heeltemaal kaal en het op haar hande, bene effens oop in die gang afgekom. Sy’t tot by my stoel geloop, toe omgedraai en haar bene laat sak tot op die grond.
“Weird die goed wat mens in die sirkus leer. Kan jy op jou hande loop?” het sy ongeërg gevra.
“Ek kan nie.” Het ek uitgekry, verstom oor die pragtige gespierde lyf wat so gemaklik kaal voor my staan. Sy’t haar poniestert losgewikkel en haar lang swart hare het in golwe oor haar spierwit skouers geval.
“Gaan jy net met daai oopbek van jou sit en kyk, of het jy dalk ander planne?” het sy met ‘n giggel in haar stem gevra.
Ek het my glas neergesit en opgestaan. Sonder waarskuwing het sy in die lug gespring, haar bene om my lyf gevou en haar arms om my nek geslaan. Ek het amper omgedonner, maar darem regop gebly, my arms om haar warm sye en rug gevou.
Sy’t my saggies gesoen.
“Ek hou van jou.” Het sy gefluister. “Hou jy van my? Of is ek te voor op die wa?”
“Ek hou van jou …”
Ek het haar die gang afgedra terwyl sy my oopmond soen en haar op die rand van die bed neergesit. Toe’t ek haar bene oopgedruk en haar sopnat poesie begin lek en streel. My horing het ongemaklik teen my denim se gulp vasgedruk, en ek het onhandig gesukkel oop die ding oopgeknoop te kry.
Sy’t begin bokspring op die bed, haar heupe styf teen my gesig aangedruk. Ek kon hoor hoe sy saggies in Engels, Italiaans en iets wat soos Russies geklink, het vloek en prewel. En toe kon ek nie meer nie. Ek het myself regop getrek, haar bene agtertoe gebuig tot haar enkels aan die lakens langs haar kop geraak het en sommerso met my broek nog om my knieë, my hemp en my skoene ook nog aan, in haar ingedryf. Hoor oë het in swart poele verander, haar mond in ‘n “O” getrek, en haar rug hol gemaak. Hard het ek haar gestamp. Weer en weer en weer tot sy my in onverstaanbare tale begin vloek het en ek uitgepluk en oor haar maag gekom het. Ek het die sperm opgevee en haar my vingers laat aflek. Toe’t ek inderhaas my klere uitgepluk, haar teen die bed opgetrek en haar weer begin naai.
Haar soepel lyf was soos rubber en ek kon haar in enige rigting buig en vorm. Sy het oor my gesit en haar bene wyd na die kantetoe uitgedraai. Sy’t oor my gehurk en met klein bewegingkies net die punt van my piel met haar poesie gestreel. Sy’t oor my gesig gesit en my piel gesuig terwyl ek haar uiteet. En toe einde en ten laaste het sy op haar rug gelê, haar bene om my lyf gevou terwyl ek haar diep en hard steek.
So het ek en my sirkusvrou my piel in ‘n sweefstok verander waarop sy gery en geswaai het tot sy haar bevrediging bereik het. En net voor sy aan die slaap geraak het, haar swart hare en haar beeldskone gesig in die waai van my arm, het sy in my oor gelfluister: “Ek het ‘n ordentlike boerepiel gemis…”
4 COMMENTS
Meesterlik gedoen Ramkat.
Nog ‘n puik storie.
O bliksem dit klink lekker
Ai die “skones” van die Sirkus! Jy het my vêr teruggevat in my geheue, Ramkat!
Ek kan menige draadpluk onthou in my jong dae nadat ons van die sirkus teruggekom het.
Hulle het almal vir my mooi lywe gehad!
Dankie, ou Grote, vir ‘n heerlike storie!