
Bande wat bind verbreed horisonne
deur Brombeer
Taalversorging deur Lusman
Sy lê kaal op die bed, haar hande bo haar kop, oë geblinddoek, bene wyd oop – nes hy beveel het. Sy hoor die kamerdeur oopgaan en dan voetstappe wat naderkom. Sy mag nie roer nie; nog een van sy reëls.
Sy raak bewus van ‘n geritsel op die bedkassie waar hy haar beveel het om die rooi sykoord te los. Dan voel sy die gewig van sy knie op die bed langs haar. Sy growwe hand is op haar pols. Sy voel die koord waarmee hy haar gewrigte aanmekaar bind en dan ‘n verdere gewerskaf by die koppenent van die bed. Nou is sy totaal weerloos, haar slanke gewrigte aan die bed vas.
Eers dan praat hy, sy stem skaars hoorbaar: “Te styf?”
“Nee…” sug sy.
Sy voel hoe hy opstaan van die bed af. Sy hoor sy voetstappe wat die kamer verlaat. Tog voel sy steeds ‘n teenwoordigheid naby haar. Dit kan tog nie wees nie, dink sy.
Die gevoel van weerloosheid maak haar beide beangs en opgewonde. Sy wil hom so graag sien, die wellus in sy oë; sy stywe piel. Tog weet sy dat dit nie gaan gebeur nie, nie nou al nie. Eers gaan hy haar weerloosheid ontgin, stadig, onuithoudbaar stadig.
Sy voel hoe haar poesie nat word bloot by die gedagte daaraan.
Dan keer die voetstappe terug. Hy plaas goed op die bedkassie. Dit klink soos glase. Die geklingel van ys?
Sy word bewus van ‘n ritssluiter wat oopgaan, die geluid van materiaal wat op die vloer val – maar uit ‘n ander rigting. Hoe beweeg hy so vinnig en so geruisloos?
Voetstappe wat die bed nader klink op, uit die rigting waar sy die ritssluiter gehoor het. Skielik is sy weer beangs. Wat gaan hier aan? Wie is nog hier?
‘n Gewig druk op die bed, hier tussen haar wydoop bene. ‘n Nat geluid. Dan besef sy wat dit is; hy trek draad terwyl hy haar weerlose oop poesie bekyk. Sy wens haar hande was los, sodat sy die lippies vir hom wyer uitmekaar kon trek, haar oop, nat poes vir hom kan aanbied – haarself vir hom kan vinger terwyl sy kyk hoe hy sy stywe piel met sy vuis omklem.
Dan voel sy ‘n veerligte aanraking aan haar enkel. Dit beweeg sag, tot hoog teen haar binnebeen. Sy sug. Dan beweeg die aanraking vinnig oor haar dosie en langs die ander been af. Vir ‘n paar sekondes is daar niks. Dan kom die aanraking weer, in die teenoorgestelde rigting.
Sy voel die opgewondenheid tussen haar bene en sy weet haar netjies geskeerde poesie is nou reeds blinknat, die lippies opgehewe en ‘n diep, glimmende ligroos. Sy wil haarself vinger, die jagsheid amper pynlik. Dan hoor sy ys in ‘n glas, maar dis hier langs haar. Hoe is dit moontlik – hy is dan hier tussen haar bene?
Sy ruk van skok as die ysblokkie haar tepel raak. Sy voel hoe dit regop spring en verhard. Sy snak na haar asem. Die ysblokkie sirkel om haar areola en gly dan oor haar bors na die ander tepel toe. Dan glip die koue af teen haar plat magie, tot net bo die netjiese driehoekie skaamhare bo haar nat dosie. Dan keer die koue terug na haar borste. Sy maak sagte kermgeluidjies.
Die koue van die ys word vervang deur die sagte, warm omhelsing van lippe. Hy suig haar stokstywe tepel diep in sy mond in, rol dit tussen sy botande en sy tong. Dis amper pynlik. Sy kreun en lig haar heupe. Hy hou op suig.
“Moenie ophou nie. Ek is mal daaroor as jy my tieties suig.” Hy ignoreer haar. Sy voel die verplasing van gewig langs haar, maar tog voel sy steeds die gewig op die bed tussen haar oop bene. Hoe is dit moontlik?
Dan voel sy ‘n vinger op haar lippe. Haar mond gaan oop. “Proe hier,” beveel hy.
Sy proe die soet van heuning en suig sy vinger gulsig tot hy dit verwyder.
Hy soen haar. Sy tong druk haar lippe van mekaar af. Sy proe die neutlikeur wat hy uit sy mond in hare laat loop. Weer sluk sy gulsig en suig sy tong. Hande vat aan haar dye; sprei haar verder oop. Hoe kry hy dit reg om oral te wees?
Sy voel hoe haar sappe uit haar oop dosie lek en teen haar binnebeen afloop.
“Wil jy jou pragtige, nat poesie gelek hê?” vra hy hier langs haar oor.
“Seblief, ja, lek my poes. Maak my kom …” sug sy.
Dadelik voel sy ‘n warm asem naby haar skaamlippe. Hoe die hel? ‘n Tong lek vinnig oor haar ontblote klit en die skokgolf trek tot in haar tepels.
Sy lig haar heupe na die mond toe en prewel: “Ja, lek my poesie,’seblief.”
Hy gryp haar bene en dwing hulle teen haar borste vas. Sy is nou nog meer oopgesper vir sy aandag, haar oop dosie soos ‘n eksotiese pienk orgidee.
“A-h-h …” Sy ruk as sy tong oor die roosknoppie van haar anus dartel. Dan voel sy hoe hy sy tong teen die stywe ingang druk, verby die aanvanklike weerstand, effe ingaan en dan weer die pad boontoe lek, na haar mik toe. Die stywe punt van die tong lek die lengte van haar oop poesie.
“Ja, daar … net daar,” kerm sy wanneer hy weer haar klit beetkry. Hy suig dit in sy mond in, terwyl sy tong daarom sirkel.
“Moenie ophou nie, ‘seblief. Ja, ja … Fok, ja, lek my klit. Maak my kom!”
Haar pleidooi word geïgnoreer. Die tong speel steeds sag, stadig – ongelooflik stadig – oor haar plesierknoppie.
‘n Vinger vryf oor haar kringspier; dit trek onwillekeurig saam. Steeds lek die tong haar klit.
“Ja … druk jou vinger in my hol, terwyl jy my eet, ‘seblief.”
Dis iets wat sy slegs duld as sy mal-jags is. Sy voel ‘n dik vinger in haar poesie. Sy is sopnat. Dan onttrek die vinger en vryf oor haar hol. Dit druk vorentoe, glip maklik verby haar kringspier, tot diep in haar.
“O, fok ja, dit voel goed,” kerm sy. Die tong hervat sy stadige streling oor haar klit. Sy voel die slakkegang van die poesiesappe wat uitloop tot by die vinger in haar anus. Fok, sy is so nat.
Vir ‘n lang ruk druk die tong net met sulke vinnige steekbeweginkies teen haar genotknoppie; die bewegings aanhoudend, egalig. Sy haal swaar asem. Dit voel anders as gewoonlik, maar nie onaangenaam nie.
Dan voel sy hoe die spiere in haar bobene spring; dit klop in haar poesie. Sy ruk en skree: “A-a-h-h … o fok, eet my kont. Jy maak my kóm-m!” Sy voel hoe haar hele doos in sy honger mond ingesuig word. Haar klit pols teen sy tong terwyl hy gulsig die soet nektar van haar orgasme opslurp.
Wanneer sy ophou ruk, beweeg die mond weg en die vinger trek stadig uit haar.
Hier langs haar sê die stem: “Ek gaan jou nou op jou sy rol, oukei? Dan suig jy die piel.” Weer verras die manier waarop hy dit verwoord haar. Hoekom nie net sê: “Dan suig jy my piel” nie?
Sy word op haar sy gerol. Sy speel gewillig saam.
“Ja, ek wil jou groot voël proe. Sit hom in my mond,” pleit sy.
Eers verdwyn die teenwoordigheid hier langs haar van die bed. Dit keer na ‘n rukkie terug en skuifel nader aan haar gesig. Sy voel die gladde, harde hitte teen haar lippe. Sy maak haar mond oop, steek haar tong uit en proe die soet sap wat uit die warm voëlkop lek.
“H’m, dit smaak lekker. Lekker soet,” sê sy, voor haar tong oor die gladde kop lek. Sy is vaagweg bewus dat dit anders voel – groter; en ook anders proe. Maar sy is nou te jags om te diep daaroor te tob. Sy wil nou trilsmul. Haar tong druk teen die onderkant, waar die kop aan die skag vasheg. Sy voel hoe dit bokspring teen haar oop mond.
Sy kan dit nie hou nie. Met haar mond wyd oop beur sy effe vorentoe. Sy neem die kop en ‘n deel van die dik skag in haar warm mond.
“Ja, suig daai piel,” moedig die stem van ‘n ent weg haar aan. Sy suig ‘n vreemdeling se piel, dring dit tot haar deur! Dit druk dieper in haar mond in, begin haar lippe naai. Sy suig gulsig.
“Whoa, stadig. Jy moet nog in daai sopnat poesie van jou genaai word met daai piel. Moenie dat hy nou al kom nie,” maan die stem uit die rigting van die stoel voor die venster.
Die plesierspier word uit haar mond gehaal. Dan soen ‘n paar vreemde lippe haar. Sy kan haarself proe.
“Rol terug op jou rug,” beveel die stem. Sy gehoorsaam.
Hande druk haar bene wyer, sy voel gewigsverplasing soos die eienaar van die hande nader skuifel aan haar nat ingang.
Stadig penetreer hy haar. Die dik skag sper haar wyd oop en druk al dieper – ongelooflik diep – in haar sopnat skede in. Dan begin hy haar ry, eers stadige, kort bewegings. Sy druk haar heupe na hom toe.
“Nee, hy doen die naaiwerk. Lê jy net stil,” beveel die stem uit die stoel.
“Ek kan nie, dis te lekker. Naai my harder, ‘seblief. Naai my! Ek wil op jou dik piel kom,” kerm sy en lig weer haar heupe.
Sy voel hoe hy harder, dieper beur, sy hale nou lank en egalig. Hy druk weer haar knieë teen haar borste, lig haar enkels oor sy skouers en spyker haar met mening. Sy piel glip met elke haal amper uit haar oop, sopnat genotgrot, voor hy hom weer diep in haar instamp. Sy snak na asem.
Die sensasie tussen haar wydoop bene bou op en op.
“Ja, naai my. Ek is jou slet. Naai my hard. Kom in my nat poes!” gil sy uitasem en beur weer boontoe met haar heupe. Sy raak slegs so verbaal as sy simpel-jags raak. Sy voel hoe haar kru aanmoediging hom tot hoër hoogtes dryf. Hy stoot ál vinniger. Sy sou hom graag in die oë wou kyk wanneer hy kom. Gewoonlik maak daai veraf kom-blik in ‘n man se oë haar ook kom.
“A-a-h-h! Fok … Ek kóm-m! Weer … kom saam met my. Spuit in my, maak my vol!” gil sy as golf na golf van ‘n ongelooflike klimaks haar oorval.
Na nog ‘n paar hale hoor sy die diep, dierlike grom en voel hoe hy sy plesierpaal diep in haar stamp. Dan voel sy hoe skoot na skoot warm semen diep in haar kloppende poesie spuit.
“O bliksem, maar dit voel so goed met jou kom in my,” fluister sy. Hy gee haar ‘n piksoen op die neus en klim dan af.
Sy lê totaal uitgeput en wydsbeen op die bed. Sy voel hoe die kom uitloop en tussen haar boude poel. Sy rem aan die koord om haar polse en wens sy kon van die kom optel en van haar vingers aflek.
Sy hoor voetstappe en die kamerdeur wat oopgaan en dan praat haar man se stem weer hier langs haar. “Ek gaan jou blinddoek nou afhaal, oukei?”
Sy knik instemmend en draai haar kop. Hy maak die knoop los en verwyder die serp. Die eerste ding wat sy opmerk is dat hy klere aanhet. Daar speel ‘n skalkse glimlag oor sy gesig. “Het jy dit geniet, my Skat?”
“Fok, ja. Dit was ‘n ongelooflike naai, maar wie – ?”
Hy onderbreek haar met ‘n druk sy vinger oor haar lippe. “Toemaar, jy hoef nie te weet nie, nie nou al nie. Solank jy dit geniet het. Ek het.”
Eers dan sien sy die groot nat kol voor op sy jeans.
5 COMMENTS
Baie dankie, julle.
Brombeer jy’t ‘n ekstreme toneel opgedis en dit was baie genotvol om te lees.
Dankie!
Moenie jou skaars hou met nog bydraes nie.
Ek stem Annelise. Sexy verby
Baie baie sexy inderdaad!
Hierdie is ‘n baie sexy storie, Brombeer.