
Ses plus nege is vyftien
deur Geriatrix
Ek is Jose hoewel party mense my naam as Go-Sê wil uitspreek, laat hulle maar kies watter een hulle wil. Van julle wat my vriend Geriatrix se stories volg, sal onthou dat hy melding maak van my suster, Maria en die feit dat ons ouers in die vroeë 1970’s uit Mosambiek gevlug het. Soms is die ou so effe neerhalend, so asof ons sommer gewone Porras is wat ‘n groentewinkel het. My suster is hoog op in die TV-bedryf en ek het net soos my pa voor my as ‘n ouditeur gekwalifiseer. Ek het genoeg fondse opgebou om my vir ‘n baie lang tyd aan die gang te hou; so ek boer op die golfbaan, maar ‘n man kan net soveel golf speel dan begin dit amper soos werk te klink.
Ek kan nie vir die waarheid van die volgende stelling pa staan nie, maar daar is mos ‘n ‘urban legend’ dat die mense van die Iberiese kus, dit is nou Spanje en Portugal, baie warmbloedig is. Vir my is dit moeilik om te sê, maar wat ek wel weet, is dat ek as jong seun in Mosambiek al baie vroeg in my lewe my eerste keer genaai het; ons Portugese in Mosambiek was nogal ‘n hegte groep en daar was baie geleenthede om lede van die teenoorgestelde geslag te ontmoet.
Hier in Suid-Afrika is daar ook sterk Portugese gemeenskappe en daarom was die meeste van die dames wat ek gespyker of selfs ‘n verhouding mee aangeknoop het uit die Portugese gemeenskap. Ek het Afrikaanse en Engelse meisies geken, maar om een of ander rede wat ek tot vandag toe nie weet nie, het ek nie een van hulle ooit gespyker nie.
Omdat Portugese poesies so volop was, het ek nooit tot trou gekom nie en soos my een kollega sê ‘in die bondel genaai’. In die begin was die bondel nogal groot en die naaibare meisies volop, maar soos die mens maar is, het van hulle getrou of ge-emigreer tot ek eendag met ‘n skok besef dat al meer as drie weke verloop het sedert ek laas genaai het! Maria en ek het ‘n baie hegte verhouding en daar is niks wat ons van mekaar weerhou nie; so ek vertel haar toe van my predikament. Maria is al lankal geskei, maar ek kan sien dat sy nie ‘n probleem met seks het nie. Sy vertel my toe van die groep dames wat almal binne dieselfde omgewing werksaam is; hulle organiseer geleenthede waar hulle ‘sosiaal verkeer’. So is ek na een van die geleenthede genooi – hulle het wel sosiaal verkeer, tot ongeveer ‘n half-uur na die eerste dop geskink is. Daar was eweveel mans as dames en gou het hulle pare gevorm en begin vry en gereed maak vir seks. Ek kan tot vandag nie die naam van die dame onthou nie, maar ons het heerlik gespyker; na so ‘n ruk het almal aangeskuif en met die nuwe persoon voort gegaan.
Ek het Maria al baie keer nakend gesien en sy vir my, maar dit was die eerste keer dat ek haar sien naai het – dit het nogal ongemaklik gevoel, maar ek het gou die ongemak oorkom en die orgie geniet. Ek het nooit werklik deel van die groep geword nie, maar by geleentheid het ek darem ‘n knippie kon inkry. By een van hierdie geleenthede was daar skielik ‘n ouerige balie teenwoordig – hy was glo ‘n hou-omie van die groep; volgens Maria het hy so tussen die dames rond getrek, hulle op ‘n deeltydse grondslag met hulle werk gehelp en ook sommer allerhande ‘funksies’ verrig. Hy het onder die skuilnaam Geriatrix gewerk; in hulle werk het dié mense almal professionele name wat dikwels van hulle doopname verskil so dit was nie vir my snaaks nie.
Wat my veral opgeval het, was dat Geriatrix meestal sy dame(s) gevry het, maar hy het baie selde hulle gepenetreer. Een naweek was van die lede van die groep weer bymekaar vir ‘n orgie. Met my het dit tot op ‘n punt goed gegaan; toe die dame waarmee ek verkeer my voël begin bewerk het, het die ou so halfhartig orent gekom, maar probeer soos sy kan, wou hy niks verder as halfmas kom nie. Geriatrix het my verleentheid so dopgehou en toe in my oor gefluister dat ek liewer op die vry en bevrediging van my dame moet konsentreer – ek het sy raad gevolg en so die volgende paar weke voorgegee dat ek moerse ereksies het, maar as dit by die instootslag kom, was daar nie veel aksie nie.
Maria reël toe vir my ‘n afspraak by ‘n uroloog – dit het seker tien sekondes geneem om my probleem te identifiseer – dit is die lot van byna alle mans, ongeag hulle ouderdom, erektiele disfunksie, of soos dit in meer verhewe taal bekend staan ED. Ek verkies hierdie term bo die meer algemene term impotensie want dit het so ‘n negatiewe konteks.
Die uruloog het medikasie voorgeskryf en die blou pilletjies het aan die begin baie goed gewerk maar later moes ek meer as een gebruik en nog later het hulle nie regtig meer gehelp nie. Ek hoor toe dat dit ook ou Geriatrix se probleem is en dat die rede is waarom hy eerder op tegniek as fisiese kontak konsentreer.
Ek het nog so ‘n paar kliënte en een oggend sit een van my ou kliënte en ek en gesels na ons sy finansiële sake afgehandel het. Hy vertel my toe dat hy binnekort vir behandeling in ‘n spesiale kliniek Duitsland toe gaan. Hy was eers lugtig om oor hierdie kliniek te praat, maar na so ‘n ruk kom dit toe uit dat hy ook met ED sukkel.
Na sy terugkeer, stap hy een middag na ete by my kantoor in met ‘n glimlag wat van oor tot oor strek, hy kom toe pas terug van ‘n besoek aan een van die spesiale klubs in die omgewing, hy het sy normale half-uur bespreek en toe dit verby was, het hy sy kredietkaart na die ontvangs gestuur met die versoek om minstens nog twee sessies van ‘n uur elk te bespreek. Die klub het later aflosmeisies ingestuur, want die wat hy vir die uur bespreek het, het begin moeg word. Hy sê hy dink hy het die dag minstens vyf meisies gehad.
OK, lang storie, die gevolg is dat Geriatrix en ek toe die eerste moontlike vlug na Duitsland gehaal het – ek dink die ou het oor die besoek geskryf so ek gaan dit nie hier herhaal nie.
Die hoofmeisie van Maria se groep het my vertel dat Beatrix een naweek by ‘n vriendin van haar ma in ‘n aftree-oord gaan kuier het; ek is nie heeltemal seker wat die omstandighede was nie, maar blykbaar was die vriendin lank gelede in ‘n verhouding met Geriatrix betrokke, hy en die ou vriendin was glo soos vet en vuur en het net daar en dan iets voltooi wat hulle lank terug onvoltooid gelaat het. Die gevolg is dat die ou nou so een of twee keer per maand vir ‘n paar dae afwesig is.
Na hy van so ‘n besoek terug kom, vra hy my om ‘n dop saam met hom te drink, hy wil iets baie spesiaal met my bespreek. Dit blyk toe dat die ou vlam van hom en ‘n vriendin van haar se eskapades by die ander inwoners uitgekom het en nou wil van die ander dames hom ook gebruik – hy sien regtig nie daarvoor kans nie, want hy moet nog sy pligte by die groep nakom en hy word nie juis jonger nie. Sien ek kans om daar te gaan uithelp? Soos ek gesê het, het ek baie tyd en ‘n mens kan net soveel golf speel; toe sê ek dat ek sal gaan kyk.
Moet sê, ek was nie bietjie lugtig nie; hierdie aftree-oord is op die platteland en die meeste van die inwoners is die weduwees van skatryk boere. Hulle is gewoond aan ‘n lewe waar geld en kos nie ‘n kwessie is nie en daarom het die meeste van hulle ‘n lyf wat mens nou nie as baie slank sal beskryf nie. Om hierdie kwessie aan te spreek, het Maria en haar vriendinne die getroue moderne ensiklopedie of dan wel, Google nader getrek – daar het ons baie nuttige inligting gekry oor watter metodes en tegnieke ‘n mens kan gebruik.
Gewapen met die nuwe inligting en baie raad van almal het ek toe die pad na die aftreë-oord gevat. Ek moes by die ontvangs vra om Johanna te roep. Die ontvangsdame vra toe: “Soek jy vir Johanna van die krukke? Is jy die ou wat so ‘n rukkie hier by ons kom uithelp? Ons kan nie wag dat jy begin nie, hel dit gaan baie lekker wees.” Sy druk ‘n knoppie op die interkom en praat met iemand, binne oomblikke kom ‘n dame wat haarself op twee krukke steun die kantoor binne, groet en gryp sommer my hand en begelei my in die rigting van die siekeboeg. Hoe nader ek kom hoe harder klink die gedruis van vele stemme en toe ons om die hoek kom, sit daar seker twintig vroue met lywe wat wissel van amper nog jonk en slank tot ander wat elke moontlike truuk in die boek sal vereis.
Johanna stel my toe voor, en een van die eerste reaksies is “Maar hy lyk dan nie soos ‘n Porra nie.” Gou verseker ek hulle dat ek wel van Portugese afkoms is, maar ek is darem nie jou gewone Portugees nie. Dit kalmeer hulle, want die meeste van hulle het gedink hulle gaan iemand kry soos die wat in die plaaslike groentewinkel werk.
Johanna organiseer sommer in ‘n japtrap die prosesse, ek hoef niks te doen nie, behalwe om in die kamer te kom. Ek was skaars daar of die eerste dame skuifel om die deur, sy is so senuagtig soos ‘n jong meisie wat op haar eerste afspraak gaan; so ek probeer alles om haar op haar gemak te stel. Na so ‘n rukkie het ons op die bank gaan sit en ek het haar begin vry; eers was sy so koud en stil soos ‘n klip, maar namate ek gevorder het, het sy ook begin ontdooi en selfs so effens teruggevry. Sy sê toe dat haar man so vyftien jaar gelede oorlede is en dat hy die enigste man was met wie sy ooit seks gehad het. Ek vra haar so tussen die vryery deur oor hoe haar man haar gevry het, watter tegnieke hy gebruik het, wat haar jags maak en so voort. Sy was eers skaam, maar het later lekker aan die gesprek deelgeneem.
Op die stadium het ek darem al haar bloes oopgemaak en toe is hierdie moerse pramme voor my – Geriatrix het my gewaarsku dat hierdie meisies nou nie meer die stewige borste het waaraan ons gewoond is nie en ek het effens teruggedeins, maar toe neem plig en nuuskierigheid oor en ek begin hulle ondersoek, aanvanklik geen reaksie nie. Ek moes twee of drie keer kyk om vas te stel of ek my nie werklik verbeel nie, maar hier voor my oë begin hierdie pramme wat seker in geen menseheugenis ‘n hand op hulle gevoel het nie om op te staan, die tepels begin amper vorm aanneem en toe soen ek hulle en speel hulle so in my mond rond. Dit was vir my duidelik dat sy nog nooit in haar lewe so iets ervaar het nie.
Later is my hand af na haar bene toe en toe kom die tweede verrassing; in plaas van die klein pentie waaraan ek gewoond is, is hier een moerse bloomer! Moes mooi dink oor hoe mens nou die ding kan afkry, maar het darem dit later afgekry. Ek begin toe stadig met haar doos speel; hier was sy nog meer senuagtig en ek moes baie stadig gaan om net eers my vingers op haar yl bos te kon plaas. Jong, dit het redelik lank gevat, maar ek het my piel stadig in haar ingedruk en haar stadig begin naai. Sy het eers teruggehou, maar nie te lank nie of sy kom. Sy het my later vertel dat die eerste keer in haar lewe was dat sy gekom het!
Ek gaan julle nie verveel met verslae oor die dames van die aftree-oord nie; wat my wel opgeval het, is dat hoewel die meeste van hulle onderwysers of verpleegkundiges was voor hulle met die boer getroud is en dalk op kollege gevry het, die boere niks van voorspel, liefkoos en naspel geweet het nie; hulle kon vir jou alles van die anatomie van ‘n koei, skaap of bok vertel, maar die anatomie van die heel belangrikste vroulike soogdier, hulle eggenoot, was vir hulle totaal onbekende terrein! As die koei of die ooi bronstig is, klim die bul of ram haar en gee ‘n paar stote om dan af te klim en voort te gaan om te wei. As dit dan vir die diere kan werk hoekom nie vir die vrou ook nie? Vir hom was die eerste taak na sy troue om ‘n erfgenaam vir die plaas te verwek en dit was waar sy pligte gestop het.
Ongeveer drie-kwart van die dames het nog nooit ‘n hand of vinger op haar klitoris gehad nie; die meeste was nie eers meer van die bestaan van hierdie orgaantjie bewus nie! Na die aanvanklike huiwering om vrouens te spyker waarvan die verhouding tussen haar lengte en liggaamsmassa nie baie goed was nie het ek my grille oorkom en dit was lekker om hulle eerstens plesier te gee en dan ook op te merk hoe hulle probeer het om daardie verhouding te verbeter; ongelukkig het baie jare van vars lug, skaapvleis en melk daardie poging byna onmoontlik gemaak.
Ek het toe ook lang gesprekke met Anna en haar vriendin Johanna gevoer; hulle sê toe vir my dat hoewel baie van die dames die fisiese seks geniet van die ander se natuurlike smering nou nie meer na wense is nie en dat hulle ongemaklik voel om die jellie te gebruik, soos een blykbaar gesê het, dit laat haar aan die melksalf dink wat haar man soms gebruik het as sy volgens hom nog nie reg was nie. Jong ek kan jou baie stories vertel oor hoe die rowwe manne van die veld genaai het, maar kom ons los dit daar. So met die tyd het daar dan ook ‘n patroon ontwikkel waar van die dames wou spyker, ander weer net gevry wou wees (en dan byna sonder uitsonder uitsondering ge-eet wou word, min van hulle was egter bereid om my te eet. Van hulle het onder mekaar of met Anna en Johanna orale seks geniet.)
Van hulle het Johanna van die krukke gevra om hulle te help om meer inligting op die internet te kry en van hulle het al met omgekeerde posisies begin eksperimenteer. Omdat hulle so baie tyd het, spandeer hulle ure daaraan om allerhande speletjies en samesweringsteorië uit te dink. ‘n Term wat ek toe al hoe meer hoor, is ‘ons gaan 15 speel, of gister se 15 was nou vir jou lekker.’ Ek vra toe vir Anna wat dié term beteken? Sy sê ‘hel vir ‘n ou wat sy geld met syfers gemaak het, is jy darem onnosel! Ses plus nege is mos vyftien!’
Nou verstaan ek ook wat gebeur het een middag toe ek in die medisynedepot was om voorraad aan te koop. ‘n Kliënt kom ingestap, vra vir die jong dame agter die toonbank ‘n vyftien en toe gee die verkoopsdame haar ‘n bottel VAT 69.
5 COMMENTS
‘n Amusante bydrae wat baie moontlike toekomstige scenario’s kan optower!
Ek sien uit na meer gedetaileerde tonele saam met van die dames.
Doet so voort, Geriatrix !
Willewil,
Dankie vir die terugvoer. Ek het ernstig daaroor gedink om die natuur sy logiese gang te laat gaan en die ou spul so een vir een te laat afsterf. Sal met my kontakte in die koshuis vir bejaarde mense gaan praat – hulle skinder al oor waar Annelise die foto gekry het want ‘jy lyk vir so bekend, is jy die een van die 69 storie?
Sal wensdenkery van my kant af wees…he=he
Annelise,
Jou foto’s is altyd baie gepas; nou is ek in die moeilikheid. Die dames van die plaaslike koshuis vir bejaardes sê die twee dames op die foto lyk regtig na Anna en Johanna – die twee ontken dit heftig en sê die foto is ‘gephotoshop’.
hehehe