Seconds.
deur Scorpio
Ek is soms genoodsaak om my blyplek met my neef Armand te deel, wat seker billik is aangesien die plek aan hom behoort. Sy uitstekende akademiese rekord op Universiteit, ongebreidelde ambisie en gewetenlose loopbaanpolitiek maak dit moontlik om, benewens sy huis in ‘n golflandgoed in Pretoria, hierdie vakansiehuis in die Bosveld te kan bekostig. In vergelyking het my eie loopbaan maar swak uit die wegspringblokke gekom, indien dit nie onherroeplik vasgeval het nie. Tans doen ek navorsing wat my beswaarlik drie dae ‘n week besig hou, die vergoeding is natuurlik dien ooreenkomstig. Armand oefen sy eienaarsreg vir die langnaweek uit, en hy het ‘n vriendin saamgebring. Haar naam is Liesl en sy is nie onaardig nie, maar as ek venynig wou wees sou ek raai dat haar los jeans en hemp ‘n paar ekstra kilogram vermom. Sy is nietemin ‘n dramatiese verbetering op van sy vorige aanhangsels.
Armand is ‘n uitstekende kok en ons het ‘n swaar aandete agter die rug en daar is vier leë rooiwynbottels op die slagveld, genoeg om selfs ‘n ervare drinker bed toe te laat verlang. Armand en Liesl verskoon hulleself en verkas giggellend en effe onvas op die voet kamer toe. Ek blaai ‘n rukkie verveeld deur die paar beskikbare TV kanale sonder enige verwagting. Ek besluit om ook maar bed se kant toe te staan. Ons kamers is oorkant mekaar en hulle deur staan effens oop. Ek kan ‘n gedeelte van die bed sien en daar is min twyfel oor wat daar binne aan die gang is. Die kombers is oor hulle getrek en die hele hoop bewe soos jellie in die maanlig. Ek hou hulle ‘n rukkie dop. Hy blaas en steun, ek kan haar nie hoor nie. ‘n Paar minute later sidder die hele spektakel dramaties en raak dan stil. Nie juis ‘n inspirerende vertoning nie. Ek besluit om weer te gaan TV kyk want die laaste ding wat ek nodig het is om voor hulle deur betrap te word. ‘n Uur of wat later sit ek in die donker sitkamer en kyk verveeld na die een of ander onverteerbare snert op SABC 1. Ek wip soos ek skrik toe die toilet spoel. Kort daarna gaan die kombuislig aan. Dis Liesl, sy krap in die yskas en kom staan dan in die deur. Sy vat ‘n sluk uit die bottel melk in haar hand. Daar is iets wat jy nie elke dag sien nie, al my meisie vriende is tog so beskaafd. Sy vee haar mond af met die rugkant van haar hand en leuen ‘n heup teen die kosyn. Sy het een van Armand se Bloubul T-hemde aan (gee my krag) en te oordeel aan wat ek vroeër gesien het, waarskynlik niks meer nie. Armand is ‘n stewig kêrel maar nie juis lank nie en die hemp is kommerwekkend kort.
“Armand sê jy is single.” Haar stemtoon is geskiedenisonderwyser neutraal.
Ek hoop sy gaan my nie lank besig hou nie, ek is vaak en nie heeltemal nugter nie.
“Is so, maar ek is nie eensaam nie.”
“Goeie antwoord” gee sy toe, “maar eensaam is nie die enigste nadeel van alleen wees nie, is dit?”
Ek vra nie wat sy bedoel nie maar sy is vasbeslote om my te sê.
“Hoe lank, ek meen, jy het sekerlik voorheen ‘n meisie gehad?”
“Jaar of so. Sy het ‘n werk in Pretoria gekry. Dis bietjie ver om te pendel.”
“Dis lank” gaan sy voort. “Mans raak mos frustreerd as hulle so lank alleen is?” en sy laai ‘frustreerd’ met sommer ‘n hoop bagasie. Sy kon maar netsowel ‘Julle mans’ ook gesê het.
Ek is bekommerd oor die rigting wat die gesprek inslaan. Armand het in sy jonger dae eerstespan stut gespeel en ek het geen ambisie om met hom in ‘n onderonsie betrokke te raak nie.
“Ja, wel, ek dink dit is seker maar ‘n probleem waarmee almal die een of ander tyd worstel.”
Sy lag, en ek hou daarvan. “Worstel, sê jy? Klink of jy iets verkeerd doen.”
Ek kan nie help om ook te lag nie.
“Na ‘n woeste geworstel wurg Onan, uh, ek bedoel Konan, uiteindelik die laaste spoegsel wit waks uit die gevreesde eenoog broekslang uit” saai ek ernstig in my beste Discovery kanaal stem uit.
Sy raak aan die giggel en verstik, en ‘n halwe sluk melk spuit by haar neus uit. Ek hoop nie sy maak vir Armand wakker nie. My oë steek op haar borste vas wat ongehinderd onder die Bloubul hemp beweeg toe sy die melk afvee. Sy lig ‘n wenkbrou.
“Stadig, ou grote. Lanklaas geworstel?”
Dis vrek snaaks en ek probeer verniet nog ‘n lagbui wegsteek.
“Wel, nie almal van ons het gelukkig geraak vanaand nie” neem ek wraak.
Kolskoot. Sy lyk verleë.
“Dan was dit jy by die deur. Daar was niks gelukkig daaraan nie. Ek is jammer dat jy dit moes sien” en sy mik ‘n venynige kyk slaapkamer toe.
“Waarskynlik beter as worstel” probeer ek red.
“Glad nie” snork sy, maar met ‘n glimlag. Dis heelwat beter.
Ek bekyk my hande. “Ek is nie so seker nie. Hoe langer die hare in jou palms word, hoe minder die sensasie.” Sy begin weer giggel.
“Wel, jy kan ten minste nog jou palms sien” en sy skreef haar oë terwyl sy ‘n goeie twaalf duim bo-oor haar hande kyk wat sy voor haar ophou.
Ons lag te hard en ek loer bekommerd gang se kant toe.
“Hy sal nie wakker word nie” sê sy en ek wonder hoekom sy so seker is. Ek onthou hy het wel ‘n groot deel van die vier bottels wyn baasgeraak.
Op geheimsinnige wyse wat slegs vrouens ken is haar postuur meteens subtiel anders. Haar skouers is teruggetrek en haar borste is voller teen die hemp, haar heup effens meer prominent geknak. Die hemp is gevaarlik kort en haar bene is onmoontlik lank, goudbruin en delikaat gespierd. Ek was verkeerd oor haar gewig, dit lyk eerder of sy ‘n atleet kan wees. Sy volg my oë.
“Sokker” sê sy en dit lyk my sy kan nog gedagtes lees ook. Die tintel langs my rugstring af blameer ek op die laaste paar selibate maande.
“Wat soek jy saam met Armand?” vra ek, en dit is ‘n fout. Haar stem is skielik kil.
“Ten spyte van die feit dat dit niks met jou te doen het, sal ek jou antwoord. Hy is meestal ‘n baie aangename en bedagsame persoon. Hy is baie suksesvol” en ek kry ‘n betekenisvolle kyk, “en dit maak hom aantreklik, veral vir iemand wat ook weet wat die woord ambisie beteken.”
Eina. Die boodskap is duidelik, ek is die een wat nie weet wat ambisie is nie. Ek weet ook sy is reg oor Armand, ek ken hom sedert ek my verstand gekry het. Hy is ‘n formidabele, selfs gewetenlose opponent in elke faset van die lewe, maar ons was nog altyd baie goeie vriende.
“Ek is jammer, dit het nie reg uitgekom nie. Ek is soms jaloers op hom, hy het altyd alles wat ek wil hê.”
“Dankie, dis ‘n mooi ding om te sê.” Soos vroue doen behou sy haar die reg voor om woorde te interpreteer soos dit haar pas, en sy het skynbaar besluit sy is een van die dinge wat ek Armand beny. My fisiese reaksie bevestig dat ‘begeer’ ‘n beter woordkeuse as ‘beny’ is. Ek lê effens terug teen die bank om meer plek in my jeans te maak, maar sy mis niks.
“Ek gaan jou nou in vrede los, dit lyk asof jy ‘n bietjie privaatheid nodig het.” Sy beduie na my broek en skommel haar vuis onwelvoeglik. Hierdie girl is weird, en snaaks. Ek kyk verleë af en sy is reg, hierdie probleempie gaan hom gewis nie self oplos nie.
“Lyk dit miskien asof ek opsies het?” verdedig ek. Sy sit die melkbottel terug in die yskas, die kort hempie is nie opgewasse teen haar buk nie. Haar soet glimlag laat my twyfel of dit ‘n ongeluk was.
“Hoekom skop ons hom nie so bietjie terwyl hy nou teen die grond is nie?” brom ek en sy trek skewebek vir my.
Die huis is doodstil. Ek lê op my bed, en die drukkende hitte is nie die enigste rede vir die sweet op my lyf nie. My piel is dik en swaar in my vuis. Ek is op die kruin en ‘n paar vinnige hale sal die ondraaglike frustrasie verlig, maar ek kan myself nie sover bring nie, ‘n onbekende behoefte vir iets meer keer my. Die flikker van my selfoonskerm laat weet ek het pos.
“Vorder jy?” vra die onbekende nommer. Wie anders as Liesl? Ek weet my nommer is op Armand se foon.
“Fluks. Tik net stadig met een hand”
“Wat maak die ander een?” en sy sit ‘n glimlaggie by.
“Wil jy kom kyk?”
“Jaaa. Maar dit sal dom wees” stuur sy.
“Tease!”
“Ek weet” antwoord sy, sonder berou.
“Ek kom soontoe” stuur ek, brawer as wat ek voel.
“Is jy mal!?” kom blitsig terug.
Ek antwoord nie en die skerm is donker vir ‘n paar minute.
“Ok, ek is nou daar. Maar gedra jou?”
“Yip” en ek glip onder die laken in om my eerbare bedoelings gestand te doen.
‘n Paar minute later sluip sy die kamer binne, luister ‘n oomblik met haar kop in die gang en maak die deur dan saggies toe. Sy het nog dieselfde hemp aan en gaan sit versigtig op die voetenent van die bed, ver van my af. Sy is suspisieus oor my belofte om my te gedra, want ek kan sien sy het intussen ‘n panty aangetrek. Haar hemp is regtig net te kort en hoewel die donker deurskyn waarskynlik net my oorakwiewe verbeelding is, verhoed dit nie dat bloed opnuut dik en warm in my orgaan inpomp nie. Die dun laken laat min aan die verbeelding oor en sy sit haar hande oor haar mond.
“Is dit my skuld? Ek’s jammer.” fluister sy grootoog. Sy lyk nie juis jammer nie.
“Inderdaad. Hoe beplan jy om dit reg te maak?”
“A nee a, jy gaan jou gedra, onthou?” betig sy my maar kyk ook nie weg nie.
“Ek het belowe om my te gedra. Maar wat van jou?”
Sy is ‘n rukkie stil en ek vind dit moeilik om te glo dat sy nie die laaste woord gaan inkry nie.
“Ek sal nie vir Armand kan verneuk nie” sê sy ernstig en ek is ongelooflik teleurgesteld.
“Maar ek sien jou punt” en sy rol haar oë. “Ek dink ek kan dalk help, my definisie van verneuk is ietwat buigsaam.
Jy, aan die ander kant, hou jou hande tuis.”
Sy kom kniel langs my en my piel flop teen my maag toe sy die laken aftrek. Sy sit haar palm op my bors en my lyf bewe. Haar hande swerf ‘n leeftyd oor my bors en maag en hoendervleis ril voor haar vingers uit. Soos ‘n blinde gebruik sy net haar vingerpunte, frons asof sy elke kontoer, elke reaksie memoriseer. ‘n Druppel blink aan een van haar vingerpunte toe haar hand oor die besnyde kroon van my piel gly. Dit voel soos ure later voordat sy my eindelik in haar vuis vat en aangaan waar ek opgehou het. Sy begin stadig en ek probeer uithou, maar dit help nie want dit is Liesl se hand, en sy is snaaks en mooi en sexy en behendig en skaamteloos en heeltemal onweerstaanbaar. Ek stoot hard in haar hand in toe die wilde plesier onbeheersd uit my ontplof. Ek is verleë oor hoe gou dit is. Semen spat in dik, warm stippels oor my bors en maag. Sy hou aan pomp en my laaste paar spasmes is droog, maar selfs meer intens. Sy hou my vas tot ek sag raak in haar hand en my asemhaling bedaar. Druppels wat reeds begin afkoel biggel glad teen my ribbes af en my kakebeen pyn. Ek is skielik Sy gebruik die laken om my af te vee, dan haar hand. Gelukkig lyk dit asof die Bloubul hemp ongeskonde daarvan afgekom het.
“Bliksem.” Haar lag is kortasem. “Lyk asof jy jouself afskeep. Weet jy nie dis ongesond nie?”
Ek rek behaaglik, my asemhaling nou nader aan normaal as hare.
“Jy is reg. Dis erg ongesond. Maar jy lyk ook soos iemand wat afgeskeep word.” Ek steek ‘n vinger uit na een van haar tepels wat ‘n punt druk teen haar hemp. Sy kyk na my, haar oë intens.
“Ek probeer hard om eerlik te wees met hom” en sy knik haar kop deur se kant toe, “maar die fok weet, hy maak dit nie maklik nie. Hy probeer nie so hard soos ek nie.” Sy kyk af na waar my vingers om haar tepel kelk. “Jy gaan dit ook nie maklik maak nie, gaan jy?”
“Sal jy ‘n rukkie bly?” vra ek en hoop nie dit klink so desperaat as wat dit voel nie.
Sy sug en druk my hand vas onder hare sodat my vingers nie kan beweeg nie, en my moed sak in my skoene. Dan vlei sy haar langs my op haar rug neer, die hemp trek nalatig op, of dalk nie. Haar panty span deursigtig oor haar donker, platgedruke krulle. Ek begin wonder hoeveel van die voorafgaande my ideë was.
“Luister,…” kry ek uit, maar sy draai haar kop na my toe en soen my. “Hou op praat” asem sy warm teen my mond “en maak my kom.”
Haar heuwel is plomp en ferm en pas perfek in my hand. Die vingers van my ander hand vind haar ribbes, skerp skouerblaaie en elke kneukel van haar rugstring, van haar skedel tot waar dit in die diep vallei van haar boude verdwyn. Vir ‘n lang ruk is dit genoeg om met my vingers oor die voorkant van haar panty te vryf totdat die gladde materiaal teen haar lippe kleef. Agter haar rug krul my vinger tussen haar boude in en ek is nie oortuig dat die tande teen my nek ‘n waarskuwing is nie. Lank nadat sy haar poesie lui teen my hand begin beweeg glip ek vir die eerste keer my hand onder haar broekie in. Tussen kroes krulle is sy glad en warm, sy vind my vingers eerder as andersom. My wys- en middelvinger handhaaf ‘n bestendige ritme weerskante van haar klit. Haar heupe stoot terug, aanvanklik beheers, vinniger wanneer die spanning in haar begin oplaai, haar maagspiere vladder onder hy handpalm. Ek versnel die ritme en sy sis onbehoorlike woorde teen my keel, haar onderlyf begin onverwags ruk. Ek hou my vingers stil, maar steeds diep in haar tot sy bedaar. Ek soek weer na haar klit, versigtig. Sy ruk en ek weet sy is sensitief, en ek raak net veerlig. Sy swel dikker onder my vingers en kom gou weer, gryp my pols in beide hande en stoot teen my hand, vinnig en ru, haar krete smoor nat teen my nek. Ek trek haar nat broekie eenkant toe en pomp drie vingers diep en vinnig in haar terwyl sy kom, my vingers krul teen die geriffelde wand van haar vagina. Die derde keer vat langer, maar is die wag werd, sy pols sterk om my vingers en haar hakskene soek desperaat vastrapplek, die bed kraak in simpatie met haar klimaks.
Sy kry ‘n uitasem “Fokkit…” uit voor sy wegruk en omrol op haar maag met haar hande onder haar, haar boudspiere telegrafeer ‘n laaste paar kontraksies.
‘n Halfuur later het ek haar nog nie laat gaan nie. “Asseblief nie…” fluister sy toe ek haar omrol en probeer penetreer. Toe ek eerder my tong tussen haar vingers wat sy oor haar poesie skulp inglip, protesteer sy net halfhartig, en maak dan haar bene wyer oop vir my. Sy smaak vars en wild, muskus en urine en sweet, vrou en seks en kom. My tong flikker in haar voue, lek en steek dieper, ek suig haar klit hard en diep tussen my lippe. Eindelik raak ons stil, natgesweet en uitasem.
“Beter as vroeër vanaand?” vra ek wanneer sy opstaan en haar broekie, wat dit nooit verby haar enkels gemaak het nie, optrek. Sy kyk eers skuldig deur toe maar strek dan soos ‘n kat.
“Vis jy?” glimlag sy. Dan is sy weg.
Die volgende oggend borsel ek teësinnig haar smaak uit my mond uit en hoop haar klit is so rou soos my tong. Sy is ongeërg aan die ontbyttafel maar bloos darem effens toe haar oog myne vang. Ek hoop die dik atmosfeer tussen haar en Armand is nie net my verbeelding nie. Die naweek is nog lank, en ek is bereid om my nek uit te steek vir hierdie een.