Ruiters

deur Bobcat

Ek word wakker met die jakkalse se roep in my ore. Haar warm lyf brand teen myne onder die saalkombers terwyl die sterre ‘n skouspelagtige kombers bo die doringboom se lywige takke is. ‘n Paar meter verder hoor ek die perde proes waar ek hulle gekniehalter het. Haar kop lê swaar op my arm en haar asemhaling is rustig. Die gloed van ons vuurtjie se kole is in hulle laaste doodsnikke en ek besef dat ek sal moet opstaan en begin werk aan ‘n plan om weer die ruitergroep saam met wie ons in die Kalahari reis op te spoor.

My vriend, Jan, het my genooi om die “perdetrippie” soos hy dit noem, mee te maak aangesien een van die gereelde ruiters op die nipper kop uitgetrek het.

“Daar is ‘n baie oulike, enkellopende onderwyseressie wat saamgaan,” het hy vermakerig gesê toe hy my en Shivas kom laai.

“Ghmf … ek soek nie vrou nie,” het ek gebraak. My hart nog stukkend nadat Sonet my met haar baas verkul het. “Sy is ook stukkend, my ou maat. Mnr “op die nippertjie” het haar en die perdetrippie verlede week gekanselleer”

Die rit met die perde op sleep was vermoeiend en dit was ‘n hele klomp moeё mense wat daardie aand hulle perde op stal sit by die gasteplaas. Die onthaal in die boma het egter opgemaak vir die moeite. Nadat Jan my in detail aan almal voorgestel het, het ons lekker gesels en beplan vir die volgende vyf dae te perd. Ek het ‘n paar nat verversings te veel gevat en besluit om by Shivas se stal ‘n draai te gaan maak en te gaan inkruip. Op pad na my chalet het ek teen die muur van ‘n ander chalet ‘n vrou se silhouette gesien wat besig was om van die buite-stort gebruik te maak. Ek het ‘n paar oomblikke onder ‘n boom verwyl en my verkyk aan die gewerskaf onder die stort. Haar borste en lang hare het grondwaarts gehang terwyl sy haar voete was. My onderlyf het gekriewel en ek het besluit om te verkas.

Op die stoep van my chalet gaan sit ek op die muurtjie en steek ‘n sigaret aan. Trek diep in en blaas die rook stadig die skoon naglug in terwyl ek opkyk na die sterre.

“Wat maak jy,” sê Jan skielik hier langs my en ek moer amper van die muurtjie af.

“Fok man, amper sluk ek my sigaret in,” bekla ek my lot, maar Jan lag net en beduie met sy hand in die rigting van my buurvrou se buite-stort.

“Liz moer jou dood,” terg ek hom.

Vyfuur die volgende oggend het ons koffie gedrink by die lapa en begin opsaal. Almal was in ‘n goeie bui en geselserig. Nadat die eerste skof deeglik bespreek is het ons in die pad geval aangesien ons so teen negeuur by ‘n sekere punt moes aanmeld vir ontbyt in die veld. Soos die perde draf en ek vir Shivas terughou dat die ander kan verbykom het ek opgemerk dat almal bedrewe ruiters was, maar dat daar ‘n paar warmgat perde in die groepie was … stalperde wat weet van vreet en bederf word.

Die onderwyseressie, ‘n Engelse Melanie of Mel soos sy voorgestel is, het so ‘n bont perdjie, Zest, met twee verskillende kleure oё gery en laasgenoemde was die hele wêreld vol. Die uitsig wanneer hy hier voor Shivaz draf was uitstekend. Die juffie se rybroekie was styf om die lyf en wanneer sy saalboom steek kon ek die kurwes van haar boudjies en pragtige bene mooi sien. Onder haar hoedjie het ‘n lang bos swart hare in ‘n poniestert uitgesteek. Haar vel was verbasend mooi bruingebrand en ek het terwyl ek my aan haar kurwes sit en verkyk besef dat dit Mel in die stort in die buitelug moes wees.

Ontbyt was uit die boonste rakke. GPS koordinate en roetekaarte is uitgegee en ‘n klomp tevrede ruiters vat die tweede skof vir die dag. Die eerste halfuur word daar net gestap en al die perde is rustig totdat ‘n verskrikte voёl tussen ‘n paar graspolle uitvlieg reg langs Mel se perdjie. Laasgenoemde snork en spring met ‘n vaart weg. Shivas wat gewoond is aan beeswerk skrik uit sy oggend slapie wakker en sit die “mal bees” agterna. Die laaste wat ek van die rygroepie hoor is toe ek oor die duin agter Mel en haar besete perdjie gaan en die “you go boy” geskree hoor.

Nou laat ons nie verkeerd verstaan nie; Shivas kan enige renperd op sy moer gee op vaste grond, maar Mel se perdjie moes dink dis ‘n leeu wat hom jaag, want hy lê plat soos hy hardloop. Ek sien net boudjies knyp soos die arme Mel in haar stiebeuels vasskop en terugtrek maar die onwillige Zest is oppad Japan toe soos ‘n moltrein.

Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het skuur Shivas verby die “mal bees” en stop so skielik voor hom dat ek my balans verloor en my eerste Kalahariplaas koop. Gelukkig het Shivaz ook as deurstop vir Zest gedien. My eer en waardigheid is erg aangetas en terwyl ek opstaan spoeg ek sand uit. Mel is by en help afstof met ‘n bewerige handjie.

“Sorry, hahaha, I mean I’m really sorry … hahaha,” is al wat sy uitkry.

Ek vervies my bloedig en gryp haar aan die arm en trek haar nader.

“Listen here, miss …” begin ek haar berispe, maar haar petite lyfie beland teen myne en ek voel haar prammetjies teen my maag.

Haar hand kom op en ek wil koes vir die klap, maar sy gryp my agter die kop en trek my vorentoe. Ek besef ek is in die kak , want hierdie tannie ken karate, maar pleks daarvan dat sy my neus teen haar knieg breek gaan sy effens op haar tone en plant sy haar Engelse bekkie op myne.

“You are my hero,” begin sy en hierdie keer maak ek haar stil met ‘n warm, uitgehongerde boeresoen.

“Snuif jy perdemis,” vra sy in ‘n swaar Engelse aksent. “Ek bedank u en dan neem u “advantage.”

Haar boesems dein gevaarlik en die klofie tussen haar tieties blink van die sweet en vir ‘n tweede keer trek ek haar teen my vas. Ons lippe ontmoet hierdie keer sagter en ek proe die soet van granaat toe sy ingee en ons tonge aan mekaar raak. My knieё knak en ek sak agteroor in die sand met haar bo-op my. Ek besef ek speel met vuur, want na nog ‘n soen verdwyn haar toppie oor haar kop en sy ruk my hemp oop. Ek kwyl amper terwyl ek na haar perfekte tiete staar.

“What about the others? vra ek, maar sy druk haar wysvinger voor my mond en oortuig my dat die groepie altyd op die roete bly.

Sy begin my weer soen en haar hande dwaal na my voёl. Sy vryf hom liefderyk op en af deur my broek en ek ewenaar haar poging deur haar koekie met my hand te brei en vryf.

“Nie hier … asseblief … dis warm en ons moet by die ander uitkom,” sê sy en spring op.

Tipies onnie dink ek by myself. Altyd besig om ‘n man te straf. Nadat sy aangetrek en ek my hemp in ere herstel het maak ons die perde bymekaar. Ek sit ‘n leiteuel gemaak uit my spaar stiegriem aan Zest se stang en ons begin ry in die rigting vanwaar ons gekom het. Daar is baie spore in die sand en ek besef gou dat ons in die moeilikheid is.

“Do you have the map, coordinates and a GPS or cellphone,” vra ek aangesien ek niks opgelet of saamgebring het nie. Gedog ek gaan maar net agterna.

Sy frons en sê: “I so wish you didn’t ask me that. Hoekom sal ek ‘n GPS hê? I left my cellphone at the lodge.” Sy frons effe. “At least we are going in the right direction.”

Ure later het ons aan mekaar erken dat ons verdwaal het. Die perde was uitgeput en ons het by ‘n sinkdam vol water afgesaal. ‘n Klein entjie van die dam het ‘n doringboom gestaan en ek het aan Mel voorgestel dat ons daar moet kamp maak vir die nag aangesien dit vir my na ‘n veesuiping lyk en dat indien daar ‘n soekgeselskap is hulle waarskynlik by so ‘n plek sal kom soek. Sy het effens verlig gelyk en my meegedeel dat sy altyd iets te ete saamry

“So we are covered for supper.”

Teen sononder het ons ‘n lekker vuurtjie aan die gang gehad en was ons albei in ons onderklere binne in die sinkdam. Haar swart hare het aan haar nek en haar tieties vasgekleef en ek kon aan haar tepels sien dat sy besig is om koud te kry. Toe sy uit die water klim het haar broekie deurgeskyn en ek kon die swart kol van haar paradys duidelik waarneem. My eie onderklere kon my lus vir haar nie verberg nie, maar sy het geglimlag en gesê: “Promise to give you pudding after dinner dear.”

Aandete het bestaan uit twee energiestafies en ‘n appel. Ek het my klere op die grond oopgegooi naby die vuur, wydsbeen gaan sit met haar tussen my knieë. Sy het my bors en maag as ‘n rugleuning gebruik en my oor haar skouer gevoer terwyl ons soos ou bekendes sit en klets. My hande het teen haar arms afgedwaal na haar elemboё en terug. Later oor haar rug. Sy het nader aan my geskuif en haar boudjies het teen my piel gedruk. Sy het haar kop agteroor laat sak sodat ek haar kon soen en sy het steeds na soet granaat geproe.

Haar arm het om my regterbeen gekrul en haar hand het eers my balle en toe my voёl gevryf. Ek het haar borste begin vryf. Hulle het in my handpalms gepas soos ‘n legkaart en haar tepels was baie prominent.

“Don’t you hurt me,” het sy in die lug laat hang terwyl sy in my arms omdraai terwyl sy my omstoot op my rug. Haar eerste soen was baie sag, amper soos haar vel. Dit het oer-voortplantingsinstinkte in my wakker geruk, maar gelukkig sonder dat ek in ‘n barbaar verander het.

Ek het haar van haar broekie verlos terwyl ek oor die kurwes van haar boude beweeg met my hande en haar omgerol sodat sy onder my was, bene effe opgetrek. Haar hande het tussen my onderbroek en my vel inbeweeg. Sy het hulle vasgegryp, gelos en gevryf en toe my onderbroek afgestoot tot by my knieё. Ek het haar weer op die mond gesoen en toe die ontdekkingstog met my lippe teen haar nek en oor haar borste begin. By elke tiende tepel vertoef … teen haar maag af tot by haar naeltjie … bietjie daar vertoef. Verder met my lippe teen haar onderbuik af en oor haar woltoebroodjie.

Die reuk van haar poesie was hemels en ek het liggies met my tong oor haar lippies begin beweeg terwyl ek seker maak dat my neus se punt oor haar klitoris speel. Haar skaamlippies was opgehewe en met die eerste probeerslag kloof my tong die paradys in twee. Haar nektar kleef aan my ken terwyl ek haar kittelaar suig en saggies byt … soms my tong tussen die lippies deurtrek en met sy punt terg by die hek van die paradys.

Sy ruk soos ‘n riet. “Oh please … fuck me now! Don’t you dare make love to me!” kom haar skokbevel.

Ek vee my mond af met my handpalm en smeer dan haar nektar aan my voёlkop. Sy lig haar heupe vir my en ek druk my pielkop tussen haar koeklippies in.

“Oh bugger … you’re a big boy.”

Ek huiwer en op daai oomblik haak sy haar hakskene agter my boude in en trek haarself oor my piel. Ek staan op my hande en knieё met die beeldskone tierkat wat onder my hang. Haar arms om my nek, bene nou om my heupe gevou en wat sy gebruik om haarself vorentoe en agtertoe te beweeg. Haar poesie is seepglad en heeltemal ontvanklik vir my meneer en sy ry my soos ‘n fietspomp. Sodra ek voel haar arms begin bewe besef ek sy word moeg en ek laat sak haar terug tot op my klere.

“Please, please …. don’t stop,” smeek sy en ek druk myself heeltemal in haar weg.

Haar klein lyfie verdwyn onder my maar ek voel haar tepels teen my bors. Ek plaas my een arm onder haar nek sodat haar kop daarop kan rus en om-arm haar been met my regterarm sodat haar boudjie in my handpalm lê met my vingerpunte teen haar perineum en kringspier. Soos ek haar naai beweeg die lig van ons vuur tussen ons lywe deur met die uittrekslag en verlig die boom se stam en verdof dan weer met die indruk. Haar naels grou in my rug en ek besef dat sy naby is.

“Make me cum … please … make me cum,” smeek sy en my ritme verdubbel.

Ek stamp elke indruk harder en dieper totdat my balle klapgeluide teen haar boude maak. Haar lyf word snaarstyf en sy laat haar bene van my heupe gly. Rou rilgeluide borrel uit haar keel. Sy trek haar knieё weer op, sit haar hakskene teen my bobene en skop my agteruit terwyl sy na haar klitoris gryp en ‘n blink straal “kom” tussen haar poeslippies uitskiet.

Sy druk haar hakskene in die grond en trek haar rug hol, ril weer, laat haar rug sak en skuif haar poesie weer met effe verhewe heupe in my rigting.

“Fuck  … sorry … that was …” en sy los die sin in die lug hang.

Ek gaan lê langs haar op my linkersy en trek haar rug teen my vas met my arm om haar. Toe ek hoor haar asemhaling is egalig weet ek sy slaap en trek ek die saalkombers oor ons.

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

2 thoughts on “Ruiters

  • May 31, 2017 at 12:48 pm
    Permalink

    Bobcat…weereens ‘n terffer !
    Ek’t dit baie geniet, gee ons meer.

    Reply
  • May 30, 2017 at 1:30 pm
    Permalink

    Bobcat, dit was nou n baie goed geskryfte storie. Wys ons nou maar net weer n skool juffrou kan.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)