Naakstudie

deur Wille Will

Ek ruim op na my selfgemaakte Sondagmaal. Ek woon alleen in ‘n dakwoonstel oorkant Joubert Park in Johannesburg. Dis 1966.
Ek is versadig en voel lomerig, maar besluit om eers in die park te gaan stap dat die kos sak voor ek miskien ‘n middagslapie neem.

Dis herfs en met die koue windjie wat deur die park sypel is daar nie baie mense nie. Twee studente (WITS op hul hemde geborduur) speel aan die linkerkant skaak op die sementblad met die plastiese mensgrootte skaakstukke. Skuins agter hulle sit twee boemelaars op ‘n bankie langs mekaar en tuur net op die sement voetpaadjie voor hulle. Die park is after-all hul slaap en blyplek.

Ek kyk na regs soos ek stap na die fontein in die middel van die park. Op die een gras gedeelte sit ‘n tannie en brei op ‘n bankie terwyl haar seun (kleinseun ?) op en af hardloop en speel met ‘n Kolliehond. Skuins oorkant hulle sit ‘n swart paartjie, styf teenmekaar en fluister liefdes-niksies vir mekaar.

My blik val egter nuuskierig op die enigste ander mens in die park.

‘n Vrou met hare tot op haar skouers, sit met haar rug na my en dit lyk asof sy skets op haar skoot, want sy kyk op na ‘n groot Jakarandaboom voor haar en dan weer in haar skoot … en dan weer op na die boom. Ek stap nuuskierig, sommer oor die gras, tot agter haar bankie. Sy is verdiep in die sketsboek voor haar waar haar lang vingers vlytige hale maak met die koolstofstafie. Ek ruik jasmyn van haar hare af of parfuum.

“I don’t mind if you watch as long as you don’t break my concentration,” sê sy met ‘n sagte stem sonder om om te kyk na my of haar vlietende hand te verpoos.

“Ek kyk graag,” antwoord ek in Afrikaans en stap tot teen die bankie se leuning agter haar rug en kyk af.

Die son weerkaats skitterreflekse uit haar bos hare. Sy’t ‘n wit rolnek, wol top aan met mooi vol borste waarvan die tepels dik uitstaan in die koue luggie. Die beige langbroek word bedek met die sketsboek waarop haar vingers skeppende strepe trek. Ek kan haar gesig glad nie sien nie.

Na bykans twee minute se stilte, sit sy die stafie neer op die boek en swaai haar hare soos sy omkyk na my toe. Sy’t besondere groen-bruin oë en vol ligrooi lippe maar die gesig verklap ook dat sy al midde in haar veertigs moet wees.

“Skets jy ook ?” vra sy met ‘n glimlag en ‘n swaar Engelse aksent.

“Ek spesialiseer in naakstudies,” lieg ek op die ingewing van die oomblik. “Maar huidiglik skryf ek aan ‘n roman.”

“A man of many talents, I note,” lag sy met spierwit tande.

“Sê jou wat … sy draai terug en pak die sketsboek met die stafies in ‘n macramé gevlegde drasak langs haar op die bank. Ken jy ‘n koffieplek hier naby ? Ek stick jou vir koffie dan gesels ons bietjie ? My naam is Agatha, maar noem my sommer Gabby.”

Ek steek my hand uit: “Noem my Will.”

Haar handpalm is warm met goedversorgde vingers en ‘n saffier ring om die pinkie.

Ons oë is vir ‘n lang oomblik vasgenael in mekaar en dan sê ek met ‘n opregte glimlag: “As dit nie voorbarig klink nie en jy my vertrou as ‘n doodgewone ou sonder bedoelings, kan ons in my woonstel hier reg langs die park, gaan koffie drink?”

Sy los my hand, gooi die sak oor die een skouer, kyk my weer vir ‘n oomblik deur en sê dan: “Let’s go.”

Ons het lukraak oor die weer en die park gesels soos ons aanstap totdat ek my woonstel deur oopsluit en haar voor my laat instap met ‘n dröe: “Welcome to my abode.”

Ek wys na’n gemakstoel en sê: “Maak jouself tuis ek kry die perkoleerder solank aan die gang” en stap in die oopplan kombuisie in.

Haar melodieuse, warm stem dwaal in my kop, maar ek glimlag ook omdat sy altyd sag praat. Terwyl ek twee teelepels Arabique in die glasbeker gooi soos dit begin opwarm, loer ek deur die luik wat sy doen. Sy’t haar skoene uitgeskop en met bene gestrek leun sy terug in die stoel met haar twee hande, vingers verstrengel, agter haar kop kyk sy na die naak etse op die muur oorkant haar. Die koffiemasjien ‘beep-beep’ vir my aandag en ek skink twee klein koppietjies vol dat dit skuim bo-op met ‘n welriekende aroma wat daaruit stoom. Ek plaas ‘n houer met bruinsuiker kristalle ook op die skinkbord en ‘n bekertjie room. Ek neem die skinkbord binne toe. Wanneer ek dit op die nutstafeltjie neersit is dit asof sy skrik en met haar voete soek-soek op die mat na haar skoene en sy bloos diep.

“Sorry, ek’t my regtig tuisgemaak ! (verlëe laggie)

“Help jouself,” beduie ek na die stomende koffie. “Dit is ‘n kompliment as jy tuis voel.” Ek glimlag groot terwyl ek weer in die besonderse oë kyk.

Ek neem my koffie net so en gaan sit op die stoel skuins langs hare. Wanneer sy buk om haar koffie te suiker kyk ek na haar boude wat styfspan in die langbroek en nog ferm vertoon. Ek kan nie merkies sien dat sy ‘n panty onder dit aan het nie.

“Jy het ‘n baie gerieflike blyplek met keur versier. Is dit jou ‘etchings’ teen die muur ?”

Ek voel ‘n effense blos as ek antwoord: “Nee ek is nog ‘n amateur en sal dit nie op ‘n muur vertoon nie … heh-heh. Dis van ‘n vriend van my.”

Sy lag lekker met haar sagte stem. “No art should ever been hidden. Maar ons is dan in dieselfde bootjie, want ek het ook sopas met naakstudies begin.”

Ek kyk op in haar oë of sy my terg, maar dan slaan sy die wind uit my seile uit: “Will you pose for me? Here in the intimacy of your flat?”

Seksuele inuendo’s flits deur my kop voor ek antwoord. “Op die voorwaarde dat jy ook vir my pose.”

Ons kyk mekaar uitdagend in die oë en meer woorde word in daai oomblik gewissel as al die woorde wat in die nuwe HAT gevind kan word.

Gabby sê in haar sagte stem, met ‘n fronsie op haar voorkop: “As jy gereed is gaan staan vir my by die oop balkondeur waar die son so ‘n warm baan inskyn.”

Ek trek my sweetpak baadjie uit en plaas dit op die stoel waar ek gesit het. Wanneer ek buk om die broek af te trek kyk ek weer op na haar, maar haar oë is neergeslaan op die sketsboek in afwagting. Ek trek die broek af en is verbaas dat ek ‘n semi het in my onderbroek. Is dit in afwagting vir die gevolg wat die naakstudies kan veroorsaak?

Ek stap selfbewus tot by die deur en voel hoe die son warm oor my amper naakte liggaam vloei. Ek hou my twee hande in ‘n vuis oor my maag vas en lig my voet naaste aan Gabby op sy tone dat my semi verberg is daaragter.

“Jy is nie heeltemal kaal nie,” sê sy met ‘n ietwat harder stem.

“Ek het nog nooit vir iemand kaal poseer nie.”

“…  neither have I,” kom haar antwoord terug en sy kyk my uitdagend aan.

“ Ok, ek sal alles uittrek as jy gewillig is om uit te trek en my net in jou onderklere te skets.”

(Dis my troefkaart, want volgens my waarnemings het sy nie onderklere aan nie.)

“You drive a hard bargain, Will. But I suppose everything for art.”

Sy staan op en plaas die sketsboek op die stoel. Met haar rug na my trek sy die dik woltop oor haar skouers uit en skud haar hare dat hul weer regval. Ek was reg, sy het nie ‘n bra aan nie. Sy gooi die top langs haar stoel neer en begin haar broek losmaak, haar rug nog steeds na my. Wanneer die broek oor haar ferm boude gly is ek verbaas om die stringetjie van ‘n deurtrekker bokant haar gleuf te sien. Sy draai om en gaan sit vinnig en tel die sketsboek op sonder om op te kyk na my. Daar is ‘n warm gloed oor haar gesig tot in haar nek en skouers in. Ek staar egter na haar donker, dik erekte tepels wat soos twee fopspene op haar pragtige vol, wit borste pronk. Ek voel hoe my semi-ereksie begin rys.

Sy verbreek die stilte in haar fluisterstem met: “I’ve done my part, let’s get on with it please.” Sy kyk op na my.

Ek draai ook my rug na haar en trek my skants uit. My ereksie spring soos ‘n kolhaas uit sy gat in die lug in as die skants eers daaroor is. Dis dik be-aard en in volle glorie en die groot pers kop beur halfpad uit die skede uit.

“Ek’s bevrees ek’s onproffesioneel, maar dis ‘n natuurlike reaksie wat ek nie kon beheer toe ek jou mooi liggaam sien nie,”sê ek terwyl ek omdraai in vooraansig na haar. Haar hand gaan vinnig op oor haar mond, met haar oë vlugtig op my meneer, maar dan skud sy haar skouers soos ‘n pro en tel die koolstafie op.

“This is going to be some sketch indeed,” glimlag sy sag in my rigting en haar oë speel weer in myne.

“Draai jou lyf meer sywaarts na my toe en strek jou hande bo jou kop asof jy ‘n plastic aardbol vashou … daarsy … nou bietjie meer in die sonlig in … perfek … kyk nou reguit na my.”

Sy trek haar twee bene op dat haar voete op die stoel se sitplek rus en die sketsboek bo teen haar kniëe rus. Haar skilderhand is vlytig besig op die sketsboek en haar kop is so gebuig dat jy van bo af net die bos hare kan sien. Wat my egter laat staar is dat haar poesie nou soos ‘n ontblote vrug tussen haar bene uitblom. Die deurtrekkertjie het in haar gleuf ingegly en die lippe omvou dit.
Ek voel my ereksie wat intussen gesak het weer rys tot volle gestalte. Ek kyk op na haar gesig. Sy laat sak weer haar bene grond toe, plaas die sketsboek en stafie op die stoel se leuning en staan op.

“Will, jy behoort te weet dat ‘n model doodstil moet poseer vir ‘n artist? Jy’t sopas weer ‘n beweging gemaak.” Haar sagte fluweelstem vloei en omvou deur en om my hele liggaam. Sy buk af terwyl haar oë die heeltyd in myne bly en trek die deurtrekker uit. Sy gooi dit by haar ander klere en stap die paar trëe reguit na my toe.

Voor ek nog ten volle kon kyk na haar naakte vrug, is sy meteens sentimeters van my af. Ek voel die warmte van haar liggaam aan en adem die jasmynreuk van haar diep in. Ek staar na haar mooi mond en sien die woorde sag uitgly oor haar lippe: “Ek het dit baie,baie lanklaas gehad … and you’re so big, please be gentle.”

Ek neem haar gesig in albei my hande en soen haar raak-raak op haar mond tot haar lippe oopgaan en sy my insuig in haar mond. Terselfdertyd voel ek hoe sy met altwee hande my voël omvou en dit met sagte hale op en af streel en dan ten volle erek , vryf sy dit by haar vrugopening amper in en uit oor haar nattigheid.

“Jy verdien beter as ek,” sê ek as ek my gesig wegtrek en haar met my ligaam dwing om agteruit te stap tot teen die chaise lounge.

Haar kniëe knak as ek haar sag laat neersak op die bank. Sy’t my voël nooit gelos nie en soos ek afsak op haar lyf stoot sy hom tussen haar lippe in en lig haar twee bene om my middel. Haar een hand wriemel tussen die hare aan die agterkant van my hoof terwyl haar ander hand weer my wang nadertrek en sy haar verruklike lippe oor my mond sit en met haar tong soek na myne.
Met my hande weerskante van haar kop, arms uitgestrek, trek ek my mond weg en kyk diep in haar oë en druk my voël stadig al dieper in haar in. Haar oë gaan groter oop soos ek dieper gaan en ek sien hoe sy ‘n oomblik haar onderlip vasbyt. Ek verpoos maar haar hand agter my kop por my aan.

“Oh god … don’t stop, please … this is so special … please …”

Dit kom amper in ‘n fluisterstem uit, maar is intens en vol emosie. Ek is nou ten volle, lyf teen lyf in haar in en haar poeswande voel soos ‘n handskoen wat styf om my voël span. Sy begin eerste beweeg en ek val outomaties in met haar ritme. Dit voel of ek golf op golf dein van genot. Sy versnel die ritme en sê skielik (die hardste wat ek haar stem nog ooit gehoor het): “Will … ek-weet-nie … kerm … of-ek … snak … lank … sal kan uithou nie.”

“Enjoy, I’ll try and … wait for you,” kreun ek terug soos ek voel dat my ballas begin saamtrek en die saad begin opstoot.

Ek kan ons liggame hoor klap teenmekaar en dan verloor ek beheer en ek stoot so hard ek kan in en uit haar soos my klimaks begin. Haar kop swaai heen en weer voor my met oë toegeknyp en haar vingernaels boor agter in my kop in

“I’m coming, I’m coming,” gil sy en ek skiet my saad skoot op skoot diep in haar in. Ons ry die hoogste kruin van die golf van ekstase saam. ‘n Nuwe naakstudie vir die Kama Sutra.

 

*skildery deur Dan Lacey

Volg Kombiekiehier op sosiale media:

3 thoughts on “Naakstudie

  • June 5, 2017 at 1:51 pm
    Permalink

    Dankie, Gert, dis gebaseer op die waarheid, net haar naam effens verbloem.

    Reply
  • June 5, 2017 at 1:47 pm
    Permalink

    Dankie Gert, seker omdat dit ‘n ware verhaal is, net die naam verbloem.

    Reply
  • June 3, 2017 at 12:16 pm
    Permalink

    Wat n perfekte erotiese storie was saam binne Gabby se nat poessie

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published.

error: Kontak ons as jy iets van Kombiekiehier wil hou vir jouself. ;)