Porn kyk en draadtrek (3)
deur Jan Pielewiet
(Lees vorige episode HIER)
Die groothandelmaatskappy waarvoor ek werk het ‘n hele paar takke oor die land en een van my pligte is om die takke gereeld te besoek en seker te maak hulle volg al die prosesse en prosedures soos deur die landswette en ook ons eie regulasies vereis word. Ek vlieg meestal die oggend vroeg na die naaste lughawe toe, huur ‘n kar en besoek die tak. Soms vlieg ek dieselfde dag terug, maar meestal slaap ek die aand in ‘n BnB oor en vlieg dan eers die volgende aand terug. In die gastehuis werk ek dan saans aan my bevindinge van die dag en gee die volgende dag terugvoering aan die takbestuurder. Soms help ek die personeel om probleme wat ek geëien het reg te stel of om seker te maak hulle weet wat is fout en hoe om dit reg te stel. In ons bedryf kan ‘n klein administratiewe probleempie reuse gevolge hê met enorme finansieële implikasies.
Vandag se takbesoek het soos stroop geloop en ek is sommer vroeg al by die gastehuis. Ek het die takbestuurder se aanbod om saam met hulle te eet van die hand gewys, ek was vrek moeg en wou vroeg in die bed klim. Ek was darem alreeds teen drieuur op sodat ek die vyfuur vlug kon haal.
Ek het sommer ‘n wegneem hoendertjie by die Kolonel langs die pad gekry en nou sit ek op my bed, hoender in die hand en rekenaar aan op e-posse. Die verslag oor my dag se bevindinge het ek reeds by die kantoor getik en het dus nie huiswerk gehad nie. My sekretaresse by hoofkantoor sif die meeste van my eposse en ek hoef slegs ‘n paar te antwoord voordat ek kan stort en in die bed klim.
Die gastehuis se stort is ruim met ‘n glasmuur wat op ‘n privaat binnehof uitkyk waar welige varings groei. Daar is heelwat vensters wat ek kan oopmaak en dit voel of ek in die natuur onder ‘n warm waterval staan as ek net effens my verbeelding gebruik. Ek seep my hare en lyf in en wanneer ek oor my slap penis was begin die te ontwaak. Reken seker as mens in die paradys is kan slange nie slaap nie. Ek klim uit die stort met ‘n volgrootte horing en weet ek sal moet plan maak of ek gaan nie vroeg in die bed kom soos beplan nie.
Ek gaan lê sommer so kaal op die bed en trek my rekenaar nader. Vanaand soek ek iets ontspannend en google vir Japanese sex games. Ek het al gehoor dat hulle TV speletjies effens rowwer as ons s’n is en loer so bietjie deur die voorskoue rond voordat ek besluit op een. Ek verstaan boggerol van wat hulle sê, maar volg darem so effens die reëls van die spel. Daar is vier paartjies waarvan die vroue almal agter gordyne versteek is met slegs hulle onderlywe sigbaar onder die lakens. Die mans moet elkeen om die beurt sy metgesel soek deur slegs na die ontblote koekies te kyk. Van die mans beweeg hulle gesigte nader om te kyk of hulle dalk ietsie kan uitruik. En so hier en daar betas een so vinnig, maar die skydsregter wil dit nie eintlik toelaat nie. Wanneer elkeen sy keuse gemaak het, moet hulle hulle antwoorde op ‘n bordjie skryf. Daar is twee wat elkeen vir B gekies het terwl niemand vir C gekies het nie. Ek wag in spanning en dan sien ek hoe die vonke spat as C agterkom haar metgesel het verkeerd gekies. Aangesien ek niks van die gepraat verstaan nie, besluit ek ek gaan weer verder soek na ietsie anders.
Teen die tyd is ek al lekker opgewerk en die nat op my piepie se punt glip fluweelsag om my rooipers glans. Ek wend weer my een hand na die sleutelbord en tik in “eye rolling orgasm”. Daar verskyn sommer baie opsies wat my oog trek, maar my muis kies vanself die brunet met die te maer lyf en klein tieties. Sy is besig om haar papsopnat doos met ‘n moerse kunspiel te verkrag. Ek sien hoe die are en spiere op haar voorarm uitstaan soos sy met geweld die oorgrootte ding in haar instamp. Dan kreun sy kliphard terwyl sy haar oë omdop en rukkend haar orgasme kry. Ek spring op en stap na die klein yskassie toe, ek het amper saam met haar gekom, maar ek is die hele aand nog alleen en wil die lekkerte solank as moontlik uitrek. Ek gooi ek ‘n fyn whiskey met baie ys en so bietjie soda en stap terug bed toe na waar my rekenaar staan.
Die skerm is nog gevries op die toneel waar die bruinkop se na-orgasme haar maagspiere trillend laat uitbuild elke keer as sy die tril se punt oor haar sensitiewe poes vryf.
Die wiskey gly fluweelsag in my keel af en verhit die binnekant van my lyf wanneer ek die eerste sluķkie vat.
Ek laat my oë oor die skerm gly en kies dan die opsie van die ouer vrou wat die dildo voor haar lippe hou. Die skermskoot is so geneem sodat sy direk na jou kyk, maar wanneer ek die speel knoppie druk begin die video waar die vrou by haar slaapkamer instap en haar handsak op die stoel neergooi en sommer haar jas ook afstroop en bo-oor alles gooi. Haar bloes volg volgende sodat sy net haar kamisool aanhou voordat sy haar skoene uitskop en dan weer uitstap. Sy kom later terug met ‘n lang glas wat gevul is met ’n amberkleurige vloeistof. Alhoewel daar geen aksie is nie, weier my vingers om die muis te druk om te forward. Ek verkyk my aan die beeldskone, maar doodnormale vrou wat op die bed gaan lê met die drankie in die een hand en die TV se afstandbeheer in die ander. Die TV is buite die kamera se veld, maar duidelik soek sy iets om te kyk. Wanneer die klanke van mense wat hard spyker die lug vul, beweeg my en die ouer vrou se hande beide af na ons middel lywe. Ek tos stadig terwyl die vrou haar koek deur haar broek vryf. Dan trek sy haar broek so effens weg en gebruik haar ander hand om oor haar blinknat sloot te vryf.
Met stadige besliste bewegings sprei sy haar lippe oop en laat haar vinger deur haar sloot gly. Die nat van haar blom word oor haar knoppie gevryf sodat sy effens ineen trek wanneer haar senuwee punte gestimuleer word. Ek moet myself beteul om nie volstoom draad te trek nie.
Stelselmatig vryf, knyp, trek en druk sy elke gedeelte om haar koek en dan leun sy oor na die bedkassie om die vibrator uit te haal wat ek in die skermskoot gesien het. Sy skakel die masjien op ‘n lae spoed aan en begin om die area om haar tepels te verken. Wanneer beide tepels styf regop staan beweeg sy die vibrerende punt af, deur die vallei tussen haar melkwit borste, af oor die vroulike rondings van haar abdomen waar die duidelike tekens van moederskap haar net nog meer begeerlik laat lyk. Wanneer sy haar welige bos hare bereik begin my hand vanself al hoe vinniger op en af gly oor die nat wat nou kort kort uit my stokstywe piel uitdrup.
Die vibrator se punt bewe nou teen haar opgeswelde klit terwyl haar kreune en steune toenemend in volume toeneem. Ek moet naderhand die rekenaar se klank demp, bang die mense buite die kamer sal wonder wanneer het ek ‘n gewillige vrou ingesmokkel.
Haar klimaks kom toe sy die vibrator in haar groot doos in wegdruk en hortend en rukkend die top van seksuele genot bereik. Ek is saam met haar daar waar die klein dood intree en wanneer ek weer kan fokus sien ek ‘n groot poel kom op my maag lê. Ek neem versigtig die laaste slukkie en dink ek ek sal wragtig terug na die stort moet gaan voor ek vanaand die bed kan seermaak.
(Lees volgende episode HIER)
1 COMMENT
En daar kom ek ook!!! Dankie!