Kombiekieweer Donderdag: Om te hardloop …
Deur Ramkat Erasmus
Ek sit hoog op die pawiljoen en kyk na die jongmense wat oefen. Atlete is mooi en fris gebou en het eindelose energie. Ek voel my ouderdom, sug en trek my sweetpak uit. Ek maak die nuwe tekkies vas en stap stadig af na die baan toe.
Ek het die tekkies die vorige week in ‘n sportwinkel gaan koop. Agter die mannetjie wat my gehelp het, het ‘n foto van my gehang wat die 800 meter in Helsinki wen. Hy’t my nie herken nie.
Ek buig vooroor, strek en rek die lui spiere tot ek voel dat ek nie meer te styf is om te hardloop nie. Dan begin ek stadig om die baan draf. Ek draf in die buitebaan om uit die vinniger jongmense se pad te bly. ‘n Groep middelafstanders druis by my verby en die reuk van sweet en testosteroon voer my terug na my eie wedrenne in ver plekke tussen mense net soos die.
Langs die agterste pylvak is ‘n paar hekkies opgesit en ‘n meisie staan met haar afrigter en praat terwyl sy strek. As ek verbydraf kyk sy op en ek sien haar diep blou, amandelvormige oe. Sy’t ‘n varsityhempie aan en ‘n stywe blou broekie met lang lenige bene. Ek glimlag vir haar en draf verder. Ek hoor die afrigter se: “Weet jy wie is dit daai?”
Ek draf stadig om die baan en prober weer die lekker voel wat ek altyd gehad het as ek draf. My bene is egter styf en lui. My asem jaag en ek voel soos die ou man wat ek geword het.
In die agterste pylvak staan die die meisie reg om te hardloop. As ek langs haar kom laat val die afrigter sy hand en sy vlieg weg. Sy seil grasieus oor die paar hekkies en haar styl is pragtig en vloeiend. Na die laaste hekkie hou sy op hardloop en loop terug in die rigting van haar afrigtier. As ek verby haar draf glimlag sy vir my en se: “Middag Oom…”
Ek hardloop tien rondtes. Na die sesde rondte jaag my asem en my bors begin brand. Al wat my aan die gang hou is die hekkiesatleet wat vir my glimlag elke keer as ek by haar verby draf.
Ek gee vet as ek die laaste keer in die pylvak afkom maar daar is nie juis ‘n verbetering in my spoed nie. Ek gaan sit op die laagste trap van die pawiljoen en stoei om my asem onder beheer te kry. Ek mis my ritme. Ek mis my bene en ek mis vir Anna.
My pragtige blonde Anna.
Die dae gaan verby en ek dwing myself elke middag om te gaan draf. Dit word makliker en ek begin weer my ritme ontdek. Dis ‘n nuwe een. Stadiger, maar op ‘n manier sterker. Partykeer is die hekkiemeisie daar en dan glimlag ons vir mekaar. Partykeer is sy nie daar nie en ek is verbaas om te besef dat ek haar mis.
Van die ouer afrigters kom versigtig kennis maak. Van die jongeres vra foto’s en handtekeninge. Een van hulle bring selfs ‘n foto van my wat haar pa geneem het op Pilditch, die jaar toe ek die eerste keer SA Kampioen geword het.
Ek begin my weer tuis voel op die atletiekbaan. Die reuke, die klanke en die energie. Dan een Woensdagmiddag kom sit die hekkiesatleet langs my as ek my tekkies uittrek en klaarmaak om huistoe te gaan.
“My naam is Vanessa” se sy. “Vanessa de Klerk”
Sy steek haar hand uit en ek skud formeel terwyl ek myself voorstel. “Ek weet wie oom is. Ek het oom gaan Google.”
Ek glimlag. Ek het myself ook al gegoogle en alhoewel daar baie oor my op die Inernet is, is die belangrike goed nie daar nie.
“Kan ek oom iets vra?” Ek wens sy wil nie, want ek weet wat kom. Maar ek knik.
“Hoekom het oom nie die wereldrekord gejaag nie?”
Helsinki. Anna.
Hoe verduidelik mens dat die lewe jou asem weggeslaan het op ‘n koel middag in een van die mooiste stede ter wereld. Dat jy nie kon opstaan nie. Nie kon asemhaal nie en nooit weer kon hardloop nie.
“Die rekord was daar vir oom om te vat. Almal het gese oom gaan dit in die finaal verpletter. En toe hardloop oom nie.”
“Hoe oud is jy?” vra ek.
“Drie en twintig”. Ek glimlag. “Jy’s helfte my ouderdom”
Sy kyk my met haar pragtige oe en ek sien hoe sy effens frons.
“Eendag as ek jou beter ken, sal ek jou alles vertel.”
“Ek wil graag weet oom.”
Ek knipoog vir haar en vat my sak en loop.
In my kar sit ek en dink oor wat gebeur het. Sy is nie die eerste nie en sy sal beslis ook nie die laaste een wees wat my vra nie. Miskien is dit tyd om iemand te vertel…
Ek skakel aan en ry in die rigting van die veiligheidshek. By die hek is Vanessa besig om uit te teken. Wat my besiel weet ek nie,maar ek wink vir haar en sy kom nader.
“Kan ek jou iewers aflaai?”
“Dis baie gaaf. Dankie Oom.”
Sy loop om en klim in. Ek ry stadig deur die boomryke strate in die rigting van haar koshuis.
“Kom ons gaan drink iewers ‘n koeldrank.”
Sy kyk verbaas na my en knik dan. Ek mik in die rigting van ‘n restaurantjie wat in ‘n park sit met tafels en stoele onder die bome. Ons parkeer, sluit ons goed in die kattebak toe en stap in gemoedelike stilte na ‘n oop tafeltjie.
Ek bestel bier en sy ‘n sappie. Sy vra uit oor hoekom ek weer oefen. Die gerug op die baan is dat ek weer wil hardloop. Ek lag. Die veterane hardloop deesdae die tye wat ek 25 jaar gelede gehardloop het, en ek sal nie weer daar uitkom nie. Ek vra oor haar atletiek en waar sy vandaan kom. Tzaneen is haar tuisdorp, sy’t twee boeties en ‘n sussie en hulle hardloop almal. Sy’s die oudste en haar broer kom volgende jaar ook hier swot. Uiteindelik oorreed ek haar om my op my naam te noem.
Ek kom agter dat haar tepeltjies vuisies bal onder die atletiekhempie en ek moet baklei om nie te kyk nie. Dan sit sy haar hand op myne.
“Vat my huistoe, asseblief.”
Ek betaal en ons ry. Maar as ek afdraai na haar koshuis toe se sy ek moet haar na my huis toe vat.
Ek kyk haar lank vraend aan, maar sy kyk terug sonder om te blik of te bloos.
-0-
Ek maak vir haar die voordeur oop en sy stap in. Ek verwonder my aan haar selfversekerdheid. Ek stoot die deur agter my toe en dan is sy in my arms. Na Anna was daar een of twee ander vrouens gewees, maar nie so jonk nie, en nooit weer so begeerlik nie.
Vanesa se mond proe soos sweet en vrugtesap. Haar tong druk gulsig in my mond in en ek proe haar tot in haar kern. Ons asems jaag en ek voel hoe die ereksie deur my sweetpakbroek probeer bars.
Sy stoot my weg en kyk my in die oe. “Slaapkamer” fluister sy.
Ek vat haar aan die hand en lei haar die gang af. Sy begin haar klere uitrek as ons deur die deur van die slaapkamer stap. Ek volg haar voorbeeld.
As ons kaal voor mekaar staan is ek skielik skaam vir my lyf. Die grys hare op my bors en om my knaters. Sy staan godin-mooi voor my. Trotse borsies, bietjie groter as wat ek verwag het, staan ferm en regop, met stywe tepels, voor my. Tussen haar bene sit ‘n klossie donsagtige haartjies. Haar bors beweeg op en af en haar oe is groter en blouer as wat ek onthou.
Sy reik uit met een klein handjie en vat my skag saggies vas. My hele liggaam ruk van die skok. ‘n Vrou het lanklaas so aan my gevat. Sy beweeg haar hand saggies op en af. Dan laat sy haar hand verder sak en omvou my knaters. Sy druk liggies en trek my nader.
Ek sit my hande op haar skouers en buk af na haar gesig toe. Ek soen haar diep en stadig. Sy kreun uit haar keel uit en vat my vaster. Dan sit sy haar arms om my en trek my styf teen haar vas. Sy staan op haar tone en vryf haar donsies teen my piel op en af. Ek ril van die lekker en tel haar op met my hande om haar boude.
Ek loop met haar bed toe en sit haar saggies neer. Sy hou haar hande na my toe uit, maar ek trek weg en kniel tussen haar kniee. Sy proe soeter as wat ek gedink het moontlik is. Sy vryf met haar hande deur my hare en kreun-sug diep as ek haar lek. Dan ruk haar boude op en en af en sy kraai van die plesier as sy kom. Sy trek my op haar neer.
Ek gly maklik in haar glibberige gleuf in en trek myself so diep as wat ek kan in haar in. Haar oe is donker blou. Hulle is oopgesper van plesier. Haar mond vertrek in ‘n “o” as ek in haar indryf.
Al die frustrasies, al die honger en al die alleen kom op hierdie magiese oombl;ik bymekaar. Ek word sterker en jonger. My lyf delf diep in haar in en ek naai haar so hard soos ek en Anna laas genaai het.
“Naai”
So ‘n koddige woord om die ding te beskryf.
Sy klou aan my soos aan ‘n reddingsboei in die stormsee. Ek dryf keer op keer in haar heerlike lyf in tot ek voel hoe die geweldige onlading in my begin bou. Ek is vagweg bewus daarvan dat ons abei geluide maak. Dan ontplof ek. Die golwe spoel oor my tot ek asemloos bo-op haar neersink.
Ek maak my arms reguit en kyk na haar pragtige gesig.
Sy vee die nattigheid van my wange af en glimlag sag.
-0-
Later vertel ek haar in die donker die hele storie van my en Anna en Helsinki. Net voor ek aan die slap raak se sy: “Nou kan jy ophou hardloop…”
10 COMMENTS
Netjies!
Regtig goed geskryf! Lekker gelees en geniet!
Pragtige storie en uitstekend geskryf. In Afrikaans…dit kan nie beter nie.
Nou vir die opvolg…Anna en Helsinki
Dankie vir die kompliment. Anna en Helsinki sal voor die einde van die jaar op wees.
Ramkat, wat ‘n storie! Absoluut manjefiek gedoen ou maat. En ek wil by ou Will aansluit, vertel ons van Anna asseblief tog!!!!
Ramkat, ek sê weer: Vertel ons van Anna!
Wow Ramkat…eks bly iemand het hom gaan afstof….voor my tyd by KBH.
Baie lekker storie en goed vertel
Ramkat, kom eers vandag af op hierdie storie van jou…bietjie misterie om Anna, wil jy ons meer vertel ? Storie uitstekend !
Hierdie is ‘n cool storie!!
Dankie Charl. Ek dink nogal dis een van beteres.