
Monza
(Na ek al jare lank vir allerhande mense smeek – ek wil hê dat alle seksuele smake hier of in Kombiekiehier Vreesloos bevredig kan word – plaas ons uiteindelike ons eerste homo-seksuele storie.)
deur Jakob Regop
Monza. Ek het die baan al seker driehonded keer gery, meestal op die rekenaar, maar darem al so 30 rondtes op my motorfiets. Nou is ek hier. As ek die wedren wen is ek Europese kampioen, die eerste Suid-Afrikaner om dit reg te kry.
Ons is op rondte agt van tien. As ek by die kuipe verbygaan hou Renier vir my ‘n teken uit wat sê: “Laat hom gaan.”
Die een wat ek moet laat gaan is Baldinelli. Hy en ek jag mekaar al heel seisoen lank. Hy het ‘n groot geld span agter hom, ek het ‘n fiets, ‘n bus waarin twee mechanics, Jaap en Niek, en ek slaap. Dan is daar ook plek vir ons spanbestuurder Renier en sy vrou Gloria. Agter in die bus is ons mobiele werkswinkel. Teen alle verwagtinge in het ons na drie wedrenne (en twee jaar se verloor voor dit) begin wen. Renier is ‘n genius, Jaap en Niek verstaan hoe om sy idees uit te voer en ek ry my gat af. Gloria onderhandel vir alles. Blyplek, geld vir brandstof, kos, klere ens. Klein,m maar getrein. Dis ons. En nou sê Renier ek moet Baldinelli laat gaan … Fok, ek haat dit. Maar ek hoef net beter as 4de te kom dan is die kampioenskap myne. En dan wag daar groot geld en die wêreldkampioenskap.
Na die kuipe lê Curva Grande voor, ‘n 90% grade draai na regs. Dan Varieante della Roggia, ‘n guitige s-draai en dan Curve di Lesmos, weer ‘n 90 na regs, en dan volg ‘n paar sagte draaie na regs en links, Sarraglio, Vialone, Ascari en dan uiteindelik, Parabolica …
Parabolica is ‘n 180 grade draai na regs. As jy ingaan kan jy nie die einde van die draai sien nie. Dis hier waar die manne van die seuns geskei word. Die manier om Parabolica te doen is eenvoudig. Jy gaan wyd na buitentoe op jou ingaan, en dan mik jy vir die middelpunt van die 180 grade aan die binnekant van die baan. Dan hou jy jou fiets net daar, gly deur die draai en as jy uitkom en die einde van die draan sien, mik jy vir die buitekant van die baan, en as jy nog steeds op jou fiets is lê die wenpaal voor jou. In een reguit lyn. Soos ek gesê het. Eenvoudig, maar vreesaanjaend.
Baldinelli klou aan my soos ‘n neet. Ek gee hom ‘n kans op Serraglio, maar hy bly agter my. Deur Ascari, die voluit draaitjie regs gaan ek weer wyd om hom kans te gee, maar hy bly agter my. Ek besluit “fok dit” en vat my lyn vir Parabolica. Eers wyd, so wyd as wat ek kan, dan mik ek vir die binnekant van die draai.
En dan …
Dan, op die moeilikste deel van die baan prober die fokken Italianer my aan die binnekant van Parabolica te vat. Ek besef te laat wat hy doen en probeer pad gee. Maar as jy flat-out in Parabolica sit het jy nie baie opsies nie. Ons raak en ek begin buitentoe gly. Ek probeer teen die gly in stuur, maar ek is heeltemal te vinnig vir daai futiele poging. Ek voel hoe die bande hulle greep verloor en dan lê die fiets op sy sy en ons gly saam-saam na die gruisput aan die buitekant van die baan. Ek probeer by die fiets bly, want die staal en rubber beskerm jou as jy iets sou tref.
Die agterband haak aan iets vas op die baan en die fiets ruk regop en maak ‘n bollemakiesie in die rigting van die gruis. Later op video kon ek sien hoe ek hoër die lug ingaan, die gruis tref met my skouer en nek en hoe die fiets dan op my val. Nie fokken lekker nie.
***
Ek word in die hospitaal wakker. Ek weet dis ‘n hospitaal, want daar is allerhande masjiene wat klop en pieng en suis. Ek was al genoeg in hospitale om te weet. As jy van ouderdom 13 af resies jag met ‘n motorfiets, ken jy die binnekant van hospitaalkamers redelik goed.
Langs my staan ‘n nurse. ‘n Italiaanse een. Sy het golwende bruin hare, Sophia Loren oë, ‘n stywe uniform waarvan die boonste paar knope oop is sodat haar swart kant-bra uitsteek. Soos ek sê, ‘n Italianse nurse.
Sy sien ek is wakker, vryf oor my voorkop en gee vir my ‘n glas water aan met ‘n strooitjie. Dan loop sy deur toe en maak. Renier, Gloria, Jaap en Niek kom in. Hulle lyk almal bietjie bekommerd.
Ek groet, maar daar is fout met my mond.
“Shhh,” sê Gloria. “Jy’t jou wangbeen gebreek.”
“En jou been, jou sleutelbeen, ‘n nekwerwel of twee … En, o ja, jou hand …”
Hulle kuier lank en dan kom gooi die nurse hulle uit. In die tyd het Renier my vertel, die fiets is ‘n write-off en ons aanslag is in sy moer in. Hulle gaan die bus verkoop, en teruggaan SA toe om te probeer om geld in te samel vir ‘n tweede aanslag volgende jaar. Al my mediese kostes is gedek deur ‘n polis wat Gloria uitgeneem het. Gloria soen my saggies op die mond, die manne gee my gesonde skouer ‘n drukkie en dan is hulle weg.
Die dokter wat inkom praat Engels en hy verduidelik vir my dat ek kwaai seer gekry het. Ek kon dit nogal vir myself aflei …
***
As ek die volgende oggend wakker word, staan die nurse met die tiete weer langs my. Sy vryf my voorkop en bied my water aan en dan loop sy deur toe en maak oop, Baldinelli loop in. Soos altyd het hy sy spanhemp aan, stywe denim, duur sonbril en daai alomteenwoordige “tan.”
Ek sweer as ek kon, het ek daar opgestaan en hom ‘n ordentlike poesklap gegee, maar nou ja.
Hy praat lank, hy praat mooi, hy verduidelik, hy smeek en uiteindelik sê ek “ja.”
Hy’t ‘n landgoed met ‘n tuinwoonstel. Hy wil hê ek moet daar kom aansterk. Hy sal reël vir fisios, terapeute en alles, en wanneer ek reg is sal hy my terugvlieg SA toe.
***
Die tuinwoonstel is ‘n klein kasteeltjie op sy eie. Ek kyk uit oor eindelose grasperke, tennis bane, ‘n meer met swane en ‘n privaat renbaan waar Balinelli kan oefen. Fokken lekker om geld te hê …
Ek het ‘n nuwe nurse, ‘n kloon van die ander een, met tiete, groot hare en ‘n uniformpie wat te klein is.
Dae en weke gaan verby gevul met fisio, terapie en lekker kos. Die nurse wys vir my die ongeluk op die moerse flatscreen in my kamer. Fok, dit moes seer gewees het.
Na ‘n ruk kan ek loop, my arm gebruik en selfs swem. Ek begin kriewilrig raak. Ek wil huistoe.
Baldinelli (Flavio of Fluffy) kom loer gereeld in en ek vra hom naderhand om op te hou verskoning vra. Die nurse was my, alhoewel ek heeltemal in staat is om te stort. Maar sy gebruik haar bakkie met warm water en ‘n spons en was my van kop tot tone, met spesifieke verwysing na wat tussen my bene aangaan. Partykeer kry ek ‘n horing, en dan glimlag sy, partykeer nie en dan frons sy en ek weet sy gaan volgende keer haar beste gee.
***
Een oggend staan ek op, trek my baaibroek aan wat saam met ander goed in ‘n kas in my kamer gepak is. Ek stap wiegel-waggel na die swembd toe en gooi my handdoek eenkant toe. Ek duik in en verlustig my aan die lekker koel water. Fluffy kom aangery in ‘n golfkrretjie. Hy’t ‘n handdoek oor sy skouer en die kleinste wit speedotjie wat jy nog ooit gesien het. Hy praat met die nurse wat op die stoep vir staan en kyk en dan klim sy in die karretjie en ry.
Fluffy duik in en swem na my toe waar ek in die diepkant teen die swembadrand staan.
Hy vra hoe dit gaan, het ek iets nodig, ens. Dan swem ons saam-saam ‘n paar lengtes. As ek goed moeg is, help hy my uit en ons stap aan woonstel toe. My been is seer en ek leun teen hom, sy vel terselfdertyd warm en koel teen my. In my kamer, gaan ek badkamer toe en draai ‘n skoon handoek om my lyf na ek afgedroog het. Ek gaan lê op die bed en wonder wanneer ek weer sterk genoeg gaan wees om motorfiets te ry. Fluffy kom in, sy handdoek om sy lyf gedraai, met twee sjampanjeglase. Hy kom sit op die bed langs my, gee my ‘n glas en ons klink.
Ons gesels oor ditjies en datjies en dan sonder waarskuwing sit hy sy hand op my been. Ek kyk hom in sy donkerbruin Italiaanse oë en glimlag. Ek sit my hand op syne. Hy beweeg sy hand boontoe en maak die handdoek om my lyf los. Hy trek dit oop en my voël is reeds semi-styf. Hy streel oor my bo-been en dan begin hy my piel streel. Ek is baie vininig kliphard.
Hy staan op en maak die handdoek om sy lyf los. Die speedo is weg en hy het ook ‘n horing aan hom. Hy kom lê versigtig langs my op die bed en vat my in sy hand vs. Ek reik uit na hom toe en dan begin ons mekaar trek. As ek die spanning voel opbou, leun ek oor en vat sy piel is my mond. Ek proe die soutigheid en rol my tong om sy penis se kop, Hy kreun en ek vat sy knaters vas en streel hom.
Hy kom sonder waarskuwing, sy liggaam rukkend en met ‘n diep kreun. Ek laat sy kom uit my mond uitloop oor sy maag en vryf dit in sy vel in.
Hy soen my op die mond en hy kan sy kom op my tong proe. Hy vryf my voël ‘n paar keer en dan draai hy op sy kniëe. Met sy hande knie hy sy boude en trek hulle oop. Op die bedkassie is ‘n botteltjie room waarmee die nurse met die tiete my masseeer as my spiere seer is. Ek gooi daarvan in my hand en vryf dit oor sy boude en dan in sy boudspleet in. Ek vryf hom goed. Hy kreun en trek sy boude al verder uitmekaar uit.
Dan gaan staan ek op my knieë agter hom en druk my klipharde piel versigtig in sy anus in. Soos altyd is daar effense weerstand, maar dan ontspan hy en ek kan met behulp van die oile myself baldiep in hom indruk.
Ek buk vooroor en vat sy voël in my hand vas. Hy is alweer styf. Terwyl ek hom naai trek ek sy draad. Hy babbel in Italiaans en ek naai en trek tot ek nie meer kan nie. Dan kom ek binne in hom met ‘n gil en ‘n sekonde of twee later kom hy weer.
***
Laatnag naai ons weer, en as die son opkom lê ons in mekaar se arms. Gelukkig. Tevrede. Tuis.
5 COMMENTS
Jacob Straightup – netjies geskryf, maar ongelukkig moet ek vir Ramkat sekondeer – dis nie my tee nie. Alhoewel hulle ons baie keer teen die mure uit dryf, het die vroumense heeltemal te mooi en lekker speelgoed gekry om ons te vermaak.
Wat van die Italiaanse nursies….ek sou net graag wou weet wie spyker die nursies.
Hehehe, ek het gedink julle sal hulle oplet 😉
Well now… Eerste keer wat ek een van die lees… Goed geskryf. Nie my koppie tee nie, maar tog eroties?
Die oorslaan vanaf die manlike, andrenalien-gedrewe, soms rowwe, karakter gegewens & milieu na die seksuele, inhibisielose-gedrewe, intimiteits deelname is vir my die kern van hierdie verhaal.
Goed geskryf, ‘n lans gebreek vir Kombiekiehier, soos wat Annelise tereg gekoester het.
Ek sou miskien die skrywer gevra het vir meer omskrywing en detail van die mans se fisiese voorkoms en die seksdaad…maar dis maar net ek (hou van visuele detail!…he-he)
Knap gedaan!