
Inlywingsritueel
Uit Weerloos
Die aandster het al twee keer die Godin se teken in die hemelruim oor my getrek. Ek is sestien en dit is die belangrikste dag van my lewe. Die twee jaar wat ek as ʼn diensmaagd in die tempel moes werk, is uiteindelik verby. Ek trek vir die laaste keer my groen rok uit. Vandag is my inisiasie. Vandag word ek ʼn priesteres van Innana.
Ons is in die binnehof van die tempel waar ek voorberei gaan word vir my eerste ontmoeting. Hoeveel honderde meisies het nie voor my in hierdie groot koperbad onder die bome gesit nie? Was hulle angstig? Opgewonde? Gelukkig? ʼn Klimop met wasagtige pienk blomme rank teen die een muur van die tempel op. Soos tradisie bepaal, hou die hoëpriesteres, Lamia, persoonlik oor die voorbereiding toesig. Die bad word om my vol terwyl diensmaagde kruike vol stomende water oor my uitkeer. Die water is die kleur van groen tee en is versadig met kruie en blomme van alle geure. Dit is so warm dat my vel pienk word onder die nimmereindigende stroom wat my ou lewe van my afwas. Ek voel hoe die water deur my hare af oor my hele lyf vloei en word geheilig.
Lamia trek my aan my hande regop en my verlede spoel van my lyf af en bly in die bad se water agter. ʼn Sprei is eenkant op die gras oopgegooi en sy laat my daarop kniel sodat die son en wind my kan afdroog terwyl sy stadig my hare begin uitkam. Die goue kam blink in die son en gooi spikkels teen die donker stamme van die bome. My hare is nog steeds so swart soos ʼn ongelukkige kat sʼn en dit hang tot in die middel van my rug. Nadat sy dit drooggekam het, maak sy dit bo-op my kop vas en laat my opstaan.
Op haar sagte roep staan die diensmeisie nader. Die kruik wat sy dra is so vol dat die ryk, goudkleurige vloeistof oor die rant loop en tussen haar vingers deur drup. Lamia, die hoëpriesteres hou haar hande bak sodat die diensmaagd die geurige olie versigtig daarin kan uitgooi. Dan begin sy om my liggaam daarmee in te vryf. Sy salf my met die olie. Haar hande is sag en warm wanneer sy die lou olie oor my nek en skouers smeer. Dun stroompies hardloop teen my lyf af terwyl haar palms langsaam die olie begin inwerk. Oor my lae rug gly haar hande en oor my boude af, af totdat dit oor my enkels vee. Sy kniel agter my en smeer my totdat geen deel onaangeraak bly nie.
“Draai om, Dakini.”
Lamia werk van onder af boontoe. Sy vryf die olie oor my voete, kuite en voor om teen my bene op. Dit laat my prikkel en effens gloei, asof dit al die bloed uit my are na my vel lok. Dit ruik na jasmyn. Sy druk my bene bietjie van mekaar af weg en stryk met haar vingers die olie oor my yoni. Haar vat is veerlig, maar ek kan voel as sy dit invryf sodat die heerlike prikkeling tot in my dieptes versprei.
Nou beweeg haar hande oor my maag en smal middel tot dit my borste laat blink. My borste is vol en ferm en hoog met ligroos tepels en is nog nooit deur ʼn man aangeraak nie. Oor my hals gly die olie totdat Lamia weer my skouers bereik. My liggaam is sag en glad. Ek ruik na lente. Die diensmaagd verwyder die fles, maar ek weet ek sal nog só ʼn fles in my kamer kry. Deel van my ritueel voor elke nuwe man, sal wees om myself met dié olie te smeer.
Lamia maak my hare los sodat dit oor my skouers val en sit die bloeisels van wit sterjasmyn daarin. Dit lyk soos die sterre van die Godin in die swart naglug. Ek is nou amper gereed. Sy omkring my oë met die silwer van Venus en maak my lippe die rooi van aarbeie. Die laaste versiering word gedoen deur ʼn poeierkwas wat my lyf met fyn blinkers strooi sodat dit soos die Melkweg van my skouers oor my borste tot by my naeltjie lê.
Skemer het stil die tuin binnegekom saam met die sterpoeier en Venus, die aandster, flikker op die horison. Dit is tyd. ʼn Maagd bring vir my ʼn silwerbeker. Die vloeistof ruik bekend, soos die heuningbier wat ons altyd by die seremonies drink, maar as ek dit afsluk, bly ʼn vreemde, bitter smaak in my mond agter. My lyf prikkel nog steeds, maar nou voel dit asof elke sensasie, elke geur skielik vermenigvuldig het. Die veraf klanke van die tempel word dowwer en tyd raak weg. Ek is my hartklop en my asemhaling en die skielike sensitiwiteit van my lyf. Ek is gereed.
Die inisiasie van ʼn nuwe priesteres van Inanna is ʼn grootse geleentheid in die tempel. Ek onthou hoe ek as diensmaagd die kruik gebring het en hoe ek ook in my groen rok deel van die prosessie was wat die nakende meisie na haar kamer geneem het. Net soos nou het Lamia se fakkel ʼn groenerige skynsel oor die dik klipmure van die gang gegooi. Net soos nou was die bestemming haar toekomstige kamer in die tempel wat gebruik sou word om die Godin se geskenk aan mans te gee. Maar hierdie keer is ék die maagd wat vrou gaan word.
Die laaste deur aan die linkerkant van die gang is van swaar, donker hout gemaak. Op die deur is tonele van mans en vroue wat liefde maak uitgekerf. Lamia plaas die fakkel in ʼn skragie teen die muur buite die kamerdeur en maak die deur weer agter my toe nadat sy my ingenooi het. Diensmaagde word nie in die kamer toegelaat nie.
Die kleure en geure van die kamer maak dadelik ʼn aanslag op die sintuie. Ragfyn gordyne van goud, smarag en robyn waai voor die groot oop vensters. Kruike vol soet pienk en wit bloeisels staan op die tafel en op die vloer waar die klein blommetjies op die koel teëlvloer gesaai lê. Ek ruik ook die geur van sandelhoutwierook. Man en vrou reuke wat meng in die lug. In die hoek langs die hoë venster is ʼn diep bad in die grond gesink en oral staan kerse. Die ses dik rooi kerse in die kandelaar bo die dubbelbed wat teen die oorkantste muur staan, flikker op die groot kopstuk wat net soos die kamerdeur met figure versier is. Lamia lei my nou na die bed toe wat met ʼn sprei van goue sy bedek is.
Ek weet wat gaan gebeur nadat Lamia die kussings klaar om my uitgepof het. Ek het gedroom van hierdie dag, maar my hart klop in my keel terwyl sy my hare om my uitsprei en my liggaam rangskik. Ek sluk angstig en soek haar oë vir gerusstelling. My hoëpriesteres buk oor my en soen my op my mond.
“Ont-blom, maar steeds ʼn maagd. Vanaand omhels jy die man se krag met die weerloosheid van jou vroulikheid. ʼn Heilige sakrament. Inanna glimlag vir jou.”
Dan trek sy die deur agter haar toe en los my alleen op die groot bed vir die man wat my inisiasie moet voltooi.
***
Ek sal nooit weet wie hy is nie. Dit sal ʼn man wees wat al lankal Inanna se geskenk by een van haar priesteresse ontvang het. Hy het heel waarskynlik teen hierdie tyd ʼn vrou aan sy sy, dalk ʼn dogter wat droom om eendag die Godin te dien. Die Byeenkoms van Ervarenes, wat uit die volwasse mans van die stam bestaan, sou hom gekies het om vanaand se inisiasie te voltrek.
Die kamerdeur gaan oop. Vir ʼn oomblik flikker die fakkellig in die gang oor die figuur voordat die deur weer agter hom toegaan. Wanneer hy naderkom, sien ek dat hy ʼn mantel dra. ʼn Masker hou sy identiteit ʼn ewige geheim. Die man loop tot aan die onderkant van die bed waar hy sy mantel afhaal. Hy is nou nakend. Ek weet hoe mans se liggame lyk en het geleer hoe om hulle te plesier. Ek is ʼn volgeling van die Godin. Ek kan fyn haartjies op sy bors sien wanneer hy na die kant van die bed loop en langs my kom lê.
“Maak toe jou oë,” fluister hy naby my oor en vee liggies met sy vingerpunte oor my ooglede.
Sy liggaam raak nie aan myne nie, maar is so naby dat ek sy hitte kan voel. Dan voel ek sy vingers in my hare. Dit speel daardeur totdat dit saggies oor my voorkop begin beweeg. Sy aanraking is lig wanneer dit oor my gesig streel, maar my vel reageer tog op die stimilus. Onder sy vingers begin my wange, neus en ken prikkel. Wanneer hy my lippe bereik, sit dit van droogheid effens aan sy vingerpunt vas. Ek voel sy asem teen my mond ʼn oomblik voordat hy met sy tong my lippe natmaak, maar dan trek hy weer terug om sy vingertog teen my nek af oor my borste te hervat. My tepels trek saam – en ek begeer dat hy daaraan moet vat, maar hy beweeg sy hande oor my maag af. Die bed beweeg wanneer hy regopper kom en dan gly sy vingers teen my bo-bene af. Ek kan voel dat hy nie meer langs my is nie, sy hande het nou my voete bereik. My lyf vóél in oorvloed. Dan skuif hy my voete uitmekaar. Ek maak my oë op ʼn skrefie oop en sien dat hy tussen my bene kniel.
Vir ʼn oomblik blink sy oë in die dowwe lig en dan laat sak hy sy kop. Sy asem is op my yoni, sag en warm, net voor hy sy mond oor my vou. Sy lippe soen die lippe tussen my bene en ʼn gloed begin van my middelpunt af deur my lyf versprei. Wat doen hy? Ek voel sy tong, eers saggies oor die buitenste blare van my yoni, dan begin dit dieper en vinniger delf totdat ek voel asof ek deur hom verorber word. My hande klou nou die reling van die bed vas, want dit voel asof my liggaam wil opstyg. Sy tong is nog besig om my ritmies al hoër te lig, maar sy hande beweeg weer teen my liggaam op. Vir die eerste keer vou ʼn man se hande oor my borste en dit is hemels. Hy vryf my tepels tussen sy duim en voorvinger en hulle raak van voor af styf van genot. Dan begin my yoni onder sy tong saamtrek. Ek kreun as my lyf in golwe begin ontplof. Dit versprei na my maag en my bene en neem my oor en ek ontvang met vreugde die Godin se grootste geskenk.
Wanneer die golwe uiteindelik tot kalmte uitrimpel, lig die man sy kop. Hy skuif teen my op en ek kan voel dat hy styf tussen sy bene is. Ek maak my bene wyer oop om hom te ontvang wanneer hy op my kom lê. Die drukking is vreemd en ongemaklik en dit word seer as hy in my ingly. Van so naby kan ek sien dat sy oë my nie meer raaksien nie. En dan begin die pyn verdwyn. Die man met die masker begin stadig in en uit my beweeg. Ons is een, soos Inanna dit begeer. Man in vrou. Man en vrou. Die inlywer word ingelyf. Hy beweeg nou vinniger en die sensasie oorweldig my. Die man betoon hulde aan dít wat hy lank gelede ontvang het deur die maagd vrou te maak. Na ʼn rukkie is dit asof ʼn klip in die dam van sy lyf gegooi word, want ek kan voel hoe die plesier deur sy lyf spoel. Ek vou my bene om hom en trek hom stywer teen my vas sodat ek sy plesier met my liggaam kan volg. Wanneer hy stil word, besef ek dat my reis begin het. Die sirkel is voltooi.
Net voor die man weggaan lê hy die wit rok van die dienares aan my voete. Dan sit hy Inanna se armband om my bo-arm. Die silwer lyf van die slang krul teen my arm op. Ek sal dit nooit afhaal nie.
1 COMMENT
‘n Inlywingsritueel van lyflike vereniging, met die voorafgaande lyflike voorbereiding, beskryf met vele mooi en realistiese sensuele beelde. Ek kon heerlik tintelend meeleef en amper letterlik die sandelhoutgeur in my neusgate voel.
Interessante nuwe woord, “ont-blom” (wat seker ook as “ontblom” gespel kan word). Beteken “Ont-blom, maar steeds ‘n maagd” dat sy weens vorige rituele, of dalk masturbasie, nie meer ‘n maagdevlies gehad het nie, maar nog nooit deur ‘n man gepenetreer is nie?